Biome van die aarde ó 5(b):

  Diere van die grasv
laktes

Grasveld-grasie

Wildebeeste

Wildebeeste. leeus, renosters, olifante en kameelperde in een wÍrelddeel... grondeekhorings en prÍriehonde in ín ander, nog eksotiese diere in ín derde... ons planeet se wye, weidse grasvlaktes bly unieke skouspele van lewe...

Foto-kompilasie; inlas van wildebeeste met enkele sebras deur VSA Vredeskorpsvrywilliger Jessica Bruck, Oktober 2002: www.peacecorps.gov. Synde ín werk deur (vrywillige) amptenaar van die Amerikaanse regering in die uitvoering van haar pligte, word aangeneem dat dit ingevolge die Amerikaanse reg in die openbare domein is.
Lower half of photo compilation surmised to be in the public domain, if not please contact dugeot@mieliestronk.com so that the matter may be rectified.
  


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Nuwe foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

L

IGTE briese karnuffel die gras. Bo sketter ín swerm vinke verby. ín Trop springbokke, duidelik sigbaar op die oop veld, vorm ín bedrieglike prentjie van salige, somertydse vrede.

Bedrieglik... want die bokke bly op hul hoede vir enige roofdier wat uit die bloute kan toeslaan.

Skielik verskyn ín luiperd dan ook asof uit die niet. Hy storm na een van die springbokke in die trop. Die groot kat blits verstommend vinnig oor die veld.

Maar die springbok, net soos die luiperd. is wonderlik daarvoor toegerus om op die savanne te oorleef. Hy spring in die lug op en skiet op sy lang bene vorentoe. Die luiperd verloor vaart... en die springbok ontsnap.

Op die uitgestrekte savanne, gewoonlik slegs bedek deur gras met kol-kol ín boom of twee, is daar min plekke om weg te kruip. Oorgelewer aan afwisselende nat en droŽ seisoene, vrek baie van die diere ook, maar die wye, weidse grasveld bly ín unieke skouspel van lewe.

Trouens, nÍrens anders as in Afrika word plantvreters in sulke hoeveelhede en in sů ín verskeidenheid aangetref as hier nie. In Oos-Afrika is daar byvoorbeeld sewentig soorte antelope.

Hoewel die pampas van Suid-Amerika ín gebrek aan groot plantvreters het, sentreer groot dele van die savanne daar om rivierkomme, en ín betowerende verskeidenheid van waterdiere word daar gevind.

EEN van die faktore wat dit moontlik maak vir soveel plantvreters om die grasveld se rykdom te benut, is dat verskillende spesies verskillende dele van die plant vreet. Sebras knabbel byvoorbeeld aan die hoŽ grasdele; wildebeeste vreet die gras verder af; die klein Thomson-gasel benut die onderste groeisel; en vlakvarke krap die ondergrondse worteldele uit. Niks word gemors nie.

Selfs al word dieselfde plant deur drie of vier spesies gevreet, vreet hulle dit op verskillende groeitye of op verskillende vlakke.

Selfs die mededinging vir water is beperk. Spesies soos die impala oorleef op vogtigheid in hul kos en hoef nie tydens droogtes na natter gebiede te trek nieóen verminder sů die kompetisle met ander spesies wat meer water nodig het.

Tande word natuurlik stomp weens die vretery van harde plante soos gras, veral as dit met sand en grond gemeng is. Die wangtande van grasveld-plantvreters groei egter gedurig sodat hulle nooit verder afstomp as wat vir ín dier nodig is om te kou nie.

Plante se selwande bestaan uit sellulose, ín saamgestelde stof wat mense nie kan verteer nie. Plantvreters soos antelope, beeste, perde en bisons het egter ín dubbele spysverteringstelsel wat sellulose afbreek.

Kos gaan eers na ín maagkamer genaamd die rumen of grootpens, waar ensieme daarop inwerk wat deur die maag se mikro-organismes gemaak word. Die kos word dan herkou en gaan na die drie ander maagkamers, waar dit verder afgebreek word.

DIE diere van die Afrika-savanne word behoorlik gebrei deur die natuur. Hulle moet verskrompelende droogtes deurmaak wanneer water skaars en die gras droog, hard en rustend is.

In die begin van die droŽ seisoen in die Oos-Serengeti verlaat honderdduisende sebras, wildebeeste en gaselle die gebied en trek na die natter weste. Aan die einde van die seisoen trek hulle terug om op die nuwe, vars veld te wei.

Omdat die oop grasveld so min skuilplek bied, is prooidiere op vaart aangewese om van roofdiere af weg te kom. Die lengte van ín dier se treŽ en sy snelheid is deurslaggewend. By diere soos die perd is die voetbene langer en die tone min, want een dik been is sterker as ín paar dunnes.

Die funksionele tone van hoefdiere vorm ín soliede hoef wat eintlik ín sterk nael is. Dit pantser as't ware hul bene teen skokke wanneer hulle beweeg.

Die volstruls het slegs twee tone aan elke poot. Met sy lang sterk bene kan diť voŽl yslike treŽ gee, terwyl die tone hom goed laat vastrap.

Die volstruis se twee oorsese neefs, die nandoe van die Suid-Amerikaanse pampas en die emoe van AustraliŽ, het eweneens lang gespierde bene waarmee hulle aan gevaar kan ontsnapóen wat hulle hoog oor die grasse laat sien.

Kleiner grasvlakte-plantvreters soos hase, meerkatte, grondeekhorings en prÍriehonde skuil in kolonies teen roofdiere en temperatuuruiterstes, en hulle grawe gate in die grond.

REGS: Die bison is ín bekende boorling van die prÍrie, die uitgestrekte boomlose grasvlakte in Noord-Amerika. Die bison is ook die grootste landsoogdier op die Noord-Amerikaanse vasteland. Bisons is egter in die negentiende eeu byna deur jagters uitgewis.

Foto: U.S. National Park Service

Anders as woud-plantvreters, neig savanne-plantvreters om in troppe te wei eerder as alleen. Die voordeel is groter waaksaamheid deurdat elke dier in die groep dan wakker loop vir gevaar.

Van die grootste troppe op die Afrika-savanne word gevorm deur wildebeeste en sebrasódaar kan tot 100 000 diere in ín trop wees. Selfs indrukwekkender is die Thomson-gaselle, wat in troppe van 500 000 tot 800 000 op die Serengeti-vlakte vergader.

Verskillende diersoorte meng dikwels. Sebras wei saam met wildebeeste, elande en volstruise. Selfs diere soos olifante en leeus verkies om in troppe te leef sodat die voortplanting van die spesie verseker kan word.


Diere van die Afrika-savanne

ē Toergids Andrť woon in die wonderskone Blyderivier-canyon. Stel jy self belang in ín uitstappie na een of meer van die wonderwÍrelde waarheen Andrť jou kan lei? Indien wel, kan jy hier klik en na sy portefeulje met talle aanskoulike fotoís kyk. Besoek dan Kruger Tours se webwerf deur hier te klik. Jy kan ook vir Andrť ín e-pos stuur by hierdie adres: graskop@global.co.za
   

  
Goeie sig is belangrik. Roofdiere moet hul prooi van ver af kan sien, en andersom. Grasvreters se oŽ sit gewoonlik hoog bokant die snoet sodat hulle bo-oor die gras kan sien wanneer hulle wei, en is ook wyd uitmekaar, sodat hulle rondom hulle kan sien.

LINKS: Goeie sig is belangrik! Kyk ín rukkie na hierdie fotoówat sien jy?

Animasiefoto: Kidsí Pages / U.S. National Institute of Environmental Health Sciences / National Institutes of Health (NIH) / Department of Health and Human Services (DHHS)

Korter diere soos meerkatte en hase oorkom diť probleem deur op hul agterpote te staan of op en af te hop. Weens die gebrek aan skuilplek het baie diere gekleurde patrone op hul lywe om hulle met die omgewing te laat saamsmelt.

Die koedoe het byvoorbeeld vertikale strepe sodat hy in die savanne-bosvelde amper onsigbaar is. Die klipspringer het ín kolletjiesjas sodat hy teen sy rotsagtige agtergrond kan "verdwyn".

Seker die merkwaardigste van grasvlakte-lewe is die verweefde verhouding tussen plante en diere. Plantvreters hou die plantegroei terug deur te wei en daardeur te loop, en die gesnoeide plante trek byvoorbeeld weer voordeel uit die sonlig. Hoefdiere ploeg die grond wanneer hulle loop. Graafdiere en erdwurms gee lug aan die grond en meng dit.

Vleisvreters hou die hoeveelheid plantvreters binne perke en keer oorbeweiding in een gebied. Vleisvretende voŽls en diere sluk diť oorblyfsels weg. Niks word vermors nie...

Diť stelsel van natuurlike balanse, wat soms wreed lyk, is ín wonderbaarlike deel van die natuur. Sů kan meer diere vreedsaam op die grasvlaktes saamleef as wat andersins moontlik sou gewees het.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad