Die Dooie See met sy suile van soutóen ín meisie wat ervaar hoe ín mens nie in hierdie gekonsentreerde soutwater kan sink nie
  
Die Dooie See

Collage van fotoís deur
©
www travelmania com /  Free pictures of Israel en Purdue University / NASA

    

  
Ö en die fassinerende rolle uit die  verlede

Die Dooie See is om verskillende redes baie bekend: dit is die laagste natuurlike plek op die aardoppervlak en dit bevat die hoogste soutkonsentraat van enige watermassa op ons planeet. Trouens, dis so gekonsentreerd dat ín mens nie in sy water kan sink nie en selfs koerant kan lÍ en lees terwyl jy dryf. Boonop is dit in hierdie geweste waar Lot se vrou so dramaties in ín soutpilaar verander het. Maar is die Dooie See werklik dood?

ē   Kom ook saam na die antieke nedersetting Khirbet Qumran aan die noordwestekant van die Dooie See, waar ín versameling baie ou Hebreeuse en Aramese geskrifte in ín reeks nabygeleŽ grotte gevind is. Ontdek daar hoekom die Dooie See-rolle van onskatbare waarde vir Bybelgeleerdes isÖ

Fragment van ín antieke geskrif

BO: Net ín fragment van ín antieke geskrif... maar steeds van onberekenbare waarde. Die Dooie See-rolle bestaan uit meer as 600 manuskripte, wat op leer of papirus geskryf is.

Foto: U.S. Library of Congress
 


Die lewende Dooie See

ďT

OE het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reŽn op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in ín soutpilaar verander.Ē (Genesis 19: 24-26.)

Lot se vrou het God se opdrag veronagsaam. Volgens die Bybelboek Genesis het sy in ín soutpilaar verander toe sy omgekyk het na waar God besig was om die sondige Sodom en Gomorra met swael en vuur te verwoes.

Daar is vandag steeds skouspelagtige suile van sout en soutsteen by die Dooie See. Een van diť, ín pilaar met verskillende skakerings aan die hange van Jebel Usdum (Heuwel van Sodom), word tradisioneel Lot se Vrou genoem. (Dis stellig darem nie rÍrig sy wat nŠ al die eeue nog daar staan nie, maar die folkloristiese assosiasie bly interessant.)

ďLot se VrouĒóín pilaar van soutsteen by die Dooie SeeREGS: ďLot se VrouĒóín pilaar van soutsteen by die Dooie See.

Foto: www travelmania comFree pictures of Israel

Besoekers aan die streek wat die bloedige warm tog teen die heuwel op trotseer, kan ďLot se vrouĒ sien waar sy volgens oorlewing plegtig haar straf dra.

Maar asof die erbarmlike vrou nog nie genoeg gely het nie, lyk dit of ín selfs wranger toekoms op haar wag. Want die pilaar staan gevaarlik skuins en aardskokke kan haar dalk laat omval. Die mense van die plaaslike toerismebedryf is darem nie tť bekommerd oor diť moontlikheid nie. Daar is immers oorgenoeg ander pilare van soutsteen wat ďLot se vrouĒ kan word as die huidige een omtuimel.

HOEWEL dit ín see genoem word, is die Dooie See in der waarheid ín soutwatermeer. Dit lÍ tussen Israel en JordaniŽ en vorm die laagste deel van ín skeurvallei. (Daar is vroeŽr gedink dat dit ín deel sou wees van die ďGroot SkeurvalleiĒ,  wat van SiriŽ af deur die vasteland van Afrika tot so ver suid as Mosambiek sou strek. Vandag reken wetenskaplikes egter dat die skeure in die Midde-Ooste en Afrika tot twee verskillende, maar wel verwante breuksisteme in die aardkors behoort.)

Die Dooie See is 76 km lank, met ín maksimum-breedte van nagenoeg 16 km. Die oppervlakte is ongeveer 1049 vk. km.

Die Dooie See en sy soutpan-aanlegte

REGS BO: In die suide van die Dooie See is geweldige soutpan-aanlegte (soos die een op die nabyfoto LINKS BO), waar die water net soos elders verdamp, maar waar die sout in die panne op 'n beheerde wyse gewin word. Sowel natriumchloried (gewo­ne tafelsout) as kalium- en ander soute word uit die water verkry.   Hierdie soute word wyd in die chemiese bedryf gebruik. 

Fotoís: Earth Observatory / NASA en U.S. Geographical Survey

Die oewer van die Dooie See is sowat 400 m onderkant seevlakódie heel laagste plek op die aardoppervlak. Mineraalryke water vloei die meer binneómeestal vanuit die Jordaanrivier, maar ook uit verskeie seisoensriviere, wat vloei wanneer dit reŽn, maar andersins droŽ lope is.

Maar die water vloei nie dan weer vanuit die meer see toe nie. Die enigste manier waarop die water ontsnap, is deur verdamping. Die streek word in die somer so warm dat die verdampende water soms die meeroppervlak met ín mis bedek. Met die verdamping van die water kristalliseer die opgeloste minerale in pragtige formasies uit.

Die Dooie See is sů genoem omdat bloedmin dinge in sy pekelsout of in die omringende grond kan lewe. Maar navorsing toon dat die meer tog sekere lewende organismes onderhou. Hoewel geen visse daarin kan bestaan nie, lewe sekere bakterieŽ en soutgarnale tog in die water. Aan die oewers groei ook ín klompie plante.

Van groot belang is die oorvloed tafelsout (natriumchloried) en ander stowwe soos magnesiumchloried, kalsiumchloried, kaliumchloried en magnesiumbromied, wat goedkoop onttrek word vir gebruik in nywerhede. Die soutkonsentraat in die Dooie See is dan ook werklik so hoog dat dit onmoontlik is om daarin te swem. Maar ín mens bly tog dryf sonder om te sink!

Trouens, die spa's aan die oewers lok jaarliks ín groot menigte besoekers wat in die mineraalryke waters kom baai. Baie mense glo die water het helende eienskappe. Oor die vraag of dit wel so is, word hewig gedebatteer. Hoe ook al, dis duidelik dat die Dooie See deesdae sommer springlewendig is!

Die Dooie See-rolle

D

Qumran

HEEL BO: Die grotte by Qumran, 40 km suidoos van Jerusalem en naby die Dooie See, waar die beroemde Dooie See-rolle gevind is.
LINKS BO: Opgrawing by Qumran, die nedersetting van die Qumran-broeder­skap wat in 68 n.C. verwoes is, miskien deur die Romeine. Daar word gemeen dat die mense van die Qumran-broeder≠
skap die rolle ín ruk voor of net voor die verwoesting in die grotte daar naby kon gaan wegsteek het.
REGS BO: ín Rolle-kruik soos diť waarin die rolle bewaar gebly het.

Foto van grotte: Bible Picture Gallery / Free
 
Foto van uitgrawing: AsktheBible.com / Free pics of The Holy Land
Foto van rolle-kruik: U.S. Library of Congress
   

IE Dooie See-rolle is ín versameling Hebreeuse en Aramese geskrifte wat stuk-stuk sedert 1947 gevind is in ín reeks grotte aan die noordwestekant van die Dooie See, in die gebied van die antieke nedersetting Khirbet Qumran.

ín Skaapwagter met die naam Jumía, ín lid van ín BedoeÔene-stam, het die eerste van die aktieke rolle gevind, waarna ander spoedig ontdek is.

Daar is meer as 600 manuskripte, wat oorspronklik op leer of papirus geskryf is. Sekeres het betreklik goed bewaar gebly, ander nie. Die sewe vernaamste rolle is deur die BedoeÔene (rondtrekkende woestyn-Arabiere) ontdek.

Daar word gemeen dat die rolle aan die lede van ín voorheen onbekende Joodse broederskap behoort het. Sekere navorsers reken dat die broederskap verband gehou het met die Joodse sekte die EsseŽrs, ander beklemtoon weer die verskille tussen die Qumran-groep en die EsseŽrs.

Die rolle sluit in handleidings vir die handhawing van die tug, gesangboeke, Bybelse kommentare en apokaliptiese geskrifte. Daar is ook twee van die oudste bekende kopieŽ van die Bybelboek Jesaja, wat feitlik heeltemal ongeskonde is, asook fragmente van elke boek in die Ou Testament behalwe die boek Ester. Onder die laasgenoemdes is ín gefantaseerde parafrase van die boek Genesis.

ín Deel van die rol met PsalmsLINKS: ín Deel van die rol met Psalms.

Foto: U.S. Library of Congress

Daarbenewens is daar tekste, in die oorspronklike tale, van verskeie Apokriewe boeke en die boeke van die  Pseudepigrafa. (Die Apokriewe boeke is gedeeltes wat oor die Bybelse tydvak handel, maar wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Pseudepigrafa is onder meer bepaalde Joodse geskrifte wat na bewering valslik aan profete van die Ou Testament toegeskryf word.)

Navorsers reken dat die geskrifte op verskillende tye tussen omstreeks 200 v.C. en 68 n.C. geskryf kon gewees het. ArgeoloŽ het nietemin vasgestel dat die nedersetting van die Qumran-broederskap in 68 n.C. verwoes is. ín LeŽr onder die Romeinse generaal Vespasianus kon die gemeenskap geplunder het terwyl hulle onderweg was om ín Joodse rebellie te onderdruk wat in 66 n.C. begin het. Die rolle is vermoedelik tussen 66 en 68 n.C. in die grotte versteek.

Die Qumran-broederskap word in die handleidings oor die handhawing van die tug uitgebeeld as ín soort toonbeeld van die Huis van Israel, wat die weg moes berei vir die naderende koms van die koninkryk van God en die oordeelsdag. Die broederskap is geestelik deur priesters en ouderlinge gelei.

Die Dooie See-rolle is, vanweŽ hul ouderdom, van onskatbare waarde vir Bybelgeleerdes om by die oorspronklike teks van die Hebreeus in die Bybel uit te kom. Behoue geblewe dele van die Ou Testament is immers sowat duisend jaar ouer as die oudste kopieŽ wat voorheen bekend was.


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad