Biome van die aarde:
 Inleiding

Uit oerwoud en dorsland


     
Stomende oerwoude, wuiwende grasvelde, dor woestyne wat bly smag na 地 lekseltjie ren... die aarde is bedeel met die uiteenlopendste gebiede, so verskillend van mekaar dat dit 地 besoeker uit die buiteruimte totaal sou verwar. In hierdie reeks neem die Wonder-ensiklopedie jou op 地 besondere ontdekkingstog deur ons biome, met al hul eiesoortige eienskappe en unieke lewensvorms. In ons eerste artikel kyk ons oorkoepelend na die lewe rondom die aarde en in die volgende artikels word van die verskillende biome een vir een besoek...

Foto van 地 renwoud: Earthobservatory / NASA; foto van 地 dorsland: NASA
  



   
BO: 地 Kaart van die aarde se biome. Let wel dat sulke kaarte kan verskil, omdat verskillende natuurkundiges die indelings verskillend doen. Basies kom hulle tog taamlik ooreen.


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike W靡eld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
   

NS WONDERLIKE WハRELD is feitlik oral bedeel met lewe. Maar die plante en diere in die ysige poolstreke verskil hemelsbreed van di by die stomende ewenaar. Dis die temperatuur en beskikbaarheid van water wat bepaal w疸 w矣r kan bestaan. Hoe warmer en vogtiger dit is, binne perke, hoe rykliker is die plante- en dierelewe en hoe groter is die verskeidenheid.  

Tog is baie van die lewensvorms rondom die w靡eld uitmuntend toegerus vir die moeilikste omstandighede遥sbere van die Noordelike Yssee het byvoorbeeld ekstra vetlae om die koue te kan verduur.

Namate 地 mens suid- of noordwaarts van die ewenaar af wegbeweeg, daal die hittegraad geleidelik, omdat die sonstrale verswak word deurdat hulle deur meer van die atmosfeer moet dring. By die ewenaar is die temperatuur elke dag sowat 25 tot 30 grade C. Naby die Suidpool, weer, kan die kwik in die hartjie van die somer tot bokant die vriespunt styg, maar die gemiddelde temperatuur is -50 grade傭aie kouer as jou yskas.

Hierdie temperatuur-"stroke" rondom die aarde sorg vir verskillende soorte plante en diere na gelang van die besondere toestande. Dit word biome genoem. Omdat seestrome en winde die temperatuur benvloed, en omdat die renval verskil, is die stroke aan weerskante van die ewenaar nie identies nie.

Elke streek het sy eie klimaat en besondere diere wat daarvoor toegerus is.

   Poolstreke:
Aan die eindes van die aarde is die lewegewende vars water hard bevrore. Daar is dus geen landplante nie. Selfs die oppervlak van die see raak bevries en onder die ys is piepklein drywende plankton of visse, wat kos verskaf vir 地 paar groot diere wat op of naby die water kan lewe. Dit sluit in ysbere (van die Noordelike Yssee-gebied) en pikkewyne (van Antarktika).

   Toendra:
Om die bevrore Arktika is boomlose landstreke wat toendra genoem word. Di is in die winter met ys bedek, maar gedurende die kort somer skiet mosse en blomme op, wat kos vir rendiere, lemmings en ander diere verskaf.

   Naaldwoude:
Suid van die toendra is wyd uitgestrekte gebiede van immergroen, keldraende bome wat naaldbome genoem word. Hul naaldvormige blare weerstaan die vrieswinters.

   Gematigde streke:
Di omspan 地 bre spektrum van gebiede擁n Suid-Afrika byvoorbeeld sowel die Wes-Kaap met sy Middellandse See-klimaat as die subtropiese Natalse kus. Ons weet goed hoe lyk ons eie natuurlewe. Dit verskil egter in belangrike opsigte van di in die Noordelike Halfrond, waar bome soos eike hul blare in die winter verloor (ons het natuurlik ook bladwisselende bome, maar hulle is uit die noorde hierheen gebring). Die diere in die Noordelike Halfrond is onder meer Europese dasse, vosse, eekhorings en herte謡at nogal dramaties verskil van ons springbokke, koedoes en wat nog alles.

   Grasvlaktes:
Na 電ie Hoveld, waar dit oop is, het die ou Afrikaanse digter Toon van den Heever destyds gehunker. Die Noord-Vrystaat en gewese Suid-Transvaal is 登op en dis tipiese grasveld. Uitgestrekte grasvlaktes kom voor in die w靡eld se gematigde en tropiese streke, in gebiede waar daar nie genoeg ren vir woude is nie. Dit sluit in die savannes van Afrika, die steppes van Asi, die pr靡ies van Noord-Amerika en die pampas van Suid-Amerika.

   Woestyne:
Die Namib en die Kalahari is woestyne van ons eie w靡elddeel. Daar is egter ook talle ander. Trouens, sowat 地 derde van die aarde se landoppervlak is woestyne of halfwoestyne. 地 Woestyn ontstaan wanneer meer water weens verdamping verlore gaan as die ren wat uitsak. Die plantegroei is yl, want net geharde grasse, kaktusse en doringbosse kan oorleef. Diere sluit akkedisse, woestynmuise en kamele in.

   Tropiese woude:
Die warm, vogtige gebiede naby die ewenaar妖ie tropiese woude揺et die rykste natuurlewe van al die streke. In hierdie "Tarzan"-oerwoude kan tien keer soveel plantsoorte wees, en honderd maal soveel diersoorte, as op 地 ewe groot gebied in die gematigde streek. Trouens, die tropiese woude het twee vyfdes van alle plant- en diersoorte.

   Bergw靡elde:
Groot bergw靡elde van die aarde is byvoorbeeld di van die Himalaja en Andesgebergte, hoewel daar natuurlik ook talle kleiner bergomgewings is. Berge is eintlik samevoegings van verskillende biome, wat kan begin by woude in die voetheuwels en eindig by toendra- en poolomstandighede naby en op die bergkruine.

Die natuur onder die ploeg

AS 地 mens ons planeet vandag vergelyk met hoe dit 5000 jaar gelede was, is die veranderings enorm. Uitstrekte landstreke wat eenmaal "wild" was, word nou deur boere bewerk of is deur nywerhede oorgeneem.

En oor die groot- en kleinwild wat eenmaal op die Suid-Afrikaanse grasvelde gewemel maar verdwyn het, kan die natuurliefhebber net baie treurig raak...

In 地 reuse-land soos Amerika is die gevolge van die "beskawing" soveel opmerkliker. Weg is die buffeltroppe op die ontsaglike pr靡ies, en in die plek van die wilde grasse staan enorme lappieskomberse van landerye besaai met koring en ander gewasse.

Ook gematigde sone se woude, wat vroer groot dele van Europa bedek het, is afgekap vir hout om skepe en huise te bou en meubels te maak. Boere het oorgeneem met landerye waarop rys, gort, beet, aartappels en ander kosplante gekweek word.

Die tropiese woude, die natuur se rykste spense, word eweneens in 地 ontstellende tempo afgekap vir timmerhout, nywerhede soos papierfabrieke, en om vir landerye en fabrieke plek te maak.

Selfs die poolstreke spring nie die mens se oorname vry nie. Radioaktiewe afval, word vertel, het reeds in die toendra op korsmosse versamel, waarop rendiere wei wat op hul beurt deur die Eskimo痴 en Laplanders geet word. Wat die gevolge hiervan sal wees, sal ons nog moet sien.

Maar presies hoeveel biome het die aarde? Geleerdes verskil oor die getal, hoewel die meeste tussen ses en tien erken (die see word ook as 地 bioom beskou, asook die vars waters van die aarde). In hierdie reeks word sewe biome beskryf, waarna ons uiteindelik ook kyk na die verskillende biome wat op ho berge kan bestaan.

As 地 mens na kaarte van hierdie natuurstreke sou kyk, kan jy verkeerdelik dink dat elkeen duidelike grense soos landsgrense het. In werklikheid gaan die een streek geleidelik in die ander een oor.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad