Wesentjies in wording: ín basiese vergelykende studie van verskillende soorte ongeborenes

Die lewe voor die lewe...

Embrioís en fetusse: hoe ek en jy en verskillende soorte diere gelyk het in die wonderlike tyd van ontwaking uit geanimeerde bolletjies of worsiesóvoordat ons en hulle uiteindelik die eerste lewenslig hier in die buitewÍreld aanskou het...

BO: Vir taalkundiges is morfologie die studie van die verbuigings- en vervoegingsvorme van ín taal, maar bioloŽ dink aan morfologie as die leer van die vorm en bou van organismes. In die samestelling hierbo word die morfologiese ooreenkomste en verskille aangetoon tussen die embrioís van verskillende werwelspesies in soortgelyke stadiums van hul ontwikkeling.

Bron: LLNL / U.S. Department of Energy

BO: In die embriologie word die embrio van die huismuis dikwels as die eerste keuse beskou om vroeŽ voorgeboortelike soogdierontwikkeling te bestudeer. Die embriogenese van die muis (die ontstaan en ontwikkeling van die muis-embrio) is gevolglik reeds uitvoerig nagevors. Dit is onder meer omdat muise so teelkragtig is en laboratoriumdiere maklik verkry kan word. Daarby is die draagtyd van die wyfies kortóslegs so tussen agttien tot twintig dae.

Foto: U.S. National Institutes of Health

BO: Rotte is ook so geredelik beskikbaar dat hul embriogenese maklik bestudeer kan word. Nog ín voordeel is dat hulle soveel groter as muisembrioís is. Die ontwikkeling van die rot is in die reŽl een dag agter diť van die muis, en die geboorte is effens later en wel op die 22ste dag. Op dag 15 ondergaan die embrio sy laaste stadium van metamorfose, wanneer die snoet van die bors af oplig, en dan word dit ín fetus.

Foto: Greenwell / EHP / U.S. National Institutes of Health

BO: Soos met ander soogdiere, is daar in die embrio van die olifant aanvanklik weinig te bespeur van die dier wat dit nog sal word. Hoe ook al, teenoor die nagenoeg drie weke van muise en rotte, het die olifantkoei ín buitengewoon lang dragtigheidsperiode van 21 maande. Dit is die langste draagtyd van alle soogdiere. Om verstaanbare redes is ons kennis omtrent die enbrionale en fetale ontwikkeling van olifante egter nog baie beperk. Daar is vandag drie lewende olifantspesies, te wete die Afrika-bosolifant, die Afrika-woudolifant en die Asiatiese olifant.

 


BO: Reptiele se embrionale ontwikkeling kom ooreen met diť van voŽls, deurdat die nuweling in die reŽl nie binne-in ín moederliggaam ontwikkel nie, maar daarbuite in ín eier. Op die foto is ín ontwikkelende Amerikaanse alligator nŠ sowat ín maand in die eier (die volle inkubasietyd is meer as twee maande). Verbasend genoeg word die geslag van ín alligator van dag 7 af tot dag 21 bepaal deur die spesifieke hittegraad in die nes van verrottende plante­materiaal waarin die eier broeiend warm gehou word. Die nes is deur wyfie gebou vir haar eiers om in uit te broei.

Foto: James Basto / USGS, Florida Integrated Science

BO: Ook alle amfibieŽ kom uit eiers, wat in verreweg die meeste gevalle in water tot larwes verander. Paddas se larwes staan bekend as ďpaddavissiesď, soos diť op die foto. Mettertyd ontwikkel hulle dan verder tot volwassenes wat in die lug asemhaal en nie meer met kieue soos die visse nie. ín Interessante variasie is waar die ontwikkeling in water ďoorgeslaanĒ word, soos by verskillende soorte paddas waar die paddavissie sommer in die eier self ontwikkel en die padda die eerste lewenslig as ín miniatuur-volwassene aanskou.

Foto: NIEHS / U.S. National Intitutes of Health

BO: Krappe kom eweneens uit eiers. Party soorte krapwyfies lÍ hul eiers in ín gat en laat hulle aan hul eie genade oor. Ander wyfies dra hul eiers met hulle saam in ín jellie-agtige massa wat onderaan hulle kleef. Sodra dit tyd raak dat die eiers moet uitbroei, deponeer die wyfie haar toekomstige kroos Írens in water. Die larwes wat uit die eiers kom, gaan deur verskillende stadiums totdat hulle volwassenheid bereik.
 


Foto: Dr. Bradley Stevens / NOAA

BO: Forel-embrioís, dertig dae nŠ bevrugting. Die forel is natuurlik ín gewilde varswatervis.  Die eiers van visse staan bekend as viskuit; die gewilde voorgereg kaviaar is gesoute eiers van onder meer ín vis wat die steur genoem word. Die meeste soorte viswyfies lÍ hul onbevrugte eiers sommerso in die water, waar dit deur die mannetjie bevrug word. Uit die bevrugte eiers ontstaan dan nuwe vissies. Maar by ín paar vissoorte kom daar wel paring voor. Die bevrugte eiers word daarna ůf in die water gelÍ om verder te ontwikkel ůf hulle ontwikkel binne-in die wyfie totdat die vissies gereed is om uit te broei.

Foto: Steve Geving / Minnesota Department of Natural Resources / U.S. Environmental Protection Agency

 

BO: Dis die eier van die vrugtevlieg diť, en welbeskou is insekte se eiers ook mos embrioís. As diť omstandighede reg is, kan sů ín vrugtevlieg-eier uitbroei binne ín halwe dag nadat dit gelÍ is. Dan word dit ín larwe, wat op sy beurt mettertyd in ín papie verander. Die volwasse vrugtevlieg kruip uit die papie en is reeds agt tot twaalf uur hierna gereed om te paar... en dan begin die kringloop van voor af.
 

Foto van vrugtevlieg-eier deur JWSchmidt,
wat dit die Wikimedia Commons op die wÍreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0 wat deling en wysiging op sekere voorwaardes vergun

BO: Wat in die volksmond jongbye genoem word, is in der waarheid heuningbylarwes in die laaste groeistadium. Die jongby op hierdie foto is nog sag en bleek in die heuningkoek, maar vertoon reeds sekere onmiskenbare kenmerke van die by wat dit gaan word. In ín bynes is daar drie soorte individue, naamlik die vrugbare koningin en steriele wyfie-werkers (wat almal saam uit bevrugte eiers ontwikkel het) asook die mannetjies of hommels (wat uit onbevrugte eiers ontstaan het). ín Werkerby wat in die groeityd meer koningjellie gevoer word as haar susters, ontwikkel in ín koningin.

Foto: ARS / U.S. Department of Agriculture

 

BO:  Die vroegste bloedsirkulasie van ín ding wat bestem is om uiteindelik te kraai, te kloek of te kekkel! Hierdie illustrasie van ín hoender se baie vroeŽ embrionale ontwikkeling help om een feit te beklemtoon: in die heel eerste stadiums lyk al die wesens in wording hoegenaamd nie na verteenwoordigers van die spesies waartoe hulle behoort nie. Alle voŽls lÍ eiers en die hele kaboedel van hulle broei daaropómet die uitsondering van ín sekere groep in AustraliŽ en sy buureilande wat hul eiers in sandhope of verrottende plante-materiaal lÍ en dan daarvan ďvergeetĒ. Die res, wat wel broei, broei nie ewe lank nie. Afhangende van die voŽlsoort wissel die broeityd van tien tot omtrent tagtig dae.

BO: By die mens duur dit nege maandeóvir ín balvormige selletjie kleiner as ín speldekop om tot ín vroetelende olike, vrolike bondeltjie vreugde te ontwikkel. Die klein, ronde, verdelende balletjie verander geleidelik sy vorm en word ín rare klein kloddertjie. Teen drie weke is dit so groot soos ín ryskorrel. NŠ nog drie weke begin arms en bene verskyn. Sů geskied die ontwikkeling verder ewe wonderbaarlik tot aan die einde van die swangerskap, waaroor onderhoudend vertel word in die Mieliestronk-artikel getiteld Die ontluikende klein mensie.

Foto van embrio: NIEHS / U.S. National Intitutes of Health
Foto van baba: JvB

  Stuitige stertjie 

BO: Die lewe is vol raaisels. Hierdie onderontwikkelde voŽltjie is op ín keer binne-inóvan alle dingeóín appelkoos gevind! Gín mens kon glo vasstel hoe dit in die vrug gekom het nie. Of het iemand maar net besluit om andere ín poets te bak deur die tingerige dingetjie op ín slim manier in die appelkoos te kry?

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad