Diere-sintuie (3): Reuk

Snuf in die neus

   
Klipspringer

   
ín Klipspringer ruik aan
ín takkie wat ín ander klipspringer gemerk hetóen onmiddellik het hy twee keuses. Hy kan ůf spore maak en sy teŽparty in vrede laat in sy gebied ůf hy kan besluit om te bly en te baklei. Sů is die wÍreld om ons gevul met allerhande reuke. Maar vlak voor ons neus gebeur dikwels dinge waarvan ons mense geen benul het nie...


Foto (ietwat deur ons gewysig) met vergunning van Wildlife Pictures Online - voorrsiener van kwaliteitsfotoís van wilde diere van Afrika

L

IGGAAMSREUKE... dankie tog vir seep en reukweerders, sÍ ons vandag. Dog dit was maar eers betreklik onlangs dat die gebruik by die mensdom begin posvat het om sy geure en odeure te verbloem of te verwyder.

 

Tot laat in die negentiende eeu het hordes mense dit immers nooit eens oorweeg om hul natuurlike reuke weg te skrop nie.

 

"Moenie jouself was nie," het die Franse staatsman en veldheer Napoleon glo op ín keer aan sy geliefde Josephine geskryf, "ek is op pad huis toe."

 

Hoewel die mens se reuksin bra sleg afsteek teen diť van baie diere, gebruik hy dit tog in sy omgang met ander mense.

 

By ín primitiewe stam in Nieu-Guinee is dit byvoorbeeld gebruiklik om reuke te ruil wanneer mense vir mekaar tot siens sÍ. Jy druk jou hand onder jou kieliebak in en vryf dit oor jou medemens se lyf.

 

Dit klink egter teenstrydig dat ons moderne mense, wat niks van ons eie reuke wil weet nie, dit verdoesel met die seksuele lokmiddels van diere: afskeidings uit die aarskliere van die sivetkat; pensklierafskeidings van die muskushert...  

 

Ek ruik jou, my dier

  

Pikkewyn en kuikensLINKS: Hoe vind volwasse pikkewyne, wat in die see vir kos moet gaan jag, telkens weer hul eie kuikens in ín kolonie wat uit duisende, selfs honderdduisende tot miljoene pikkewyne kan bestaan? Sou dit wees dat hulle ook hul kleingoed kan ruik?

 

Foto: Lieutenant Philip Hall / NOAA Corps / NOAA

FEROMONE bring diere bymekaar wanneer dit paartyd is, maar dit is nie al nie. Sekere visse skei byvoorbeeld ook feromone af om alarm te maak, en sekere voŽls gebruik dit om ander voŽls van hul spesie en veral hul kleintjies uit te ken.  

    

Hoe mense ruik

MENSE (en soogdiere) se reukorgane sit in hul neusholtes. Wanneer ons Hoe jy ruik asemhaal, beweeg die grootste gedeelte van die lug deur die neusgange. ín Klein bietjie lug beweeg opwaarts na die reukslymvlies, en tesame daarmee enige reuk wat die lug miskien bevat.

 

Die reukslymvlies bevat twee soorte selle. Die groot selle word steunselle genoem. Hulle vorm ín ondersteunende massa waarin die kleiner reukselle lÍ. Die reukselle is die "reuk-ontvangers". Aan die vry punt van elke reuksel is klein reukhaartjies, wat in die rigting van die neusholte strek.

 

Reukimpulse gaan in die brein na die deel wat die seeperd, of hippokampus, genoem word, en daar word hulle as ín bepaalde reuk waargeneem en uitgeken. Reuk is die mees basiese van al die sintuie en is 10 000 keer skerper as ons smaaksin. Trouens, die meeste "smake" word geruik en nie geproe nie.

 

Hoe bye ruik

DIE heerlike geure van blomme lok bestuiwingsinsekte soos heuningbye aan. Sig speel ook ín belangrike rol om die insekte na die regte blomme te lei.

 

Hoewel ín onervare by instinktief die patrone van blomme sal herken, het sy geen ingebore kennis van hul geur nie, en dit moet aangeleer word.

 

Sodra ín by egter ín bepaalde blom besoek het, sal sy soortgelyke blomme soek en hulle deur middel van haar voelhorings aan hul reuk uitken.

 

Swart by op ín blomREGS: ín (Vir ons) eienaardige swart by op ín blom.

 

Foto: Jack Dykinga / U.S. Department of Agriculture

 

Nie alle blomgeure is noodwendig vir die mens lekker nie. Sekere plante stel ín reuk vry wat die sekslokmiddel van ín wyfieby (nie die heuningby nie) naboots.

 

Party blomme se geure is ín nabootsing van kosreuke. Die insek word deur die "kos" aangelok en bestuiwing vind plaas. Dan is daar party vleisvretende plante wat vrot reuke vrystel, wat insekte soos miskruiers of vlieŽ aanlok.

 

Hoe sekere ander insekte ruik

VERSKILLENDE soorte sluipwespe lÍ hul eiers op die larwes van sekere insekte wat diep in die hout van boomstamme skuil. Maar van buite gesien, is daar geen aanduiding dat daar larwes binne-in is nie. Hoe spoor die wyfies hulle dan op?

 

SluipwespLINKS: ín Sluipwesp.

  

Foto deur ANDR… KARWATH, wat dit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web uitgeplaas het, onder die inskrywing "Ichneumon wasp", ingevolge die Creative Commons-lisensie, weergawe 2,5. (Foto deur ons verklein en ietwat gewysig.)

  

Die sluipwesp gebruik haar fyn reuksin, het insektekundiges bevind. Hierna luister sy ewe fyn om presies vas te stel waar hulle is en boor dan in die hout in.

 

Die sywurmmot-mannetjie het een van die skepste reuksinne in die diereryk. Wanneer ín motwyfie ín maat wil aanlok, lig sy die punt van haar agterlyf op en laat ín kragtige seksuele lokmiddel (ín feromoon) vry uit spesiale kliere in die agterlyf.

 

Die mannetjie kan meer as 2 km weg wees, maar neem steeds die reuk waar met sy veeragtige voelhorings, en hy volg die reuk tot hy die wyfie kry.

 

Ruik-ruik in die water

BY sekere diersoorte is die reuksin belangrik vir jagóselfs onder die water. Die groot duikkewer, ín vleisvreter, is byvoorbeeld ín regte verskrikking in poele in baie wÍrelddele waar hy paddavissies, vis, wurms, watersalmanders en groot insekte jag.

 

Groot duikkewerREGS: Die groot duikkewer.

 

Foto deur EVANHERK, wat sy kopiereg daarop in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web opgesÍ en dit tot openbare besit (ďpublic domainĒ) verklaar het

 

Hoewel die kewer sy prooi baie goed kan sien, jag hy nie slegs met sy oŽ nie. Hy moet eers die reuk van sy prooi kry voordat hy dit agtervolg.

 

Selfs as ín moontlike prooidier heeltemal onsigbaar is tussen plante of onder modder, sal die groot duikkewer hom nog met behulp van sy voelhorings uitruik en reguit op hom afpyl.

 

Water is die ideale medium om ín menigte reuke oor groot afstande te vervoer. Een dier wat dit ten volle benut, is die haai. Hoewel hy reageer op die vibrasies wat deur ín spartelende vis gemaak word, gebruik hy ook sy reuksin om sy prooi te vind.

 

Trouens, sowat twee derdes van die haai se brein word aan hierdie sin gewy.

 

As ín haai honger het, swem hy tydsaam in kringe of draaie rond. Indien die trillings of sy reuk aandui dat kos naby is, raak sy bewegings koorsagtiger. Die haai beweeg sy kop heen en weer om hom die rigting te help vasstel waaruit die reuk kom.

 

Die reukorgane lÍ in sakkies in die snoet waar die water geproe word. As die haai vorentoe swem, vloei water die neusgate binne en beweeg deur die sakkies.

 

Party groot haaie kan bloed in water meer as ín kilometer ver waarneem.

 

Hoe diere hul gebied met reuke afbaken

TALLE diere is gebiedsgebonde en maak van reukmerke gebruik om hul gebied af te merk. As ín indringer die reuk kry, kan hy ůf spore maak ůf besluit om die baas van die plaas tot ín geveg uit te daag.

 

Jou hond se beenliggery teen ín lamppaal of ín motorwiel is waarskynlik die bekendste voorbeeld van diť soort gedrag.

 

Ander diere doen dieselfde ding op verskillende maniere. Die seekoei sprei sy mis op die bosse deur sy stert te waai terwyl hy ontlas. Nagapies urineer op hul hande en vryf dan hul voetsole sodat hulle nat, onwelriekende voetspore kan agterlaat.

 

Herte en antilope het ín sekere klier net voor elke oog, wat hulle teen plante en boomstamme skuur om territoriale afskeidings agter te laat. Omdat die klier so naby die oog is, moet die dier besonder versigtig wees om nie sy oog te beseer nie.

 

Nog neuse van naderby

 

KrimpvarkieLINKS: ín Krimpvarkie.

 

Illustrasie: NLM / U.S. National Institute of Health

 

DIE neus van die krimpvarkie is nie om dowe neute so spits nie. Diť diere jag snags, maar omdat hulle so sleg sien, moet hulIe hulle op hul reuksin verlaat as hulle na weggesteekte prooi onder blare of in die grond soek. Proewe het getoon dat die krimpvarkie ín kewer 1 m ver kan ruik en ín mens omtrent 10 m ver.

 

ē   DIE vertonerige spronge van ín impala of springbok is nie rÍrig vir vertoon nie, maar ín kragtige oorlewingsmeganisme. As sů ín bok ín naderende roofdier gewaar, spring hy in die lug op en skop met sy agterpote. Terwyl hy dit doen, word alarm-chemikalieŽ uit spesiale kliere aan sy pote vrygelaat, wat vinnig in die lug na ander troplede versprei en die boodskap van gevaar oordra. Sů word die trop nie net gewaarsku om te vlug nie, maar kenners reken dat ín soort lugspoor agtergelaat word wat die diere kan volg sonder om tyd te mors deur op die grond te snuif.

 

ē   KAMELE het gespierde neusgate wat hulle kan sluit om hulle teen waaisand te beskerm.

 

LangneusaapREGS: Die langneusaap (Nasalis larvatus) van Broenei, IndonesiŽ en MaleisiŽ.

 

Foto: © J. Jern & Susan Clark / CITES Photo Gallery
http://www.cites.org/gallery 

 

ē   DIE neusaap het ín verstommende neus wat groot raak en afhang namate die aap ouer word. Dit word reguit wanneer die mannetjie sy harde, snaterende alarmroep gee.

 

ē   ALLE krokodille het opgehewe neusgate wat bokant die water uitsteek, sodat hulle kan asemhaal en ruik wanneer die res van die liggaam onder die water is.

     

   

Honde en menseófassinerende feite omtrent reuk

Die inligting in hierdie afsonderlike kassie is met dank verwerk uit die passasie oor "Reuk" in Dokter in die Huis deur dr. Jan van Elfen, volledig hersien deur dr. Don du Toit,
© Tafelberg-Uitgewers 2001, ISBN 0 624 039 633.

ANDERS as diere soos honde het mense ín uiters afgewaterde vermoŽ om die lyfreuk van ander lede van hul eie spesie waar te neem.

By die mens lÍ die olfaktoriese reseptore (reukontvangers) in siliÍre selle in die slymvlies van ín blinde gang van die neus. Presies hoe die cilia (haartjies) reuke waarneem, word steeds nie ten volle begryp nie. Alle reuke moet nietemin in slym opgelos wees voordat dit gebeur. Verskillende soorte impulse word op die een of ander manier deur die verborge cilia na die brein herlei, wat dit dan dadelik as diť van, sÍ maar, rubber, gras of vrot kaas uitken.

By die waarneming van sekere reuke is ín hond se reuksin meer as ín miljoen keer skerper as ín mens sín. Die mens kan byvoorbeeld asynsuur ruik sodra daar 500.000.000.000 molekules daarvan in ín kubieke meter lug is, maar vir ín hond is slegs 200.000 molekules nodig. Sů het verskillende diere en insekte ín haas ongelooflike vermoŽ om die reuk van ín spoor of  ín luggedrae geurtjie te volg.

Waar geleerdes al agtergekom het dat daar drie primÍre kleure is waaruit die ander kleure opgebou kan word, bestaan daar nog geen presiese indeling van iets soos "primÍre geure" nie. Ene H. Zwaardemaker het wel op ín keer ín lys van nege geure saamgestel en niemand kon nog daarop verbeter nie. Sy lys bevat die volgende geure: eteries (soos diť van vrugte), aromaties (kamfer, amandels), geurig (blomme), ambrosiaal (muskaat), empireumaties (verbrand), kaprillies (kaas, vet, sweet), aanstootlik (weeluis, nastergal), mislik (verrotte plante, vleis, feses) en alliaseus (knoffel, swael, chloor).

Hoewel daar egter nog geen wetenskaplik gefundeerde definisie van primÍre reuke is nie, word vermoed dat elke reuksel van die mens meer as veertien soorte reukreseptore het teenoor die hond se nagenoeg dertig. Byna soos data wat in ín rekenaar ingevoer word, word verskillende geure en odeure in die brein ingevoerówat daarop reageer deur aan byvoorbeeld die neusvleuels te laat weet dat hulle in aangename afwagting moet rek of vies moet optrek, afhangende van die geurigheid of die stank.

Maar jy het moontlike al meermale gewonder hoe ín hond dit rÍrig regkry om ín onsigbare spoor van ín mens te volg. Dis darem ín fassinerende kordaatstuk, as ín mens mooi daaroor nadink. Ons mense skei wel daagliks meer as 600 ml sweet af, dog dis maar ín geringe deeltjie daarvan wat by die voetsole uitgeskei word. Boonop is die meeste daarvan water.

Maar nou is dit so dat daar steeds talle besonder ruikbare molekules, soos diť van bottersuur, in die sweet is. En ín hond is in staat om ín miljoenste deel van bottersuur te ruik. Nie verniet dat ín vlugtende mens baiemaal nie vir ou Wagter se skerp neus kan weghardloop nie.

Diere kan ander diere ruik omdat so baie van hulle reukproduserende kliere het. Sů het die olifant daarvan op sy voorkop, die renoster het dit aan sy pote en die konyn sín is naby die anus. By die mens is daar nie sulke kliere nie, maar ons het wel sekere sweetkliere wat kenmerkende reuke in die kieliebakke en die genitale omgewings afskei.

Maar selfs diť word beswaarlik deur ons mense waargeneem. Dit wat ons onomwonde ín stink ou sweetreuk noem, kan bloot die gevolg wees van sweetbederf as gevolg van bakterieŽ wat op die vel inwerk.

Die reuk wat elkeen van ons persoonlik afskei, word deur oorerwing bepaal. Identiese tweelinge sín is so eenders dat hulle selfs ín hond kan verwar. Die vermoŽ om ín ander mens te kan ruik word waarskynlik ook geneties vasgelÍ. Albinoís se reukvermoŽ is swak en diť van rokers is bederf.

Dis ín baie sensitiewe onderwerp, maar verskillende rasse se reuke verskil. ín Japanse ontleedkundige het al op ín keer gesÍ dat EuropeŽrs "aanstootlik, sterk, goor, soeterig, soms bitter" ruik.

Maar dan skei selfs verskillende familiegroepe van dieselfde ras bes moontlik verskillende reuke af. Snuif-snuif, hier kom die Van der Merwes en daar loop die Van Zyls! Of ruik jy dalk 'n Botha of  ín Smit of ín Du Plessis wat om die hoek kom?

Diagnostiese reuke

ē  Dokters moes hulle in die ou dae dikwels op hul sintuieósoos die reuksintuigóverlaat om siektes te diagnoseer. Ene J.A. Ryle het vier diagnostiese reuke uitgesonder wat ín  pasiŽnt kan omgewe, naamlik die reuk van sy lyf, van sy asem, sy ekskreta en diť van sieklike uitskeidings.

Die sweetreuke van pasiŽnte met tuberkulose, tifoÔed, difterie en masels kan onderskei word, maar is moeilik om te beskryf. Die sweet van mense met rumatiekkoors ruik suur. Waar die swamvelsiekte favus voorkom, word ín muisagtige reuk afgeskei.

ín Soet asetoonreuk is waarneembaar by ín pasiŽnt met diabetiese ketose. Dieselfde vrugagtige reuk kom voor in die urien van ín verwaarloosde diabeet. By blaasinfeksie weens B. coli-bakterieŽ ruik die urien visagtig. By urieninkontinensie word die pasiŽnt deur ín duidelik merkbare ammoniakreuk omgewe.

Ruik-ruik... baie inligting lÍ reg onder ín mens se neus...
  

  

Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie:

ē  Inleiding
1.
Hoe diere sien   2. Hoe diere hoor   3. Hoe diere ruik
4. Hoe diere proe   5. Hoe diere tas (voel)
6. Diere-sintuie wat die mens nie het nie

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad