Biome van die aarde ó 7(b):

    Diere van die tropiese reŽnwoude  

Oerwoud ó enige
aap se droom!

Apie in sy eie paradys

BO: Daarís ín apie op ín stokkie ... in sy eie paradys ...

Foto: Lindie Botes


Die tropiese woude is die tuiste van meer as die helfte van die wÍreld se diere. Jy kan vrywel sÍ hierdie soort wÍreld is ín dier (en dus ook enige aap) se droom!

Negeband-armadille
 
BO: Negeband-armadille (of negeband-gordeldiere) kom wydverspreid voor in die Amerikasóook in die trope, wat glo hul oorspronklike houge­bied is. Hierdie insektevreters is alleenlopers, meestal naglopers en het ín massa van sowat vyf tot tien kilogram. Hulle spring kenmerkend tot hoŽr as ín meter reguit in die lug op wanneer hulle erg skrik. Die pantser op die rug van 'n negeband-armadil (Dasypus novemcinctus) bestaan uit agt tot tien gordels, meestal nege.

Foto: B. Bagatto, Department of Biology, University of Akron / U.S. Human Genome Project
 

K

RA-A-A-A-K! Krits-krits-krits! Ie-e-e-e-k! Hoog in die takke slinger ín neusaap met die neus in die lug. Heel bo in die blaredak krys ín kolonie papegaaie. Op die woudvloer vroetel ín armadil (gordeldier) gulsig in die grond. Hy soek na sy stapelkos: miere, wurms, termiete en ander goggas.

Die groot gesnater, geskater en gesketter is nimmereindigend.

Ook nie verbasend nieódie tropiese woude is die tuiste van meer as die helfte van die wÍreld se diere. Jy kan vrywel sÍ hierdie soort wÍreld is ín dier se droom!  

Vir eers is daar baie skuilplekke omdat die woud van bo na onder uit verskillende lae bestaan, soos in die vorige aflewering beskryf is; daarby beteken die afwesigheid van seisoene dat daar altyd ín paar bome of struike is wat vrugte, blomme of blare as kos aan te bied het; en die egalige klimaat verg min aanpassings van die vergenoegde diere.

Benewens in die bome se lae bied tropiese woude ook nog ander habitatte vir diere, soos diť by riviere.

Daar is werklik ín magdom eksotiese toevlugte. Die gekrulde blare van epifitiese plante vang byvoorbeeld water op, wat klein dammetjies vorm waarin amfibiese diertjies en waterinsekte kan lewe. Die vermolmde hout van omgevalle bome is weer die tuiste van talle ongewerweldes.

Kenners reken dat tot 85 persent van die wÍreld se inseksoorte in die trope woon. En omdat die klimaat so gunstig is, is ongewerwelde diere hier veel groter as hul neefs in ander natuurstreke.

Baie skoenlappers, naaldekokers, spinnekoppe, duisendpote, slakke en erdwurms is enorm.

VlindersREGS: Wonderlike veelkleurige vlinders... Diť op ons foto is nie noodwendig reŽnwoudsoorte nie, maar dien as illustrasie van die hordes insekte wat in sulke woude wemel.

Foto: USGS
  



 

Stokinsek met vlerke LINKS: Ons dink aan stokinsekte as vlerklose goggas, maar Michael Whiting en Taylor Maxwell, geleerdes aan die Brigham Young-universiteit in Provo, Utah, het in ín tyd gelede die biologiese wÍreld verstom met ín vonds van gevleuelde stokinsekte. Die stokinsekte met vlerke kom voor in Papoea-Nieu-Guinee, ín land met welige reŽnwoude.

Foto: Allison Whiting / Insect Molecular Genomics Lab, Brigham Young University / Vergunning U.S. National Science Foundation

Die meeste van die wÍreld se reuse soorte paddas, platannas, akkedisse en slange, insluitende die grootste slang, die anakonda, is ook tropebewoners.

SELFS hier, in soveel oorvloed, is sekere spesiale toerustings tog ook nodig vir oorlewing.

Hoewel kos volop is, groei dit baiemaal so hoog in die bome dat nie-vlieŽnde diere dit nie kan bykom nie. Daarby het elke plantsoort sy eie produksieritme en word hy dikwels omring deur onverwante spesies wat nie noodwending dieselfde tyd vrugte dra nie. Plantkos is dus wydversprei.

Plantvreters se liggaamsgrootte en -vorm moet daarom sů wees dat hulle vry deur die bome kan beweeg, en hulle doen dit op verskillende maniere. Party spring van tak tot tak en klou aan die takke en stamme vas. Hulle kan selfs grypsterte en suigkussings hÍ om hulle te help vashou.

Duime en groottone buig in ander rigtings as die ander vingers en tone sodat diť diere hul hande en voete om takke kan vou.

Sommige diere kan selfs "vlieg". Darem nie rÍrig soos voŽls nie, maar hulle het sweef-membrane sodat hulle van boom tot boom kan duik om kos te soek of roofvyande te ontduik.

"VlieŽnde" soogdiere sluit die swewende Australiese buidelrot, die vlieŽnde akkedisse en kolugoís van Suidoos-AsiŽ en die vlieŽnde eekhorings van Afrika in. Die enigste soogdier wat werklik kan vlieg, is die vlermuisóen hulle is volop in tropiese woude.

Grootte is van groot belang in die oerwoud. Hoewel ongewerweldes en akkedisse groter as dieselfde diere in ander sones is, is groter landdiere soos seekoeie, antelope en buffels weer kleiner.

Dis gewoonlik te wyte aan die gebrek aan gras, maar om kleiner te wees, is belangrik aangesien ín groter liggaam beweging deur die woud sal bemoeilik, veral as die dier groot horings het.

Die meeste hoefdiere van die reŽnwoude het ín spits gesig wat hulle help om deur die ruigte te beweeg. En die slange in die bome is dunner as diť wat op die grond voorkom.

Die kleurryke vrugtevretende toekan het weer ín enorme snawel om in die digte gebladerte te steek en vrugte te pik van dun takke wat onder sy gewig sal breek.

Kolibriís, sekere motte, suikerbekkies en langneus-vlermuise kan in die lug voor blomme bly hang deur hul vlerke blitsvinnig vorentoe en agtertoe te beweeg.

Diere wat in bome woon, moet goeie sig hÍ. HoŽr aapsoorte se oŽ sit voor aan hul gesigte sodat hulle binokulÍre sig het en presies die afstand tussen bome en takke kan meet.

LangneusaapREGS: Benewens ín groot aantal bekende soorte, word die eienaardigste diere in die oerwoude aangetref, soos hierdie langneusaap (Nasalis larvatus) van Broenei, IndonesiŽ en MaleisiŽ.

Foto: © J. Jern & Susan Clark / CITES Photo Gallery
http://www.cites.org/gallery  

Selfs boomslange en -reptiele het smal snoete wat beteken dat hul gesigsvelde oormekaarskuif en hulle dus ook binokulÍre sig het.

Op die woudvloer is sig minder belangrik, aangesien boomstompe en plante dit belemmer. Gehoor is hier nuttiger en die gronddiere het dikwels groot ore.

Verskillende diere het verskillende sosiale gedragspatrone om hulle te help om kos te vind. Sommige is nomadies en beweeg vrylik van een vrugtedraende boom na ín ander. Ander lewe weer in gesete gemeenskappe wat so klein is dat die kosvoorraad nooit bedreig word nie.  

LuidierLINKS: Ewe vreemd as die neusaap is die luidiere van die tropiese woude van Suid- en Sentraal-Amerika. Die paaiboelie op hierdie foto is natuurlik buite sy gewone lewensruimóin die bome waar hy taks onderstebo hang (sodat die reŽnwater kan afdrup).
     
  
 Foto met verguning van http://www. freejunglepictures. com 

DIE tropiese oerwoude is van wesenlike belang vir die natuurlike ewewig op ons planeet. Maar, selfs terwyl jy hierdie artikel lees, word groot dele van die oerwoude platgestoot en vir kommersiŽle gebruik skoongemaak. Diere word geskiet, verbrand, uitgehonger.

In elke natuurstreek van die wÍreld het die mens se gierigheid of swak bestuur op die een of ander manier gesorg dat sekere diere en plante vir ewig verdwyn het. Kenners meen dat een derde van alle lewende wesens op ons planeet teen die jaar 2050 nie meer sal bestaan nie.

Dis ín tragiese verwyt teen die manier waarop die mens oor die aarde heers. Miskien moet ons weer ín keer ag slaan op die woorde van die beroemde Duitse sendeling-dokter Albert Schweitzer (1875-1965):

"Totdat die mens die kring van sy deernis verbreed om alle lewende dinge in te sluit, sal hy self geen vrede vind nie."

 

 
Orang-oetang

FOTO BO: Hierdie jong paaiboelie lyk darem ín mooi aap om hom te verbeel hyís ín mens! Maar in Maleis beteken sy naam sowaar ďman van die bosíí. Tog kan geen mens die orang-oetang dit nadoen as hy aan sy tone en gekromde vingers deur die boomtoppe beweeg nie. En hoewel hy nie die flinkste rinkinker in die familie van die ape is nie, is hy soos enige trope-dier volmaak toegerus vir sy lewe in die oewoud. (Orang-oetangs is van die oerwoude van Borneo en Sumatra.)

Foto deur U.S. National Oceanic & Atmospheric Adminstration (NOAA) (foto ietwat gewysig)

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad