Columbus (2)
|
|
HRISTOPHER
COLUMBUS se twee seuns, Diego
en Fernando, staan op die skeepswerf by Cadiz. Hulle het hul pa kom
afsien. Dit is ’n Septemberdag in 1493, en die befaamde ontdekker is
gereed vir nog ’n epiese vaart oor die Atlantiese Oseaan. Die
ekspedisievloot lig die ankers. Fernando bêre die toneel goed in sy
geheue. Later sal hy die belewenis neerskryf... sodat ons baie geslagte
later nog sulke klein besonderheidjies omtrent Columbus kan weet. Die
dagboek wat Columbus van sy tweede ontdekkingsreis gehou het, het nie
behoue gebly nie. Danksy
Fernando se versiendheid—hy het ’n biografie geskryf wat in 1541 die
lig gesien het—is ’n taamlik getroue beeld van hierdie belangrike
onderneming vir ons nagelaat. (Weliswaar het hy sy relaas blykbaar
plek-plek ’n bietjie “ingekleur”. Dit was stellig om minder
aangename feite te verbloem.) Tweede
reis
DIÉ
keer het Columbus sewentien skepe onder sy bevel gehad met duisend
koloniste, almal mans, vir die Nuwe Wêreld aan boord. Op 3 November is ’n
eiland bereik wat Columbus Mariagalante genoem het, en in die volgende
paar weke het hulle verskeie Sentraal-Amerikaanse eilande verbygesteek
voordat hulle Cap-Haitan bereik het. Die manne wat Columbus vroeër daar
gelos het om na goud te soek, is deur die Indiane vermoor, blykbaar omdat
hulle die Indiane so sleg behandel het. Ontstel
deur die nuus, het Columbus ooswaarts gedraai en die nedersetting Isabella
op Hispaniola gevestig—die eerste Europese kolonie in die Nuwe Wêreld. In
die somer van 1496 het hy die suidkus van Kuba verken en met sy terugreis
Jamaika ontdek. Die inboorlinge het hul spiese vir die verbygaande skepe
gewaai en dié het met ’n stortreën van pyle geantwoord. Hy
is terug na Isabella en toe vort na Spanje nadat hy sy broer Bartolomeo as
ondergoewerneur aangestel het. Hy was in Junie 1496 terug in Spanje. Derde
reis
TWEE
jaar het verloop voordat Columbus weer kon seil, dié keer met ’n vloot
voorrraadskepe om die suide- en westekant van Hispaniola te verken. Hy
het op 30 Mei 1498 van Sanlucar, Spanje, vertrek aan boord van sy
vlagskip, Santa Maria de Guia, wat deur nog vyf vaartuie vergesel is. Die
vloot het verder suid gevaar as wat hy op sy vorige reise gedoen het en in
die stiltegordel beland. Die vloot is agt dae lank deur windstilte oorval
en dit was bloedig warm. Die
passaatwinde het hulle meegevoer na ’n eiland wat Columbus Trinidad
genoem het. Na die noorde was die gebied wat die inboorlinge Paria genoem
het. Columbus het dit nie geweet nie, maar dit is ’n skiereiland wat
deel van die Suid-Amerikaanse vasteland vorm. Onderweg
tussen Trinidad en Paria, het die bemanning ’n aanhoudende gedreun
gehoor wat hulle gevrees het kon dui op rotse wat vlak onder hulle lê.
Daardie nag is die skepe byna oorweldig deur ’n reuse-golf wat
waarskynlik deur vulkaniese woelinge veroorsaak is—’n tsoenami dus,
soos ons dit vandag ken. Die
volgende dag is skuite uitgestuur om dieptepeilings te doen. Die matrose
het agtergekom dat die water soet is en afgelei dat hulle by die monding
van ’n rivier is. Dit
was inderdaad so. Die Orinoco. Die seevaarder se gevolgtrekking was dat
die rivier van “ ’n groot land in die suide kom, waaroor ons tot
dusver nog geen verslae ontvang het nie”. Hy het dit ’n “Ander Wêreld”
genoem. Dit was Augustus 1498. Onderweg
na Hispaniola het die admiraal ’n groot eiland gesien wat hy Margarita
genoem het. Columbus
het die Spaanse setlaars van Hispaniola in ’n staat van rebellie
aangetref. Baie was sieklik weens sifilis en beswaard omdat hulle
Indiaanse kosse soos mielies en kassawe moes eet. In
’n poging om die koloniste te paai, het Columbus hulle toegelaat
om
die Indiane as slawe in te span om vir hulle te werk. In
Spanje was koningin Isabella met afgryse vervul toe sy hoor dat haar nuwe
onderdane verslaaf word. Columbus is oral verkleineer en party
oud-koloniste het daarop aangedring dat hy tereggestel word. In
1500 is die admiraal en sy twee broers geboei en per skip na Spanje
teruggebring om verhoor te word. Vierde
reis
WEENS
die openbare verontwaardiging het Isabella Columbus in haar guns herstel,
en vroeg in 1502 het die koningin en koning ’n vierde verkenningsreis
gemagtig, op voorwaarde dat die Die
doel van die reis was om ’n roete na die Indiese Oseaan tussen Kuba en
die “Ander Wêreld” te vind. Hierdie keer het Columbus die gesag oor
vier karvele gevoer. Die
reis het hom na Martinique gebring en toe, strydig met die bevele, na
Hispaniola. Hier het hy twee mans met twee boodskappe na die nuwe
goewerneur, Ovando, gestuur. In die een boodskap het hy ’n skip aangevra
om die onseewaardige Santiago te vervang en in die ander boodskap
gewaarsku teen
’n naderende orkaan en die goewerneur aangeraai om nie sy vloot van 28
skepe na Spanje te laat vertrek nie. Die
goewerneur het albei boodskappe geïgnoreer. Columbus se vloot, wat iewers
by die eiland in ’n hoekie skuiling gesoek het, is beskadig, maar die
skepe het bly dryf. Ovando
het 24 skepe, 500 mense en ’n vrag goud verloor. Drie skepe moes omdraai
en slegs een het Spanje bereik. In
1502 het Columbus die kus van Honduras bereik waar hy met sekere
Maja-lndiane kennis gemaak het wat hom vertel het van ’n ryk land verder
na die weste. Hy
het hierdie mededeling geïgnoreer en die kus van Sentraal-Amerika bly
bevaar op soek na ’n deurgang wat nie bestaan het nie. Hy het volgehou
dat die landengte van Panama deel is van Malakka op die seeweg na Indië. Sy
dood COLUMBUS
is dood kort nadat hy in November 1504 weer
in
Spanje aangekom het. Op 53 het sy artritis dit vir hom moeilik gemaak om
te beweeg. In sy laaste paar maande het hy nog sy goewerneurskap en sy
aandeel in die Amerikaanse handel probeer herwin. Hy is op 20 Mei 1506 oorlede. In ’n laaste kodisil tot sy testament, die dag voor sy dood, dring hy daarop aan dat die hoof van sy huis nooit moet ophou om die titel “Admiraal van die Oseaan” te gebruik nie.
•
Klik hier
as jy wil terugkeer na die vorige aflewering |
|
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |