Biome van die aarde ó 4(b):

 Diere van die gematigde streke

Woelers in die
woudland

Wasbeer

Die gematigde sone is die habitat van die genoeglikste diere. Hierdie skynbaar troetelbare wasbeer van die boswÍreld van Noord-Amerika leef in sy natuurlike staat hoofsaaklik van vis en paddas wat hy in klein stroompies vang. Hy kry sy naam van sy gewoonte om, as hy in gevangenskap is, sy kos eers in die water te doop voordat hy dit vreet. Lees verder vir ín woud-fantasie...

Foto: U.S. National Park Service Digital Image Archives
  


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Nuwe foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

E

ENDAG, lank, lank gelede was daar ín woud met... sewe dwergies... Hansie en Grietjie... Rooikappie se wolf... ja, ook Robin Hood en nog ín duisternis ander.

Lank, lank gelede? Nee, ook nie so bitter lank nie. Slegs ín paar eeue terug het die gematigde bosland nog ín enorme deel van die aarde se oppervlak bedek. En ín mens hoef maar net na hul oorgelewerde sprokies en sages te kyk om te besef watter rol hierdie woude in die lewe van ons Europese voorsate gespeel het.

Een van die weinige woude waarop ons vandag nog self kan roem, is die Suid-Kaap se Knysna-bos. Dis die wÍreld van Fiela-hulle. Maar die groot, groot gematigde woude het in ín groot mate van die aardbol verdwyn...

Die gematigde sone, wat wel ín aantal substreke met afwisselende klimate het, is meestal werklik ín baie gesogte streek om in te woon. (Dink maar aan ons welige Natalse kus of aan die Wes-Kaap.) Die weer is lekker, baiemaal, en in die reŽl is daar oorgenoeg water. Daar is ryk grond met baie plante en dus volop kos.

En dieselfde dinge wat dit reeds eeue lank so ín begeerlike toevlug vir die mens maak, maak dit natuurlik ín ewe aanloklike houplek vir die diere.

Die gematigde bladwisselende bos van die Noordelike Halfrond bestaan, soos ons in die vorige aflewering gesien het, uit verskillende vertikale lae. Verskillende diere lewe ook in die onderskeie lae wat die plantegroei van bo tot onder vorm.

Die bo-vlak van die blaredak of oorhang is geen goeie houplek vir diere nie, weens die direkte en dikwels verblindende sonlig, sterk winde en harde reŽnóín wÍreld van uiterstes.

In ín storm word die boonste takke van die oorhang so wild rondgepluk dat die boomtoppe aan ín stormsee herinner. Maar net daaronder kan die takke dalk heel matig rondswaai.

Net onderkant die bovlak is die toestande dus baie beter vir dierelewe. Hierdie deel van die oorhang bevat trouens ook die meeste van die bos se voedsel. Die digte gebladerte huisves duisende soorte blaarvretertjies soos ruspes en sapsuiers soos plantluise, en diť voorsien op hul beurt ín oorvloed van kos vir insektevretende voŽls, spinnekoppe, soogdiertjies en roofinsekte.

Die plafon van die oorhang bied ook volop kos vir plantvreters. Duisende knaagdiertjies soos eekhorings floreer op die sade en neute, en ander klimmende, klouende soogdiere vreet die blare en sagte takkies.

EekhorinkieREGS: Eekhoringsoorte is volop en gelief in die gematigde streke. Diť knaagdiertjies is belangrike ďverbuikersĒ van botsels en sade.

Foto: J. Taljaard

DIE diere van die oorhang is goed toegerus vir hul lewe in die bome en het grypsterte en kloupote om kranig deur die boomtoppe te kan beweeg. Die oorhang is op die koop toe ín goeie skuilplek teen roofdiere, en veral voŽls bou hul neste hoog boontoe op in die takke.

Baie voŽls en diere skop egter ook nes in die "onderverdieping" van die breŽblaarbos. Diť laag word deur die oorhang teen stormweer beskut. Dit lÍ ook op ín paslike hoogte sodat die neste en holtes nie net beskerm is teen roofdiere van die oorhang (soos arende en uile) nie, maar ook teen aardsgebonde jagters op die vloer van die woud.

Verder ondertoe is die laag van die struikeómet sy beskermende bedekking vir baie van die bedrywige diertjies soos muise, spitsmuise en eekhorings. Kos is volop: bessies en sade en baie insekte.

Baie voŽls bou ook hul neste in die ruigtes.

Laaste maar nie die minste nie: die laag van die varings en paddastoele, wat trouens baie van die interessantste dierelewe van die woud huisves. Hier woon klein diertjies soos muise, insekte, slange, konyne, voŽls en paddas. Dit is ook diť laag waar takbokkies hul pasgebore kleintjies tussen die varings versteek, en waar vosse agter stompe en rotse hurk om hul prooi voor te lÍ.

Die blare-afval op die woudvloer bevat miljoene klein diertjies soos erdwurms, miere, myte, spinnekoppe en mikroskopiese klein kreatuurtjies.

Diť massa lewe teer op die verrottende afval en laat sodoende die basiese stowwe in die afval vry. Diť stowwe word stadig afgebreek.

Erdwurms, graafdiere, insekte-larwes en ander diere grawe tonnels deur die afval, meng dit geleidelik met die onderliggende grond en plaas sů die noodsaaklike chemikalieŽ terug in sirkulasie.

Party diere lewe feitlik slegs ondergronds. Molle en spitsmuise hou byvoorbeeld nie net in ondergrondse holtes om teen die hitte of koue te skuil nie, maar ook om die baie erdwurms en ander organismetjies wat die humus bied, te benut.

VlinderREGS: ín Menigte verskillende skoenlapper- en motsoorte floreer op die blomme en hul ruspers benut die oorvloedige gebladerte van die gematigde streke.

Foto: Gopaul Noojibail / National Park Service / U.S. Departement of the Interior

HOEWEL toestande in bladwisselende woude gelykmatig is as dit met diť van elders vergelyk word, is van die diere tog ook spesiaal toegerus vir hul streek.

Talle soogdiere het byvoorbeeld goed ontwikkelde gehoor- en smaaksintuie en kommunikeer veel meer hiermee as met hul sig. Dis immers onmoontlik om hier baie ver te sien vanweŽ die digte blare en takke wat in feitlik elke rigting groei.

Baie nagdiere het ín spesiale laag agter die netvlies van die oog wat hulle help om in die donker te kan sien.

Die enigste werklike probleem in breŽblaarwoude is dat daar sulke groot verskille tussen die seisoene is. Die bome verloor hul blare in die winter en kos en skuiling is in diť tyd beperk. Diere moet aanpas om te kan oorleef.

Die meeste diere wat veelal deur bome beskerm word, bly deur die winter aktief deur vanuit hul woonplekke te opereer. As die weer guur is, bly hulle in hul skuilings. Word dit warm, kom hulle uit en skarrel rond vir kos.

Eekhorings verlaat hul blaarryke tuistes op die takke en klim af en toe ondertoe om neute uit hul weggesteekte spense te gaan haal.

ín Paar diereósoos aardmarmotte, krimpvarkies en relmuiseóvind egter selfs die gematigde streek se winters te straf en gaan dus oor in ín winterslaap. in diť tyd verstadig hul metabolisme, hul liggaamstemperatuur daal en hulle bly bewegingloos en koud. Slegs deur ín stadige opname van die vet wat in die somer en herfs opgegaar is, bly hulle aan die lewe.

Die metabolisme van koudbloedige boslanddiere soos paddas, slakke en insekte daal tot ín vlak waar normale bedrywighede onmoontlik is en party maak ook ín winterslaap deur. Die meeste gaan egter dood, en laat hul eiers agter wat met die koms van die lente sal uitbroei.

BAIE van die oorspronklike plantegroei van subtropiese en MediterreŽnse streke bestaan nie meer nie, en talle van die diere word nog net kol-kol aangetref.

Groot vleisvretende diere soos luiperds en bere kom slegs in afgeleŽ bergstreke voor. Plantvretende diere soos bokke en skape is getem of deur teeldiere vervang. Daarteenoor floreer pesdiere soos rotte en muise in diť mensgemaakte omgewing.

ín Klassieke voorbeeld van verdronge dierelewe in ons eie wÍrelddeel is die olifante van die Knysna-bos. Sowat ín eeu gelede het ín stuk of vyfhonderd van hierdie manjifieke reuse die gebied tussen die huidige Mosselbaai en Plettenbergbaai bewei. Namate die pioniers inbeweeg en die plantegroei vir hul nedersettings weggekap het, het die olifantbevolking geleidelik afgeneem en so te sÍ daar uitgesterf.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad