Jy lyk so lelik soos die nag, my dier!

Party diere is dierbaarso fraai en sindelik dat hulle summier in jou hart inkruip. Ander is... nou ja... glad nie van die mooiste nie, hoewel alle diere darem sekere goeie eienskappe het. Hoe dink jy, watter dier sal met die eerste prys wegstap as dit by lelikheid kom?
 

Vlakvark


BO: n Vlakvark (
Phacochoerus africanus).

Detail van n foto deur Trisha M. Shears, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (released into the public domain)

Sies, jou vark!
WAT het die maniere van n vark en n gesig soos n nagmerrie? Die antwoord is straks nie so moeilik nie. Dis die vlakvark, natuurlik. Laat ons eerlik weeshiers nou rrig n hele homp van n knopperige lelikheid op pote.

Die kop is te groot vir die lyf. Dis lank en plat aan die voorkant, met o absurd naby die bokant. Groteske vratte ontsier die kante en buitengewoon lang tande krul by sy bek uit.

En praat van slegte maniere! Die vlakvark is knaend aan die kwyl en boonop n onhebbelike morsjors. Trouens, hy so lief vir modder dat hy meestal met modder bedek is. En sy tafelmaniere. Die opgeskote jonges vreet graag mis. As jy n sog met kleintjies opgewonde maak of steur, vreet sy haar kinders net daar op. En ten slotte is daar die slagtande. Hulle lyk dalk snaaks, maar moenie daarmee spot nie. Gevalle is selfs bekend van vlakvarke wat mense doodgegaffel het.

Maar met sy lelikheid en rare maniere is vlakvark se kind bloot goed toegerus om in sy hougebied te oorlewe. Met die lang snoet word knolle en wortels immers ondergronds opgespoor en uitgegrawe en verlate erdvarkgate vir eie gebruik vergroot. Deurdat die o naby die bokant van die kop sit, kan hy ook bo-oor die lang gras van die Afrika-savanne kyk of daar nie roofdiere soos leeus en luiperds in die omtrek is nie.

Die vlakvark se vrattevan kraakbeenweefselis baie belangrik. In die paartyd veg die bere teen mekaar. As dit nie vir die beskerming was wat die vratte bied nie, sou die mededingende vryers se o en kake sleg deurgeloop het. Die lang, gekrulde slagtande word in gevegte gebruiken is nuttig om klippe en stompe om te keer wanneer die vlakvark kos soek.

Modderbaddens is niks vreemds in die diereryk niedie modder help beskerm die diere teen die skroeiende son.

Vra elke navorser wat vlakvarke in die vrye natuur bestudeer het, en hy sal jou vertel van hul verstommende, byna minsame geaardheid. Soos ander varke is hulle glo hoogs intelligent en merkwaardig vindingryk in die slegste toestande. Hulle is bekend daarvoor dat hulle hul gesinne met woeste geweld beskerm.

En oplaas is daar hul innemende hebbelikheid om met die sterte regop in die lug te hardloopvlakkop oor die vlakte net om hulle dan weer soos varke te gedra.

Mariboe

Pienk ver­skrik­king


 
LINKS: n Maraboe (Leptoptilos crumeniferus).

Foto deur Jessie Cohen, fotograaf van die Smithsonian National Zoological Park (Fair use permitted  for non-commercial purposes; not to be altered; credit must include this url: http://nationalzoo.si.edu/ Animals/PhotoGallery/Birds/7.cfm)



N VUIL ou man met n siek kopvel, is hoe een fotograaf die maraboe (n soort ooievaar) beskryf het. En n mens kan maklik sien hoekom. Die maraboe van Afrika moet beslis een van die wreld se lelikste vols wees.

Sy gesig lyk asof dit aan die brand gesteek was. Die lang, swaar snawel lyk skoon buite verhouding tot die lyf. En aan die keel swaai n lelike, pienk, vlesige sak. Wat die doel daarvan is, is nie duidelik nie. Geleerdes reken dat dit enigiets van n voedselspens tot n kussing vir die swaar snawel kan wees. Dit word wel groter in die paartyd en word dus feitlik seker vir vertoon tydens die hofmakery gebruik.

Maar dis wanneer die maraboe vlieg dat hy sy regmatige plek inneem. Hy is n reuse-volsowat 1,5 m hoog met n vlerkspan van byna 2,5 men hy lyk eenvoudig manjifiek wanneer hy op n lugstroom sweef, die kop omhoog en die lang pote wat geanimeerd agternasleep.

Hoewel hy n lid van die ooievaar-familie is, gedra die maraboe hom bra soos n aasvol. Hy vreet die reste van dooie diere en druk sy kaal kop en nek diep in die karkas in. Hy vreet ook lewende prooi.

Ongelukkig vir die maraboe is nie alles aan hom lelik nie. Sy voortreflike wit vereook maraboe genoemwas eenmaal baie gewild as versierings aan vroue se hoede en tabberds. In sekere dele van Afrika is die vols so erg gejag dat hulle onrusbarend uitgedun is.

Seelikkewaan  van die Galapagos-eilande

Galapagos-likkewaanGROOT FOTO BO: Hulle is groot en swart, maar sekere mannetjies van die seelikkewane (Amblyrhynchus cristatus) van die Galapagos-eilande word rooierig in die paarseisoen. (Volgens n ander bron word die verkleuring egter veroorsaak deur die pigment in die seewier wat hulle vreet.)

KLEINER FOTO: n Galapagos-likkewaan in sy volle lengte.

Groot foto: kerndeel van n foto deur Sputnikcccp,
wat dit op
hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web gelisensieer het ingevolge die
GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe wat deur die aFree Software Foundation gepubliseer word

Klein voorstelling op groen agtergrond: FreeClipartNow.com

Afskuwelike drake van die Galapagos-eilande
DIE seelikkewaan van die Galapagos-eilande moet beslis die wreld se afskuwelikste reptiel weessoos dan ook blyk uit vroe beskrywings daarvan. David Porter, wat in die vroe 1820s n kaptein in die Engelse vloot was, het geskryf van tallose likkewane, enorm groot en met die afgryslikste voorkoms denkbaar... Hulle lyk so weersinwekkend dat niemand aan boord oorreed kon word om hulle as kos te eet nie.

Die reptiele kon ook nie die hart versag van die bekende Britse natuurkundige Charles Darwin nie, wat tydens sy veelbesproke reis in die 1830s geskryf het: Die rotse aan die kus wemel van groot swart akkedisse tussen drie en vier voet lank; die kreatuur lyk afgryslik, het n vuil swart kleur, is dom en beweeg traag.

Ondanks hul groteske gesigte is seelikkewane verrassend sagmoedig. Hulle vreet nie vleis nie, net alge. Wanneer die gety afneem, duik hulle in die water in om seewier te soek. Hulle gebruik hul yslike, skynbaar boosardige kloue om aan die gladde rotse te klou en hul stomp snoete om stringe seewier af te skeur. Gebiedsgebonde mannetjies veg wel onder mekaar, maar die akkedisse l gewoonlik oor mekaar in die son en steur hulle skaars aan wat om hulle gebeur.

Die meeste seelikkewane het n vuil swart kleur. Maar op n paar eilande in die Galapagos-argipel is akkedisse met rooi en swart kolle op hul lywe en metaalgroen kamme en voorpote. Hulle lyk amper soos drake. Volgens een bron is die verkleuring as gevolg van fisieke veranderings by die mannetjies in die paarseisoen. n Ander bron skryf dit toe aan hul dieet. Party soorte seewier bevat pigmente wat, wanneer dit gevreet word, in die vel opgaar en die diere hul dramatiese kleure gee, word ges.

Yunnan-stompneusaap
Haai,  stomp­neus, waar kry jy die lipstiffie?
 

LINKS: n Yunnan-stompneusaap. (Rhinopithecus bieti).

Gewysigde weergawe van oorspronklike foto by Science museums of China
  

ANTJIE SOMERS, het ons oorgrootjies ges. Daars n paaiboelie wat kinders vang en di se naam is Antjie Somers. En met sy opsigtelike rooi lippe en twee klein gaatjies wat moet deurgaan vir n neus, is die rariteit van n stomneusaap dalk nie te ver van n Antjie Somers nie. Hy vang nou wel nie kinders nie. Maar as jy met donkermaan tussen die bome s n dierasie moet tekom, hol jy tien teen een jou bene van jou lyf af.

Of dalk verskil jy totaal van hierdie vernederende beskrywing en beskou die Chinese Yunnan-stompneusaap as n koddige mooi lelikheid wat eintlik in n strokiesboek tuishoort.

Hoe ook al, die Chinese is baie lief vir hierdie uiters skaars boorling van die  suidweste van China. Die Yunnan-stompneusaap (
Rhinopithecus bieti) is dekades lank as uitgestorwe beskou, totdat agt pelse n klompie dekades gelede hul opwagting in daardie wrelddeel gemaak het.

Iewers moet daar dus nog van die diere wees, het diereliefhebbers besluit, en n ekspedisie in die Yunling-berge het dit bevestig. Di berge is op plekke tot omtrent 5600 m hoog. Die ekspedisie het gevind dat sowat duisend Yunnan-stompneusape in n strook naaldbos bo-op die skerp bergre woon. Die slegte nuus was egter dat hul getalle aan die afneem was en dat hul voortbestaan bedreig word.

Hulle vreet hoofsaaklik die korsmos wat op naaldbome voorkom, maar dit kos die verorberde korsmos tien tot twintig jaar om weer terug te groei. Die gevolg is dat die ape n groot weigebied nodig het en gedurig moet beweeg. Dit is dus uiters noodsaaklik dat hul habitat ongeskonde bly.

Die Chinese regering het die Yunnan-stompneus-aap op n spesiale lys van bedreigde diere geplaas en geld bewillig om die plekke te beskerm wat die diere nodig het om te oorleef. Daar is selfs begin om van die ape in n sentrum in Beijing te teel.
 



Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad