Biome van die aarde ó 6(a):
 
 Woestyne en halfwoestyne

Wonderplante onder die son

HalfmensREGS: Halfmens, noem hulle hierdie soort rare plante.  Penregop staan hulle, soos ín mens, maar vasgewortel soos plante in die harde klip van die dorsland-wÍrelde van die Noord-Kaap. Lees verder oor nog sonderlike plante van die dorre streke...

Foto: © Kopiereg SA Tourism / SA Toerisme (foto ietwat gewysig)

  

 




D

IE ergste plek op aarde waar jou motor kan breek, sÍ hulle, is die gedugte Death Valley in KaliforniŽ, VSA. Die Guinness Book of Records het dit al die warmste plek ter wÍreld genoem.

Duine van Death Valley in KaliforniŽ REGS: Duine van Death Valley.

Foto: Paul Stone / US Geographical Survey

Die Atacama-woestyn in Chili hou weer die onbenydenswaardige rekord as die plek waar die langste opgetekende droogte geheers het. in 1971 is die droogte nŠ vierhonderd jaar gebreek.

Woestyne... bedags versengend, snags soms bitter koud. Bar en verdorde vlaktes sonder eens ín lekseltjie water vir die dors. Vir mense is dit haas ondenkbaar om in sulke toestande te leef.

Nietemin sal elkeen wat al ooit ín woestyn nŠ swaar reŽn oorgesteek het, kan getuig van die verstommende weelde van veldblomme wat die dorsland-bodem soos ín tapyt oordek hetóbewys van die natuur se vasberadenheid om in elke bioom te oorleef.

Woestynflora is dan ook op werklik merkwaardige maniere toegerus om te kan bestaan.

KaktusblomREGS en ONDER:
Selfs op die vaal, grimmige en spigtige kaktusse ontluik die blomme met ín kleurespel.


Foto REGS: U.S. National Park Service

Foto ONDER: U.S. Fish & Wildlife Service

DIE grootste faktor wat plantegroei in woestyne beÔnvloed, is vanselfsprekend die gebrek aan water. Afhangende van hoe hulle in droŽ tye oorleef, kan woestynplante in twee kategorieŽ ingedeel word: die droogte-ontwykers en die droogtebestande plante

Ontwykers is diť wat die tekort aan water op ín vernuftige manier te bowe kom. Hulle oorleef in ín rustende toestand in die vorm van sade, wat slegs ontkiem wanneer dit reŽn, waarna die plante vinnig groei en blom om nuwe sade te maak. Binne ín paar weke is hulle dood, maar in hul erflating skuil die seker belofte van nuwe lewe later.

Die rekordhouer onder die droogte-ontwykers is glo een van die lede van die vieruur-familie wat in Noord-Afrika voorkom. Binne net meer as een week tot tien dae nadat hy opgekom het, het die plant sy siklus voltooi.

Vinnig blommende plante word ephemera genoem en sorg vir een van die ongelooflikste skouspele in die natuur: die gedaantewisseling van die gewoonlik barre woestynlandskap tot ín blommeglorie nŠ swaar reŽn.

Droogte-ontwykers se besondere meganismes verseker hul oorlewing in feitlik alle omstandighede. Baie het sade met ín omhulsel wat slegs reageer wanneer dit genoeg gereŽn het; water moet ook in die vorm van reŽn wees, anders sal die sade nie ontkiem nie; en die plante "weet" op die een of ander manier watter seisoen dit is en sal nie groei as dit buitentyds reŽn nie.

Droogte-ontwykers is eenjarige plante en aangesien hulle slegs groei wanneer toestande gunstig is, hoef hulle nie droogtebestand te wees nie. Dus het hulle nie die fisiologiese toerustings van die tweede groep woestynplante nie: diť wat hulle teen droogte verset.

DIE droogtebestande plante is meerjarig en oorleef van een reŽntyd tot die volgende vanweŽ spesiale toerusting om water te kry en op te gaar, of die behoefte daaraan te verminder.

Baie sulke plante het ondergrondse organe vir die verkryging en berging van water, byvoorbeeld verdikte wortels, knolle, risome en bolle.

Penwortels is algemeen by woestynbome. Dit kan meer as 30 m lank wees en dring diep in die grond in om ondergrondse water te soek. Omdat penwortels nie om oppervlakwater meeding nie, groei die plante meestal naby mekaar.

Vlak maar uitgespreide wortels kom onder woestynplante soos kaktusse voor. Dit absorbeer die grootste moontlike hoeveelheid reŽnwater uit die boonste lae van die grond en die plante groei dus ver uitmekaar.

Baie woestynplante oorleef deur hul waterverlies te beperk. Sommige het klein blaartjies wat vogverlies deur transpirasie tot die minimum verminder. Party verloor hul blare wanneer daar ín kwaai droogte is.

Waterverlies word ook vertraag in blare met ín wasagtige bedekking of wat styf gerol is om winddroging te voorkom.

TolbosLINKS: ín Tolbos wat in sy verdorde toestand deur die winde rondgewaai word en sy sade in diť proses wyd en syd versprei. Sodra dit reŽn, ontkiem die verspreide sade en ontwikkel tot nuwe tolbosseówat op hul beurt weer later saam met die huilende winde sal rondomtalie.

Foto: NASA

Sommige plante bestry waterverlies deur glad geen blare te hÍ nie. Mikroskopiese openinge op die oppervlak van blare laat waterdamp ontsnap; op ín warm somerdag in die woestyn kan dit dodelik wees vir ín plant. Kaktusse en baie ander woestynbome en -struike het egter doringpenne, wat geen openinge het nie, pleks van blare. Fotosintese, wat gewoonlik in die blare plaasvind, geskied in die groen stam van die kaktus.

Op die koop toe is die penne ín vanselfsprekende afskrikmiddel vir plantvreters. Daar is groot hoefdiere wat meerjarige plante vreet in al die woestyne buiten diť van AustraliŽ, maar plante met stekels kan hulle op ín goeie afstand hou.

REGS: Die aalwyne met hul bitter sap (waarvan Suid-Afrika talle soorte het) is allereers droogtebestande plante, maar die verskillende tipes is goed toegerus vir uiters uiteenlopende omstandighede.

Foto: ARS / U.S. Department of Agriculture

ín Aantal woestynplante begin snags eers lewe. Namate die temperatuur in die nag daal, styg die relatiewe vogtigheid in die lug en doudruppels kondenseer op plante, wat dan die vog kan benut. Bedags sluit hul blaaropeninge om waterverlies te keer.

Benewens dorings het sommige woestynplante ín bytende sap in hul blare of stamme, of hulle gee ín onaangename visagtige reuk af.

Sulke verdedigingsmeganismes slaag natuurlik net gedeeltelik, anders sou geen dier in die woestyn kon oorleef nie. Dog die uitwerking is om blaarvreters tot ín happie dan en wan te beperk sodat die plant nie doodgaan nie, maar die dier nogtans kan vreet. Dis nog ín voorbeeld van die wonderlike ewewig in die natuur.

Een van die merkwaardigste verskynsels in die woestynlewe is te sien in die kreosootbos van Noord-Amerika. Plantkundiges word geboei deur die feit dat diť bosse so gelykmatig gespasieer is dat dit lyk asof mense hulle geplant hetóen dat weinig ander plante rondom hulle groei.

Navorsing het getoon dat die wortels van diť plant ín afskeiding genereer wat buurplanteówat water sal "steel"ódoodmaak. Die kreosootbos-familie word in Suid-Afrika verteenwoordig deur die bobbejaansjieling, wat wyd voorkom.

KreosootbosREGS: ín Kreosootbos.

Foto: Earth Observatory / NASA

Chemiese oorlogvoering kom ook voor in twee Amerikaanse struike: die sogenaamde brittle-bush en guayule. NŠ swaar reŽn, wanneer die woestyn blom, bly die sand onder hierdie plante kaal.

Dis nog ín voorbeeld van oorlewing in die woestyn, en ín verskynsel wat ons dikwels in die diereryk teenkom: die oues en sterkes wat die jonges en swakkes van die gras af maak. 

In hierdie geval gaan dit om die allesoorheersende stryd van die plante van die woestyn om die een kosbare stof te bekom waarsonder geen lewe moontlik is nie: water.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad