地 Kort agtergrond-artikel

Blokkies en raaisels

Hoe en waar die groot blokraai-gier begin het
 

DIE gewilde groot blokraaisels wat duisende mense gereeld aan koerante en tydskrifte se pretblaaie gekluister hou, het 地 interessante geskiedenis. Eintlik het alles minder as 地 eeu gelede begin by 地 Engelsman wat sy idee op 地 vel papier begin krabbel -- en 地 koerant met sy inspirasie bendruk het.

Op 21 Desember 1913 het die Sunday New York World 地 raaisel geplaas wat "word-cross" genoem is. Die opsteller was 地 sekere Arthur Wynne van Liverpool in Engeland.

Die raaisel was 地 kitssukses en die plasing van sulke raaisels het 地 weeklikse rubriek geword. Die naam het tot "cross-word" ontwikkel, en mettertyd is die koppelteken ook weggegooi.

Gewild ofte nie, sulke raaisels is langer as 地 dekade lank slegs deur die New York World gepubliseer en deur geen ander publikasie nie. Eers in 1924 het 地 jong uitgewersaak -- Simon & Schuster -- 地 versameling van die World se raaisels in boekvorm uitgegee... en die groot gier het begin.

Die Engelse "crossword" het sy weg oor alle se en vastelande heen gevind om onder nuwe name in vermoedelik alle geskrewe tale en menige dialekte te verskyn. In Afrikaans is hy tot "blokkiesraaisel" herdoop, wat daarna altyd 地 matige gewildheid geniet het.

Maar dit was eers met 地 gewilde gesinstydskrif se plasing van die eerste groot "blokraaisels" in die laat jare sewentig -- waarin die leidrade binne-in die swart blokkies verskyn pleks van buite die rooster soos by die konvensionele blokkiesraaisels -- dat die reuse vraag na al hoe meer sulke raaisels in Suid-Afrika begin het.

Die aanstigter van die koors was die tydskrif se gewese redakteur, wat in Europa gesien het hoe pendelaars sulke raaisels op treine verslind het om die tyd te verwyl.

Vandag word die rekenaar ingespan om sekere blokraaisels binne minute of selfs sekondes te genereer. Dit geld darem net die kies van die woorde wat die oplossing vorm. Die menslike brein moet nog altyd stewig in beheer bly om leidrade vir die gekose woorde uit te dink. So nie sal baie leidrade gereeld dieselfde wees!

地 Mens sal dan ook vandag ver moet gaan soek om 地 koerant of tydskrif te vind wat nie sy gereelde blokraai het nie -- soos die woord mettertyd selfs verder afgekort is -- of ten minste dan 地 derglike blokkerige iets.

Die New York World het verdwyn, saam met ander giere van die eerste twee, drie, vier dekades van die twintigste eeu, soos om die Charleston te dans of goue vissies in te sluk. Maar Simon & Schuster publiseer steeds boeke met blokkiesraaisels en die manie duur voort tot in die 21ste eeu.

Lank lewe die blokkiesgier!

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad