Vampiere
|
||
|
IE
blindevlieg blind? Nooit gesien nie. As jy baie naby kan kyk, sal jy sy
yslike oë kan sien wat ’n groot deel van sy kop uitmaak. Blindevlieë
kan trouens baie goed sien om daardie byte te byt wat ’n mens in
byvoorbeeld vleiagtige gebiede so lelik les kan laat opsê.
Want
as die blindevlieg jou byt, loop die bloed letterlik. Die bloed word
deur die insek se lang, plat en hol bolip opgesuig. In
die boek Ons Eie Insekte deur E. Holm en W.M. de Villiers
(Tafelberg-Uitgewers) word van hierdie "vampier" onder die
insekte vertel dat dertig wyfies van een sekere soort na berekening op
een dag 100 cc bloed uit ’n perd kan suig. Blindevlieë
het twee groot vlerke waarmee hulle baie vinnig kan vlieg, na bewering
selfs vinniger as wat die vinnigste perd kan hardloop. By die groot
soorte wat tot 30 mm lank kan wees, is bereken dat byna twee liter lug
per sekonde deur die vlerke beweeg terwyl hulle vlieg! |
||
Want
die sindelikste mense—en partykeer dié wie se hoenderhokke naby die
huis is—het al soggens wakker geword en ’n paar sulke kalante in die
bed gekry nadat hulle hulle in die nag doodgelê het!
Die
weeluis (die volwasse insek kan wel ’n jaar lank sonder kos bly) se
byt laat ’n klein rooierige merk op ’n mens se vel agter. Nie lank
gelede nie is nog geglo dat weeluise nie siektes versprei nie, maar
intussen is vasgestel dat hulle wel ’n soort geelsug kan oordra. Van die wêreld se sowat 36 soorte weeluise (waarvan sommige mensebloed verkies en ander op vlermuise, voëls en selfs varke teer), is tien in Suid-Afrika bekend. |
||
Foto hierby: U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC) / PD As
lid van die luisfamilie, waarvan daar sowat 3100 bekende soorte ter wêreld
is, groei hy uit ’n eier (neet) wat deur die wyfie aan die hare van ’n
slagoffer vasgeheg is. Die uitdrukking "klou soos ’n neet"
vertel al klaar hoe moeilik dit is om luise van ’n besmette persoon af
te kry. Die
luisfamilie word onderverdeel in bytluise (wat die vere, hare, velskubbe
en gestolde bloed van hul gashere vreet) en die bloedsuiers, waarvan die
kopluis een is. Luise
is baie kieskeurig omtrent hul gashere, ken hulle veral aan hul reuk en
lig gaamstemperatuur uit, en versprei waar gashere liggaamlike kontak
het. ’n Groot interessantheid omtrent luise is dat daar meer
wyfieluise as mannetjies is, en as mannertjies skaars word, kan die
wyfies eiers lê wat uitbroei sonder dat hulle gepaar het.
|
||