Biome van die aarde ó 3(a):
 Naaldwoude
 

Die koninkryk van
die keŽldraers

Naaldbome

As jy uit die ruimte neerkyk, word vertel, sien jy die groen gordel om die aarde. In die naaldbos van die noorde groei die bome so dig dat hulle in der waarheid ín groen strook aan die rand van die toendra vorm...

Foto: Earthobservatory / NASA
  

H

ULLE gee ons die hout vir ons plafonne, vir ons dakke se timmerasies, vir deure, vensters, rakke en kasteóhoeveel is ons nie verskuldig aan die ingevoerde naaldbome van die Noordelike Halfrond nie? Van hulle kry ons ook papier. Asook kunssy, terpentyn, harpuis en ander waardevolle dinge. Selfs Kersbome.   

As jy weer ín denneboom sien, bejeŽn tog diť kwasterige immigrant met respek! Foto: US NPS

Maar waar kom hierdie uitheemse naaldbome eintlik vandaan?

Sowat 3 000 km van die Noordpool maak die laagliggende mosse en korsmosse van die toendra plek vir kolle dwergagtige denne, berkebome en wilgers.

Die opslagplekke van hierdie gewasse is die buiteposte van een van die wÍreld se omvangrykste boomsones: die enorme gordel van die naaldbos of die keŽldraende woude. Dit strek Šl langs die noordelike dele van die vastelande van Noord-Amerika en EurasiŽ, buiten waar dit deur die Noord-Atlantiese Oseaan en die Stille Noordsee onderbreek wordó oor ín stuk of 4 800 km, met ín noord-suidelike breedte van sowat 1 000 km.

Soos in die toendra-sone verder noord, is die klimaat in die naaldbos besonder straf.

REGS: Drie tipiese naaldbomeówat, soos die naam aandui, veral gekenmerk word deur blare wat soos naalde lyk. Denne is immergroen en lorke is bladwisselend. Naaldbome is ook bekend vir die keŽls wat hulle dra.

 

 

 

 

 

 

              
                        
Huisgenoot, Ons Wonderlike WÍreld 

REGS: ín Doodgewone ou dennebol... baie van ons ken hierdie immigrant baie goed.

Uiterste temperature kom hier voor, met lang, droŽ winters en kort, gematigde somers. Die groeityd strek dus net oor drie of vier maandeóop sommige plekke slegs eenóen ses maande van die jaar kan daar feitlik geen sonskyn wees nie.

Die winters is snerpend koud. Trouens, die laagste bekende temperature op aarde word in Noordoos-SiberiŽ aangeteken.

Neerslag, in die vorm van reŽn en sneeu, is gering en eweredig oor die hele streek versprei.

Water word vir die grootste deel van die jaar as ys in die grond vasgevang, en die landskap IÍ onder ín dik sneeukombers.

Om diť strawwe toestande te kan verduuródie wind, die koue, die droogte, die kort groeiseisoenómoet die bome van die naaldbos gehard wees. Slegs naaldbome (konifere) en ín handvol hardehoute soos berkebome en wilgers kan oorleef.

NAALDBOMEówat sparre en dennebome insluitóis keŽlvormig, met breŽ basisse en spits punte om die mins moontlike weerstand teen sterk winde en sneeu te bied.

Die geharde, naaldvormige blare is bedek met ín wasagtige nerf en deurdrenk met harpuis wat, tesame met die klein oppervlakte, uitwaseming verminder en die blare teen die koue beskerm. Wanneer wintertemperature besonder laag daal, sluit die stomata (openings op die oppervlak van die blare) sodat skade deur koue en waterverlies tot die minimum beperk word.

Die meeste naaldbome is immergroen. Met diť dat hulle hul blare deur die winter behou, verloor hulle nie voedselstowwe nie en kan onmiddellik hul groei hervat wanneer die lente aanbreek.

Een uitsondering is die bladwisselende lorkeboom wat in die verre noorde van die naaldbos-gordel in SiberiŽ groei. Hier is die water feitlik die hele jaar deur bevrore en immergroen naaldbome sou nie die water wat hulle deur verdamping verloor, kon vervang nie.

Hoewel lorkebome ook naaldbome is, oorleef hulle deur hul blare af te gooi as die temperatuur daal, en dan rustend te bly deur die lang, bitter koue winter.

Spardenne kan besondere koue oorleef vanweŽ ín gekonsentreerde sap wat hulle teen uitdroging beskerm.

Die keŽls wat die naaldbome dra, is geharder voortplantingsorgane as die tere bloeisels en die delikate vrugte van bladwisselende bome.

ín Belangrike eienskap van naaldbos is die massa onontbinde blare, takkies en keŽls wat oor die woudvloer gesaai IÍ. Dit is omdat daar min erdwurms is en die bakteriese aksie stadig is in die koue, nat toestande. Die harpuis in die plante voorkom ook ontbinding.

Die dooie plantemateriaal ontbind eintlik uiters stadig en dit vorm swak sure wat stadig affiltreer en lewensbelangrike minerale wegloog, sodat ín steriele bogrond genaamd podzol (van die Russiese woord vir as) gevorm word.

Hierdie grond is hard en vol water en keer dat boomwortels diep afskiet vir hul voedselstowwe.

Om te vergoed het naaldbome ín simbiotiese verhouding met ín fungus-groep genaamd skimmelwortel, wat die boom van voedselstowwe voorsien in ruil vir koolhidrate.

Weens die swak bogrond en gebrek aan lig by grondvlak (veroorsaak deur die bedekking van plantreste) is daar min of geen struikgewasse tussen die naaldbome in diť woude nie.

DIE miljoene immergroen bome wat in die naaldbos saamgepak is, vorm werklik ín groen gordel om die noordelike deel van die aardbol. Tog is daar ook variasies binne hierdie natuurstreek, soos in elke ander vername landpatroon.

Die noordelikste sone word dikwels die boreale woud genoem (van Boreas, ín mitologiese god van die noordewind). Hier is volop dennesoorte en spardenne.

Ontelbare mere en damme, geskep deur die yslaag wat die streek eens bedek het, lÍ oor die gebied versprei. Die streek staan bekend as die taiga, ín Russiese woord wat moeraswoud beteken. Mos en ander plante groei om diť mere en skep vleigrond.

Hier groei gewoonlik ook van die raarste plante op aardeódie bekerplant en die sonnedou, wat insekte vang om die gebrek aan nitrate in die grond te vergoed.

Verder suidwaarts smelt die boreale woud met lorke, denne, seders en sparbome saam, asook met bladwisselende hardehoutbome soos else, wilgers en berke, wat dikwels so dig groei dat die son byna nie daardeur kan dring nie.

Hoe verder suid bome in diť sone groei, hoe hoŽr is hulle gewoonlik. Diť op die grens van die toendra is verpot, dun en kwasterig en met mos en korsmos behang. Aan die suidelike grense van die streek kan die bome egter geweldig groot wees.

Die skeiding tussen die naaldbos en die toendra in die noorde is taamlik skerp omlyn, maar in die suide is daar ín vermenging van die naaldboomsoorte met bladwisselende breŽblaarbome van die volgende natuurstreek. Dit vorm ín oorgangsone van gemengde woudland.

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad