Biome van die aarde ó 1-en-2 (b):
  
 Diere van die toendra en poolstreke 

Teen ys en wind...

Muskusbeeste (USFWS)

Goed gepantser deur hul pelsjasse staan en betrag hierdie lywige muskusbeeste hul ongenaakbare wÍreldódie yswoestyn van die aarde se verre noorde. Temperature kan tuimel en snerpende winde woed, maar hierdie geharde Arktiese soogdiere kan die strafste winters sonder enige skuilte hoegenaamd oorleef. Lees hieronder hoe hulle en ander diere van die koue streke dit regkry...

Foto met vergunning van U.S. Fish & Wildlife Service


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Nuwe fotokompilasie deur Mieliestronk.com

E

K en jy sal stokstyf vries as ons in ons wÍreld in die winternagte buite moet slaap in die skraal luggie en knypende ryp van, sÍ maar, die Karoo.

Dink ín oomblik aan die arme diere van die poolgebiede en toendra. Jy ys sommer as jy hoor watter koue hķlle moet verduur...

Arme diere? Verduur? Wieít gesÍ hierdie diere kan die koue nie verdra nie? Talle is immers so gepantser met dik bedekkings van pels of vere, of isolerende vetlae, dat ín mens rÍrig kan wonder of hulle ooit weet wat bibber beteken!

Trouens, baie van hierdie diere, soos poolvosse en muskusbeeste, het sommer ín dubbele laag hare. Die "onderbaadjie" bestaan uit sagte, wollerige hare wat isolasie verskaf; die "bobaadjie" se beskermhare is weer olierig en waterbestand.

By diere wat nie die onderste laag hare het nie, is die buitehare baie dikker naby die punte as teenaan die vel, en hulle groei oormekaar om die liggaamshitte vas te vang. Party soogdiere van die toendra het selfs pels aan die voetsole. Vetlae, ook vir isolasie, word by robbe en pikkewyne aangetref.

Koud kry? Wat wou!

Sommmige diere van die koue streke is ook lywige lummels. Dink maar aan die ysbere en die kariboes. Hoe groter die dier hoe kleiner is sy lyfoppervlakte mos in verhouding tot sy volume en hoe minder hitte verloor hy dus, relatief gesproke.

Ysbeerwelpies

BO: Ysbeerwelpies in ín ysgrot. Die wit pels sal hulle hul lewe lank teen die Arktiese koue beskerm.

Foto: Alaska Image Library / U.S. Fish and Wildlife Service Digital Library System

Kleiner diere soos lemmings en poolhase verloor weer die minimum hitte deurdat hulle klein stertjies en ore het (aanhangsels straal hitte uit).

En pikkewyne en rendiere het ín aansienlik laer "normale" temperatuur in die ledemate as in die res van die liggaam. Die weefsels in hierdie ontblote dele kan met minder hitte funksioneer as die ander weefsels.

UIT die sowat honderd voŽlsoorte wat op die toendra nes maak, bly slegs ín handjievol die hele jaar daar. Onder hierdie bittereinders tel die sneeu-uil, sneeuhoender en raaf, wat almal wonderlik toegerus is om die snerpend-strawwe winters te oorleef. Rawe oorwinter deur die reste van dooie diere te vreet, asook die afval en vullis by mense se nedersettings. Sneeu-uile maak jag op verskeie diertjies, soos lemmings.

Sneeu-uilREGS: As gesoute jagter van knaagdiere, is die sneeu-uil een van die min voŽls wat heeljaar in die Arktiese toendra kan bly leef. Baie van die honderd voŽlsoorte van die toendra trek in die winter weg na warmer plekke.

Foto: Ardo X. Meyer, NOAA (ret.)

Die sneeuhoender se pote is met vere bedek, wat ekstra beskerming teen die koue bied. Met die koms van die herfs word sy gespikkelde bruin somervere byna heeltemal witóín goeie kamoeflering in die sneeu. As die weer buitengewoon guur is, grawe die sneeuhoender hom soms tot binne-in sneeuwalle in vir beter beskerming. (Hy weet beslis nie wat dit beteken om soos ín verkluimde hoender te lyk nie!)

Ondanks wonderlik toereikende liggaamsbedekkings en metaboliese aanpassings is baie toendra-diere tog nie toegerus om die kombinasie van strawwe koue en min kos in die winter te weerstaan nie. Hulle migreer (trek) of hiberneer (slaap deur die winter); party maak selfs ín ligte winterslaap deur, wat nie so diep soos die egte winterslaap is nie.

Bere slyt byvoorbeeld ín deel van die lang winter onder die sneeu in ín soort wakker-slaap. Hulle teer in diť tyd op hul liggaamsvet en bring hul kleintjies in die wÍreld.

Die enigste ware hiberneerders van die toendra is die grondeekhorings, wat in goed gedreineerde grond blyóin droŽ gate wat hulle vir hul nege maande lange winterslaap grawe. Hulle grawe ook waar die sneeu uiteindelik die diepste sal saampak, om die slaapgate verder te isoleer. Met hul liggaamshitte binne vasgevang, bly die winterwonings knus en warm.

REGS: ín Hermelyn, wie se familie in sowel die Eurasiese as Noord-Amerikaanse toendra aangetref word. Diť soort diertjies se somerpelse is kastaiingbruin en wit, maar in die winter word dit sneeuwit, soos die een op hierdie foto. Net die punt van die stert bly swart. Hermelyne is eintlik wesels en daar verskeie spesies. Hulle is roofdiertjies wat muise, rotte, voŽls of konyne jag, maar op hul beurt om hul gesogte bont (pelse) deur mense gejag word.

Foto: National Park Service / U.S. Department of the Interior

Lemmings, veldmuise en wesels verwyl die grootste deel van die winter onder die sneeu, waar hulle die betreklike warm en egalige temperature benut en die uitloopsels van waterbiesies en grasse vreet.

Lemmings en veldmuise is ín uitstekende voedselbron vir roofdiere. Sou daar vir eersgenoemdes baie kos wees sodat hul getalle toeneem, het roofdiere soos poolvosse, wolwe, wesels en sneeu-uile ín geil seisoen en teel hulle ook vinnig aan. As die veldmuise en lemmings in die somertyd al die bessies opvreet, ly diere soos sneeuhoenders en kariboes daaronder en kan hulle van hongerte vrek, wat weer kos verskaf vir aasvretende wolwe, bere en rawe.

Wanneer daar egter te veel veldmuise en lemmings is, word die plantegroei vernietig en neem hul getalle af. Die roofdiere moet dan wegtrek.

MET die koms van die somer raak die toendra vol lewe. Hordes insekte broei uit in die poele gesmelte sneeuwater wat oral kol-kol op die landskap voorkom, en hulle word die prooi van visse in groter damme.

Die insekte, vis en waterplante is weer wonderlike feesmaaltye vir die baie trekvoŽls wat die toendra besoek. TrekvoŽls begin in die vroeŽ lente aankom. Eerste op die toneel is die watervoŽls, gevolg deur kusvoŽls en uiteindelik landvoŽls.

Wanneer die voŽls sů op die toendra versamel om nes te maak, te vreet en te verveer, groei die plante ook welig. Die gevleueldes lÍ weg aan die planteóhulle vreet die wortelstokke en styselagtige knolle op die wortels inkluis, sowel as die blare en uitloopsels. Die uitdunning van die plante bring mee dat meer lig die grond bereik, sodat dit warm word en die ysgrond smelt. Op die koop toe bemes die voŽls die grond.

Die kuikens van die meeste groter voŽls wat op die toendra nes maakóganse, swane en eendeókan self kos soek pas nadat hulle uitgebroei het. Die rol van die ouer is slegs om die kleintjies te beskerm en hulle snags warm te hou.

ín Paar Arktiese voŽlsoorte se kuikens kom egter totaal hulpeloos uit die eier. Die swerms insekte in die kort somer stel die voŽlouers in staat om hul kroos honderde kere in die loop van die lang dag te voed. Die toendra-landskap bied ook ideale wegsteekplekke vir hul neste.

Benewens die voŽls is daar talle groot soogdiere wat die toendra met die wisseling van die seisoene binnetrek en weer verlaat. Die suidwaartse migrasie van die kariboe van die Kanadese vlaktes, wat in die winter meer as 1 000 km ver van die toendra na die gebied noord van die groot woudgordel trek, is wel bekend.

Hierdie groot troppe word gewoonlik deur troppe wolwe gevolg. Swakker diere word gevang en gevreet. In die lente trek hulle weer noord, en word hulle nogmaals deur die wolwe agtervolg. Deur van een plek na ín ander te trek, word die gevaar van oorbeweiding verminder.

Hoewel daar nie so ín groot verskeidenheid van diere soos in die meer herbergsame natuurstreke is nie, is daar nog verbasend baie in die koue wÍreld anderkant die boomgrens. Dis diere wat hulle as ít ware op gladde ys gewaagóen gewen het! Die geharde Eskimoís van diereland.

Gryswolf Kariboebul

LINKS BO: Die gryswolf, wat reeds byna deur jagters uitgeroei is, het die onbillike reputasie van ín gulsigaard verwerf. Dit is omdat hy ekstra vleis wegbÍre vir die maer tyeóbelangrik om op die toendra te oorleef.

REGS BO: ín Kariboebul.

Foto van gryswolf: USFWS; foto van kariboe: National Park Service / U.S. Department of the Interior

Poolvos in sy somer- en winterkleed

BO: Die poolvos (ďArctic foxĒ, Alopex lagopus) in sy twee monderingsósy donker pels vir die somer en sy wit pels vir die winter, wanneer hy met sy bruin en swart hare  te opmerklik in die sneeu sou wees. Bere en wolwe beskou hom immers as ín smaaklike happie. Hy is egter self ín roofdiertjie, wat klein diertjies soos lemmings en toendra-vleirotte vreet, asook seevoŽls as sy leefwÍreld naby die kus is. Poolvosse is boonop aasdiere, wat die oorblyfsels vreet van diere wat deur ander roofdiere gedood is.

 Foto van donker poolvos: Bureau of Land Management,
Alaska State Office / U.S. Departement of the Interior; foto van wit poolvos:
U.S. Fish & Wildlife Service


  

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad