Adel van die fitoplanktonÖ die piepklein wonderplantjies in die wye waters van die aarde

Diatome,
wier van dromeÖ

Wonderbare klein, klein kluisie,
glasig en met glans beklee,
wie sou raai jyís bloot die huisie
van ín plantjie in die see?

Foto BO: Dr. Neil Sullivan, Univ. of Southern California / NOAA Photo Library

T

USSEN die rotse aan die kus vind ín mens soms seewier wat merkwaardig groot is. Maar in die oop see is daar geen rotse waarop plante kan groei nie. Hoe kry die plante van ons wye, weidse oseane dit dan reg om te bestaan? Hulle drywe eenvoudig in die water soos spikkeltjies stofóte klein om te sien en ontelbaar in getal.
Foto: USGS

Hulle word fitoplankton genoem, oftewel plantaardige plankton. Maar al is hulle plante, maak baie van hulle vir hulle pragtige huisies om in te woon. Hierdie kleinste plantjies op aarde word diatome genoem.

Diatome is mikroskopies klein eensellige alge (wiere) wat ín dop (frustule) van hoofsaaklik silika (silikondioksied) afskei, hoewel dit ook ín bietjie sellulose kan bevat. Silika is ín harde wit of kleurlose (glasagtige) vaste stof wat in der waarheid die vernaamste bestanddeel van die aardkors is. Dit kom in die vorm van sand, kwarts en in verbindings in gesteentes voor. Verskeie soorte van hierdie gesteentes, soos ametis en opaal, is gesogte edelstene.

Interessant genoeg is die dop van ín diatoom self soos ín klein juweeltjie, of ten minste soos ín minuskule juwelekissie, nogal met ín dekseltjie inkluis. Dit word ook baiemaal met ín pilboksie en sy dekseltjie vergelyk. Tog is nie almal is so rond nie, maar ook langwerpig, ovaal, reghoekig, selfs boemerang-agtig en met talle ander vorms. Trouens, die menigte verskillende soorte word tot op die vlak van subspesies van mekaar onderskei op grond van die grootte, vorm en ornamentasie van die selwand.

Dit is hierdie verstommende strukture en skoonheid van die diatome se doppies wat geleerdes sowel as leke fassineer sedert die vroegste tye toe hulle met behulp van mikroskope waargeneem is.

Diatome wissel in grootte van minder as 1 tot meer as 1000 Ķm (mikrometer of mikron), maar die meeste is so tussen 10 en 100 Ķm groot. Een mikron of mikrometer is ín miljoenste van ín meter. ín Mens kan kan jou skaars voorstel hoe klein dit werklik is. Iemand het egter al bereken dat sowat 25 miljoen diatome in ín enkele teelepel sal kan inpas.

Hulle is so klein, maar tog strek die ďbegraafplaseĒ van diatome ver en wyd en plek-plek selfs tot ín paar honderd meters diep. Hier is die rusplekke van onberekenbaar baie dooie plantjies. Met die verloop van hoeveel millenniums het hulle gevrek en aanhoudend bo-op mekaar op die seebodem gaan lÍ.

Die selwande van klipharde silika het gemaak dat hierdie organismetjies se skelette oor haas onmeetlike tye as fossiele in die besinksel bewaar gebly het. Baie inligting omtrent die verlede van die aarde is dan ook in die oorskot van sů ín duisternis diatome vasgelÍ.

Party gesteentes bestaan feitlik heeltemal uit diatoomfossiele. Sulke rotse lyk wit en kalkagtig. Die gesteente staan bekend as diatomiet of diatomeŽ-slib en word kommersieel ontgin en byvoorbeeld as skuurmiddel verkoop, asook as ín bestanddeel van sekere verfsoorte. Baie tandepastas bevat boonop deeltjies van diatoomfossieleódie silika daarin help om bakterieŽ en voedselreste van ons tande af te skraap.


Stert van ín walvisódie grootste dier op aarde. Diatome en walvisse lÍ baiemaal aan weerskante
van voedselkettings in die see.
  
Foto: Kapt Budd Christman, NOAA CORPS / NOAA Photo Library

Maar wat is die vernaamste rol van die lewende diatome in die see, hierdie plantjies wat volgens geleerdes tot die grootste groep alge in die filum Bacillariophyta behoort? Omdat hulle so piepklein is, moet die diertjies wat hulle vreet ook piepklein wees. Dog groter diere kan weer diť diertjies vreet en nog groter diere die groteres totdat ín mens by die logste en lywigste diersoorte uitkom. Dit staan bekend as ín voedselketting.

ín Voedselketting in die see kan uiteindelik walvisse insluit, diere wat so groot is dat selfs ín kalfie onder hulle so groot soos ín olifant kan wees. Tog begin alles by die kleinste plantjies en diertjies van die plankton, organismetjies soos die diatome, wat belangrike elemente in voedselkettings in die moderne oseane en mere vorm.

MAAR diatome kom natuurlik nie slegs in die see en mere voor nie. Ons kry hulle feitlik oral waar daar voldoende vogtigheid asook genoeg sonlig vir fotosintese is, dus ook in damme, panne, spruite, riviere, vleilande en fonteine. Selfs in meer ongewone plekke soos die grond of naby die bekke van grotte sal ín mens daarvan aantref. Diatome is al tot in ruigryp (veryste doudruppels) op antennedrade in die Noordpoolgebied gevind.

Daar is meer as 200 genera lewende diatome en daar is al geraam dat daar sowat 100 000 bestaande spesies kan wees. Maar hulle is nie beweeglik nie en ín mens kan wel vra hoekom hulle dan nie weens hul betreklik swaar doppies in die water wegsink nie. Hulle maak egter op die wind staat om die boonste lae van die sonverligte water om te woel om hulle aan die dryf te hou. Sekere spesies reguleer ook aktief hul vermoŽ om te dryf en nie te sink nie.

Hulle plant gewoonlik by wyse van selverdeling voort. NŠ verdeling behou elke plant die een helfte van die dop en skei ín ietwat kleiner dop af wat in die ou een inpas. Opeenvolgende selfverdelings lei tot al hoe kleiner dogterselle totdat ín minimum-grootte bereik word. Periodiek kom daar egter ook seksuele voortplanting voor, wat weer selle met die organisme se oorspronklike grootte lewer.




Arktiese diatome

 

 

 

Diatome is omtrent oral. Hier is een van die meer as 200 spesies wat in die ys van die Noordpoolgebied groei.
  

Diatome stel bioloŽ in staat om die oorsprong van waterbesoedeling te bepaal en die welstand van ekosisteme te monitor. ín Oorvloed diatome dui daarop dat water ryk aan voedingstowwe is, veral stikstof en fosfor. Diatoomfossiele help weer geoloŽ om die geskiedenis van antieke klimate te rekonstrueer.

Een van die interessantste aanwendings van diatome was in die Tweede WÍreldoorlog. Die diatome van verskillende plekke is uniek, en die presiese seestrand van waar die Japanners ballonne gelanseer het wat vir bombardemente gebruik is, is vasgestel toe sedimente ontleed is wat in die ballongewigte gebruik is.

Die Japanners se doppie was geklink. Hulle nie geweet het dat vindingryke Amerikaners die diatoom op sy doppie sou takseer nie!

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad