Louis Braille

Uitvinder van die skrif vir blindes

 

Braille is n skrif van verhewe puntjies op papier die wreld se beroemdste lees- en skryfhulp vir blindes. Tog het die uitvinder, die blinde Fransman Louis Braille, in sy eie lewe nooit die triomf van sy uitvindsel ervaar nie. Die base van die instituut vir blindes waar hy gewerk het, kon maar net nie aanvaar dat enigiets daarin steek nie. Eers n sy dood het hulle dit besef  

Louis Braill

Louis BrailleREGS: Louis Braille.

 

Historiese illustrasie; kopiereg verstreke vanwe ouderdom


DIE jong, blonde seuntjie met die blou o sit op n bank in sy pa se werkplek. Hy kyk hoe sy pa, n saal en tuiemaker, die laaste afrondingswerk aan n tuig doen.

 

Dan daag n klant met sy perd op. Pa Simon-Rene Braille neem die tuig buitentoe.

 

Klein Louisn Fransmannetjie wat saam met sy gesin in Coupvray, naby Parys, woonstaar met groot o na die gereedskap wat op die bank l. Hy is skaars drie jaar oud, maar hy weet presies wtter werktuig wrvoor gebruik word. Sy pa het hom keer op keer streng belet om aan die gereedskap te vat, maar een skerp werktuig, wat n els genoem word, is vir hom eenvoudig onweerstaanbaar.

 

Die lees van Braille-skrifHy tel dit op en probeer daarmee n gaatjie in n strook leer druk. Maar die leer is te taai vir sy klein handjies. Die els gly. Dit deurboor die kind se linkeroog.

 

Louis Braille gil van die pyn. Sy gesin storm die werkwinkel binne, maar daar is bloedmin wat hulle kan doen, want in hierdie tyd en daedie jaar 1812is daar nog nie so iets soos antiseptiese middels en antibiotika nie. Op die koop toe wantrou Simon-Rene gewone dokters, en hy neem dus die kind na die plaaslike bossiedokter sodat sy oog uitgewas kan word.

 

Maar die oog raak ontsteek. Mettertyd versprei die infeksie ook na die regteroog. Teen die tyd dat Louis Braille vyf is, is hy heeltemal blind.

 

Die seuntjie se hele wreldjie is onderstebo. En benewens die tragedie dat hy nou voel-voel en al luisterende moet probeer om sy pad te vind, is die omstandighede in Europa van so n aard dat dit sy ewige nag selfs eensamer maak.

 

In 1812 het Napoleon I Rusland binnegeval en toe die aftog geblaas. Aangemoedig deur die feit dat hul vyand moes terugval, val die Russiese troepe op hul beurt Frankryk binne en beset Coupvray in 1814. Die inwoners van die dorpie moet noodgedwonge hul gevangenemers kos en huisvesting gee.

 

Dit word n verbysterende ervaring vir klein Louis, wat die ruwe soldate nie kan sien of verstaan nie. Vir hulle is die kind niks meer as n blinde vertraagde nie, en hulle stoot hom rond en spot met hom, sodat hy vervaard in sy dop kruip.

 

Normaalweg sou n kind soos Louis se lewe in sy tyd maar droewig verloop het. Dog die liefdevolle en onderskragende Braille-gesin probeer gereeld die seuntjie se verstand stimuleer. Daar word vertel dat Louis se pa figuurtjies uit leer gesny het wat hy dan moes uitken deur daaraan te raak. Die pa het glo ook die kind se naam op n houtbord vasgespyker sodat hy die letters kon voel.

 

In 1815 besoek n priester die gesin en kom agter dat Louis hoogs intelligent is. Hy bied aan om vir hom skool te hou. Met behulp van n kierie leer die seun gou hoe om self na die priester se huis te loop, waar hy as leerling groot belofte toon.

 

In die volgende jaar kry Coupvray sy eie skool. Gestremde kinders is wel nie destyds in gewone skole toegelaat nie, maar die priester oorreed tog die skoolhoof om n uitsondering te maak. Louis, bekend en gewild by die ander kinders van Coupvray, is in sy element.

 

Hoewel hy nie kan lees nie en slegs moet onthou wat hy hoor, is sy geheue so uitsonderlik dat hy gewoonlik eerste in sy klas eindig.

 

Teen die einde van 1818 oorreed die priester en skoolhoof vir Simon-Rene om Louis na die Nasionale Instituut vir Blinde Jeugdiges te stuur. Vroeg in 1819, op slegs tienjarige leeftyd, vat Louis dus die pad Parys toe.

 

Vaardige vingers herken die Braille-simboleDie instituut is in die laat 1700s deur Valentin Hauy gestig, wat n stelsel uitgevind het om blindes met behulp van groot relifletters in hout te laat lees en skryf.

 

Di soort leseryeen letter per keeris egter uiters tydrowend, want teen die tyd dat die leerlinge aan die einde van n sin kom, vergeet hulle gereeld hoe die sin begin het. Gevolglik word die leerlinge by die instituut meestal mondelings onderrig.

 

Louis is n goeie leerling. Hy blink uit in wiskunde, wetenskap, grammatika en opstelle, en hy raak ook heel vaardig met die klavier, orrel en viool.

 

Nie lank nadat Louis by die instituut begin studeer nie, kom n Franse artillerie-offisier genaamd Charles Barbier vorendag met die sogenaamde ''nagskrif'', waarvolgens hy snags vir soldate boodskappe kan stuur. Volgens sy stelsel word verskillende kombinasies van tot twaalf kolletjies en strepies in karton gesteek om die verskillende letters van die alfabet voor te stel.

 

Louis dink hard oor die stelsel. Hy besef dat dit groot potensiaal het, al is dit ingewikkeld. In die jare daama eksperimenteer hy gedurig in sy vrye tyd met verskillende permutasies.

 

Teen 1824 het hy die nou beroemde braille-stelsel ontwerp gehad. Hiervolgens word elke letter van die alfabet voorgestel deur n eie kombinasie van klein verhewe puntjies op papier en ander stowwe. S kan n blinde persoon dan lees deur te voel. Elke kombinasie van puntjies is gerangskik in n regop reghoek met ses moontlike puntposisies. Dit word n braille-sel genoem.

 

Braille-alfabetVan die 63 moontlike kombinasies is sekeres ook aan woorde met n ho gebruiksfrekwensie toegeken (bv. "en" en "maar"), asook aan letterkombinasies wat sekere spesifieke klanke voorstel. Louis het ook aan n stelsel vir wiskunde en musiek gewerk.

 

In 1828 word Louis n dosent by die instituut, en die volgende jaar publiseer hy sy alfabet. Hoewel die leerlinge en ander leerkragte by die instituut met lof van sy stelsel praat, weier die owerheid (wat uit mense bestaan wat self nie blind is nie) om dit te aanvaar en volhard hulle met lomp stelsels soos di van Hauy.

 

Wat meer s, hulle is so gekant teen iets wat deur n blinde uitgevind is dat hulle die gebruik daarvan in die skool verbied en in 1840 selfs die hoof in die pad steek toe hulle agterkom dat hy verskeie studieboeke in braille in sy besit het.

 

Louis is verpletter; hy weet immers hoe nuttig sy alfabet  is.

 

Reeds in 1826 word Louis siek weens tuberkuloseongetwyfeld weens die koue, klam mure van die instituuten hy raak l sieker namate die jare aanstap.

 

In 1851, toe dit duidelik raak dat hy nie meer lank kan lewe nie, vra sekere kollegas die Franse regering in n versoekskrif om die braille-stelsel amptelik te erken. Hulle vra ook dat Louis met die Legioen van Eer vereer word vir dit wat hy vir die blindes gedoen het.

 

Die Franse regering ignoreer die petisie. Louis sterf vroeg Januarie die volgende jaar. In Junie 1852, ses maande n sy dood, word uiteindelik toestemming gegee dat sy stelsel in die instituut gebruik mag word.

 

Buite die instituut bly Braille se uitvindsel agttien jaar lank onbekend, totdat n blinde Engelse dokter, ene dr. Armitage, daarvan te hore kom en n uitgewery in Londen in die lewe roep om boeke in braille te druk.

 

Brailleskrif wen gou veld. Vandag word dit in lande oor die hele wreld heen gebruik.

 

       

 

BLINDES kon aanvanklik slegs braille lees, maar n metode is later ontwikkel om hulle ook braille te laat skryf. Daarvoor word n toestel gebruik bestaande uit twee metaalplate wat met n skarnier verbind is sodat n vel papier daartussen geplaas kan word.

 

Die boonste van die twee metaalplate, die gidsplaat, het venstertjies so groot soos die braille-selle. Onder elkeen van di, in die onderste plaat, is ses klein gaatjies in die braille-patroon. n Stif word gebruik om die papier teen die gaatjies te druk en sodoende die verhewe puntjies te vorm.

 

lemand wat braille skryf, skryf van regs na links. Wanneer die vel papier omgedraai word, wys die puntjies boontoe en word dit van links na regs gelees.

 

Hierdie manier van skryf het later tot die uitvinding van tikmasjiene vir blindes gelei. Vandag kan braille in rekenaars ingetik en deur braille-drukkers uitgedruk word.

 

BO: Die woord premier (wat eerste beteken in Frans) word hier in brailleskrif uitgespel.
 

Foto: Kopiereg Christophe MOUSTIER,
wat vrye gebruik vir enige doel, ook kommersile gebruik, vergun, mits die kopiereghouer  behoorlik erken word

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad