Bobaas-boere... dis die blaarsnyers

Miere-tuiniere!

’n Blaarsnyermier met sy blaar

BO: ’n Blaarsnyermier met sy blaar onderweg na die swamtuin in sy nes.

Foto: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture

Blare word afgeknaag, vlytig nes toe gedra en dan flenters gekerf om kompos te maak—in die donker dieptes onder die grond waar die miere ewe behendig hul eie sampioene kweek om te vreet...

 

’N 

R

 
Y miere wat op die grond verbyskarrel, is niks vreemds nie. Maar as elke mier in die woelige optog ’n grasgroen “sambreel“ oor sy kop hou, sal jy darem seker dié stukkie aardigheid goed van naby wil bekyk. Dis hoe die blaarsnyer- of parasolmiere van die VSA en Sentraal- en Suid-Amerika te werk gaan.

 

Maar hoekom doen hulle dit? Waarheen is hulle op pad met die stukkies plante wat hulle so fluks ęrens geoes het? En gaan hulle dit later vreet? Tog nie. Die eenvoudige rede is dat hulle die blaarsnysels nie sal kan verteer nie. Blaarsnyermiere (genera Atta and Acromyrmex, met saam nagenoeg dertig spesies) beskik naamlik glad nie oor die ensieme wat nodig is om sellulose—die stof wat in die selwande van plante gevind word—af te breek nie.

 

Blaarsnyermiere loop oor ’n tou met hul groen vrag

 
BO: ’n Aantal blaarsnyermiere loop oor ’n tou met hul groen vrag.

Foto bo in Maart 2008 geneem deur Adrian Pingstone, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)

Hele optog van miere met hul blareREGS: ’n Hele optog van miere met hul blare.

 
Foto regs:  Free Jungle Pictures

 

Maar die miere het wel ’n ander verstommende vermoë wat deeglik daarvoor vergoed dat hulle nie die blare kan vreet nie. Hierdie soort miere kweek naamlik hul eie sampioene om hulle van kos te voorsien. Diep in spesiale kamers van hul ondergrondse nes kou hulle die versamelde blare en ander plantreste fyn om ’n kompos te maak waarin ’n soort swam kan groei.

 

Die sampioentuin wat op hierdie manier ontstaan, bestaan uit ’n sponsagtige grys massa wat van so klein soos ’n vuis tot so groot soos ’n rugbybal kan wissel, afhangende van hoe oud die nes is.

 

Ondergrondse swamtuin

BO: ’n Voorstelling van ’n mier met ’n blaar langs ’n ondergrondse holte met swamme, wat deur die mier en sy makkers met blaarkompos aan die groei gehou word.

Beeld van mier en blaar gesuperponeer op ’n foto van ’n swamtuin wat deur ’n werknemer van USDA (U.S. Department of Agriculture) geneem is

Die sampioentuin word ook nie sommerso aan homself oorgelaat nie. As die stukkies blare wat na die nes gebring is, te droog is, word dit oornag buite bo-op die grondopvlak gelos om dou te absorbeer. Sou die stukkies te nat wees, word hulle bedags in die son gelaat om uit te droog.

 

Namate die miere hul gekoude blare ondergronds opberg, skep hulle kamertjies en gange om die tuin sodat die ventilasie en temperatuur beheer kan word. Boonop bemes hulle ook die tuin met hul eie afskeidings.

 

Elke soort blaarsnyermier kweek ’n spesifieke soort sampioen—en bestry die “onkruid”, dit wil sę alle ander ongewenste sampioene wat dalk daar kan opslaan. Die gepamperlangde swam beantwoord die aandag met swelsels so groot soos speldekoppe, die sogenaamde bromatia, waarmee die miere hulself voed.

 

Dit is verstommend dat die blaarsnyermiere en hul swamme heeltemal op mekaar aangewese is om te bestaan. Sonder die dienste van die sampioen sou die miere geen kos gehad het nie. En as die miere hulle nie versorg het nie, sou die swamme op hul beurt nie kon oorleef nie. Om die waarheid te sę, kom hierdie bepaalde soort sampioene nęrens elders in die natuur voor as in die neste van blaarsnyermiere nie. Só ’n proses van intieme saambestaan word simbiose genoem.

 

Blaarsnyermiere in hul swamtuin

 
BO: Blaarsnyermiere in hul swamtuin.

Krediet: Kopiereg © Dan L Perlman, 2005-2007, wat vrye gebruik vir nie-kommersiële opvoedkundige doeleindes vergun, maar die beeld mag nie gewysig of die kopiereg-inligting verwyder word nie

Soos in ander miergemeenskappe bestaan die kolonie van die blaarsnyermier uit verskillende lede. Elke lid het ’n eie soort taak wat hy moet verrig. Die meeste is werkers, wat wissel van klein kreatuurtjies van sowat 2 mm met klein koppies, tot bielies met groot koppe wat 1,2 cm lank is.

 

Werkers word volgens grootte in drie groepe ingedeel: die grootstes, die maximae; die middelmatiges, die mediae; en die kleintjies, die minimae. Die pligte van die maximae is onder meer om die nes te bou, dit te bewaak en teen indringers te verdedig. Die mediae moet op hul beurt plantmateriaal vir die sampioene versamel en dit kou. Die minimae versorg die tuin.

 

En party van hierdie kleintjies vergesel ook nog die mediae buitentoe deur op hul rűe te ry.

 

Die rede vir hierdie skynbaar rare gedrag is ’n sekere soort vlieg wat, as die kans hom voordoen, haar eiers agter op die insek se nek lę. Uit die eiers broei dan parasitiese larwes wat die mier se brein verslind. Deur op die rűe van hul groter susters te ry, kan die minimae die moordvlieë weghou.

 

Die koningin word na verhouding baie groot, selfs groter as ’n muis—maar sy is darem nie aanvanklik so ’n gesette skepsel nie.

 

Omtrent drie keer per jaar maak gevleuelde mannetjies en wyfies hul verskyning in die kolonie van die blaarsnyermiere. Op ’n mooi aand vlieg al die lede van die blaarsnyerkolonies van dieselfde spesie uit hul neste en paar in die lug—’n gebeurtenis wat as die paringsvlug bekend staan.

 

Die mannetjies vrek kort daarna. Die bevrugte wyfies, nou gereed vir die taak van koningin, gooi hul vlerke af en beweeg na ’n beskutte plek in die grond, waar hulle ’n nes sal vestig, erg swaarlywig gaan raak en vir die res van hul lang lewe eiers sal lę. Die kolonie kan dekades lank voortbestaan, maar ’n koningin se leeftyd is omtrent vyftien jaar. Daarna word sy bes moontlik deur ’n ander eierlęende koninklike majesteit opgevolg.

 

Die jong koninginne wat wegtrek, neem nie net hul instink om tuin te maak met hulle saam nie, maar ook—in spesiale sakkies diep in hul monde—klein monstertjies van die kosbare swamme van hul vorige kolonies.

 

Hierdie bietjie swamme verseker dat die nuwe geslag werkers ’n nuwe sampioentuin sal kan kweek—waardeur die besondere verhouding tot voordeel van mier sowel as sampioen voortgesit sal word.

 

Nog boeiende feite omtrent blaarsnyermiere

 

 
’n Mier maak ’n plan!
 

’N NAVORSER aan die Universiteit van Sydney in Australië het bevind dat blaasnyersmiere die verbasende vermoë het om hul blare te kerf na gelang van die breedte van die loopgang waarlangs hulle na die nes terugkeer.

 

Die navorser, Audrey Dussutour, het naamlik ’n lae plastiekdak oor die miere se pad aangebring om te sien of dit tot verkeersknope sou lei. Sy het gesorg dat die miere op geen ander manier by hul nes sou kon uitkom as om onder die dak deur te loop nie.

 

Ná die verloop van sowat ’n dag en ’n nag was die miere nie net besig om kleiner stukkies blare te kerf nie, maak ook om hulle ronder te maak, sodat die draers makliker daarmee deur die hindernis kon beweeg.

 

Dit blyk dus dat dit nie net ’n boer is wat ’n plan maak nie—selfs ’n mier is vernuftig genoeg om dit te kan dit doen!
 

•    ’n Groot nes vol blaarsnyermiere kan glo meer as agt miljoen enkelinge huisves.

•   Weens hul blaarkerf-gewoontes is hulle een van die ekonomies skadelikste plaaginsekte in Sentraal- en Suid-Amerika.

•   Blaarsnyermiere skei in hul spoor ’n chemiese stof af sodat hulle altyd weer hul pad terug na die nes kan vind, al dwaal hulle ook etlike honderde meters weg op soek na die regte soort blare.

•   Hierdie miere is in staat om meer as vyftig keer hul eie liggaamsgewig te karwei.

•   Die blaarsnyermiere se koningin kan elke dag tot 30 000 eiers lę.

•   ’n Nes van blaarsnyermiere kan selfs so groot as ’n klein motor wees.

 

 

Ander interessante soorte miere

  

•   OESMIERE, wat die hele Afrika deur voorkom, versamel graankorrels en berg dit ondergronds op.

•   BAKKERMIERE. Sommige van die miersoorte wat graankorrels versamel, maal dit tussen hul kake fyn, maak die “meel’’ met speeksel klam, en knie dan die “deeg’’ tot klein “brode’’.

•   VEEBOERE. Daar is baie miersoorte wat ons met reg veeboere kan noem, want hulle hou plantluise aan wat hulle dan “melk’’—net soos boere met hul koeie maak.

•   HEUNINGPOT-MIERE of HEUNINGMIERE. Party van die werkers van sekere miersoorte hang tuis aan die dak van een van die nes se kamers, waar hulle deur ander werkers so vol nektar van blomme geprop word dat hul lywe soos ballonne opswel. Hulle is eintlik lewende “skure’’, waarin kos opgegaar word vir tye wanneer dit skaars kan raak.

 

Tot bastens toe vol van die nektar

BO: Tot barstens toe vol van die nektar— Myrmecocystus-miere of sogenaamde heuningpot-miere, wat die soetigheid opgaar vir die spreekwoordelike “maer jare’’.

 

 Foto deur Greg Hume geneem by die Cincinnati-dieretuin. Hy het ’n groter weergawe op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web geplaas en dit gelisensieer ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. Kortom, vrye gebruik en modikasie word vergun mits Greg Hume se eienaarskap te alle tye behoorlik erken word.

 
’n Mier soos waargeneem deur ’n skandeer-elektronmikroskoop

BO: Die monsteragtige kop van ’n mier soos waargeneem deur ’n skandeer-elektronmikroskoop.
 
Foto: ORNL / U.S. Departent of Energy (digitaal verkleur)
 

 BONUS-ARTIKEL  

Wat “weet” dié piepklein skepseltjies werklik?

Miere-maniere
—kyk wie praat!


Die karaktertjies in animasieprente soos die gewilde Antz is suiwer fantasie. Maar betreklik onlangse navorsing dui daarop dat regte miere nie slegs beter werkers as mense is nie; hulle is selfs in staat om ewe bedrewe met mekaar te “gesels”...

Voorstelling van pratende miereDIE manier waarop miere in animasierolprente soos Antz uitgebeeld word, kan vir ’n bioloog nogal vreemd lyk. Die ware samelewing van die miere bestaan, heeltemal anders as in sulke flieks, feitlik heeltemal uit wyfies, met slegs ’n paar mannetjies wat chronies leeglę.

Tog is die films se bewering dat miere ’n sekere bewustheid toon, glad nie so verspot nie. In verskeie laboratoriums regoor die węreld word miere se persepsies ondersoek, veral hul vermoë om rigting te hou deur terreinvorms te memoriseer. Nou dui navorsing daarop dat party miere gereeld ingewikkelde inligting aan mekaar oordra.

Enigiets wat lyk na ’n soort bewussyn by miere, moet op ’n piepklein neuro-anatomie berus. Daar is 50 000 miljoen neurone (senuselle) in die mens se harsingskors; die ooreenstemmende deel van ’n mier se breintjie bevat slegs 250 000 neurone. Maar die Amerikaanse geleerde Edward Osborne Wilson, miskien die węreld se beroemdste mierkenner, herinner ons daaraan dat ’n kolonie van 40 000 in werklikheid ’n “super-organisme’’ is, met altesaam 10 000 miljoen neurone wat sy koördinasies beheer.

REGS: Die groot bioloog dr. Edward O. Wilson (gebore 1929). Saam met Bert Hölldobler het hy ’n stelselmatige studie van miere en hul maniere gedoen, wat in 1990 uitgeloop het op hul ensiklopediese werk The Ants.

Foto: U.S. NPS

Suid-Afrika se eie Eugčne Marais het dié gedagte van ’n super-organisme reeds dekades gelede uiteengesit in sy bekende Die Siel van die Mier (wat aanvanklik as ’n vervolgreeks in die ou Huisgenoot verskyn het). Marais het weliswaar nie ’n miernes nie, maar die termietnes as ’n selfstandige organisme beskou. Sommige van die termiete vorm die mond en die spysverteringstelsel, ander vervul die rol van wapens soos kloue of horings, en nog ander is die voortplantingsorgane, het hy geskryf.

Waarop dit volgens Edward Wilson neerkom, is dat dit moontlik is om die werkinge van ’n hele kolonie van sulke klein diertjies te vergelyk met die neurochemiese koördinasies van weefsels en organe van ’n enkele werweldier. Miere gebruik chemiese seine om vinnig groot getalle enkelinge vir sekere take op te roep, om papies te vervoer, kos op te berg of aanvallers af te weer.

Die Amerikaanse bioloog wyle Lewis Thomas het op ’n keer geskryf: “Miere is so baie soos mense dat dit eintlik ’n verleentheid is. Hulle boer met swamme, teel plantluise as vee, stuur leërs uit om te veg, gebruik chemiese spuite om vyande te verskrik en te verwar, neem slawe gevange, maak gebruik van kinderarbeid, ruil onophoudelik inligting uit. Hulle doen alles buiten om televisie te kyk.”

LINKS: Lewis Thomas (1913-1993).

Daar is een ding wat ’n mens omtrent miere moet onthou. In die meeste miersamelewings is daar nie so iets soos kulturele oordrag nie. Feitlik alles moet in hul gene geënkodeer word. Elke kolonie begin opnuut uit eiers wat deur ’n enkele bevrugte koningin gelę word. Alles wat dus deur die vorige geslag geleer is, is verlore. Die gedragspatrone, gewoontes en behendighede wat aaneenskakel om die nuwe kolonie te vorm en in stand te hou, moet biologies oorgeërf word.

By mense geld die teenoorgestelde. Daar is slegs basiese geneigdhede in die gene van ’n pasgebore baba. Die res moet in die eerste twee dekades van die lewe ontwikkel word. As die skakel van kulturele oordrag om watter rede ook al verbreek sou word, sou ons mense ons in ’n oogwink in ’n tydvak bevind waar daar nie eens so iets soos landbou, die maak van gereedskap en die vermoë om vuur te maak bestaan nie. Al ons kunste en kundighede en tale sal weg wees.

Maar die meeste mierspesies kan met hul ingewikkelde tuinbou, veeteelt, weefwerk, siviele ingenieurswerk en kossoekery voortgaan asof niks gebeur het nie. Vir miere is daar ’n kulture afbreking by elke geslag. Miere is baie, baie lank reeds boere. Hulle kan nie die sellulose in blare verteer nie—iets wat swamme wel kan doen. Party mierspesies versamel dus blare waarop hulle eetbare swamme in hul neste kweek. Die metodes van verbouing het uiters ingewikkeld geword. Boer-miere sal antibiotika afskei om ander swamme te beheer wat soos “onkruid” opskiet en dan die afval versprei om hul gesaaides te bemes.

Om boodskappe onder mekaar te versprei, bondel miere soms etlike minute lank saam. Wat “weet’’ hulle werklik? Navorsing deur prof. Zhanna Reznikova, wat miere met kleure gemerk het om hul bewegings te bestudeer, dui daarop dat hulle wel spanne met blywende lede kan vorm. In haar laboratorium het prof. Reznikova met besonder vlugge vingers ’n demonstrasie gegee van hoe sy haar miere met kleure merk.

LINKS: Prof. Zhanna Reznikova, hoof van departement van vergelykende sielkunde aan die Novosibirsk-Staatsuniversiteit, een van die beroemdste universiteite in Rusland.

Krediet: swart-wit detail van groot kleurfoto by http://reznikova.net/

Vaardig pluk sy ’n mier uit die groot oop bak waarin een van die neste is wat sy vir haar proewe gebruik. Die binnewande van die bak is met petroleumjellie gesmeer sodat die miere nie daar kan uitkom nie. Gedurende die vinnige maar uitvoerige operasie lę die skepseltjie uitgestrek en heeltemal stil op die professor se vinger, met net die punte van sy voorpootjies gestut op haar duim.

Hoekom lę hy so stil? “Ek weet nie,’’ antwoord sy, terwyl sy met liefde en trots stralend bo-oor haar bril kyk. “Weet jy, selfs as hulle nie verfmerke het nie, dink ek ek kan hulle nog aan hul gesigte uitken.’’

Daar is die onsinnige gedagte dat ’n klein skepseltjie ’n soogdiertjie moet wees om soveel empatie te ontlok. ’n Essay deur Edward Wilson, getiteld In die Geselskap van Miere, loënstraf dit: “Die vraag oor miere wat die meeste aan my gestel word, is: ‘Wat doen ek met dié in my kombuis?’ En my antwoord is altyd dieselfde: ‘Kyk waar jy trap.’ Wees versigtig met die klein lewentjies. Voer hulle krummels of koffiekoek. Hulle hou ook van stukkies tuna en slagroom.’’
 


Gaan na die mier. luiaard...

Gaan na die mier, luiaard...

REGS: “Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.” Só staan dit in Spreuke 6:6 in die Bybel (1983-vertaling). Hoeveel geheimenisse ons nog van hierdie arbeidsame klein insek gaan agterkom, is natuurlik ’n goeie vraag, maar wat insektekenners reeds kon uitvind, is al verstommend genoeg.

Foto: Free Photo Stock / Cepolina

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad