Biome van die aarde ó  5(a):
  
  Tropiese en gematigde grasvlaktes 

Die wye, wuiwende veld

'n Suid-Afrikaanse landskap

BO: ín Suid-Afrikaanse landskap.
Foto: © Kopiereg SA Tourism / SA Toerisme

Paaie sny vandag deur die Suid-Afrikaanse grasvlaktes, waar ín dekade of vyftien gelede nog net die spore van wawiele gekronkel het. Hier en elders sal jy egter wel nog plekke vind waar ín akasiaboom sy lappie skaduwee oor die grasveld gooi, waarop troppe wild rustig wei. Maar die wye, wuiwende veld is lank nie meer oral sů ongerep nie...

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Nuwe foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

D

IE lug is vaal van die stof, die grasse dor en geel, die verwronge akasias van die Afrika-veld is bros van die dors. Dit blits teen die horison. Die temperatuur styg. Wolke begin saampak en die lug verswart met die belofte van reŽn.

Weer blits dit. Meteens bars die donderweer in al sy bulderende ongenade los en die sluise van die hemel gaan oop om die dorstige land te deurdrenk. Strome vloei waar daar voorheen geen waterlope was nie. DroŽ rivierbeddings word deur bruisende vloedwaters oorval.

Die Afrika-savanne! Op ín derde van Afrika strek die gras oŽnskynlik eindeloos oor vlaktes en heuwels heen. Dit lÍ in ín gordel van 4 800 km tussen Guinee in die weste en die Soedan en Oeganda in die ooste, en reik plek-plek wes- en suidwaarts oorkant die ewenaar.

Die wÍreld se grasvlaktes is oor ontsaglike gebiede in sowel die tropiese as die gematigde streke versprei en skei die groot woude van die woestyne.

Die weer steek op oor die dorre grasveld...
  
BO: Die weer steek op oor die dorre grasvlakte. Kort voor lank sal die vaal en dorstige wÍreld in ín groen see verander.

Tropiese grasvlaktes, ook bekend as savannes, bedek sowat 15 miljoen vk. km van die aarde se oppervlakte. Hier is dit die hele jaar lank warm, met afwisselende reŽns en droŽ tye.

Die Afrika-savanne kan as ín model-voorbeeld van ín grasveld met tropiese reŽnval beskou word, hoewel daar ook uitgestrekte gebiede in die vlaktes van Suid-Amerika (noord en suid van die Amasone) is.

Noord-AustraliŽ en dele van Sentraal-Amerika, IndiŽ en Suidoos-AsiŽ word ook deur savannes gekenmerk.

ďGrasslands,Ē sÍ die Amerikaners vir die bioom van grasveldeREGS: ďGrasslands,Ē sÍ die Amerikaners vir die bioom van grasvlaktes wat van horison tot horison kan strek.

Foto: Earthobservatory / NASA

Hoewel ín groot verskeidenheid van klimate in die Afrika-savanne voorkom vanweŽ die uitgestrektheid oor verskeie breedtegrade, is die somers altyd warm en word dit deur donderstorms gekenmerk. Die winters is lank, droog en wolkloos.

Die oorheersende plantegroei is ín groot verskeidenheid van geharde, wilde grasse, waarvan die verspreiding deur die terrein bepaal word: Lang grasse groei onder in die leegtes waarheen water van die heuwels af dreineer, terwyl kort grasse op die droŽr heuwels groei.

Savanne-gras is geneig om in polle te groei en nie egalig oor die grond te versprei nie. Tussen die polle is gewoonlik kleiner meerjarige grassoorte. In die droŽ tye gaan die dele van die grasplante dood wat bo die grond uitsteek, terwyl die growwe massa veselagtige wortels bly lewe. NŠ die reŽn skiet nuwe gras op wat vinnig groei.

Op die meeste savannes word bome ook kol-kol gevind. Op sommige plekke is daar digte bosse en selfs woude kan langs riviere voorkom.

Party bome verloor hul blare in die winter. Ander het besonder harde hout om verdroging te voorkom, terwyl party weer ín sambreelvorm het om die boom teen die wind te beskerm.

GEMATIGDE grasvlaktes kom voor in die binnelande van vastelande waar die somers warm en winters koud is. Dit reŽn meestal in die lente en somer, dikwels in die vorm van donderstorms. Winters gaan gewoonlik met ryp en selfs sneeu gepaard.

Sulke toestande kom voor in die hoŽveld van Suid-Afrika, die Eurasiese steppes, Noord-Amerikaanse prÍries, Argentynse pampas en die Australiese "downlands". Kleiner gematigde grasvlaktes word ook in lande soos Nieu-Seeland, Turkye, Iran en Wes-Duitsland gevind.

Gematigde grasvlaktes word gekenmerk deur enorme gebiede van plat aarde met gras en ín verskeidenheid van droogtebestande bome en struike.

KremetartboomLINKS: Die bekende kremetartboom van Afrika en AustraliŽ berg water in sy dik stam.

Foto: USGS

Ook die grasse van die gematigde grasvlaktes is goed toegerus om die uiterstes van hitte en koue te kan oorleef. Hul wortelstelsels is merkwaardig uitgebrei, dikwels dermate dat hulle saam met die ondergrondse risome (ondergrondse stam van ín plant wat in wortels ontwikkel) meer as 80 persent van die totale plantemassa uitmaak.

Die doel van diť wortelstelsel, buiten dat dit as anker dien, is om alle beskikbare water te gebruik.

Gematigde grasse vrek gewoonlik in die winter tot op die grond. Die wortels en nuwe uitloopsels vir die volgende jaar se groei lÍ dormant en veilig deur die koue winter, beskerm teen sneeu en ryp deur hul grondkomberse.  

Sodra die eerste reŽns in die lente en vroeŽ somer val, begin die grasse weer spruit en die land word mooi groen.

ín Belangrike element in alle grasvelde is brande. Elke jaar tydens die droŽ seisoen word groot gebiede deur natuurlike en mensgestigte brande afgebrand. Hierdie brande speel ín noodsaaklike rol in die instandhouding en vergroting van die savanne.

Die ondergrondse wortelstelsel van grasse stel hulle in staat om die verwoestende hitte van die vuur te weerstaanóop dieselfde manier as wat hulle koue trotseer.

Die meeste van die wÍreld se gematigde grasvlaktes is egter reeds omskep tot landbougrond of weivelde vir beeste en skape, en het nie meer die ryk verskeidenheid van plante- en dierelewe van voorheen nie. Nogtans is hier genoeg van die oorspronklike plantegroei oor sodat ín mens nog ín denkbeeld kan vorm van hoe hierdie wÍreld gelyk het voordat dit getem is.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad