Vampiere
van die insektewêreld—die bloedige feite

Wee die arme mens. Hordes insekte is agter sy bloed aan. En asof dit nie genoeg is nie, dra hulle in dié proses ook nog die dodelikste siektes aan hom oor. Op ander Mieliestronk-bladsye word bloedsuiers soos die muskiete en vlooie van naderby bekyk. Hier kom die verfoeilike blindevlieë, weeluise en kopluise  aan die beurt…
 

Foto van een van die talle soorte blindevlieë (Tabanidae sp.) met vriendelike vergunning aan Mieliestronk deur Camerar van Yahoo se Flickr-werf
  
Foto van een van die talle soorte blindevlieë (Tabanidae sp.) met vriendelike vergunning aan Mieliestronk deur Camerar van Yahoo se Flickr-werf, ’n groot webtuiste vir die deel van foto’s. As jy internet-koppeling het, is Camerar se mooi foto’s van insekte  te sien by: www.flickr.com/photos/camerar/

D

IE blindevlieg blind? Nooit gesien nie. As jy baie naby kan kyk, sal jy sy yslike oë kan sien wat ’n groot deel van sy kop uitmaak. Blindevlieë kan trouens baie goed sien om daardie byte te byt wat ’n mens in byvoorbeeld vleiagtige gebiede so lelik les kan laat opsê.

BlindevliegSoos by muskiete is dit ook net die wyfies wat bloed suig, terwyl die mannetjies doodtevrede met ’n vegetariese nektar-dieet is. Anders as muskiete boor hulle egter nie so heel sagkens in jou vel dat jy dit eers agterna voel nie, maar word ’n gaatjie soos met ’n skêr deur die kragtige kake daarin geknip.

Want as die blindevlieg jou byt, loop die bloed letterlik. Die bloed word deur die insek se lang, plat en hol bolip opgesuig.

In die boek Ons Eie Insekte deur E. Holm en W.M. de Villiers (Tafelberg-Uitgewers) word van hierdie "vampier" onder die insekte vertel dat dertig wyfies van een sekere soort na berekening op een dag 100 cc bloed uit ’n perd kan suig.

Blindevlieë het twee groot vlerke waarmee hulle baie vinnig kan vlieg, na bewering selfs vinniger as wat die vinnigste perd kan hardloop. By die groot soorte wat tot 30 mm lank kan wees, is bereken dat byna twee liter lug per sekonde deur die vlerke beweeg terwyl hulle vlieg!

P

WeeluiseARTY mense noem horn ’n weeluis en ander ’n wandsluis, maar die Engelse “bed bug” is miskien die beskrywendste benaming vir hierdie bloedsuier wat bedags in donker skeurtjies en sulke plekkies wegkruip en net snags uitkom—pure Dracula.

Want die sindelikste mense—en partykeer dié wie se hoenderhokke naby die huis is—het al soggens wakker geword en ’n paar sulke kalante in die bed gekry nadat hulle hulle in die nag doodgelê het!

WeeluisDie weeluis (orde Hemiptera) is nie ’n ware luis (orde Phthiraptera) nie, want hy leef nie soos laasgenoemde pal op sy gashere nie, maar kuier net snags ’n rukkie by die een of ander warmbloedige skepsel vir sy sopie. Eintlik is hy bloot ’n plat, vlerklose stinkbesie, en soos ander stinkbesies het hy stinkkliere aan die onderkant van die bors wat ’n olierige, onwelriekende stof afskei.

Die weeluis (die volwasse insek kan wel ’n jaar lank sonder kos bly) se byt laat ’n klein rooierige merk op ’n mens se vel agter. Nie lank gelede nie is nog geglo dat weeluise nie siektes versprei nie, maar intussen is vasgestel dat hulle wel ’n soort geelsug kan oordra.

Van die wêreld se sowat 36 soorte weeluise (waarvan sommige mensebloed verkies en ander op vlermuise, voëls en selfs varke teer), is tien in Suid-Afrika bekend.

D

Kopluis (wyfie)AARDIE kopluise wat so nou en dan nog kop uitsteek in party skole—tot groot ontsteltenis van al die grootmense—was vroeër baie meer algemeen as vandag.

Foto hierby: U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC) / PD

As lid van die luisfamilie, waarvan daar sowat 3100 bekende soorte ter wêreld is, groei hy uit ’n eier (neet) wat deur die wyfie aan die hare van ’n slagoffer vasgeheg is. Die uitdrukking "klou soos ’n neet" vertel al klaar hoe moeilik dit is om luise van ’n besmette persoon af te kry.

Die luisfamilie word onderverdeel in bytluise (wat die vere, hare, velskubbe en gestolde bloed van hul gashere vreet) en die bloedsuiers, waarvan die kopluis een is.

Luise is baie kieskeurig omtrent hul gashere, ken hulle veral aan hul reuk en lig gaamstemperatuur uit, en versprei waar gashere liggaamlike kontak het. ’n Groot interessantheid omtrent luise is dat daar meer wyfieluise as mannetjies is, en as mannertjies skaars word, kan die wyfies eiers lê wat uitbroei sonder dat hulle gepaar het.
 

Lewensiklus van die kopluis
Pediculus humanus capitis
 
DIE kopluis (Pediculus humanus capitis) is ’n insek van die orde Anoplura en is ’n ektoparasiet waarvan die mens die enigste gasheer is.  Die luis drink verskeie kere per dag die bloed van sy gasheer en hou naby die kopvel om sy liggaamstemperatuur te handhaaf.

Illustrasie: U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC) / PD

Kopluis — lewensiklus

DAAR is drie stadiums in die lewensiklus van die kopluis: eier, nimf en volwasse luis.
Eiers: Die eiers van kopluise word nete genoem. Hulle word nie maklik raakgesien nie en word dikwels met skilfers of druppeltjies haarsprei verwar. Nete word deur die volwasse luiswyfie gelê en word by die basis van die haarskag die naaste aan die kopvel vasgeheg  . Hulle is 0,8 mm by 0,3 mm, ovaalvormig en gewoonlik geel tot wit. Dit neem nete sowat ’n week om uit te broei (dit wissel tussen ses tot nege dae).  Lewensvatbare eiers is gewoonlik binne 6 mm van die kopvel.
Nimfe: Wanneer die eier uitbroei, kom ’n nimf tevoorskyn  . Die dop van die neet verkleur nou tot ’n meer sigbare dowwe geel en bly aan die haarskag geheg. Die nimf lyk soos ’n volwasse kopluis, maar is omtrent so groot soos ’n speld se kop. Nimfe is volgroeid ná drie vervellings  ( ,  ) en raak volwasse ongeveer sewe dae nadat hulle uit die eiers gekom het.
Volwasse luise: Die volwasse luis is nagenoeg so groot soos ’n sesamsaad, het ses pote (elk met kloue) en is bruin tot gryswit  . By mense met donker hare sal die volwasse luis donkerder lyk. Die wyfies is gewoonlik groter as die mannetjies en kan tot agt nete per dag lê. Volwasse luise kan tot dertig dae op ’n mens se kop leef. Volwasse luise moet verskeie kere per dag bloed inkry om aan die lewe te bly. Sonder die gereelde bloedmaaltye sal die luis binne een of twee dae vrek nadat dit van sy gasheer geskei is.

Gesondheidswerkster ondersoek iemand se kopREGS: Besmetting met kopluise is ’n baie algemene probleem en kom wêreldwyd voor—van lankal af. Hier is ’n foto uit die jare sewentig van ’n gesondheidswerkster wat êrens in Midde-Afrika besig is om iemand se kop vir luise te ondersoek. Veral deesdae is die slagoffers meestal voorskoolse kinders en leerders in die laer skool, kinders van drie tot tien jaar oud. Meisies word meer dikwels besmet as seuns, dalk omdat die meisies onder mekaar meer dikwels kop-kontak maak.

Foto: CDC (detail)

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad