Geskiedenis van die Protestantse Hervorming

 

Die helder voorbeeld
van leidsman Calvyn

 

Johannes Calvyn

 

BO: Johannes Calvyn (Jehan Cauvin /Jean Calvin).

 

Vir hom was dit van kardinale belang: die onwrikbare besef van die absolute majesteit en oppergesag van God teenoor die mens se volkome afhanklikheid. Ook dat godsdiens nie net iets vir Sondae en die kerk is nie, maar dat 地 mens in alles wat jy doen, moet toon dat jy 地 Christen is. En etlike eeue later is die gevolge van Johannes Calvyn se hervor­mingsprediking steeds duidelik waar te neem in die handel en wandel van gelowiges oor die hele w靡eld heen... ook in Suid-Afrika waar die Calvinisme 地 besondere plek in veral Afrikaanssprekendes se geloofslewe ingeneem het...
 


I

N die Wes-Karoo is 地 dorp wat na hom genoem is. Die dorp is Calvinia, die sentrum van 地 belangrike woldistrik, waar heelwat koring ook gesaai word. Maar Calvinia se naam is baie beslis nie die enigste stempel wat Johannes Calvyn op die geskiedenis gelaat het nie.

 
 Die Hervorming

DIE Protestante Hervorming of Reformasie (15171648) was 地 groot Christelike hervormingsbeweging waarin talle Europers in opstand gekom het teen dit wat hul as flagrante misbruike en die dwaalleer van die magtige Rooms-Katolieke Kerk van destyds beskou het.

 

Al sou daar vooraf sekere stemme opgegaan het om bestaande wanpraktyke binne die Kerk verander te kry, word algemeen aanvaar dat die Hervorming in 1517 begin het toe die Duitse teoloog Martin Luther die sogenaamde 95 Stellinge geformuleer het.

 

 Martin Luther

   

BO: Martin Luther. (Sy voornaam word ook in Afrikaans, via die Nederlands, Maarten geskrywe, of selfs Maartin, maar dit is 地 goeie vraag waarom nie maar volstaan kan word met die Duitse spelling nie. Daar is immers nie eens 地 noemenswaardige verskil in die uitspraak in verskillende tale, soos dit by Calvyn / Calvin / Cauvin voorkom nie. Afrikaanssprekendes, onder Engelse invloed, sal beswaarlik Martin met 地 kort 殿 wil uitspreek.)

 
 

Luther (14831546), wat 地 monnik was, het hom verset teen die kerklike bewering dat mense van hul straf vir sondes vrygestel kon word deur pouslike 殿flaatbriewe te koop. In der waarheid is die geld eenvoudig gebruik om die geldkoffers van die pous in Rome aan te vul, en vir Luther was dit 地 ongehoorde vergryp, te meer omdat hy geglo het dat sondevergifnis slegs van God kan kom. Daarom het hy sy 95 Stellinge op 31 Oktober 1517 teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker.

 

Die nuwe versetbeweging teen wat as erg onbybelse Katolieke gebruike beskou is, het al hoe meer veld gewen. Dit het ook na lande buite Duitsland versprei容n die volgelinge van die Kerk van Rome het meermale genadeloos teen die 撤rotesterendes of 撤rotestante opgetree.

 

Die Hervorming het lank geduur en eers in 1648 was die stryd vir die Protestante gewonne met die ondertekening van die Vrede van Westfale. Dit was nagenoeg vier jaar voor die koms van Jan van Riebeeck in 1652 na die Kaap.

 

Die godsdiensoorlo tydens die Hervorming het veroorsaak dat talle mense alles moes agterlaat en vlug, soos die Franse Protestante wat hulle wyd en syd elders gaan vestig het en die Hugenote genoem is. Baie van hierdie Hugenote het ook uitgewyk na Nederland, 地 geografies klein landjie wat die groot toestroming van vlugtelinge na sy beste vermo moes probeer hanteer.

 

Nederland het die Franse vlugtelinge容n andere wat hulle aan die Kaap wou vestig嵐n vry passaat hierheen aangebied. Die aantal Hugenote wat na die Kaap gekom het, veral in 1688-89, was die voorsate van baie van vandag se Afrikaners, soos ook elders op die Mieliestronk-werf vertel word.  Die feit dat hulle Nederlands geken het, het hul opname in die Kaapse samelewing vergemaklik.

 

Die Vrede van Westfale het 131 jaar van godsdiensoorlo beindig. Benewens Luther, was ander belangrike figure van die Hervorming Huldrych (of Ulrich) Zwingli, 地 priester van Switserland, en die Fransman Johannes Calvyn, oor wie meer in die artikel langsaan vertel word.
  

 

Trouens, die lewens- en geloofsbeskouinge van vele gelowiges regoor die w靡eld heen word tot in ons tyd steeds gerig volgens dit wat hy in sy hervormings­prediking verkondig het. En dit het Calvyn reeds 地 klompie eeue gelede gedoen.

 

Mense wat die Protestants-Christelike geloof aanhang, al behoort hulle tot baie verskillende kerkュgenootskappe葉eenoor diegene in die Katolieke Kerk溶oem hulself ook dikwels Calviniste. Dit is wanneer hulle in hart en siel meegaan met die gees en bedoeling in die uitsprake van Calvyn.

 

As Hervormer word Calvyn baiemaal in een asem genoem met die Duitse Protestantse teoloog Martin Luther.

 

Johannes Calvyn (oorspronklik Jehan Cauvin, later via Latyn verander in Jean Calvin, soos hy vandag steeds deur die Franse genoem word) is 1509 in Noyon, Noord-Frankryk, gebore en in 1564 in Gen钁e, Switserland, oorlede. Hy was die tweede van drie seuns (wat tot volwassenheid bly lewe het) van 地 kerk­amptenaar en die dogter van 地 herbergier. Calvyn se ma is 地 paar jaar n sy geboorte oorlede.

 

Self was hy net nege jaar getroud en wel met die weduwee Idelette Storder, gebore De Bure. Sy was aanvanklik van Gelderland in Nederland. Toe Idelette hom n die kortstondige, gelukkige huwelik ontval, het Calvyn geskryf: 哲ou probeer ek my verdriet verdring deur onverpoos met amptelike pligte besig te bly. Die drie kinders van haar en Calvyn is almal as babas oorlede.

 

Calvyn het aanvanklik gestudeer om Katolieke priester te word en hom daarna aan die regte en die klassieke gewy. Dit was onder die invloed van Luther se geskrifte dat hy 地 Protestant geword het.

 

In die 1530痴 het Calvyn van die Rooms-Katolieke Kerk weggebreek, 地 stap wat later verreikende gevolge in die kerkgeskiedenis sou h nadat hy sy eie insigte oor die Christelike leer op skrif gestel en verkondig het.

 

 泥eur 地 plotselinge bekering het God my hart ... tot gehoorsaamheid gebring, sou hy vertel. Vanwe sy oortuigings en die vervolging van die Protestante is hy ook gedwing om pad te gee uit die Franse hoofstad Parys, waar hy hom toe bevind het.

 

Calvyn het hom in 1535 in die Switserse stad Basel gevestig. Hier het hy in 1836 die eerste uitgawe van sy hoofwerk, die Institutio Christianae Religionis (天erorderinge van die Christelike Geloof), die lig laat sien toe hy nagenoeg in die middel van sy twintigerjare was. Vir latere uitgawes het hy die hoofstukke in die boek sterk aangevul.

 

In hul lang en bitter stryd teen die Kerk van Rome sou die Institutio ontsaglik baie vir die vervolgde Protestante beteken.

 

Calvyn is later na Gen钁e, Switserland, waar hy hom as vooraanstaande lid van die Raad teen diegene verset het wie se geloof en sedes van syne verskil het. Hy was 地 streng teenstander van ritueel en bygeloof in die godsdiensoefening.

 

MAAR wat behels die Calvinisme eintlik? In onderwerping aan die absolute gesag van die Skrif as die Woord van God, wil die Calvinisme in leer en lewe niks anders as konsekwente Christendom wees nie. Kenmerkend van Calvyn se leer is onder meer die uitgangspunt van die absolute soewereiniteit van God oor elke gebied van die lewe, met die roeping van die mens om op alle terreine Sy eer, in gehoorsaamheid aan Sy Woord, te soek.

 

Die mens is in sy algehele verdorwenheid volkome afhanklik van die genade van God in Christus, slegs vrygespreek voor God deur die versoenende werk van ons Heiland.

 

Lynreg in stryd met die Katolieke opvatting dat 地 mens jou saligheid met goeie werke sou kon verdien, meen Calvyn, net soos Martin Luther, dat geen sogenaamde goeie daad 地 mens ooit met God kan versoen nie. God is immers so groot, en die mens so nietig in vergelyking met God, dat geen mens, hoe godvrugtig ook al, ooit in staat sal wees om iets daaraan toe of af te doen nie.

 

Volgens Calvyn strek die gedagte dat God se voorsienigheid alles regeer,  die gelowige tot troos. Die mens word, soos hy dit stel, nie geregeer deur die lot nie, maar deur die goeie God.

 

地 Mens kan tereg s dat die invloed van die Calvinisme op die staatkundige, sosiaal-ekonomiese en wetenskaplike ontwikkeling in verskillende w靡elddele nie oorskat kan word nie要eral in lande waar dit die kragtigste ingang gevind het, soos Nederland, Skotland, Amerika,  maar ook in Switserland, Frankryk en Hongarye. En natuurlik in Suid-Afrika.

 

In ons land is 地 groot deel van die bevolking Christene wat 地 mens Calviniste kan noem擁ndien nie in algehele geestelike oorgawe nie, dan wel volgens dit wat hulle met die mond bely.

 

Calvyn word vandag allereers onthou omdat hy sy lewe lank slegs wou luister na wat God in die Bybel s en dit na sy beste vermo wou vertolk.

 

Daarom, soos iemand dit al gestel het, is hy so 地 helder voorbeeld ook vir die kerke van ons tyd.

 
Die Institutio van Johannes Calvyn

   

Die titelblad van die eerste uitgawe van Calvyn se hoofwerk, die Institutio Christianae ReligionisLINKS: Die titelblad van die eerste uitgawe van Calvyn se hoofwerk, die Institutio Christianae Religionis (天erorderinge van die Christelike Geloof), wat hy as jong man in 1836 die lig laat sien het. Soos dit destyds die gebruik was, het hy in Latyn geskrywe en die titel is ingelei met die woorde Christianae Religionis Institutio. Nog uitgawes in Latyn en Frans het hierop gevolg.

 

Vir die uitgawe van 1539 is die woordorde verander om die boeknaam te vorm soos ons dit vandag ken. Die werk het ook van ses tot sewentien hoofstukke aangegroei.

 

Teen die definitiewe (finale en afdoende) Latynse uitgawe van 1559 het die werk tot tagtig hoofstukke uitgebrei, wat in vier 澱oeke ingedeel is.

 

Calvyn het nooit bedoel dat die mense vir wie hy geskryf het 鼎alviniste moes word nie. Hy het in der waarheid gelas dat hy in 地 graf sonder teken of opskrif begawe moes word. Maar Calvyn se hele lewe en ywer was耀oos dit veral in sy Institutio tot uiting kom妖aarop gerig om Gods Waarheid na streef, waarheen dit hom ook al gelei het.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad