Sing lekker saamódie woorde is onderaan 

Die padda het ín kwelling oor ín knobbel aan sy toon...

(Met apologie aan die bekende liedjie oor die padda wat in die vlei wou gaan opsit, waarvan ons ongelukkig nie die woorde hier kan plaas nie, omdat dit ín onbegonne taak sou wees om die regte daarop te probeer verkry. Die sanggroep Groep 2, wat die Afrikaanse verwerking van Froggie goes a-courting beroemd gemaak het, bestaan lank nie meer nie. Wie nou die kopiereg daarop hou, is dus ín ope vraag.)

As jou rekenaar die fasiliteit daarvoor het, behoort die midi-musiek van hierdie liedjie nŠ ín rukkie op die agtergrond te begin speel. Sing lustig saam as jy so voelódie volledige woorde verskyn hieronder en die musiek sal twee keer herhaal. As jy nog herhalings van die musiek verlang, klik op die "Refresh"-ikoontjie in die gewel hierbo.

As jy wil teruggaan na die Midi's vir Afrika-bladsy, klik hier


Die Padda het ín kwelling oor ín knobbel aan sy toon - A-hammm
Die Padda het ín kwelling
oor ín knobbel aan sy toon - A-hammm
Die Padda het ín kwelling oor ín knobbel aan sy toon
en hy hobbel na die bobbel waar die dokter woon
A-ham, a-ham, a-hammm

Die Dokkie gee die vratjie so ín skewe kyk  - A-hammm
Die Dokkie gee die vratjie so ín skewe kyk - A-hammm
Die Dokkie gee die vratjie so ín skewe kyk
en hy wikkel met sy spatel deur die paddaslyk
A-ham, a-ham, a-hammm

En die Dokkie sÍ vir Padda hy moet opereer - A-hammm
En die Dokkie sÍ vir Padda hy moet opereer - A-hammm
En die Dokkie sÍ vir Padda hy moet opereer,
al is dit dalk vir Padda net so effens seer
A-ham, a-ham, a-hammm

Die Padda sÍ toe: "Dokkie, nouís ek moedeloos - A-hammm
Die Padda sÍ toe: "Dokkie, nouís ek moedeloos - A-hammm
Die Padda sÍ toe: "Dokkie, nouís ek moedeloos,
want my mediese fonds is maar arm en broos"
A-ham, a-ham, a-hammm

En die Dokkie sÍ vir Padda: "As jy nie kan betaal - A-hammm
En die Dokkie sÍ vir Padda: "As jy nie kan betaal - A-hammm
En die Dokkie sÍ vir Padda: "As jy nie kan betaal,
moet jy vort gaan met jou vratjie na die staatshospitaal"
A-ham, a-ham, a-hammm

Die Padda het sy vratjie maar huis toe gevat - A-hammm
Die Padda het sy vratjie maar huis toe gevat - A-hammm
Toe sug hy tevrede: "Ag, sÍ my wat
is ín uitgegroeide padda dan sonder sy vrat?!"
A-ham, a-ham, a-hammm

(c) 2005 Mieliestronk.com

Klik hier om terug te keer na die Midiís vir Afrika-bladsy

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad