Biome van die aarde ó 6(b):
  
 Diere van die woestyne en halfwoestyne

Hiert, jou doring!

"Doringduiwel"REGS: Die AustraliŽrs noem hom die ďthorny devilĒ (doringduiwel)... en dis nie moeilik om te sien hoekom nie. Hierdie bisarre reptiel van ďDoer OnderĒ besit die vermoŽ om water uit klam sand te absorbeer. Deur middel van haarbuiswerking vloei die water deur gleufies in sy vel tot in sy bek. Sů is verskillende diere van baie droŽ streke op allerlei maniere toegerus om te kan oorleef. Lees nou verder oor nog woestyndiere en hul wel en wee...

Foto: Louis Barbier / Nightglow / GSFC / NASA
  




D

IE middagson verseng die goue aarde. In die Namib skarrel ín akkedis oor die skroeiende oppervlak en duik dan kop eerste tot binne-in die sand.

In die Sahara warrel-dwarrel ín sandpatrys in ín waterpoel, waar die kosbare vog in die vere vasgevang word voor die voŽl se terugtog na die kuikens.

In die Australiese woestyn hurk ín rooi kangaroe in die skaduwee van ín verweerde dorslandstruik. Sy stert is netjies onder sy lyf ingevou.

Dit kan lyk of hierdie dierlike gedragspatrone niks met mekaar gemeen het nie en tog doen al hierdie diere dieselfde dingóhulle is besig om in die harde werklikheid van die woestyn te oorleef.

Om biltongtaai te wees is natuurlik hier belangrik. En tog vertel sulke beskrywings net die helfte van die verhaal. Die ander helfte ontvou in die koel aand, die tyd wanneer die meeste woestyndiere werklik "lewe kry".

Eers as die temperature draaglik word, kruip ontelbare knaagdiertjies uit hul gate om kos te soek. Roofdiere soos uile, hiŽnas, jakkalse en slange begin met die jag.

Blaarvreters soos die gasel en pekari (ín soort soogdier van Suid- en Sentraal-Amerika) laat vat na die yl verspreide plante of grawe vogbelaaide bolle en wortels uit die songebakte grond.

ín Nagbestaan is vir die meeste woestyndiere noodsaaklik vir oorlewing, en in geen ander natuurstreek is daar tussen dag en nag so ín drastiese verandering in die diere se bedwywighede nie.

Kraag-pekariLINKS: Die kraag-pekariís (Tayassu tajacu) van Suid- en Sentraal-Amerika is tropdiere wat in familiegroepe van drie tot agttien  rondbeweeg. Al herinner hulle ín mens sterk aan die otte, is hulle nie werklik varke of wildevarke nie. Elke trop het ín bepaalde reuk, wat op muskus-afskeidings gegrond is en die grondslag vir onderlinge herkenning vorm. Hierdie soogdiere word nie dikwels bedags gesien nie en hulle verkies skaduplekke soos digte plantegroei en vlak grotte.

Foto: National Park Service /  U.S. Department of the Interior

HUL vermoŽ om te kan grawe is vir baie woestyndiere van kardinale belang. Bedags lÍ die meeste in hul ondergrondse hole totdat die skemeraand hulle buitentoe lok.

ín LÍplek sowat 40 cm onder die oppervlak is uitstekend teen hitte en koue geÔsoleer. Die temperatuur daarbinne bly betreklik konstant, selfs al is dit hoe onleefbaar buite.

Sulke hole help die diere ook om water te bespaar. Deur die ingange af te dig, word baie van die vog hersirkuleer wat normaalweg deur uitaseming verlore sou gegaan het.

Lekseltjies vog kan dalk ook deur die sade geabsorbeer word wat in die lÍplek opgegaar word en weer in die dier se liggaam beland as hy die kos vreet.

Bekende grawers van Suider-Afrika is onder meer die maanhaarjakkals en ratel van die Kalahari en woestynmuis van die Namib se duine.

REGS: Die mierystervark of ekidna van die Australiese grasvelde en woestyn. As hy bedreig word, grawe hy met sy sterk kloue in die grond in sodat net die penne sigbaar is.

Foto: Kopiereg © Ester Inbar. Die kopiereghouer vergun enigeen om die foto vir enige doel aan te wend op voorwaarde dat die kopiereghouer behoorlike erkenning kry.

Sekere woestyndiere raak bewegingloos in die uiterste hitte. Omdat slange en akkedisse koudbloedig is, moet hulle ondergronds wyk as die son dreig om hulle bokant hul gevaarvlak te verhit.

Party warmbloedige diere soos woestyneekhorings gaan in die warmste tyd ondergronds. Diť verskynsel staan bekend as somerslaap. Vir die dier is dit ín onaktiewe tyd wanneer sy liggaamswerkinge verlangsaam en veel minder energie verbruik word. Somerslaap is so na aan die dood as wat moontlik is sonder om werklik dood te gaan.

EEN van die verstommendste eienskappe van woestyndiere is hul besondere vermoŽ om water in die hande te kry en op te gaaróof selfs daarsonder klaar te kom.

Natuurlik is daar diť wat noodwendig naby permanente of tydelike watergate moet bly, al is dit dan net om die plantegroei rondom te benut. Hoefsoogdiere soos die gemsbokke is sulke diere.

Gemsbok REGS: Die gemsbok van Afrika. As drinkwater nie beskikbaar is nie, kan hy sy nodige vog uit plante kry. Sou daar egter wel water wees, drink hy na hartelus.

Foto: Gary M. Stolz / U.S. Fish & Wildlife Service (detail)

Party diere lÍ ook groot afstande af om by water te kom en drink genoeg daarvan om etlike dae te hou. Die kameel kan lank sonder water bly en dan die verlies met een lang teug inhaal. Tussenin tap hy die vettige reserwes in sy boggel, wat deur sy liggaam in water omskep word. Geen wonder hulle noem hom die skip van die woestyn nie.

Talle woestynbewoners kry al hul nodige water uit die kos wat hulle vreet. RoofvoŽls en akkedisse se prooi bied hulle genoeg vog; ander diere kry dit slegs uit sappige plante.

En dan is daar selfs diť wat byna-byna glad nie van water afhanklik is nie. Kangaroerotte en woestynmuise kry byvoorbeeld al die water wat hulle nodig het uit die droŽ sade wat hulle vreet, asook uit ín takkie hier en ín blaartjie daar.

Baie diere soos akkedissoorte en die kangaroerot se mis is horingdroog, omdat hul liggame die broodnodige water daaruit onttrek voordat dit uitgeskei word.

KangaroerotLINKS: ín Kangaroerot.

Foto: National Park Service /  U.S. Department of the Interior

Selfs verstommender is die visse en amfibieŽ wat in die woestyn woon. Die eiers van sekere vissoorte kan jare lank rustend wees en dan nŠ ín reŽnbui uitbroeióom die waterpoele met miljoene vissies te vul wat hul lewensiklus binne slegs ín paar dae voltooi en nog eiers lÍ.

In sekere woestyne is daar ín aantal paddas wat naby watergate gevind word. Baie word in hul lÍplekke beskerm deur ín slymerige bedekking wat keer dat hulle uitdor. Sodra dit reŽn, storm die paddas buitentoe om die waterplasse te geniet.

Hitte-uitstraling is ín belangrike aspek van oorlewing in die woestyn. In sekere mate is dit moontlik om te sÍ van watter natuurstreek ín dier kom deur sy ore te bestudeer.

Hoe groter die ore, hoe warmer die klimaat. Die rede vir hierdie koddigheid is dat groter ore ín groter oppervlak bied waardeur die liggaamshitte kan ontsnap.

ASOF woestyndiere nie genoeg probleme het met die hitte en die waterskaarste nie, moet hulle ook nog baie energie verspil om uit roofdiere se kloue te bly. In sů ín haaikaal wÍreld moet hulle gedurig op hul hoede wees vir arende, slange en ander vleisvreters.

Baie woestyndiere kan dan ook uiters fyn hoor vanweŽ vergrote gehoororgane wat die klanke in die byna doodstil woestyn versterk.

Ander maak staat op hul grootteóof eintlik kleinheidóom aan hul vyande te ontsnap. Hoe kleiner die diertjie des te waarskynliker dat hy onder rotse en plante of in gate sal kan wegkruip waar groot roofvyande hom nie kan bykom nie.

Lang, kragtlge agterbene stel party woestyndiere in staat om uit die pad van roofdiere te spring. Knaagdiere soos woestynmuise en kangeroerotte is bobaas-springers.

KleurkamoefIering is nog ín verdedigingsmeganisme. Feitlik alle woestynbewoners is vaal soos die sand en rotse, en dit help hulle om met hul omgewing saam te smelt.

Sů is die wÍreld se woestyne... woeste, dor en barre wÍrelde waar die winde troosteloos waai. Maar onbewoond soos die woordeboek sÍ? Moenie glo nie. Die woestyn is die tuiste van ín rykdom van besondere, spesiaal toegeruste diereóeiesoortige wonders wat in geen ander natuurstreek bestaan nie.  

Woestynskilpad

REGS: ín Woestynskilpad lyk maar soos die klippe rondom hom.

Foto: National Park Service /  U.S. Department of the Interior

Slang van die dorre streke in die suidweste van Noord-AmerikaLINKS: Die sogenaamde Rosy boa (Lichanura trivirgata) is ín slang van die dorslande van suidwestelike deel van Noord-Amerika. Die gevlekte, bruinerige rots waaroor hierdie een kronkel, help om hom minder sigbaar te maak.

Foto: Western Ecological Rearch Center / U.S. Geographical Survey

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad