Diere-sintuie (4): Smaak

Die tongtippie-toets

Die kameelperd het 45 cm lange tong om selfs fees te vier by n doringboom. Die bo-oppervlak van die tongpunt bevat vlesige stekeltjies, wat dorings afweer en blaartjies vasvang. Maar dit is nog baie lank nie die vreemdste tong in die dierewreld nie. Dink maar byvoorbeeld aan di van die pylstertmot. Soos jy koeldrank deur n rietjie drink, teug hy n blom se nektar. Sy tong of suigslurp kan tot 15 cm ver strek en, wanneer hy klaar gedrink het, word dit netjies ingekatrol tot onder sy kop. S proe baie diere die lewe heeltemal anders as ons. Lees nou smaaklik verder!

Foto van kameelperd: The NASA SCI Files (gewysig)

V

OLS doen dit. Visse doen dit. Graatjiemeerkatte, groenmambas en goggas doen dit. En die mens natuurlik ookhoekom sou hy juis anders wees?

Ons praat van proe. Hoe vervelig sou die wreld nie sonder die smaaksin gewees het nie. Kos sou tog te saai gewees het as ons dit nie met die tongtippie-toets kon takseer nie.

Die sinne vir smaak en ruik is dikwels verstrengel. Dis hoekom jou smaak (maar eintlik jou reuk) baiemaal aangetas is wanneer jy verkoue het en jou neus toe is.

Die doel van reuk is in die rel om dinge te ondersoek, dikwels van n afstand af. Smaak sorg weer vir n deegliker taksasie van die tasbare en nabygele dinge. Reuk vul smaak aan deur die volle geur van die kos uit te bring.

Smaak verskil

BY die werweldiere op land is die smaaksintuig tot die mond beperk. Die smaakorgaan bestaan uit klein smaakknoppies wat veral bo-op die tong aangetref word.

Soet

Bitter

Suur

Sout

Umami

  
Die enigste basiese smake wat die mens kan onderskei

By ongewerweldes en die werweldiere van die see is die smaaksintuie baie meer verspreid, en die smaakknoppies kan rond en bont op die liggaam l.

Diere se smaakontvangers is dikwels s toegerus dat slegs die smake van hul eie soorte kos onderskei word. Krewe proe byvoorbeeld die aminosure wat tydens die verrotting van vleis afgeskei word. Sekere insekte proe net die spesifieke stowwe in die plante wat hulle vreet.

Die mens kan slegs vyf basiese smake onderskei: soet, bitter, suur, sout en die sogenaamde umami, n smaak wat gevoelig is vir glutamaat. Alle bykomende "smake" word in der waarheid deur die neus "geproe".  Klik hier om nog oor onder meer umami te lees in ons artikel oor menslike sintuie.

n Kastaiing van n fynproewer

BAIE stadig bewegende ongewerweldes soos seekastaiings, roofslakke, seesterre en sekere insekte wat selfs stadiger of stilstaande prooi jag, is nie gebore in staat om hul slagoffers van n afstand af te vind nie.

Pleks daarvan wag hulle maar totdat hulle daarteen bots, f toevallig f doelbewus. Die dier gebruik dan sy smaakorgane of sy voelhorings, pote of ander liggaamsdele om vas te stel hoe eetbaar die prooi is.

Die sagte, plooibare vel om die vyf tande en sentrale mond van die pers seekastaiing verwittig byvoorbeeld die stekelrige seedier van sy kos se tekstuur en chemiese kenmerke.

Pers seekastaiing

BO: Die pers seekastaiing.
  
Foto: Kathy DeWet-Oleson / National Marine Santuaries / NOAA

Onsmaaklike dierbaarheid

WIE sal nou n oulike ou buideldiertjie soos die opossum wil seermaak? Jy stellig nie, maar n honger roofdier sal nie s redeneer nie. Daarom dat die Amerikaanse opossum met sy eie weermiddels toegerus is.

LINKS: Noord-Amerikaanse opossums (Didelphis virginiana).

Foto: Dr. William J. Krause / National Agricultural Library / U.S. Department of Agriculture (effens gewysig)

As die opossum wil spore maak, sal hy allereers n boom soek om in te vlug. As hy dit nie kan regkry nie, sal hy hom dood hou. ("Playing possum," soos die Amerikaners s.)

Maar die opossum het nog n weermiddelhy smaak sleg.

Huiskatte jag graag allerhande goeters en bring dit huis toe. Maar hulle sal nie sommer enigiets vreet nie. Dit lyk of sekere diere (insekte, wurms en amfibie byvoorbeeld) nie deur roofdiere gevreet word nie om die eenvoudige rede dat hul vleis so onsmaaklik is.

Snorre wat proe

 

Katvisse

 

LINKS en REGS BO: Katvisse met hul "snorre", wat smaakknoppies bevat.

  

Foto links bo:John G uthrie / U.S. Fish & Wildlife Service Foto regs bo: ARS / U.S. Departement of Agriculture

DIE meeste visse het slegs twee sinne nodig om te funksioneer: reuk en tas. Daar is egter n paar soorte visse wat hul smaaksin gebruik om kos te soek.

Katvisse en ander het byvoorbeeld sensoriese apparate (moestasse) wat soos snorre van hul bekke of kele afhang.

Hierdie hoogs beweeglike aanhangsels is met smaakknoppies toegerus en, as hulle oor die bodem gesleep word totdat hulle teen iets interessants raak, sal hulle rapporteer of die voorwerp eetbaar is of nie.

Sissss! Dit smaak siesa!
 

Die orgaan van Jacobson by die slangDIE neusgange en reukorgane van reptiele werk baie soos di van soogdiere, maar slange en akkedisse het n bykomende orgaan (die orgaan van Jacobson genoem) wat die smaak- en reuksin aanvul. Dit mond in die verhemelte uit. Die slang skiet sy gesplete tong uit, versamel monsters van geurmolekules uit die lug of van die grond af, trek weer sy tong in sy bek in en dra dan die molekules oor na die orgaan van Jacobson waar hulle chemies ontleed word.
   

  
Smaakorgaan? My voet!

 
Vlinders proe met hul poteREGS: Vlinders proe met hul pote.

Foto: U.S. Department of the Interior / U.S. Geological Survey

DIE smaakorgane van n paar soorte insekte sit aan hul pote. Die skoenlapper het byvoorbeeld smaakorgane aan die pote wat sensitief vir suiker is. Wanneer hy op n suikeragtige stof gaan sit, herken die smaakorgane die kos en word die suigslurp geprikkel om oop te rol. Die lang, buisvormige suigslurp van die meeste vlinders kan slegs vloeibare kos hanteer.

Tentakels soos tonge

HOEWEL die seekat goed kan sien, speel sy hoogs ontwikkelde smaak- en tassin n groot rol om hom teen gevaar te waarsku en om vas te stel of sy prooi geskik is.

Hierdie sintuie is die beste ontwikkel in die arms van die seekat. Hulle kan tot twee keer meer senuselle wat sensoriese inligting verwerk as die brein h. Die suiers is ook besaai met chemiese sensors, waarmee hy sowat tien keer fyner kan proe as die menslike tong.

Slegs nadat die suiers die prooi geproe het, word dit stewig vasgevat en in die mond geplaas.
  

SeekatFotos: NOAA

"Fynproewers"

LINKS en BO: Die suiers in die seekat se arms is besaai met chemiese sensors wat baie fyn kan proe.

Nog smaaklike brokkies

   Dit hang van bestuiwende insekte se monddele af na watter tipe blomme hulle aangelok word. Insekte met lang tonge benut buisvormige blomme en di met korter tonge besoek blomme wat brer en oper is.

   Ons is maar te geneig om te dink dat die belangrike sintuie altyd aan die kop moet sit. Maar by sekere diere, veral insekte, is hulle op heeltemal ander liggaamsdele. Die liggaam van die vlieg is byvoorbeeld met talle klein haartjies bedek wat as tongetjies funksioneer om die insek te vertel of n ding eetbaar is of nie. Dis hoekom die gewone huisvlieg so knaend op kos wil sit. Hy moet werklik aan die kos raak voordat sy harige "tonge" hom genoeg prikkel om dit te vreet. Ander insekte gebruik hul voelhorings as n soort samegestelde ruik- en proe-orgaan.

   Anders as mense het honde nie sweetkliere in die vel nie. As Wagter warm kry of opgewonde raak, haal hy vinnig asem met n uithangende tong. Water verdamp van die tong en keel af, en dit help om hom af te koel.

   Maar honde is nie die enigste diere wat hul tonge gebruik om af te koel nie. Arende sweet ook nie deur hul vel nie en hyg nes honde.

   Al gesien hoe skiet n vaardige verkleurmannetjie sy tong uit om n insek met sy klewerige tongpunt te vang? Alles geskied binne slegs een sestiende van n sekonde, waarna hy sy slap tong en prooi in sy bek inkatrol.

   Maar praat van n strekbare tong! Die miervreter het een wat ideaal geskik is om in die gange van mier- en termietneste in te steek en die insekte op te lek. Daar is min wegkomkans van n tong wat 60 cm ver uitstrek.

Miervreter

BO: Die miervreter... n mier se tier, danksy sy lang tong.

Foto: Probert Encyclopedia / Free pic

Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie:

  Inleiding
1.
Hoe diere sien   2. Hoe diere hoor   3. Hoe diere ruik
4. Hoe diere proe   5. Hoe diere tas (voel)
6. Diere-sintuie wat die mens nie het nie

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad