Biome van die aarde 3(b):
  
 Diere van die naaldwoude

60 bruide vir elke elk!

Twee wapiti-bulle (Amerikaanse elke)

Sou wapiti-bulle (Amerikaanse elke) soos hierdie twee weet waarom hulle met sulke rare horings op hul koppe bedeel is? Di vertakkende gewei kom hulle nietemin goed te pas in die herfs wanneer dit tyd raak om wyfies te kies in die naaldbos: dae van tak(t)volle liefdesdramas vir die takbokke van die woud. Want n enkele wapiti-bul kan tot vyftig of selfs sestig wyfies hnet een van vele eienaardighede van die diere van hierdie natuurstreek...

 

  
Foto: Ken Wilson / U.S. National Park Service

D

IS somer in die noorderwreld se groen gordel van die naaldbos. Wildeganse en swane snater op die moerassige rivieroewers waar hulle broei en hul kuikens grootmaak. Tussen die bome, wat deurentyd groei in die voortdurende daglig, bou korhoenders en kruisbekke hul neste.

Aardmarmotte skarrel koorsagtig rond om genoeg te vreet en die vet terug te plaas wat in die lang winter verlore gegaan het. Herte knabbel aan gras en uitspruitsels. Vosse en linkse, in hul rooi somerpelse, fees aan die oorvloed van hase en konyne.

Onder die bas en om die naaldvormige blare van die bome wemel dit van ruspes en insekte. Die somerwoud gons behoorlik van al die gedoentes, en aan kos is daar geen gebrek nie.

Maar in die winter ... dan is dit n gans ander storie in die naaldbos. Lank en straf, met die grond minstens ses maande lank onder n sneeukombers, is dit n tyd van skynbare leweloosheid in die woud.

Die trekvols is vort. Talle klein soogdiere verkeer in hul winterslaap. Die snerpende wind en ys op die toppe en om die wortels van die bome dwing die bome om hul plantaardige lewensprosesse tot die minimum te beperk. Kos is skaars.

Die vaste bewoners van hierdie natuurstreek moet aanpas of doodgaanmaar dan is hulle darem wonderlik toegerus om te oorleef.

EEN van die belangrikste hindernisse in die winter is die dik sneeubedekking, waardeur die diere maar stadig sou moes geploeter het as hulle nie vir di soort omgewing toegerus was nie. Wolpoothase en linkse se groot voete sorg egter dat hulle goed kan beweeg.

Die winterwithaas het groot klosse pels aan sy voete wat op sagte sneeu as sneeuskoene dien. Die sogenaamde veelvraat se tone sprei weer uit sodat hy haastig oor die sneeu kan beweeg sonder om in te sinkdit maak van hom die vinnigste dier in die besneeude naaldbos.

Moese (Amerikaanse elande) het lang, steltagtige pote waarmee hulle deur sneeu van sowat n meter diep kan loop. Hoewel hulle in die rel nie kuddediere is nie, vorm moese in die winter groepe en trap hulle saam van die sneeu uit om ooptes te vorm. S kan hulle die struikgewasse daaronder vreet.

n Moes plas in die water

BO: Koes, di moes plas woes! As die wapiti se takkerige horings vir jou vreemd is, wat nog te s die geweldige gewei van die moes (Amerikaanse eland). Dit lyk of hierdie een besig is met 'n somertydse bad, terwyl hy hy die water met sy kolossale takke omwoel. Die moes is die wreld se grootste takbok en het vier tot vyf ton kos nodig om die winter te oorleef. Slegs die bulle het horings, wat tot twee meter breed kan wees.

Foto: U.S. Fish & Wildlife Service

Om die lae temperature die hoof te bied het hase, wolwe, moese en vosse dik winterpelse sodat hulle aktief kan bly selfs waar die kwik tot -45 grade Celsius sou tuimel. Party diere soos vosse, hase en wesels se pelse word wit in die winter sodat hulle nie so sigbaar teen die sneeu is nie.

Slegs vols wat merkwaardig goed daarvoor toegerus is, kan in die naaldwoude oorwinter. Baie van hulle is in staat om die boomnaalde te vreet. Ander, soos die kruisbekke, het n spesifieke soort snawel waarmee hulle die sade uit dennebolle kan haal. Neutkrakers het sterk snawels wat die bolle van die bome kan afruk en uitmekaarskeur.

Party klein soogdiertjies oorleef in die koue deur aktief te bly. Ander gaan na ander uiterstesf hulle slaap die koue maande om f hulle "verstyf" as't ware in di tyd.

Omdat hul veloppervlak na verhouding soveel groter as hul volume is, verloor muise en skeerbekmuise hul liggaamshitte vinnig. Die enigste manier om wal te gooi is om so dikwels en soveel moontlik te vreet. Om dit te kan doen moet hulle aktief bly en kan hulle nie veel tyd aan slaap bestee nie.

Tjipmonke vreet geweldig baie wanneer kos volop is, berg dit in opgehoopte veten sink dan in n verstywing wat tot agt maande kan duur.

Eekhorinkies gaar weer neute en vrugte op wanneer dit volop is, sodat dit byderhand kan wees wanneer hulle uit hul gedeeltelike winterslaap ontwaak.

Klein plantvretende diertjies soos lemmings en vleirotte trek hulle in n eie wreld terug in die sneeu en lewe van plante wat deur die sneeu beskerm word. Die onderste laag sneeu, bekend as pukak, verander nadat dit n ruk op die grond gel het, en skep n luggang tussen die grond en die sneeu.

Weens die sneeu-isolering bo en die hitte van die aarde onder, is die temperatuur van hierdie oop deel sowel konstant as hor as di van die lug daarbuite, en is dit die volmaakte plek vir hierdie klein diertjies om in te leef.

GEBOORTE en die grootmaak van kleintjies is n probleem in n streek waar die somer slegs drie maande lank is. Trekvols bou hul neste, broei die eiers uit en maak hul kleintjies in n baie kort tydjie groot.

Bere se draagtyd is heelwat langer as di van ewe groot diere in warmer streke. Die bevrugte eierselle l n hele paar maande lank dormant binne-in die beerwyfie. Die vertraagde dragtigheid verseker dat die beertjies teen die einde van die winter in hul beskutte holtes gebore word en kan uitkom wanneer die lente begin.

SwartbeerREGS: Swartbere vreet in die warm maande sommer genoeg vir die winter ook. Hulle beleef nie werklik n winterslaap nie, maar verval in n diepe sluimering.

Foto: U.S. National Parks Service

In die winter, wanneer kos skaars is, vermy verskillende diersoorte wedywering deur hulle by n bepaalde kossoort te hou. Bewers vreet die bas van omgevalle bome. Moese en elke verlaat hulle op struikgewasse. Kariboes vreet mosse en korsmos.

In die somer vreet almal natuurlik weer verskillende soorte kosse.

Vir sommige plantvretende diere is dit voordelig as swaar sneeu aan die boomtakke saampak. Die sneeu laat die jonger bome buig en maak die groenigheid bereikbaar vir diere wat dit gewoonlik nie sou kon bykom nie.

Namate die sneeu opbou, verhoog dit ook die grondvlak en bring dit die diere nader aan plantegroei wat hulle gewoonlik nie sou kon bereik nie.

Die winterdieet van baie naaldbosdiere verskil aanmerklik van hul somerdieet. Die meeste herte kan nie die sneeu op die grond wegkrap nie en het niks anders om te vreet as die takkies en bas van bome waar hulle wel kan bykom nie.

Sulke diere verloor maklik gewig in die winter, omdat die winterkos nie so voedsaam soos die sappige groen somerplante is nie. Wanneer die lente uiteindelik aanbreek, moet die uitgeteerde diere binne n sekere tyd hul ou gewig herwin om gesonde kleintjies in die wreld te bring.

Soos in die toendra, is daar besonder opvallende wisselinge in die bevolkings van die naaldbos se diere. Die siklusse in die saadproduksie van naaldbome het natuurlik n uitwerking op die getalle van die saadvretende vols en kruipers.

Maar elke tien jaar is, byvoorbeeld, die wolpoothase ook op hul talrykste, gevolg deur n massa-verhongering en dus veel minder hase.

Hul roofdier, die links, volg dieselfde patroon, hoewel sy getalle-hoogtepunt n jaar n di van die hase bereik word.

Dus: hoe meer haas hoe meer... links. Totdat albei geen kos meer het om te vreet nieen haas en links se getalle n haas dramatiese regsomkeer maak!
  

LinksREGS: n Links in die sneeu. Die links is n formidabele jagter, danksy sy goeie o, sterk pote en bre, wollige kloue.

Foto: U.S. Fish & Wildlife Service

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad