Silwerskoon waterkrag... sonder besoedeling van die aarde

 

Hidroëlektrisiteit

Animasie -- die kragtige Cahora Bassa-projekHoe Cahora Bassa met hernieude krag herleef het

 

Die destydse burgeroorlog in Mosambiek het die groot hidroëlektriese kragleweraar mettertyd totaal verlam... maar die geroeste ratte van die Cahora Bassa-projek het ’n aantal jare gelede weer flink begin draai om broodnodige elektrisiteit aan ons węrelddeel te help verskaf. En op die koop toe is daar geen besoedeling van die omgewing, soos byvoorbeeld met die verbranding van steenkool vir kragopwekking gebeur nie...

 

W

ATERKRAG, word dit genoem. Of hidroëlektrisiteit. Die geweldige invloed van die swaartekrag van die aarde om water van hoog na laag te laat vloei, word ingespan om elektrisiteit te help opwek vir ’n kraghonger węreld. Sowat twintig persent van die aarde se elektrisiteit word op hierdie manier gegenereer en, wat meer sę, dié soort krag is "silwerskoon".

Diagram wat die opwekking van waterkrag illustreerWat daarmee bedoel word, is dat daar geen lugbesoedeling is soos by olie- of steenkool-kragstasies of kernafval soos by kernkragsentrales nie. Waterkrag word dus deur alle bewaringsbewuste mense as een van die groot oplossings vir die mens se gruwelike verminking van die aardse ekologie beskou.

Hidroëlektrisiteit word opgewek deur generators wat gekoppel is aan turbines wat deur die krag van vallende water aangedryf word. In ’n waterkragsentrale word van die water in ’n dam agter ’n damwal deur middel van sluise toegelaat om te ontsnap en hierdie vinnig bewegende water laat turbines draai wat op hul beurt aan generators (kragopwekkers) gekoppel is. (Klik hier as jy wil lees hoe elektrisiteit opgewek word.)

Die grootste hidroëlektriese skema in Suidelike Afrika—volgens party bronne in die hele Afrika—is die Cahora Bassa-projek. Die Cahora Bassa-dam wat hiervoor gebruik word, is ook Suidelike Afrika se naasgrootste kunsmatige meer en is geleë in die Tete-provinsie in Mosambiek. Die naam Cabora Bassa (met ’n b pleks van die h) kom weliswaar steeds dikwels voor in geskrifte oor die dam, maar dit is hoe dit gespel is toe Mosambiek nog ’n oorsese provinsie van Portugal was. Deesdae word die spelwyse Cahora Bassa verkies.

Die Cahora Bassa-dam is een van die drie groot damme in die Zambezi-riviersisteem—die ander twee is die Kariba en Itezhi-Tezhi. Met die Cahora Bassa word die Zambezi sowat 150 km noordwes van Tete opgedam en die dam stoot terug tot by die samevloeiing van die Zambezi en die Luangwarivier aan die Zambiese grens.

Die bou van die dam is indertyd as een van die grootste siviele bouprojekte ooit in Afrika beskou. Die damwal is 303 meter breed by die kruin en 171 meter hoog.

Die ligging van die Cahora Bassa-dam in die Zambezi in MosambiekWater het in Desember 1974 in die dam begin invloei nadat in 1969 met die bouwerk begin is. Op sy langste en breedste het die dam al ’n gebied van 250 km by 38 km met water bedek, met ’n gemiddelde diepte van 26 meter. Hoewel die Cahora Bassa nie so groot as die Kariba-dam is nie, het dit ’n beter vermoë om elektrisiteit met behulp van waterkrag op te wek.

DIT is dan ook terdeë besef deur die destydse owerhede van Portugal en Suid-Afrika, wat in die laat jare sestig van die vorige eeu ooreengekom het tot die Cahora Bassa-projek, waarkragtens die Portugese ’n enorme waterkragsentrale by die dam sou bou en Suid-Afrika die opgewekte hoëspanning-gelykstroomkrag sou koop. Suid-Afrika sou die krag van sy grens met Mosambiek af na die Apollo-omsettingstasie in Midrand herlei.

Die Cahora Bassa-projek was ’n gesamentlike onderneming van Suid-Afrika se groot kragverskaffer Eskom en Hidroelectrica de Cahora Bassa (HCB), ’n firma waarin die Portugese regering ’n aandeel van 82 persent en Mosambiek 18 persent gehad het.

Maar weens die onrustige politieke toestande in die destydse Suidelike Afrika—en veral as gevolg van die burgeroorlog wat Mosambiek nog ’n hele aantal jare ná sy onafhanklikwording in 1975 geteister het—is die Cahora Bassa-projek van meet af deur groot probleme geteister. Trouens, in die jare tagtig is die kragverskaffingsprojek weens die burgeroorlog heeltemal tot stilstand gedwing.

Eers nadat die burgeroorlog in 1992 beëindig is, kon die skade aan die gesaboteerde hoogspanningsleidings herstel word. Aan die Mosambiekse kant moes oor ’n afstand van 893 km altesaam 1 895 lyntorings vervang en 2 311 opgeknap word. Gelukkig was daar geringer skade aan die Suid-Afrikaanse kant en het dit slegs normale onderhoudswerk van Eskom geverg om die lyne weer in werking te kry.

Hierdie werk het in 1995 begin en is laat in 1997 voltooi. Teen 1998 was die hoogspanningsleidings weer volstoom aan die werk. Intussen is begin om die Portugese aandeel in die projek geleidelik na Mosambiek oor te dra.

Vandag voorsien die opgedamde blou waters van die Zambezi by Cahora Bassa broodnodige elektrisiteit aan ’n ontwikkelende węrelddeel wat dit gretig opslurp. Met sy opwekkingspotensiaal van 4.000 megawatt sien Cahora Bassa deesdae kans om nie net krag aan Mosambiek en Suid-Afrika te lewer nie, maar dit ook na Zimbabwe uit te voer.

En alle belanghebbendes wat die groot moontlikhede van hierdie waterkragsentrale besef, hoop dat dit vorentoe ook nog krag tot krag sal gaan! 

Die Cahora Bassa-dam

BO: Die Cahora Bassa-dam. Cahora Bassa beteken "waar die węreld eindig" en is die plaaslike naam vir die stroomversnellings wat hier die Zambezi se vloei gekenmerk het—en stellig verhinder het dat bootjies verder in die rivier kon opvaar, vandaar waarskynlik die naam. Die foto laat nie reg geskied aan die werklike grootte van die dam nie, want volgens minstens een bron is dit die węreld se vyfde grootste mensgemaakte meer. Omsoom deur ruwe heuwels en met dig begroeide eilande, is dit 'n ongerepte plek vir avontuurlustige kampeerders, hengelaars en watersportentoesiaste. 

   
Foto vry van kopiereg verklaar deur eienaar—oorgeneem uit Engelse weergawe van die Wikipedia-ensiklopedie
   

Opwekkers

BO: Die sleutel tot die verkryging van elektrisiteit uit vallende water—enorme kragopwekkers wat deur die voorstuwende water aan die draai gehou word. Hulle werk maar net soos baie soorte dinamo’s wat vandag gebruik word, selfs dié in elektriese speeltreintjies, net op ’n baie groter skaal. Onder só ’n opwekker is ’n metaalskag wat verbind is met ’n skroef (“propeller”) wat deur vallende water gedraai word. Wanneer die water die skroef laat tol, tol die skag en dié laat op sy beurt die komponente in die opwekker draai.
Dit maak nie ręrig vir opwekkers saak watter soort krag aangewend word om die skag te laat tol nie. In steenkoolkragsentrales word steenkool verbrand om water te verhit en in stoom te verander wat die skag laat draai. In kernkragsentrales word kernbrandstof gebruik om water in stoom te verander.
  
Foto: U.S. Geological Survey

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad