Kortliks傭iblioteke en hoe hulle ontstaan het

地 Blaadjie uit

die boekery...


Fragment van die rol van Jesaja (Dooie See)REGS: 地 Fragment van die rol van Jesaja, net 地 klein deeltjie van 地 groot versameling Hebreeuse en Aramese geskrifte wat sedert 1947 stuk-stuk gevind is in 地 reeks grotte by die Dooie See, in die omgewing van die antieke nedersetting Khirbet Qumran. Die rolle en rolfragmente van Qumran verteenwoordig inderdaad 地 澱iblioteek uit die tyd van die derde eeu v.C. tot 68 v.C. Trouens, in die twintigste eeu was daar geen ryker vonds van ou manuskripte as di van die Qumran-澱iblioteek nie.

 

Krediet: Histories (撤ublic Domain Old)

 


Agter jou skoolbiblioteek of die openbare biblioteek van jou dorp of stad l 地 eeue-oue verhaal嵐n geskiedenis wat min van ons ken. En dit kan 地 mens dalk verbaas om te verneem dat ons eie Kaap in sy eerste honderd jaar of wat geen enkele biblioteek gehad het nie. Waar sou die mense van weleer dan hul kennis kon opskerp... of het hulle dit destyds nie nodig geag om baie te weet nie?

Biblioteek van Alexandri, Egipte (voorstelling)

BO: 地 Ou voorstelling van hoe dit in die beroemde biblioteek van Alexandri, Egipte, kon gelyk het. Hierdie biblioteek is omstreeks 300 v.C. deur Ptolemeus I opgerig.

Krediet: Histories (撤ublic Domain Old)
  


 

B

IBLIOTEKE is vandag oral waar daar geletterde mense is, maar dit was natuurlik nie altyd so nie. Ons kan aanneem dat heelparty mense in die eerste dekades van die ou Nederlandse nedersetting aan die Kaap ten minste darem 地 basiese kennis van lees en skryf gehad het. Tog sou meer as 地 eeu n die koms van Jan van Riebeeck verloop voordat die Kaap sy eerste biblioteek gekry het.

 

Dit het in 1763 gebeur tydens die bewind van die goewerneur Ryk Tulbagh. Hy was 地 ondernemende man en 地 ywerige werker, maar daarby ook 地 groot boekeliefhebber. Dit is nie verniet dat die Kaap onder die leiding van 砺ader Tulbagh耀y erenaam揚root vooruitgang gemaak het nie. Hy het ook 地 plante- en diereversameling in die tuine van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gevestig.

 

Maar die geskiedenis van biblioteke begin vanselfsprekend baie eeue voor die lewe van Tulbagh. Biblioteke het ontstaan waar beskawings die vermo bemeester het om woorde en denke op skrif te stel en die skrif agterna te interpreteer. In die 電onker Europese Middeleeue het die biblioteke in kloosters die geleerdheid van die Oudheid lewend gehou en uiteindelik die herlewing van geleerdheid gestimuleer. 地 Biblioteek is in 地 sekere sin 地 opname van die mens se prestasies en gedagtes, sy kennis en sy kultuur.

 

Die biblioteek is dus meer as 地 bewaarplek van boeke. Dit is 地 plek van voortgesette opvoeding vir oud en jonk. Hoewel dit tradisioneel met boeke en ander gedrukte materiaal te doen het, lewer dit ook dienste op verskillende ander terreine. Die biblioteek verskaf inligting en ontspanning, en dit bevorder kulturele bedrywighede. Opgeleide bibliotekarisse adviseer die lesers en organiseer die biblioteek se bronnemateriaal sodat dit maklik benut kan word.

 

In sekere biblioteke sal 地 mens selfs Mieliestronk se CD-ROM vir skoolprojekte aantref熔f dan wel internetgeriewe sodat 地 mens Mieliestronk se webwerf kan raadpleeg!

 

DIE eerste biblioteke is deur priesters en konings genisieer. Die praktyk van die bewaring van die geskrewe woord het in tempels begin met die versameling van geskrifte wat as heilig beskou is, asook in paleise waar die opgetekende inligting omtrent koninkryke bewaar moes word. Die eerste biblioteke het in Babiloni en Egipte ontstaan.

 

Die Babilonirs het in wigskrif (spykerskrif) op kleitablette geskryf, en Babilon het reeds in die 21ste eeu v.C. 地 biblioteek gehad. Die biblioteek in Ninive van die Assiriese koning Assurbanipal of Assoerbanipal, wat van 669 tot 626 v.C. geregeer het, is in 1850 herontdek. Hierdie biblioteek het tienduisende kleitablette gehad wat noukeurig gekatalogiseer is en deur die geletterde publiek benut kon word.

 

Die Assiriese koning Assurbanipal uitgebeeld as hopriesterREGS: Die Assiriese koning Assurbanipal uitgebeeld as 地 hopriester.

 

Krediet: Histories (撤ublic Domain Old)

 

 

地 Selfs ouer biblioteek is later gevind in opgrawings by Ras Shamrah in Noord-Siri, naby die Middellandse See. Etlike honderde kleitablette van die veertiende eeu v.C. is hier gekry.

 

In Egipte is eers kleitablette gebruik, maar later is papirus as skryfmateriaal aangewend, en die hiroglifiese skrif is ontwikkel. Mettertyd het elke tempel daar sy eie biblioteek gehad, dog ongelukkig het net sekere skamele reste van die Egiptiese biblioteke behoue gebly. Tog is baie hiroglifiese geskrifte in grafkelders en grafte gevind熔p afgedigte, kurkdro plekke waar die papirus teen bederf beskerm is.

 

In die Heilige Land was die tempel in Jerusalem 地 argief vir dokumente wat as heilig beskou is. Daar is op rolle geskryf wat gewoonlik sowat vyf tot agt meter lank, maar soms veel langer was. Papirus is aanvanklik gebruik, maar later was die rolle gewoonlik van vel of perkament. In 1947 en daarna is die Dooie See-rolle gevind容n die Qumran-vondste verteenwoordig inderdaad 地 onberekenbaar kosbare 澱iblioteek uit die tyd van die derde eeu v.C. tot 68 v.C.

 

In Griekeland het die eerste biblioteke hul verskyning in die sesde eeu v.C. gemaak. Later het 地 aantal enkelinge ook geskrifte versamel. Die beroemde Griekse wysgeer en wetenskaplike Aristoteles kon roem op 地 groot biblioteek wat hy byeengebring het.

 

Die beroemdste biblioteek in die Helleense w靡eld was in Alexandri, Egipte. Hierdie biblioteek is omstreeks 300 v.C. deur Ptolemeus I opgerig. Die Ptolomers, wat Masedoniese konings van Egipte was, was groot versamelaars en daar was in een stadium glo meer as
300 000 rolle in hul biblioteek. Nog 地 groot biblioteek in die Helleense tyd was in Pergamum, 創 ou stad in Klein-Asi.

 

In Rome was die eerste biblioteke plundergoed揚ebuit deur Romeinse lers toe hulle Griekeland en ander lande verower het. Teen die eerste eeu v.C. kon talle welgestelde Romeinse burgers met groot biblioteke spog. Die filosoof en staatsman Cicero en die digter Vergilius het versamelings manuskriprolle besit. Die eerste openbare biblioteek in Rome het omstreeks 30 v.C. tot stand gekom.

 

Baie ander openbare biblioteke is in Rome en ander stede van die Romeinse Ryk opgerig. Toe die Romeinse keiser Konstantyn (ca. 272337) sy hoofstad na Konstantinopel verskuif het, het hy 地 biblioteek daar gevestig. Baie biblioteke is in die vierde en vyfde eeu n.C. verwoes toe verskillende stamme die Romeinse Ryk tydens die Groot Volksverhuising (die 的nval van die Barbare) binnegedring het. Ander biblioteke het verval toe die Ryk tot 地 einde gekom het.

 

In die Middeleeue is geleerdheid in die Christelike kloosters lewend gehou. Elke klooster het 地 versameling geskrifte gehad, en baie monnike het geduldig en nougeset hul tyd aan die kopiring van manuskripte bestee.

 

 Middeleeuse monnike kopieer geskrifte met die hand (voorstelling)

BO: 地 Voorstelling van Middeleeuse monnike in 地 都crip­to­rium (skryfkamer), ywerig besig om manuskripte  met die hand te kopieer. (Detail van 地 muurskildering gedoen in 1896 deur John White Alexander in die Library of Congress Thomas Jefferson Building, Washington, D.C.)

 Krediet: U.S. Library of Congress (哲o known restriction on publication)

 

 

In Moslemlande was daar 地 groot herlewing van geleerdheid. Griekse manuskripte is in Arabies vertaal en biblioteke is in Bagdad, Karo en Tripoli opgebou. Baie biblioteke is in Spanje gevestig, wat toe onder Moslemse heerskappy was. Die Arabiere het die kuns om papier te maak van die Chinese geleer en dit in die twaalfde eeu na Spanje gebring.

 

In Europa het kultuur en geleerdheid in die twaalfde eeu 地 opbloei beleef en die weg gebaan vir die biblioteke van die Renaissance. Monnike was nie langer die enigste bewaarders van boeke nie en kloosters het as biblioteeksentrums gekwyn. Pleks daarvan het biblioteke hul verskyning in die katedrale gemaak waarvan baie omstreeks in hierdie tyd gebou is. Daar was ook boekeversamelings in die universiteite wat in die twaalfde eeu die eerste keer tot stand gekom het. Baie konings, prinse, adellikes en geleerdes het boeke versamel.

 

Sekere van die baie groot moderne biblioteke het uit private boererye van die Renaissance-periode gegroei.

 

Die uitvinding van los drukletters omstreeks die helfte van die 1400痴 het die moderne era van biblioteke ingelui. Nou kon boeke in groot maat gedruk word sonder om 地 manuskrip keer op keer pynlik met die hand te kopieer.  Groot en beroemde biblioteke het tot stand gekom, benewens die horde kleineres wat vandag steeds wyd en syd oor die aardbol meehelp om lesers te vermaak en kennis te versprei.

  

 Johannes Gutenberg en die Gutenberg-Bybel

LINKS BO: Duitsland se Johannes Gutenberg (ca. 13981468), wat tra­disioneel gehuldig word as die Westerse uitvinder van die idee van los letters in die drukkuns (hoewel sowel Nederlandse as Franse historici al met baie getuienis vorendag gekom het wat hierdie uitvindsel aan mense in hul eie lande toeskryf). 

 

REGS: 地 Eksemplaar van die Gutenberg-Bybel, die grootste prestasie van die drukker Johannes Gutenberg. Ondanks die onsekerheid oor wie die eintlike 砺ader van die losletter-konsep is, word hierdie Bybel nietemin in die Weste beskou as die boek wat die era van die gedrukte boek ingelui het.

Krediet: Histories (撤ublic Domain Old) x2
 

Maar in ons elektroniese eeu is biblioteke lank nie meer net versamelings drukwerk wat rye en rye boekrakke vul nie. Die internet en ander ontwikkelings het die verkryging van enorme hoeveelhede inligting uit verskillende oorde moontlik gemaak, met die gevolg dat die boeke in 地 enkele biblioteek maar net 地 deel kan wees van sy magtige bronneversameling wat tot ver buitekant die mure van die biblioteekgebou kan strek.                                                                        

 

Hoofbron:  New Standard Encyclopedia
 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad