Biome van die aarde ó 7(a):
   
 Tropiese reŽnwoude

In die ewige somer...

Waterstroom in ín see van groen plante

Die tropiese reŽnwoude... immer nat, immer heet, immergroen. Juis vanweŽ die ewige klamheid en hitte is hier ín weelde van plantegroei soos ín mens dit nÍrens elders op aarde sal kry nie...

Foto: U.S. National Park Service


O

ERWOUD... as jy die woord hoor, dink jy mos dadelik aan ín stomende, stikkende somberte. Aan verstrengelde ruigtes en ondeurdringbare bos met nagmerrieplante en wreedaardige diere. En... wag... is dit nie Tarzan wat daar aan ín bobbejaantou bengel en gil nie?

Ja-nee, laat ín mens dit maar erken: die oerwoud is kennelik ín meedoŽnlose, mededingende wÍreld waar plante insekte vreet en ander plante doodwurg.

Tropiese reŽnwoudFoto: EarthObservatory / NASA

Maar die oerwoud van die storieboeke is ook baie ver van die waarheid af. Dis eintlik geen chaotiese plek nie, maar ín wÍreld van orde. Dis verbasend maklik om daardeur te loop, en meer as die helfte van ons planeet se plante- en dierelewe word daar aangetref.

Uit die ruimte gesien, vorm die reŽnwoude ín groen see om die middel van die aarde in vier geografiese hoofstreke: Suid- en Sentraal-Amerika, Afrika en Madagaskar, Indo-MaleisiŽ en AustralasiŽ.

Hierdie woude tel onder die natste plekke op aarde. Daar is geen seisoene in tropiese reŽnwoude nie. Regdeur die jaar bly die temperatuur en die vogtigheidsvlakke dieselfde. Sů ín klimaat word ekwatoriaal genoem.

Mense aard bitter sleg in hierdie klam, naargeestige plekke. Die menslike nedersettings is skaars en gewoonlik primitief, en besoekers wil dikwels versmag van die hitte en humiditeit (lugvogtigheid).

Die Amasone-reŽnwoud REGS: Die Amasone-reŽnwoud.

Foto se kopiereg opgehef deur sy skepper, Bruno Camelier (released into the public domain by its author Bruno Camelier)

Maar die plante floreer! Omdat dit altyd warm en nat is, is die groeiseisoen feitlik eindeloos en die tropiese woude bevat onteenseglik die rykste plantegemeenskap op aarde.

ín Rit per helikopter oor ín tropiese reŽnwoud openbaar ín ineengestrengelde massa groenigheid, deurkruis met rankplante, met hier en daar eilandjies van vrolik gekleurde blomme.

TROPIESE reŽnwoude kan gewoonlik in vyf afsonderlike lae verdeel word. Die boonste laag bestaan uit die reuse bome van die woud. Dis geen deurlopende laag nie, maar bevat verspreide bome wat bokant die res van die woud uittroon.

Hierdie laag is blootgestel aan die volle krag van die son, wind en reŽn. Die bome is kenmerkend slank en vertak eers ver boontoe in hul kruine.

Onder diť laag is die jong reuse wat hul beurt afwag om bo die ander uit te styg en die oerwoud te regeer.

Die digte tweede laag vorm die "see van groen" en is ín vermenging van die jong reuse en verskeie vrugtebome, asook talle klimop- en kleefplante. Die boomkruine raak verstrengel om ín dik plafon oor die woud te vorm wat die meeste lig van die onderste lae wegkeer.

Die derde laag is diť wat jy sou sien as jy opkyk terwyl jy deur die woud loop. Die bome hier het lang, dun kruine, wat sů toegerus is dat hulle die min lig ten beste kan benut.

Die struiklaag is ín yl versameling van dwergboompies, palms en hout- en kruidagtige struike.

Die kruielaag word gekenmerk deur kleiner plantjies soos kruie, varings en jong lote. Slegs sowat een persent lig wat op ín reŽnwoud val, dring tot diť vlak deur en min plante kan hier oorleef.

HOEWEL die digte plantegroei van tropiese reŽnwoude ín mens kan laat dink dat die grond vrugbaar is, is die teenoorgestelde waar. Die swaar reŽnval veroorsaak dat minerale uitwas en die vrugbaarheid afneem.

Daarby ontbind dooie plantmateriaal so vinnig in diť vogtige omgewing dat daar feitlik geen humus is nie.

Die verskeidenheid van tropiese plante is verstommendóminstens
100 000. Maar die verskillende soorte toon opmerklik eenderse kenmerke en sů kan hulle saamwoon in ín plek waar die wedloop om ruimte en lig bepaal of hulle kan oorleef.

Baie bome se wortels is bo aan die kante verdik om enorme stutwortels te vorm wat vastigheid verskaf. Steltwortels kom veral op kleiner bome voor. Dit groei uit die hoofstam en vorm ín sierlike boog tot in die grond.

Blare neig om leeragtig te wees en bevat ín dik nerf wat uitwaseming in die hitte keer. Die meeste word dunner na die punte om ín "druppunt" te vorm sodat reŽnwater makliker kan afloop.

Die plantegroei in reŽnwoude is nie oral ewe dig nieLINKS: Die plantegroei in reŽnwoude is nie oral ewe dig nie.

Foto: S.R.Brantley / USGS

Nog ín kenmerk van boomblare is litte op die blaarstam sodat die blare hul posisie volgens die lig kan verander.

ín Hele paar laer geleŽ bome lewer blomme direk uit die bas van die takke of stam. Dit maak die blomme maklik bereikbaar vir bestuiwers.

ín Magdom van plante, bekend as afhanklikes, groei oor en om die takke van gasheer-bome en -rankplante. Hierdie plante het baie vernuftige maniere om lig, water en voedsel te soek terwyl hulle die mins moontlike energie verbruik.

Epifiete is plante wat op ander plante groei sonder om parasities te wees. Hulle sluit orgideŽ en bekerplante in. Pleks van hul voedingstowwe uit die grond te haal, het hulle wortels wat afhang en lug en vog uit die atmosfeer onttrek of uit watter verrottende plante- of dierereste ook al byderhand is.

Baie epifiete het meganismes om water op te berg. Die meeste leef as blaarrosette wat natuurlike houers vorm om water te kan hou. Ander, soos orgideŽ, berg water in hul vlesige stingels, blare en lugwortels.

Klimplante soos bobbejaantoue (liane), wat sterk genoeg is sodat Tarzan daaraan kan swaai, is in die aarde gewortel en wikkel hulself om bome wat hulle mettertyd boontoe neem na die sondeurdrenkte plafon. Daar hang hulle in enorme lusse tussen die boomkruine. Sekere liane het dorings of stekels.

Wurgbome ontkiem in die vurke van ander bome en stuur hul wortels grond toe. Die wortels groei geleidelik oor en weer oor die gasheer se stam en strengel saam om ín dik massa te vorm wat keer dat die gasheer se stam uitsit. NŠ sowat ín eeu wurg die gasheerboom dood.

Benewens bakterieŽ en swamme, wat vir die vinnige verrotting van omgevalle bome sorg, kom twee parasiete in die reŽnwoud voor. Wortelparasiete groei op die grond en dring deur die wortels van plante om van hul sap te leef. Half-parasiete groei op bome en verbruik slegs ín deel van die voedsel van hul gashere. Die res maak hulle self deur fotosintese.

DIE tropiese reŽnwoude is verantwoordelik vir die produksie van baie van ons planeet se suurstofvoorraad.

Maar die natuurlike plantegroei van die reŽnwoude word in ín verontrustende tempo uitgeroei. In baie gebiede word dit vervang deur voedsellanderye wat nie naastenby soveel suurstof as die oorspronklike woud kan lewer nie.

Die mens moet eet... maar in die proses is hy ook die grootste versteurder van die brose ewewig van die natuur in sy ondermaanse tuiste.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad