Die wonder-essense en die wilde medisyne

Boererate wat werk (of nie)


VIR OORPYN
-- druk ’n opgerolde koerant in jou oor, sÍ hulle, en steek dit aan die brand! Maar sal dit hoegenaamd help?

Foto: National Library of Medicine / U.S. National Institutes of Health
 

“E

ET jou wortels, my kind. Dis goeie, ordintlike medisyne vir jou oŽ. En moenie jou beet vergeet nie. Hoekom dink jy het Ouma self sulke fÍnsierige rooi wange?

Sů het Ouma mos altyd met oorwoŽ wysheid geredeneer wanneer ons kinders oor die etenstafel so suur gesluk het aan ons groente. Soms moes sy selfs ietwat hardhandig ingryp—wanneer ons lepelsvol gewraakte spinasie en pampoen vir die kwylende Dobermann onder die tafel wou voer.

“A nee a,” sou sy ons dan betig, “spinasie is vol yster wat jou so sterk maak soos Pop-aai. En pampoen gee jou krulhare. Hoe dink julle sal ou Wagter nou lyk met golwende poedel-hare en boonop bultende spiere soos ’n superheld in die comics?”

Ouma se idees van die voedingswaarde van groente was sekerlik deurspek met verskeie ongelooflike wolhaar-gelofies. Maar minstens vyftig persent van haar uitsprake het tog ’n wetenskaplike basis gehad, besef ’n mens vandag... al het sy self nooit Írens enigiets van die medisinale werkinge van vitamiene geleer nie.

Feit is, al raak die wÍreld van medisyne steeds meer hipertegnologies en gesofistikeerd, bly boererate vandag baie mense se heel eerste verdedigingslinie teen siektes.

En met goeie rede. Sulke rate is immers van geslag tot geslag oorgedra en moes hulself tog seker bewys het onder die spesifieke families wat so lank aanhou om daarby te sweer.

Soos ’n kenner van volkskulture en volksgeneeskunde dit stel: “Boererate is die resultate van eeue se probeer en fouteer en weer probeer totdat middels gevind is wat werklik werk.”

Een van die beste voorbeelde is die Chinese tradisionele geneeskunde met sy natuurlike medisyne wat oor duisende jare heen beproef is en vandag omtrent enigiets kan vermag—van die verlaging van bloeddruk tot die opkikkering van die menslike gestel.

“Eet varklewer,” word ons byvoorbeeld deur ’n Chinese dokter aangeraai. “Dit kan jou oŽ help om beter te sien en kan boonop jou bloed meer woema gee.”

As dit vir jou vreemd klink, lees wat vertel ’n bekende Vrystater wat om verstaanbare redes verkies om anoniem te bly: “Toe ek ’n kind was, was ek so gepla met maagpyn en ’n los maag dat af en toe eenvoudig nie gou genoeg by die buitelatrine op ons kleinhoewe kon uitkom nie. Gelukkig het ek goeie raad gehad. Ek het elke keer ’n dikkerige pap van meel en water in ’n koppie aangemaak en dit net so afgewurg. Die maagpyn was dan gou verby.

“Maar ek het ook al gehoor van ’n ma wat sardiensolie aan haar kinders se nekke gevryf het wanneer hulle pampoentjies gehad het,” vertel hy verder. “Arme kinders. Hulle het seker die hele tyd lÍ en yl terwyl hulle hulle verbeel het hulle is op ’n vissersboot.”

Hande verkrom weens artritis

BO: Sal okkerneute sulke verkrommings kan help voorkom wat deur artritis veroorsaak word? Of sojabone? Of  vetterige vis?  Daar is mense wat glo dit kan, maar ’n mens moet onthou dat geen boereraat die plek van jou dokter kan inneem by ernstige siektes nie.

Foto: U.S. National Institutes of Health

VIR BAIE boererate hoef ’n mens niks verder te soek as die kombuis nie:

  • Kruiedokters verkondig al lank dat skyfies rou aartappels of uie die byte of steke van insekte kan verlig.
  • As jy oorpyn het, kan jy ’n bietjie knoffel of uiesap net so effentjies warm maak. Gooi ’n paar druppels in die oor en verseŽl dit met ’n wattepluisie. Dit help om olie en slym in die oor op te breek en om infeksie te beveg.
  • As jou keel seer is, gooi ’n bietjie sout in warm water en gorrel.
  • As jy ’n hoesmiddel nodig het, probeer heuning in water met suurlemoensap of appelasyn.

Hoewel ’n mens moet onthou dat geen boereraat die plek van jou dokter kan inneem by ernstige siektes nie, lyk die rate hierbo almal betreklik onskuldig. Dit geld veral vir minder ernstige ongesteldhede.

Wanneer jy diep in die volksgeneeskunde delf, kom jy egter ook op die eienaardigste voorskrifte af.

So was daar die ma wie se “medisynekis” grootliks bestaan het uit ’n koerant, ’n ou sokkie, koffiemoer, aartappels, knoffel en olyfolie. Daarmee het sy ’n hele rits kwale behandel, vertel haar dogter, ene Rosemary.

“As jy hoofpyn gehad het, is ’n lap met rou aartappelskyfies en koffiemoer daarbinne oor jou voorkop gebind.

“Wanneer jou oor gepyn het, het Ma ’n paar druppels olyfolie in jou oor gegooi. Dan het sy ’n koerant soos ’n kegel opgedraai, die smal punt in jou oor gedruk en die ander end aan die brand gesteek.

“Vir ’n seer keel moes ons ’n sokkie—’n warm sokkie—om die nek bind.

“Maagpyn het Ma behandel deur olyfolie op jou maag te vryf en ’n huisie knoffel in jou naeltjie te druk.

“Die wonderlikste van alles,” sluit Rosemary af, “is dat party van daardie rate jou werklik gewerk het!”

“Maar hoe dan ook anders?” is die kommentaar van ons kenner van volkskulture. “Mense het vroeŽr dae gelag vir ons boere wat ’n koperwieltjie aan hul ploeg geheg en beweer het dat die nederige wieltjie hul oeste help vergroot.

“Noudat ons weet dat saaigrond ook spoorelemente soos koper nodig kan hÍ, besef ons ook dat ons nie alles as belaglik moet beskou wat ons nie verstaan nie . . .”

Boererate op die web

OP die wÍreldwye web is daar baie bladsye oor boererate—ook in Afrikaans. Dit toon duidelik hoe ons ou mense maar alles beproef het wat hulle byderhand gehad het, by gebrek aan die moderne geneesmiddels soos antibiotika.

Omdat boererate—soos volksverhale en volksliedjies—reeds so lank bestaan dat hulle openbare besit geword het, kan vrywel aangeneem word dat niemand werklik die kopiereg daarop kan hou nie. Daarom dat ons die vrymoedigheid het om ’n versameling web-rate hier te plaas—darem oral met erkenning van en ’n skakel na die bron waar ons dit gevind het. Op daardie webwerwe self is daar dan nog baie meer rate as die klompie wat hieronder volg.

•  Sů kom die volgende twee van die webwerf Boerevryheid:

Aambeie: As jy kwaai ly aan aambeie wat baie pyn en brand, dan moet jy 1 lepel rou melk of rou bies neem en 80 druppels harlemensis daarop drup en dit drink en so bietjie gaan lÍ... (Bies is die eerste melk van ’n koei nadat sy gekalf het; harlemensis is ’n Hollandse medisyne.)

Nogmaals aambeie (dog hoeveel hiervan bygeloof en hoeveel wysheid is, moet die leser maar self besluit):
Nadat jy gebad of gestort het, droog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnig, en nadat dit verdwyn het,  moet jy hierdie ritueel aanhou doen, veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit ’n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word, sal jy nooit weer probleme met aambeie hÍ nie. (Dit klink amper soos die bekende ander gelofie dat ’n vratjielyer sy vratjies kan laat verdwyn deur hulle weg te blaas maan toe.)

•  Vier rate van die webblad Boererate Medisinaal by Funkymunky:

Bednatmaak: Vang ’n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te eet, moenie vir hom sÍ dis ’n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie.

In die Afrikaans van lank gelede: Dowighyd: ’n Mens sny ’n hasi oop en druk die water uit di blaas in ’n flessi en dan 2 maal per dag 2 druppels in die oor te doen, en ’n pluisi fan di hasiwater in di oor steek en gedurig nat maak.

As jy fan ’n giftige ding gebyt is: Geef di lyder in: soet melk, olie, wilde dagga gekook, wyn en rou yers deur makaar geklits, goud gefyl en ingegť, menswater (urine) met asyn, boegoe brandewyn, ’n ou deurgerookte pypkop fyn gemaak ingegť. (Zuri)

Snork: ’n Paar druppels olyfolie in elke neusgat.

Streepmuis

BO: ’n Streepmuis... vang een en braai hom skelmpies. Voer hom dan vir ’n kind wat die bed natmaak. Dit werk na bewering soos ’n bom, maar moenie vir die kind vertel wat hy of sy rÍrig geŽet het nie... Ai tog...

Illustrasie: U.S. Centers for Disease Control and Prevention
 

•  Van Peterjasie se Bakgat-blog kom diť een:  

Hik: Rook hoendervere.

•  ’n Klompie boererate van die webwerf Duskant Sutherland:

Slangbyt: Neem ’n skeermeslemmetjie en sny ’n kruis op die bytplek. Suig die gif uit die wond en was mond met petrol. Vryf dan die gedroogde bloed van ’n skilpad in die wond.

Oorpyn: Braai ’n vars krap en gooi ’n paar druppels twee keer per dag in die seer oor.

Slaaploosheid: Slag ’n groot hoender en vang die bloed op.  Wag totdat die bloed byna droog is, en meng dan met petrol (dit sal witterig en klewerig word). Meng met beenmeel en braai in hoendervet. Die smaak wonderlik en sal elkeen help om goed te slaap.

Sproete: Melk ’n perd en was die gesig twee keer per dag met die melk.

Malaria: Vul ’n bad met nat perdemis en kookwater. Plaas die persoon in die bad en bedek hom./.haar minstens 20 minute lank heeltemal met die mengsel. Verwyder die persoon uit die bad en maak hom / haar met baie komberse toe. (As die sieke uit die bad klim, voel hy of sy seker pure perd.)

En les bes uit Ouma se Rate- en Resepboekie
(Dis stellig ’n baie ou publikasie, waarvan die skrywer van hierdie artikel slegs ’n paar uittreksels gevind het. Dit is deur iemand met ’n ou tikmasjien oorgetik op twee bladsye wat nou reeds geel en verbleik is.)

Hoes: Kook ’n hoendereier. Eet die helfte en spoeg op die ander helfte en begrawe dit in ’n miershoop. Moenie weer omkyk nie. (’n Mens kan nogal wonder watter verskrikking sal jou tref as jy wel omkyk. Sal jy in ’n hoesende soutpilaar verander, amper soos met Lot se vrou gebeur het?)

Krampe: Sit jou regterskoen voor die linkerskoen neer, sodat die een se toon na die ander een se polvy kyk. DIe kramp sal verdwyn.

Tering: Maak ’n rooijakkalslewer droog en maak dan poeier daarvan. As die lyding erg is, neem ’n mespuntvol, drie maal per dag, anders net een maal.

Asma: Groen koring laat trek en drink.

Vir jig wat groot knoppe veroorsaak: Neem ’n halwe bottel asyn en gooi ’n sikspens (ou silwermunt gelyk aan ses pennies) se rissies daarop. Laat staan vir vier uur en smeer aan die knoppe.

Vallende siekte: Plaas 2 lepels gesaagde nieshout op ’n halfbottel brandewyn. Neem een kelkievol twee maal per dag.

Sinkkoors-sere: Neem ’n paar rosyne. Haal die pitte uit. Maak dit fyn en gooi ’n bietjie terpyn by en maak ’n pleister daarvan. Sit op seer.

Trekkings: Trek voŽlent net soos tee en drink.

Seer oor:  Maak bokgal, ’n weinig soetolie en vyf druppels bruindulsies deurmekaar en gooi in die seer oor.

Stuipe: Drink ’n paar druppels rooi laventel met wit hoendermis in. (Baie mense sal eerder die blouapiestuipe kry as hulle so iets drink en eers agterna verneem wat hulle gedrink het.)

’n Mens kan beslis wonder wat die arme pasiŽnte destyds die ergste gevind het—die siekte of die behandeling.

LET WEL: Hierdie artikel bevat slegs inligting oor die oor≠gelewerde gesondheidsrate van ons vooruers en moet hoe≠genaamd nie as voorgeskrewe mediese raad beskou word nie. Trouens, enigiemand wat enige van die rate in die artikel be≠proef, doen dit baie beslis op eie risiko.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad