Diere-sintuie (2): Gehoor

Kleine muisies,

grote ore...

 

MuisOns gehoor is glad nie so goed as wat ons dalk dink nie. As ons al die stille gille, gedempte getjank en sagte getierelier van die kommunikerende diere rondom ons kon gehoor het, sou alles saam waarskynlik oorverdowend geklink het...

Foto: Oak Ridge National Laboratory / U.S. Department of Energy

J

Y hoor die dreuning van die branding, of die weeklag van ín voŽl, of ín warrelwind wat so kirts-kirts oor die bossieveld kerjakker. Jy luister van ver af na diť geluide en jy dink jy hoor nogal goed.

 

Maar hoe goed, verwaande mens, hoor jy rÍrig?

 

Het jy al ooit die skril krete van insekvretende vlermuise gehoor terwyl hulle vlieg? Of die steelse seine van ín rot wat onder in die lang gras met ín ander rot kommunikeer?

 

As ons na die duisternis stille gille, getjank en getierelier van diere-kommunikasie kon luister, sou alles saam waarskynlik oorverdowend geklink het.

 

Klanke word deur die vibrasies van ín voorwerp veroorsaak. As iets vibreer, laat dit die omringende lug ook vibreer. Hierdie trillings beweeg as golwe in alle rigtings uitwaarts en word deur die brein onderskep, wat hulle as klank interpreteer.

 

Die aantal kere dat ín vibrasie homself elke sekonde herhaal, staan bekend as die frekwensie. Die hertz (Hz) is die eenheid waarin frekwensie gemeet word. Een hertz staan gelyk aan een siklus per sekonde.

 

Mense kan klanke met ín frekwensie van tussen sowat 20 en 20.000 Hz hoor. Enigiets daaronder word as ín vibrasie aangevoel en enigiets bokant dit word supersonies genoem.

 

Baie diere, daarenteen, kan frekwensies ver bokant dit hoor. Motte kan frekwensies van tot 240 000 siklusse per sekonde opvang en die dolfyn ín verbysterende 280 000...

 

Bou van die oor

SOOS by oŽ is daar ook baie verskillende soorte ďoreĒ. VoŽls en soogdiere het groot oortrommels, slange het glad niks nie. Pleks daarvan vang diť pootlose reptiele die trillings deur die bene in hul liggame op. Insekte hoor weer deur middel van eenvoudige membrane aan hul pote of gewaar vibrasies in hul pote.

 

Bou van die soogdier-oor (en diť van die mens)Die soogdier-oor word in drie hoofafdelings ingedeel: ín buite-, middel- en binneoor. Die buiteoor, wat uit die oorskulp en oorkanaal bestaan, kanaliseer klankgolwe na die oortrommel.

 

Die middeloor is ín kamer met drie klein beentjies wat die trillings van die oortrommel versterk en na die binneoor voer. Diť is ín klein, spiraalagtige struktuur wat ontvangerselle bevat.

 

Wanneer die laaste van die klein beentjies beweeg, word die vloeistof in die spiraal in beroering gebring, wat veroorsaak dat die ontvangerselle senu-impulse na die brein stuur waar hulle as klank geÔnterpreteer word.

 

Insekte

PARTY insekte wat wel gehoor het, het ín gespanne membraan wat nie in ore geleŽ is nie, maar op die bors, agterlyf of voorpote. Hierdie tromagtige orgaan tril as klankgolwe daarteen vasslaan.

 

Die langhoringsprinkaan is ín voorbeeld van ín insek met ín gehoororgaan op die poot. Ander insekte hoor met hare of spesiale voelhorings wat vibrerende lugmolekules waarneem.  

 

   
REGS: ín Langhoringsprinkaan... sy "ore" sit aan sy pote! Daar is meer as  6 800 bekende spesies van hierdie soort insekte, wat meestal in die tropiese gebiede voorkom. Langhoringsprinkane is eintlik nader verwant aan krieke as aan sprinkane. In vergelyking met diť van die sprinkane is hul voelhorings besonder lank.

Langhoringsprinkaan


Foto: Peggy Greb / ARS / U.S. Department
of Agriculture (detail)

    

   

Paddas

DIE wÍreld sou alte koddig geklink het as ons padda-ore gehad hetóingeskakel op die roepstemme van ander paddas en die gerase van hul prooidiere en roofvyande. Die meeste ander geluide word uitgeskakel.

 

Paddawyfies is besonder sensitief vir die paringsroepe van die mannetjies van hul spesie. Proefnemings het getoon dat sekere wyfies wat van een gebied na ín ander geneem word, die liefdesliedere van die plaaslike mannetjies ignoreer omdat hulle dit eenvoudig nie hoor nie.

 

Padda

   


    LINKS: Sjt, hoor
    daar sing my
    geliefde...

      Foto: U.S. National Park Service

 

Grote ore

DIERE wat op geluide staatmaak om hul prooi te vind, het gewoonlik groot oortrommels en dikwels ook groot oorskulpe. Laasgenoemde kanaliseer soveel klank as moontlik af na die oortrommel.

 

WoestynvosREGS: Die woestynvos van die Sahara... sy groot ore dien ín tweeledige doel.

 

Foto: Ralf Schmode, wat dit in die vrye  Wikipedia-ensklipedie op die wÍreldwye web tot openbare besit (ďpublic domainĒ) verklaar het

 

Die woestynvos van die Sahara-woestyn het reusagtige vlermuisagtige ore wat geluide baie goed opvang. Hulle help ook om hitte van die liggaam af weg te straal.  

 

Die bakoorjakkals van Suidelike Afrika vreet op groot skaal termiete wat hy met behulp van sy reuse-ore in hul ondergrondse tonnels kan hoor kriewel. Die jakkals weet presies waar die insekte is en grawe dan in die grond om hulle by te kom.

 

VoŽls

 

Uil met veerpluimpies aan die kopLINKS: Hulle lyk sprekend soos ore, die verepluimpies wat aan weerskante van die kop van sekere uile voorkom. In werklikheid het die pluime egter niks met ore te doen nie. Die ore self is tussen die vere van die kop en kan normaalweg nie gesien word nie. Tog is die gehoor van uile besonder skerp om byvoorbeeld die sagte geritsel van muise in die nagdonkerte te kan waarneem.

  

Foto: Marshall Iliff / U.S. Geological Survey (detail)

 

VOňLS het ín bonte verskeidenheid van liedere en roepe, en hulle hoor min of meer binne dieselfde frekwensies as die mens. Maar anders as die mens het hulle nie uitwendige oorskulpe nie en die middeoor is ietwat anders saamgestel.

 

Die ore van die meeste voŽls is met vere bedek. Dit help om die windgeraas te demp terwyl hulle vlieg.

 

Uile is nie net bobaas-vlieŽrs nie, maar kan ook besonder goed hoor. Die hoŽ gepiep en sagte geritsel van muise en ander knaagdiertjies word so fyn waargeneem dat hulle sekuur op hul prooi kan toeslaanónie verder as een graad weerskante van die teiken af nie.

 

Diť uil se ore sit asimmetries langs die kante van die kop, en wanneer die voŽl ín geraas aan die een kant hoor, vang die naaste oor dit ín breukdeel van ín sekonde voor die ander een op.

 

Die tydsverloopóal is dit slegs een 30 000ste van ín sekondeóis genoeg vir die jagter om te bepaal van watter kant die geluid kom en om hom soontoe te wend.

 

Vlermuise

DIE meeste vlermuise navigeer met behulp van ín gehoorsisteem wat eggolokasie genoem word. Dit stel hulle in staat om hindernisse te vermy en prooi in stikdonkerte op te spoor.

 

VlermuisLINKS: Die ene ore... hierdie vlermuis!

 

Foto: U.S. Geological Survey

 

Terwyl hy vlieg, maak diť vlermuis ín string hoŽ geluide, wat teen voorwerpe in sy pad vasslaan en na sy groot ore toe terugkaats.

 

Die geluide word in ín kegelvormige straal voortgebring, waarvan die deursnee bepaal word deur die vlermuis se bek of die vorm van die neusflap.

 

Sekere vlermuise kan laag oor die grond vlieg en selfs insekte op die grond raaksien. Ander gebruik dieselfde stelsel om oor die water te skeer en vis te vang. Hul trillings kan nie werklik die water binnedring nie, maar hulle kan die golwings waarneem wat deur bewegende visse gemaak word.

 

ín Paar soorte vlermuise maak van die sogenaamde Doppler-effek gebruik om hul prooi te vind. Wanneer ín voorwerp in die rigting van ín luisteraar beweeg, verskil die frekwensie van die golwe van diť wat gemaak word wanneer dit wegbeweeg.

 

Die geluide van vlermuise haal tot sowat 200 000 hertz (siklusse per sekonde). Dis is ver bokant  die perk van menslike gehoor.

 

Sekere vlermuise kan ín muggie op ín afstand van 20 m gewaar.

 

Dolfyne

VLERMUISE is nie die enigste diere wat eggolokasie gebruik om hul weg te vind nie.

 

Die walvisagtiges bring talle verskillende klankgolwe voort om met ander lede van hul spesie te kommunikeer en om ín "prentjie" te vorm van wat voor hulle lÍ. Hierdie golwe kaats terug van die omringende voorwerpe.

 

DolfynREGS: ín Atlantiese bottelneus-dolfyn... hy oriŽnteer homself met behulp van klankgolwe wat van voorwerpe in sy omgewing terugkaats.

 

Foto: Karen Pearce, US National Science Foundation / Met vergunning van US National Science Foundation

 

Dolfyne maak twee uiterste soorte geluide. Lae klanke bied die soogdier ín breŽ "uitsig" op die see voor hom. HoŽ of ultrasoniese tone voorsien hom van ín vlakby-beeld van sy prooi.

 

Walvisse maak ook klikgeluide met ín lae frekwensie om algemene inligting in te win. Klikklanke met ín hoŽ frekwensie en fluitgeluide word gebruik vir onderlinge kommunikasie en om te jag.

 

Dolfyne se stelsel van geluide is so ingewikkeld dat geleerdes sÍ dit grens aan spraak.

 

Gehoor en balans

DIE sin vir gehoor en balans is verweef, en die orgaan vir balans by gewerweldes is die binneoor. Elk van die drie met vloeistof gevulde, halfsirkelvormige buise in die binneoorse labirint is aan die einde met sensoriese hare bedek. Die hare reageer op die beweging van die vloeistof in die buise en verwittig die brein van die houding van die liggaam.

 

Ewewig by ongewerweldes word op verskillende maniere bewerkstellig. Baie vlieŽnde insekte hou hul balans met behulp van hul voelhorings, hare of ander organe. By weekdiere en skaaldiere is ewewigsorgane weerskante van die kop wat elk ín sandkorrel bevat en baie soos die messelaar se waterpas werk om hulle oor die liggaam se posisie in te lig.

Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie:

ē  Inleiding
1.
Hoe diere sien   2. Hoe diere hoor   3. Hoe diere ruik
4. Hoe diere proe   5. Hoe diere tas (voel)
6. Diere-sintuie wat die mens nie het nie

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad