Biome van die aarde 8:
 Bergwrelde 

Biome van n berg

Bergbokke

Vir sekere plante en diere is dit n gedugte stryd om in die
 onherbergsame berge te oorleef. Maar vir ander, soos die
stoere ou bergbokke
FOTO BO, bied die aarde se hoogtes
n veilige toevlug...

Foto van bergbokke met vergunning van USFS

Sones van n berg

S

ONDER merkbare inspanning sweef n lammergier op die stygende bergwinde. Merkwaardig vas op sy pote klouter n Alpebok teen n rotsagtige steilte op. En teen n smal rotslys sorg n edelweiss vir n titseltjie wit.

Berge is dikwels van die onleefbaarste plekke op aarde, en hoe hor hulle die lug in toring, hoe onherbergsamer word hulle. Maar waar lewe ook al n vasstrapplek op ons planeet kan kry, daar doen hy dit. Nie verbasend dus dat baie spesiaal toegeruste plante en diere hulle in die hoogtes van die berge gevestig het en dikwels behoorlik daar floreer nie.

In die betreklike kort afstand tussen n berg se voet en kruin is daar n merkwaardige verskeidenheid van verskillende soorte omgewings. Ofskoon faktore soos die aard van die grond, die wind, renval en breedteligging hier n rol speel, word die verdeling van die verskillende sones meestal bepaal deur die temperatuurdaling namate die berg hor word.

Van grasgroen tot spierwitREGS: Van grasgroen tot spierwit... s wissel die natuurstreke van die ho berge.

Foto: Landsat7 / USGS

Die meeste plante en diere wat in die laaglande voorkom, word in sekere mate deur die atmosfeer teen die skroeiende son en die nagkoue beskerm. Maar hoe hor die berg hom teen die blou hemel opwentel, des te yler word die lug en hoe minder hitte kan dit hou. Die temperatuur daal in n tempo van sowat 1 graad vir elke 150 m.

Die voorheuwels van berge word deur tropiese woude of loofbosse gekenmerk, na gelang van die wrelddeel waarin hulle voorkom. Di bome met hul gebladerte versmelt hor op met naaldbosse wat in die koeler, dror lug floreer.

Naaldbome teen n bergLINKS: Naaldbome teen n berg.

Foto: US NPS

Na gelang die hoogte toeneem, lyk die bome kleiner en verpot. Oplaas, as die berg wel so hoog is, sal selfs die dwergbome verdwyn en vir struike plek maak op n nuwe drempel wat as die boomgrens bekend staan.

Struike neem oor

BO: Uiteindelik verdwyn die bome... struike neem oor.
  
Foto: USGS

Boomgrense wissel in hoogte van plek tot plek op die aarde en selfs op dele van dieselfde berg. Waar daar minder sonskyn en sneeu (vir isolering) is en die wind nie so baie waai nie, sal die boomgrens hor wees.

Bokant die boomgrens I n gebied van ware Alpiene plantegroei, met byvoorbeeld welige graslande. Dit is selfs kouer hier en die omgewing is veeleisend, selfs in tropiese gebiede.

Hierdie streek versmelt met die Alpiene toendra wat met die Arktiese toendra ooreenstem. Die grond I besaai met rotse, en daar is waterpoele. In die lente is die wreld hier bespikkel met helder blomme.

n Bergsone van Alpiene plantegroeiREGS: n Bergsone van Alpiene plantegroei met helder lenteblomme. Boontoe groei bes moontlik slegs mosse en korsmosse en verder boontoe l straks n steriele wreld van ys en sneeu.

Foto: US NPS

Plante wat  in die Alpiene streek groei, moet kort somers en lang winters kan verduur. Baie is trae groeiers, terwyl ander n menigte wortels het om die water en voedingstowwe in die arm rotsgrond ten beste te kan benut.

Anderkant die toendra is die lewe tot mosse en korsmosse op kale rotse gereduseer. As die berg hoog genoeg is, sal plantelewe heeltemal ophou bestaan by die permanente sneeugrens. Daarbo is n steriele streek van ewigdurende sneeu en ys. Die toestande hier kom ooreen met di in die poolstreke.

DIE diere van die berge lewe heeltemal anders as di in die bestendiger laaglande. In baie gevalle het hulle ook n ander grootte, vorm en kleur as hul neefs op die vlakte, en die gewoontes kan natuurlik ook ingrypend verskil.

Groot wilde diere lewe in elke streek van die kleiner en middelgroot berge. Kleiner diertjies, weer, word op die verrassendste hoogtes aangetref. Spinnekoppe is byvoorbeeld op hoogtes van meer as
6 700 m op Everest gevind. En daar is geen berg op aarde wat so hoog is dat n vol nie af en toe daaroor kan vlieg nie.

In die rel neem die aantal en verskeidenheid van diere egter af namate die berg hor word. Die rede hiervoor is nie soseer die laer temperature as die kwynende kosvoorraad nie.

Die merkwaardigste lewenswyses kry ons by die diere wat bokant die boomgrens lewe waar kos uiters skaars is, dit moeilik is om n vasstrapplek te kry en daar feitlik geen beskutting teen die weer is nie.

Baie van hulle, soos die wilde skape en bokke, trek in die winter laer af om aan die gure omstandighede in die hoogtes te ontsnap en ook om kos te kry. Kleiner soogdiere ontwyk die koue deur gate in die grond te grawe of te hiberneer (n winterslaap deur te maak).

Ander diere het ekstra dik pelse om hulle teen die wind te pantser. Nog n dier, die Suid-Amerikaanse lama, kan die min suurstof op die ho berge trotseer vanwe n menigte rooi bloedliggaampies in sy liggaam waardeur sy bloed soveel suurstof as moontlik kan inneem.

Miskien die heel verbasendste omtrent die diere van berge is hul isolasie. Baie lewe slegs op hul eie bepaalde bergtop en begewe hulle nooit op enige vreemde terrein nie. Hulle loop gedurig die gevaar om uit te sterf omdat hul hulpbronne so beperk is. As hul bergwreld verwoes sou word, sou hulle geen ander heenkome h nie.

Maar met elke spesie wat van die aardbol verdwynselfs die kluisenaars van die kruineword die natuur op ons wonderlike planeet net al hoe armer...

Inhoud: Biome van die aarde
Klik hieronder om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad