Argitektuur 
Style van die boukuns


Mense se verwagtinge en drome word dikwels in die boukuns versinnebeeld, soos in baie fasette van die mens se stoflike kultuurgoedere. Maar in die mate dat verwagtinge en drome met verloop van tyd verander het, het die idees ook verander oor wat dit is wat geboue mooi laat lyk. Die sestal foto’s direk hieronder illustreer populÍre boustyle van die afgelope sowat 2500 jaar. Daarna vertel ons, ook in woord en beeld, so ietsie meer van die geskiedenis van die argitektuur...

    

•   Die inligting by die ses foto’s direk hieronder is ’n vertaling / verwerking van diť op die webbladsy “Architectural Styles” van die National Park Service van die Amerikaanse federale regering. As die produk van ’n regeringswerknemer van die VSA in die uitvoering van sy of haar pligte, is dit kopieregvry of ingevolge die Amerikaanse reg in die sogenaamde openbare domein. Dit geld wÍreldwyd.
  

Parthenon Peterborough-katedraal Engelse aanpassing van Renaissance-boukuns
Klassiek
Die Grieke en Romeine van die Oudheid (400 v.C. - 500 n.C.) het in hul bouwerke dikwels gewel-driehoeke bokant pilare aangebring. Dit is dan ook twee oorheersende kenmerke op hierdie foto van die Parthenon in Athene, Griekeland. Die Griekse en Romeinse boustyl word Klassiek genoem.
Goties
Die Peterborough-katedraal in Engeland is ’n voorbeeld van hoe die geboue in Europa in die Middeleeue (500 - 1400) gelyk het. Die oorlade versierings en gepunte boŽ wat boontoe reik, is kenmerkend van die Middeleeuse Gotiese styl.
Klassieke Herlewing
Die Renaissance en Verligting (1400 - 1820) het onder meer ’n herontdekking van die Klassieke literatuur, kuns en argitektuur behels. Hierdie Klassieke Herlewing het uit verskeie fases bestaan. Die Georgiaanse styl uit die tyd van die Amerikaanse diplomaat en geleerde Benjamin Franklin (1706-1790) in sy tuisstad Philadelphia, was ’n Engelse aanpassing van die   Renaissance-boukuns. 
Moderne boukuns
Huis van Skotse digter sir Walter Scott Kunsmuseum van die Universiteit van Minnesota
Gotiese Herlewing
Die terugkeer van die Klassieke invloed is gevolg deur ’n terugkeer na Gotiese style  (1820 - 1900). Die foto hierbo is van die huis van die Skotse digter sir Walter Scott, ’n gebou in die styl van die Gotiese Herlewing.
Postmoderne boukuns
In ander voorbeelde van resente boukuns (1970 - huidig), soos die kunsmuseum van die Universiteit van Minnesota hierbo, is  weer niks van die vroeŽ style te sien nie. Die geboue is baiemaal onreŽlmatig gevorm en op unieke maniere versier. Hierdie nuwe soort boukuns word  Postmodern genoem.
     
Moderne boukuns
In die Moderne boukuns  (1950 - huidig) word vroeŽre style dikwels met nuwe strominge gekombineer, soos verbeeld in die kleure en suile op die foto hierbo. 

   
  Meer oor argitektuur deur die eeue  


Ons aanvullende inligting oor die boukuns (hieronder) kom uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld; die fotokompilasie is deur Mieliestronk.com

 

ARGITEKTUUR is die kuns en wetenskap van ontwerp en die konstruksie van geboue en ander strukture. Argitekte word geÔnspireer deur estetiese standaarde asook deur goed gebalanseerde verhoudings. Daarbenewens moet hulle egter ook strukturele en funksionele tegnieke toepas.

 

 Klassieke argitektuur:   Die Parthenon is ’n marmertempel wat tussen 447 en 438 vC op die Akropolis, ’n hoŽ heuwelrots in Athene, Griekeland, gebou is. Dit het agt pilare voor en agter en sewentien pilare aan weerskante.

  

Die Romeine het op hul beurt op ’n vernuftige manier artistieke inspirasie en funksionaliteit gekombineer in die konstruksie van paleise, amfiteaters, akwadukte (waterleidings) en brŻe.

 

Parthenon

 

BO: Die ligging van die Parthenon (hier aangedui met ’n pyl) op die Akropolis in Athene, Griekeland. Dit was ’n antieke tempel wat opgedra is aan Athena, die beskermgodin van die stad.

 

Foto’s links bo en regs bo: : U.S. Library of Congress.

Romeinse akwaduk

 

BO: ’n Deel van ’n ou Romeinse akwaduk wat tot in ons tyd behoue gebly het. Die foto is waarskynlik Írens in Noord-Afrika geneem. Akwadukte was kunsmatige leikanale vir water bo-op brugstellasies.

     

Romaanse en Gotiese boustyle  Romaanse en Gotiese style:   Die Romaanse styl is tussen die elfde en twaalfde eeu ontwikkel. Strenge eenvoud kenmerk hierdie argitektoniese styl. Die Gotiese styl het aan die einde van die twaalfde eeu vorm aangeneem en tot die sestiende eeu regoor Europa versprei.

 

Katedraal van Keulen, DuitslandLINKS: Die Katedraal van Keulen, Duitsland — een van die hoogste Gotiese strukture in Noord-Europa.

 

Foto links: William Vasta / NARA (detail)

 

 Moderne argitektuur:  In die begin van die twintigste eeu is die agitektuur grootliks deur die tegnologie beÔnvloed. Nuwe boustowwe soos yster, staal, glas en gewapende beton is gebruik. Eenvoudige en funksionele style is in die argitektuur opgeneem om die meeste waarde uit beperkte beskikbare ruimtes te kry.

 

Tussen 1887 en 1889 het die Franse argitek G.A. Eiffel die 300 m hoŽ Eiffeltoring, wat geheel en al uit staal bestaan, vir die Paryse tentoonstelling gebou. Vandag word hemelhoŽ wolkekrabbers in die stadskerne van groot stede gebou om die beperkte beskikbare ruimtes ten beste te benut.

 

Eiffeltoring in ParysLINKS: Die Eiffeltoring in Parys, Frankryk (300 meter).

Foto: BigFoto.com / Free pic

Carlton-sentrum in JohannesburgLINKS: Die Carlton-sentrum in Johannesburg—met sy vyftig verdiepings is dit Afrika se hoogste gebou (222 meter).

Foto waarskynlik vry van kopiereg, maar indien enigeen sou reken dat sy kopiereg hierdeur geskend word, tree asb. onverwyld in verbinding met Mieliestronk.com sodat die aangeleentheid in die reine gebring kan word
              
Godsdiens en argitektuur:   Christelike katedrale, Boeddhistiese pagodes, Islamitiese moskees, Tibetaanse kloosters—elke godsdiens het sy eie argitektoniese styl wat kenmerkend is van sy aanbiddingsplekke, waar sy mense saamkom om te bid, en miskien ook sy kloosters, waar monnike en priesters woon. Reeds in die verre verlede was dit so... onder verskillende kulture in die uiteenlopendste wÍrelddele. ’n Tempel van die MajaLINKS: ’n Tempel van die Maja, ’n beskawing van Amerikaanse inboorlinge wat lank in Sentraal-Amerika gefloreer  het.

Foto: David A. Hodell, Department Geologie, Universiteit van Florida / NOAA

 

 Boukuns en die liefde:   Die Taj Mahal, naby Agra in IndiŽ, wat deur baie mense as die grootste argitektoniese werk van alle tye beskou word, is deur liefde en droefheid geÔnspireer. Shah Jahan, ’n Mongoolse keiser van IndiŽ, het dit laat bou as ’n praalgraf vir sy geliefde vrou, Mumtaz Mahal, die “Uitverkore Een van die Paleis”, wat in 1631 oorlede is. Hierdie praalgraf het bekend geraak onder ’n ander weergawe van sy vrou se titel—Taj Mahal, die “Kroon van die Paleis”.

 

REGS: Die Taj Mahal is 'n volmaak geproporsioneerde en simmetriese struktuur van wit marmer, versier met inlegwerk van halfedelstene en gekleurde stene. Die gebou staan in die middel van 'n marmerplatform. In die 22 jaar wat dit gekos het om die hele kompleks te voltooi, het meer as 20 000 mense op die perseel gewerk. ’n Hele stad, Mumtazbad genoem, het ontstaan om die werkers te huisves.

 

Foto: Probert Encyclopedia / Free pic

 

Taj Mahal


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad