Dagga en die dwelmgevaar

Dwelmmisbruik is ’n massiewe probleem. Altyd. Maar waar dit kop uitsteek, kan dit met ’n spanpoging in die kiem gesmoor word. Die kinders van Suid-Afrika het nie hierdie monster ook nog in hul midde nodig nie...

Teks van hierdie artikel met dank verwerk uit passasies oor dagga en verdowingsmiddels in die gesaghebbende boek DOKTER IN DIE HUIS deur dr. Jan van Elfen, volledig hersien deur dr. Don du Toit. Uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers, tweede uitgawe, eerste druk 2001. ISBN 0 624 039 633.

Dagga in ’n pot

N

IEMAND het dit snaaks gevind dat Willempie “snaaks” begin raak het nie. Die eens voorbeeldigste seun in die woonbuurt het skielik verslons in die strate begin rondhang—sy rooi oë en verdwaasde uitdrukking die sprekende tekens dat alles nie meer pluis met hom was nie.

 

Willempie was dikwels in ’n dwaal. Ongelukkig was sy ouers so besig met hul eie dinge—om hul stand in die gemeenskap blink te poets en met hul rykdom te spog—dat hulle nie hul seun se geleidelike verval tot in die rioolputte van die samelewing raakgesien het nie. Toe hulle wakker skrik, was dit te laat. Nie eens ’n inrigting vir dwelmverslaafdes kon Willempie blywend van sy verslawing genees nie en hy is mettertyd oorlede.

Die sogenaamde “harde dwelms” het tot die jong kind se ondergang gelei. En alles het so “onskuldig” begin met ’n bietjie dagga wat hy op ’n keer saam met sy maats beproef het...

Willempie se verhaal is natuurlik nie uniek nie. Trouens, daar is baie Willempies in die lewe en dalk ken jy ook ’n dwelmverslaafde. Die tragedie by die tragedie is dat dwelmmisbruik steeds nie altyd genoeg deur die samelewing verguis word nie en dat te veel mense onbetrokke anderpad kyk as dit by die bestryding van die probleem kom.

Onkunde bly ook ’n kwessie. Baie mense weet nie werklik hoe dwelms ander siele vertroebel nie en baiemaal verkies hulle om nie te weet nie. Tog is ’n ingeligte gemeenskap een van die beste wapens teen hierdie moderne euwel.

Die doel met hierdie artikel is dan ook om inligting te versprei sodat steeds meer mense sal weet hoe die dwelmvyand lyk. Daar word eers na dagga gekyk en dan na dwelmmiddels in die breë. Lees ook die Mieliestronk-artikel oor die dwelm tik.

 Dagga

CANNABIS SATIVA, algemeen bekend as dagga, is ’n plant wat wild groei, maar natuurlik ook dikwels aangeplant word. Dit is hierdie plant se blompunte of uitloopsels wat węreldwyd as dwelmmiddel gerook word—in ’n pyp of as ’n gerolde sigaret. Die aktiewe bestanddeel is tetrahidro-cannabinole.

CannabisDagga het ook baie ander name: marijuana, boom, ghagia, gras, green gunston, hash, rhoonig, stop, pot en zoni. In Suid-Afrika praat gebruikers van hul daggasigarette as joints, reefers, slow boats sticks en zolle.

Foto: PD

MarijuanaAs een van die oudste bekende dwelmmiddels is dagga voorheen in operasies gebruik om lomerigheid en euforie te veroorsaak. Op die oomblik word dit min in die hoofstroom van die Westerse mediese wetenskap gebruik, maar in die alternatiewe geneeskunde en in tradisionele medisyne kan dit wel nog aangewend word. In party kringe word dit selfs aanbeveel om die simptome van terminale kanker te verlig.

Illustrasie van daggablaar: U.S. Drug Enforcement Administration

Westerse wetenskaplikes stem nie saam oor presies hoe geestesversteurend en verslawend dagga werklik is nie. In Suid-Afrika is dit nietemin onwettig om dagga te kweek of te rook. Net om dit te besit kan ’n mens in die tronk laat beland.

Dwelms waarop beslag gelę is, word verbrand

BO: Dwelms waarop beslag gelę is, word verbrand.

Foto: U.S. Drug Enforcement Administration (swart-wit foto digitaal verkleur)
 

Wat daggarook aan ’n mens doen

NET een daggasigaret kan genoeg wees om verskillende erg negatiewe uitwerkings op die roker te hę. Behalwe dat hy hartkloppings en ’n verlies aan spierkoördinasie kan ondervind, kan sy oë bloedbelope en sy gevoel van tyd en ruimte versteur wees. In sy verwarde denke kan hy miskien nie eens onlangse gebeurtenisse onthou nie. Sy vermoë om motor te bestuur of masjinerie te hanteer, is aangetas. Boonop kan hy hallusineer en rare en skrikwekkende dinge in sy gedagtewęreld optower, waarop hy vreesagtig of paniekbevange reageer. Daggarook kan selfs tot ernstige geestesversteurings lei.

Uitwerking van dagga op die menslike liggaamAlmal reageer weliswaar nie dieselfde op die gebruik van dagga nie, net soos mense se reaksies verskil wanneer hulle alkohol gebruik. Dagga se uitwerking is nietemin hewiger wanneer dit saam met alkohol gebruik word. Dieselfde geld waar dagga gerook word saam met verpoeierde pille van Mandrax, wat ook ’n verbode dwelm is.

Waar dagga gereeld gebruik word, lei dit tot baie sosio-ekonomiese en gesondheidsprobleme, soos dit ook met die gebruik van ander dwelmmid­dels gebeur. Onverskilligheid, lusteloosheid, swak motivering en min be­langstelling in die dag van môre—selfs die geneigdheid om kriminele dade te pleeg—dui op die afgestompte en verworde geesteslewe van "ou" daggarokers. Die afhanklikheid van dagga kan al hul gedagtes en handelinge oorheers.

Fisiek kan daar longskade wees. Daggasigarette het tot 50 persent meer teer as tabaksigarette. Nog ’n liggaamlike nadeel is verlaagde weerstand teen infeksies. Dit kan ook toenemende onvrugbaarheid en beskadiging van die voortplantingselle in die hand werk, wat ’n invloed tot selfs in die derde geslag kan hę. By swanger vroue kan dit tot beskadiging van die fetus, doodgebore babas en gestremde kinders lei.

Wat dwelms is en hoe die misbruik daarvan ontstaan

Ecstasy-tabletteMIDDELS wat die mens in sy liggaam en gees "aantas"—die normale werking van die liggaam en brein verander—word verdowingsmiddels genoem. Dit word in die geneeskunde as opkikkers gebruik of om pyn te verlig, angs te verminder of om mense te laat slaap as hulle aan slaaploosheid ly. Sekere verdowingsmiddels kan egter verslawend wees en dan word daarvan as dwelmmiddels, of kortweg dwelms, gepraat.

Selfs die ligter pynverdowers, soos aspirien en parasetamol, en stimulante soos kafeďen, kan naderhand onnodig uit gewoonte gesluk word. Alkohol en nikotien is in sekere opsigte ook dwelmmiddels.

Baie mense trap in die strik om medisyne uit gewoonte te gebruik sonder dat hulle ooit bedoel het om daardeur verkneg te word. Medisyne word gesluk by die geringste teken van pyn, verkoue, moegheid, hoofpyn, hardlywigheid of watter kwaaltjie ook al. Ook hul kinders word vir die geringste skeet handevol pille gevoer.

In die meeste gevalle is sulke medikamente glad nie nodig nie. Die natuur bewerk baiemaal juis só 'n toestand in die liggaam om ’n bepaalde te­kortkoming in die daaglikse leefwyse of roetine uit te wys. Mense wat so maklik medisyne sluk of dit vir hul kinders gee, stel ’n gevaarlike voorbeeld.

Deur ’n sterk afhanklikheid van medisyne te bevorder, word potensiële dwelmslawe gekweek.

Dokters kan ’n aandeel hierin hę deur medisyne voor te skryf wat nie noodsaaklik is nie sonder dat hulle eers behoorlik daaroor nadink. Baie dwelmslawe sę juis dat hul dwelmmisbruik by die ongedissiplineerde gebruik van huishoudelike geneesmiddels begin het.

Ou advertensie vir kokaďen-tandpyndruppelsREGS: Vroeër is die gevaar van dwelms selfs nie eens deur baie medici besef nie. Só is kokaďen byvoorbeeld ’n pynstillende middel wat uit die kokaplant in Suid- en Sentraal-Amerika vervaardig word, maar dit is ook ’n gevaarlike dwelm. Tog het die vervaardigers van die tandpynstiller wat hier geadverteer word, dit omstreeks 1885 goedgedink om dit vir kinders aan te beveel.  Dit sou onmiddellik help teen tandpyn, is gesę. Ja goed, sę kenners vandag, maar aan die verskriklik nadelige gevolge is bes moontlik weinig gedink.

Krediet: U.S. National Library of Medicine / NIH

Waarom dwelms gebruik word en die onnoemlike gevare van dwelmmisbruik

DWELMS word regoor die węreld deur kinders en jong mense misbruik—en glad nie net deur jeugdiges uit "swak" huise in die onderste lae van die samelewing nie. Baie eksperimenteer met dagga en ander meer verslawende middels omdat hulle nie "uit" wil voel by hul maats nie of hulle doen dit onder die invloed van anti-sosiale of kriminele elemente in die gemeenskap waar hulle woon.

Dit lyk of daar veral drie redes is waarom mense dwelms gebruik:

Maatskaplike druk. Dit kan dalk vir mense lyk asof dwelms in die media verheerlik word, of deur musikante, toneelspelers en sportlui wat kwalik ’n geheim daarvan maak dat hulle dwelms gebruik.

Groepdruk. Veral tieners sal omtrent alles doen om tog net ’n deel van hul portuurgroep te wees—al beteken dit ook om dwelms te beproef.

Ontvlugting. Mense wat van die werklikheid en hul verantwoordelikhede wil wegkom, kan aan dwelms verslaaf raak.

Maar sulke dwelmgebruikers dobbel met hul eie veiligheid, hul liggaamlike gesondheid en hul geestesgesondheid—trouens met hul lewe. Daarmee is nog niks gesę van die ontwrigting en hartseer wat dit in die lewens van hul dierbares bring nie.

Suid-Amerikaanse dwelmbaas aangekeerREGS: Op verskillende plekke in die węreld is daar gewetenlose mense wat skatryk word deur jeugdiges en ander mense se afhanklikheid van dwelms. Hier is ’n dwelmbaas van die Republiek van Colombia in Suid-Amerika wat deur die polisie aangekeer is.

Foto: U.S. Drug Enforcement Administration

 


 

Identifisering van en hulp vir die dwelmmisbruiker

DIE ouers van tieners en ander mense na aan hulle vra dikwels hoe hulle kan vasstel of die kinders dwelms gebruik. Een ligpuntjie is darem dat tagtig persent van die tieners wat met dwelms in aanraking kom (dit wil sę vier uit vyf) dit nie gebruik nie. Die meeste van dié wat dit wel doen, eksperimenteer ’n kort rukkie daarmee en laat dit dan staan.

Tog is daar diegene wat dit gereeld begin gebruik—tieners wat eers voorgee dat hulle geen probleem het nie, maar algaande in die aaklige web van verslawing verstrik raak. Dit is wanneer hulle hulp nodig het.

Ouers en ander mense na aan hulle moet dus die tekens ken wat op dwelmmisbruik dui... en besef dat dit nie einde van die węreld is indien hulle agterkom dat só 'n kind in die greep van dwelms is nie. Soos ’n dokter sę: “Die heel belangrikste die wete dat jy wel iets kan doen. Dit is byna altyd moontlik om kinders van dwelmmiddels te laat afsien.”

Moontlike tekens dat n kind dwelms misbruik

LET op die volgende as jy vermoed dat ’n kind dwelms gebruik:

  • Die kind se gedrag het verander. Hy (of sy natuurlik) kan op vreemde tye weg van die huis wees, homself vir lang tye afsonder, sonder klaarblyklike rede buierig of senuagtig wees, onverklaarbaar aan die giggel gaan of gedurig doelloos rondsit en lyk of hy in sy gedagtes versonke is.
  • Hy doen dinge anders as voorheen. Hy vaar swakker op skool en stel nie meer soveel belang in sport en stokperdjies as eers nie. Hy is vaag en ontwykend wanneer hy oor sy vriende praat—wie hulle is en waarnatoe hulle gaan wanneer hy hulle vergesel. Hy gee ongeërg geld uit en jy kom agter dat hy suutjies jou of die ander huisgenote se geld vir homself neem.
  • Daar is tye wanneer hy bedweld lyk. Dan praat hy onduidelik en kan boonop nie goed kommunikeer nie. Hy is rusteloos, loop waggelend en sy konsentrasie is swak. Dit lyk inderdaad of hy dagdroom of in ’n dwaal is. Partykeer kan sy gedrag selfs bisar wees, wanneer hy, sę maar, dinge hoor of sien wat nie bestaan nie.
  • Jy ontdek pille of ander middels wat erg verdag lyk in die kind se kamer of elders.
  • Middels kry voete uit die gesin se medisynekassie. Let veral op as dit kalmeermiddels, slaaptablette of eetlusdempers is wat só verdwyn.
  • Daar is spesifieke aanduidings dat bepaalde soorte dwelms gebruik word. Hieronder is die aanduidings vir dagga, stimulante, kalmeermiddels, inasemingsmiddels en hallusinasiemiddels:

* Dagga: bloedbelope oë (soms ongewone vlekke aan die vingers of handpalms, giggel-episodes, buitengewone honger (veral ’n lus vir soetighede) of dors, dromerigheid, ’n reuk soortgelyk aan brandende onkruid in die kind se kamer of aan sy klere.

* Stimulante (bv. verslankingstablette): Om "hoog" te wees, afwisselend uitgelate en neerslagtig, slaaploosheid, verminderde eetlus, afname in massa.

* Kalmeermiddels (bv. slaaptablette, bedaarmiddels, sommige pynstillers en hoesmedisyne): Lomerigheid, oormatige slaap, ongekoördineerde bewegings, swak konsentrasie, dronk voorkoms, verlies aan inhibisies, leë bottels in die vullisblik.

*  Inasemingsmiddels (bv. gom, verfverdunners, naellakverwyderaars, aërosolprodukte, petrol): Onduidelike spraak, verwarring, buitengewone aggressie en prikkelbaarheid, hallusinasies en waggelende treë. Dit is ’n besonder gevaarlike vorm van dwelmmisbruik omdat dit tot breinskade kan lei. Buitengewone hoeveelhede van hierdie stowwe sal dalk gevind word.

*  Hallusinasiemiddels (bv. LSD): Uiters abnormale gedrag, soos verwardheid, opgewondenheid, rusteloosheid, hallusinasies, gesprekke met homself, deurmekaarpratery. Hy kan meen dat hy deur ander vervolg word; "terugflitse" (skielike onverklaarbare tye van abnormale emosies, waarnemings of gedrag, veral ’n gevoel van veranderde realiteit en paniek).

Onthou!

  • Al die verskynsels wat hierbo genoem is, kan ook ander en soms ernstiger oorsake hę. Vra jou huisdokter om raad; moenie oorreageer nie.
  • Bes moontlik sal al die tekens nie tegelykertyd teenwoordig wees nie.
  • Buie wat vinnig verander, onverklaarbare angs, paniek en abnormale gedrag kan by elke vorm van dwelmmisbruik voorkom.
  • ’n Mens moet verwag dat die adolessent aanvanklik die gebruik van dwelmmiddels sal ontken of ontwykend daaroor sal wees.

Wat ’n ouer of ander mense naby aan hom moet doen nadat vasgestel is dat ’n kind beslis dwelms gebruik

  • Bly kalm. Weer eens: moenie oorreageer nie. Moenie aan die huil gaan en deur jou trane deur verwyte rondslinger nie.
  • Vra die kind mooi om jou soveel moontlik te vertel oor hoe lank hy reeds die dwelms gebruik en hoeveel hy daarvan gebruik.
  • As die kind aanvaar dat hy hulp nodig het, help waar jy kan en reël vir die nodige professionele hulp.
  • Vergeet van ander huislike onenighede en vorm ’n verenigde front in die gesin en huwelik om hierdie probleem die hoof te bied.
  • Voer openhartige gesprekke binne die gesin om doodseker te maak dat die kind se dwelmmisbruik permanent beëindig word.
  • Wees bewus daarvan dat ’n konfrontasie kan ontwikkel. Moenie toegee nie, maar kry dit agter die rug. Baie jong mense willig eers ná ’n konfrontasie in om behandeling te ondergaan.

Dwelmmisbruik: Is daar ’n oplossing?

OMDAT die oorsake van delmmisbruik so veelvuldig is, geld ’n oplossing vir een geval dikwels nie vir ’n ander nie.

 
Maar in die breë gesien, sal die beste oplossing vir die probleem natuurlik voorkoming wees. Kinders en jong mense moet betyds baie deeglik kennis dra van die werklike gevare van dwelmmisbruik sodat hulle die waarskuwings nie maar net sal beskou as bangmaakpraatjies van die ouer geslag nie.

Verskerpte inligtingsveldtogte van owerheidweë en deur welsynsorganisasies moet potentensiële slagoffers oral bereik, nie slegs tot in die verste uithoeke van die misdaadhole nie, maar ook in die rykmanshuise waar kinders baiemaal meer geld as liefde kry.
 

Iemand het al voorgestel dat daar naas lewensoriëntering op skool ’n afsonderlike vak geskep behoort te word waarin die dwelmgevaar vroeg-vroeg onder alle kinders se aandag gebring word.

Uitstappies na rehabiltasie-inrigtings waar leerders met hul eie oë sal kan sien hoe dwelms die lewens van jong mense van hul eie portuur verwoes het, behoort baie te doen om die probleem daadwerklik aan te spreek.

Hoekom sal ’n mens ’n lewe van onnoemlike ellende oor jouself bring net om ’n klompie ure lank te voel dat jy die koning van die węreld is? Dis mos onnoselheid in die heel ergste graad, as 'n mens doodnugter daaraan dink.
 

Professionele hulp

TALLE geliefdes van dwelmmisbruikers besef gou hulle dat hulle deskundige raad moet kry... en daar is werklik genoeg meelewende mense en instansies wat hulle kan laat voel dat hulle nie alleen in hierdie beproewing is nie.

Benewens die dienste wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad insake Alkoholisme en die Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (SANRA) gebied word, asook deur verskeie ander private welsynorganisasies, staatshospitale en provinsiale hospitale, is dokters, kliniese sielkundiges en maatskaplike werkers toegerus om sowel adolessente as hul ouers by te staan.

Dwelmmisbruik is ’n massiewe probleem. Altyd. Maar waar dit kop uitsteek, kan dit met ’n spanpoging in die kiem gesmoor word. Soos ons hierbo reeds gesę het, maar graag wil herhaal: Die kinders van Suid-Afrika het nie hierdie monster ook nog in hul midde nodig nie.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad