Egipte: Langs die Nyl van die farao’s

En tydeloos vervloei die Nyl
deur grint en groewe van die tyd
waar farao’s in die slik verwyl
in ewige roemsugtigheid…


Dit was ’n antieke beskawing wat nie minder nie as dertig eeue lank bestaan het… ’n fassinerende kultuur, wat steeds ’n sekere invloed op ons lewens uitoefen…

REGS: ’n Optiese truuk bring hier die Nyl tot teenaan die Sfinks. Dis natuurlik nie werklik die geval nie!

Klik hier vir ander artikel: Heil die Nyl!

PRAAT van ’n roesemoes—dis vandag se KaÔro. ’n Stuk of sewe miljoen mense in Afrika se grootste stad, wat elke oggend verder aangevul word deur hordes werkers uit die buitewyke.

Dit hang aan die vensters van propvol busse of dit ry saam op die modderskerms. En te midde van die driftige, dolle dreuning vryf talle haweloses die slaap uit hul oŽ . . . nadat hulle die nag op dakke of selfs die ooptes tussen grafstene deurgebring het.

Maar ry jy uit die Egiptiese hoofstad oor die rivier na die piramides daarbuite, is jy meteens terug in ’n ander tyd, ’n heeltemal ander wÍreld.

In die Sahara-eensaamheid staar jy verwonderd na die Groot Piramide van etlike miljoene ton klip wat omstreeks 2700 v.C. vir die farao Cheops (of Choefoe) as sy grafkelder opgerig is.

Hier, volgens die legende, het derduisende werkers twintig jaar lank aan die bouery gesloof.

Piramides

Ook hier, by Giza, is die byna ewe groot piramide van die volgende farao Chafre (of Chephren) en ’n kleiner een van die latere farao Menkure (of Mykerinos).

En dan natuurlik die Groot Sfinks van Giza, die mensekop met die lyf van ’n leeu. Hier hurk die beroemde beeld met die ondeurgrondelike glimlag op die gesig asof dit die opgegaarde kennis van die eeue besit.

By Giza raak ’n mens intens bewus van die ou beskawing wat eenmaal, soveel eeue gelede, langs die Nyl bestaan het—waarvan sekere spore selfs tot in ons tyd nog in ons eie kultuur bestaan.

Dit was ’n beskawing wat bestendig oor ’n verstommende drie millenniums gestrek het. In daardie drieduisend jaar het die lewe soms minder, soms meer verander, maar wonderbaarlik tog grootliks dieselfde gebly.

Vir ons, in ons uiters snel veranderende wÍreld, is so iets haas ondenkbaar. Ons beleef vandag tegnologiese ontwikkelings wat skaars ’n geslag of twee gelede heeltemal vergesog sou geklink het.

Maar die antieke Egiptenare het dertig lange eeue van gestadige, grootliks onveranderde gelykmatigheid gehad. Daarby het hul hele bestaan om die bestendige vloei en vloede van die Nyl gewentel ...

Lewensbloed van ou Egipte
 

WAT is die Nyl? Drie keer so lank as die Oranje, stroom hierdie langste van alle riviere op aarde nagenoeg 6700 km ver uit die stomende trope na die Middellandse See—selfs dwarsdeur die barre, okergeel Sahara-woestyn.

Kaart van Egipte en die NylVandag word die Nyl in sy vloei gestuit deur die 500 km lange Nasser-meer, die grootste kunsmatige meer op aarde, en die Aswan-hoogdam, wat die afgelope dekades met sy opwekking van hidroŽlektrisiteit ’n kragtige omwenteling in Egipte se landbou en nywerhede teweeggebring het.

Maar oor sulke kolossale damme het die farao’s destyds stellig nie eens gedroom nie. Hoekom sou hulle? Die kosbare water en vrugbare slik wat die Nyl jaar nŠ jaar oor die landerye gegiet het wanneer dit sy walle oorstroom het, was immers die lewensbloed van daardie ou kultuur. Die oorstromings—wat vandag deur die Nasser-meer getem word—was in meer as een opsig broodnodig.

Dis dan ook nie vreemd dat die Nyl ’n besondere invloed op die destydse denkwyse gehad het nie.

In ’n land soos ons s’n, byvoorbeeld, waar reŽn die grond bevogtig en bestaande grensbakens selde onder vloedwaters verdwyn en daardeur vernietig word, is daar nie juis veel probleme met die grense tussen die landerye van die verskillende boere nie.

Maar in die antieke Egipte, waar byna alle landbougrond jaarliks onder die vloedwater van die Nyl weggeraak het, was alle grense nŠ die daling van die rivier se watervlak uitgewis. Die grense is dus elke jaar opnuut getrek, want elke boer moes vir belastingdoeleindes presies weet hoe

(Vervolg bo-aan in volgende kolom)

   
ver sy grond strek. Om die grense van elke boer se landerye te bepaal, is jaarliks noukeurige opmetingswerk gedoen, waarvoor landmerke en standhoudende bakens gebruik is. Hieruit het die vertakking van die wiskunde bekend as die meetkunde ontwikkel.

En dis juis hul gevorderde kennis van die meetkunde wat dit toe ook vir die ou Egiptenare moontlik gemaak het om fantasiese bouwerke soos die piramides op te rig.

Mummies en piramides

Volledige artikels:
•   Die piramides van Egipte
•  
Mummifisering

DIE PIRAMIDES het weliswaar uit veel eenvoudiger grafkelders ontwikkel. Die ou Egiptenare het in ’n hiernamaals geglo waar die siel na die liggaam sou terugkeer, en die lyke is dus versigtig gebalsem (gemummifiseer).

Die mummies van die koninklikes en die adel is in die grafkelders geplaas saam met voorwerpe wat hulle konsuis in die hiernamaals sou kon gebruik. Dit was dikwels waardevolle dinge, met die gevolg dat die meeste grafte mettertyd geplunder is.

Om plunderaars te keer is die grafkelders Šl groter gemaak totdat die piramide die standaard-graf van die koninklikes geword het.

Die Egiptiese farao’s het talle piramides gebou. Tot in 2008 was reeds byna 140 in Egipte ontdek en geen mens weet hoeveel dalk nog onder die woestynsand wag om weer gevind te word nie. Tog het die praktyk om piramides te bou met verloop van tyd in die antieke Egipte in onbruik verval, waarna die koninklikes in geheime, uit rots gekapte grafkelders in die Vallei van die Konings begrawe is.

Verdere nalatenskap
  

WAT, buiten ’n kennis van die wiskunde, het die ou Egiptenare nog vir ons Oud-Egiptiese illlustrasienagelaat? Een van hul heel belangrikste geskenke aan die mensdom is die kalender.

Hulle het reeds ’n kalender met maande van dertig dae gebruik. Twaalf van diť maande plus vyf dae aan die einde het ’n jaar van 365 dae volgemaak. Ook vir dit wat ons vandag as skrikkeljare ken, kon hulle die nodige aanpassings doen.

Met sy verowering van Egipte het Julius Caesar van Rome met die Egiptiese kalender kennis gemaak. Caesar het besef dat hierdie kalender baie beter was as die ou Romeinse kalender, wat op maanmaande gegrond was.

Sy kalenderhervorming, wat tot die sogenaamde Juliaanse kalender gelei het (wat ons vandag nog in ’n gewysigde vorm gebruik), was dan ook op die ou Egiptiese kalender gebaseer.

Ook die geneeskunde van die antieke Egiptenare was baie gevorderd vir daardie tyd. Sommige van die medisyne van destyds word vandag nog gebruik. Kasterolie is byvoorbeeld nie net as purgeermiddel aanbeveel nie, maar ook dikwels op brand- en ander wonde aangewend.

Nog ’n moontlike geskenk van ou Egipte aan die mens, is brood. Party navorsers reken dat die eerste ongesuurde brode daar gebak kon gewees het. Ander bydraes was op die terrein van die argitektuur, tydmeting, die skilder-, beeldhou-, keramiekkuns, ens. Die ou Egiptenare was natuurlik ook onder die eerstes met ’n soort papier (gemaak van die papirusriet).

Die handelinge van die farao’s in die verskillende dinastieŽ en die lewe in ou Egipte sal ’n hele ensiklopedie kan vul. In die Bybel alleen is daar verskeie vertellings wat oor Egipteland handel. As jy verder verder wil nalees, kan jy goed beloon word met ’n besoek aan jou biblioteek,

Die boeiende verhaal begin by die (moontlik slegs legendariese) Menes, ook genoem Aha-meni en Narmer, wat Egipte in 3100 v.C. in een land sou verenig het. Dit strek tot by die veelbesproke koningin Cleopatra, haar liefdes en haar dood in 30 v.C., toe Egipte bloot ’n provinsie van Rome geword het. Tussenin loop die veelbewoŽ geskiedenis van ’n staat wat, soos gesÍ, drieduisend jaar lank sy onuitwisbare stempel op die mensdom afgedruk het.

Ons sal bes moontlik nie baie lank tuis voel in die moderne KaÔro nie. Maar aan ons erfenis uit die verkrummelde koninkryke van die Nylland sal ons vandag nie kan of wil ontkom nie.

Die skimme van die farao’s is nog duidelik met ons—ook in die papier waarop ons boeke gedruk is en miskien selfs die rekenaars waarmee ons werk. Want is ons rekenaars, nes die piramides, dan nie ook maar gevorderde produkte van die wiskunde nie?

Klik hier vir ’n groot portret van ’n Egiptiese farao
(verskyn in ’n afsonderlike venster)

Die ou en die nuwe Egipte

EGIPTE is al sedert omstreeks 3200 v.C. ’n duidelike politieke entiteit met ’n opgetekende geskiedenis. Trouens, soos in die hoofteks hierbo vertel word, het een van die eerste beskawings wat leiwater-boerdery en ingewikkelde wiskundige begrippe verstaan het, in die Nylvallei ontstaan.

Die land se strategiese ligging tussen AsiŽ en Afrika en op die roete tussen die lande van Middellandse See en IndiŽ en China het dit boonop ’n belangrike spil in die internasionale handel gemaak.

Ou Egipte was eeue der eeue lank die land van die farao’s, maar van die vierde eeu v.C. af het ’n reeks veroweraars nuwe godsdienste en tale na die land gebring.

Tog, al is Egipte vandag oorweldigend Arabiessprekend en Islamities, het belangrike aspekte van sy antieke inheemse erfenis behoue gebly.

Moslemse Arabiere het die land in 641 verower, en sedertdien is Egipte nog altyd ’n deel van die Moslemse en Arabiese wÍreld. Die grondslag vir die moderne staat is gelÍ deur Muhammad Ali, wat van 1805 tot 1809 die onderkoning van Egipte was toe die land ’n provinsie van die Ottomaanse (Turkse) Ryk was.

Seilbote op die Nyl.... vroeŽ twintigste eeuBrittanje het Egipte in 1882 beset. NŠ veertig jaar van regstreekse koloniale heerskappy, het Egipte in 1922 ’n onafhanklike koninkryk geword. Tog het Britse belange daartoe gelei dat die Britte Egipte steeds militÍr beset het, wat die land se onafhanklikheid beperk het.

In 1952 het ’n groep militÍre offisiere onder Gamal Abdel Nasser die monargie omvergewerp en Egipte as republiek gevestig. Nasser het onderhandel vir die onttrekking teen 1956 van die laaste Britse troepe uit Egipte.

 
 

Die Nasser-meer, die grootste kunsmatige meer op aarde, soos dit deur 'n ruimtevaarder uit die ruimte afgeneem is

BO: Vandag word die Nyl in sy vloei gestuit deur die Aswan-hoogdam en die 500 km lange Nasser-meer, wat as gevolg van die opdamming ontstaan het. Hier is die Nasser-meer, die grootste kunsmatige meer op aarde, soos dit deur ’n ruimtevaarder uit die ruimte afgeneem is.

Foto: NASA

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad