Eerste WÍreldoorlog
  

 Die oorsake, die verloop, die bitter duur prys

Op ín ander Mieliestronk-webblad word die bloedige stryd in die loopgrawe en revolusionÍre nuwe wapens van die Eerste WÍreldoorlog van naby bekyk. Maar presies waaroor is in hierdie oorlog geveg en watter lande was betrokke? Wat was Suid-Afrika se aandeel? Hierdie nuttige oorsig som die verloop in sowat 1500 woorde op...


    

D

IE Eerste WÍreldoorlog, (1914 - 1918) was ín oorlog tussen die sogenaamde Geallieerdes en die Sentrale Magte. Die Geallieerdes het bestaan uit Engeland en die lande van Britse ryk, asook Frankryk, Rusland, ItaliŽ, Japan, BelgiŽ, SerwiŽ, Montenegro, Griekeland, RoemeniŽ, Portugal en die VSA. Die Sentrale Magte het uit Oostenryk-Hongarye, Duitsland, Turkye en Bulgarye bestaan.

Ofskoon die oorlog as ín plaaslike konflik oor ín mindere kwessie begin het, is die grootste deel van Europa mettertyd daarin verswelg en al die destyds belangrikste moondhede op aarde daarby betrek.

Verskeie faktore het tot die oorlog gelei. Trouens, Europa was in daardie tyd so ryp vir wapengeweld dat byna enigiets dit kon laat losbars. Diť wÍrelddeel was verdeel in twee groepe nasies wat, om die minste te sÍ, nie veel ooghare vir mekaar gehad het nie. Die onmin is boonop aangevuur deur intense volksgevoelens in die verskillende lande en die botsings van nasionale belange wat daaruit gespruit het.

Die spanning in Europa is veral aangeblaas deur:

  • Frankryk se hoop om Elsas-Lotharinge weer terug te kry. Hy moes diť gebied in 1871 aan Duitsland afstaan.
  • Rusland se strewe om die Balkan te beheer, asook om deur te dring tot Konstantinopel en sodoende onbelemmerde toegang tot die Middellandse See te verkry. Daardeur sou hy in botsing moes kom met Turkye en Oostenryk.
  • Die vrees van die Europese moondhede vir die steeds groeiende Duitse mag, veral ter see.

Die vonk in die kruitvatónet ín verskoning om die oorlog te begin en nie die ware oorsaak daarvan nieówas die moord op 28 Junie 1914 van aartshertog Franz Ferdinand, troonopvolger van Oostenryk-Hongarye, en sy vrou Sophie deur ín Serwiese student, Gavrilo Princip. Dit was tydens ín besoek van Franz Ferdinand aan Sarajevo, hoofstad van Oostenrykse provinsie BosniŽ, waar die Slawiese bevolking na vereniging met SerwiŽ gestrewe het.

Aartshertog Franz Ferdinand en hertogin Sophie in Sarajevo op 28 Junie 1914

 
BO: Aartshertog Franz Ferdinand en hertogin Sophie in Sarajevo op 28 Junie 1914. Min het hulle hier geweet dat hulle dieselfde dag deur 'n lid van ín terreurgroep met ín pistool doodgeskiet sou word. Die sluipmoord het plaasgevind nadat ín bom reeds gegooi was na die motor waarin hulle gery het.
Die bom het egter buite die motor ontplof en hulle was ongedeerdónet om ín ruk daarna tog gewelddadig te sterf. 

SerwiŽ is vir die moord verantwoordelik gehou en Oostenryk, gesteun deur sy bondgenoot Duitsland, het ín streng ultimatum tot SerwiŽ gerig. Rusland het, met sy oog op die Balkan, die kant van SerwiŽ gekies.

Op 28 Julie 1914 verklaar Oostenryk oorlog teen SerwiŽ. Kort daarna, op 1 Augustus, verklaar Duitsland oorlog teen Rusland en op 3 Augustus teen Frankryk, wat hom aan die kant van sy bondgenoot Rusland geskaar het.

Op 4 Augustus val Duitsland BelgiŽ binne om ín deurtog na Frankryk te kry, en Engeland, wat BelgiŽ se neutraliteit gewaarborg het, verklaar oorlog teen Duitsland.

Kongolese troepeREGS: Swart troepe van die Belgiese Kongo, destyds ín kolonie van BelgiŽ in Afrika (tans die Demokratiese Republiek van die Kongo), beweeg in enkelgelid oor ruwe terrein. Ook hulle moet paraat bly terwyl die moederland teen die Duitse invallers veg.  

Japan het op 23 Augustus aan die kant van Engeland, en Turkye op 12 November aan die kant van Duitsland tot die stryd toegetree. Intussen het die Duitse veldheer Paul Hindenburg die Russe by Tannenberg verslaan (23 - 31 Augustus) en teen die middel van September uit Oos-Pruise verdryf.

In die weste het die Duitse leŽrs die Franse en Engelse magte tot naby Parys gedryf, maar is daarna self tot agter die Aisne teruggeslaan (5 - 9 September).

Reeds teen die einde van Oktober was die strydende magte in ín massiewe loopgraaf-oorlog gewikkel. Hierin sou die vegtende partye mekaar lank in ín dooiepunt-konflik lamlÍ sonder dat hulle deur mekaar se linies kon breek. Daar was twee teenoor mekaar liggende linies van loopgrawe van die Alpe in die suide tot aan die Belgiese kus in die noorde, met al die moordende ontberings wat daarmee saamgegaan het. (Kyk ander Mieliestronk-webblad oor "Die slote van die hel".)

Verwoeste dorpie

BO: ín Verwoeste dorpie... net ín klein deeltjie van die groot
verwoesting in Europa.

Hoe ook al, daar is teen die einde van Oktober 1914 reeds vergeefse Duitse pogings om by Atrecht en Ieperen deur te breek.

In 1915 bly die toestand in Frankryk staties. In Januarie val Duitse lugskepe die ooskus van Engeland aan. In Februarie verklaar Duitsland die see om Engeland tot oorlogsgebied, en dit lei tot die keldering, sonder waarskuwing, van die Britse stoomskip Lusitania op 7 Mei deur ín Duitse duikboot.

Die skip sink binne minder as twintig minute nadat dit by die suidkus van Ierland getorpedeer is, en 1198 mense sterf, onder wie 128 Amerikaners. Tot hierdie voorval was VSA nog nie geneŽ om by die oorlog betrokke te raak nie.

Die Duitsers beweer dat die skip wapens vir die Geallieeerdes vervoer het (dit sou later blyk dat dit wel so was) en voer aan dat Amerikaners vooraf gewaarsku is om nie op Britse skepe te reis nie in ín aankondiging wat in Amerikaanse oggendkoerante verskyn het op die dag toe die skip New York verlaat het.

Maar omdat soveel Amerikaners omgekom het, is die proteste so hewig dat Duitsland sy duikbootveldtog teen handelskepe in April 1916 staak. In Februarie 1917 hernieu die Duitsers egter die gewraakte veldtog, met die gevolg dat die VSA in April 1917 tot die oorlog toetree.

ItaliŽ tree reeds op 23 Mei 1915 toe tot die stryd, ook aan die kant van die Geallieerdes. In April word gifgas die eerste keer gebruikódeur die Duitsers by leperen.

In die Midde-Ooste het die stryd hoofsaaklik om die beheer van die Suez-kanaal en die Dardanelle gegaan. Die Suez-kanaal was van groot strategiese belang as ín verbindingsaar tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan. Die Dardanelle was op sigself strategies belangrik as ín smal seestraat in Noordwes-Turkye wat deel van die grens tussen die vastelande van Europa en AsiÍ vorm.

In 1916 is die stryd aan die Westelike Front voortgesit. In die tweede helfte van die jaar het die Geallieerdes vir die eerste keer tenks in hul offensief gebruik.

In Maart 1917 het die gevoel teen die oorlog in Rusland so hoog geloop dat die tsaar onttroon is. Die poging van die nuwe liberale regering om die oorlog voort te sit, het hom ongewild gemaak en in November het die Bolsjewiste aan die bewind gekom. Die oorlog aan die Oosfront is in Desember beŽindig en in Maart 1918 het Rusland die Vrede van Brest-Litovsk met die Sentrale Moondhede gesluit.

Aan die Westelike Front het die Geallieerdes geringe vordering gemaak. In die Midde-Ooste was die stryd egter in die guns van die Geallieerdes. Ter see het die Duitse duikbootkampanje sy hoogtepunt in April bereik, en daarna het Engeland die konvooi-stelsel toegepas en verliese van skepe het afgeneem.

In eerste helfte van 1918 dryf die Duitsers die Geallieerdes langs die hele Westelike Front terug sonder om deur die verdedigingslinie te breek. In Junie kom die eerste Amerikaanse troepe in Frankryk aan en in die daaropvolgende maand begin die Geallieerde offensief waardeur die Duitse leŽrs teruggedruk word.

In die Midde-Ooste word die Turkse leŽr deur die Engelse verslaan wat daartoe lei dat Turkye op 30 Oktober 'n wapenstilstandsverdrag onderteken.  In die Balkan en in ItaliŽ dwing Geallieerdes suksesse vir Oostenryk om op 3 November ín wapenstilstand te versoek.

ín RevolusionÍre gevoel wen veld in Duitsland, en toe die Duitse vloot in Kiel op 29 Oktober bevel kry om gereed te maak om uit te vaar, breek muitery uit. Die opstand brei binne ín  paar dae na al die groot stede uit. Die Duitse keiser abdikeer op 6 November en op 11 November 1918 word ín wapenstilstandsverdrag in bos by CompiŤgne onderteken. Die vredesverdrag met Duitsland is op 28 Junie 1919 in Versailles gesluit, en diť met Oostenryk, Bulgarye en Hongarye onderskeidelik te St. Germain (10 September 1920), Neuilly (27 November 1920) en Trianon (4 Junie 1920). 'n Finale ooreenkoms met Turkye is eers in 1923 by Lausanne bereik.

Tuiskoms van die troepe

BO: Teruggekeerde Amerikaanse soldate word in 1919 verwelkom op ín parade in New York.

 Foto: US National Archives and Records Administration
  


Suid-Afrika in die Eerste WÍreldoorlog

TOE Engeland op 4 Augustus 1914 tot die stryd toetree, was Suid-Afrika, wat destyds ín deel van die Britse ryk was, outomaties ook in die oorlog betrokke. Die besluit van die Suid-Afrikaanse regering van genl. Louis Botha om Engeland daadwerklik te steun deur Duits-Suidwes-Afrika (tans NamibiŽ) aan te val, lei egter tot die sogenaamde Rebellie van 1914.

Wat as protesbeweging in Transvaal en die Oranje-Vrystaat begin het, ontwikkel tot ín poging deur die opstandelinge om die onafhanklikheid te herstel wat die Boererepublieke met die eeuwisseling in die Anglo-Boereoorlog verloor het.

Nadat die opstand onderdruk was, het genl. Botha in April 1915 met 50.000 man die Duitse gebied, waar die Duitsers 4000 weerbare manne gehad het, uit drie rigtings binnegeval. In Julie is die Duitse hoofmag tot oorgawe gedwing. Die verliese van die Suid-Afrikaanse troepe was 269 dooies en 263 gewondes. Duitse vrywilligers is toegelaat om na hul plase terug te keer terwyl gereelde soldate geÔnterneer is.

ín Afdeling Suid-Afrikaanse vrywilligers het in Frankryk saam met die Engelse geveg en in Julie 1916 in die Dellville-bos tydens die veldslag aan die Somme swaar verliese gely vanweŽ heldhaftige verdediging.

Teen die begin van 1916 het 7500 man (blankes) reeds na Europa vertrek en teen April het die getal tot 11.000 aangegroei. Dit was afgesien van die duisende swartmense wat agter die front in Frankryk gaan werk het.

SA vrywilligers

BO: Suid-Afrikaanse vrywilligers in Kaapstad... en ín ou
stoomtrein uit daardie era.

NŠ die ekspedisie in Suidwes het genl. Botha besluit om die Engelse in Oos-Afrika te help. Genl. Jan Smuts het met 24.000 man teen die Duitsers onder genl. Paul von Lettow Vorbeck opgetrek. Met latere versterkings en verliese bygereken, het nagenoeg 50.000 Suid-Afrikaners in Duits-Oos-Afrika geveg. Die klimaat en verliese aan malaria het hierdie veldtog moeilik en duur gemaak. En hoewel die gebied teen die einde van die oorlog verower was, kon die Duitse hoofmag, wat in getalsterkte veel minder as die Suid-Afrikaners was, nooit tot oorgawe gedwing word nie. Von Lettow het tot in November 1918 die stryd voortgesit.

Daar is bereken dat sowat 12 000 Suid-Afrikaners in die Eerste WÍreldorlog gesneuwel het. Dit is ín groot aantal, maar die sterftesyfer word verdwerg deur die net minder as ín miljoen vir die Britse ryk in sy geheel.

Die getalle van die ander lande se gesneuweldes: Frankryk byna 1,4 miljoen; ItaliŽ byna ín halfmiljoen; Rusland 1,7 miljoen; die VSA 115.000; Duitsland 1,8 miljoen; Oostenryk-Hongarye 1,2 miljoen en Turkye 32.000. Sowat dubbel soveel as hierdie syfers is gewond.
   


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad