|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
BLOMME: Plante in hul fleur!
Foto: NASA Astrobiology Institute / NASA
Foto van kolibrie: Digital Library System / U.S. Fish & Wildlife Service (gewysig)
DIT
is een van die wonderlikste verbintenisse in die ganse skepping— dié
tussen blomdraende plante en insekte. Bye, vlinders, vlieë en muskiete
vlieg van blom tot blom en bestuif dit met stuifmeel (geel blompoeier)
sodat die plante kan vermenigvuldig. Op hul beurt bied die plante nektar—’n
soet vloeistof in hul blomme—aan die insekte. Ander
diere, soos suikerbekkies (heuningvoëltjies) en vlermuise, drink ook die
nektar van blomme en dra in dié proses stuifmeel oor.
Sekere
bestuiwende insekte, soos motte, vlieg snags, terwyl ander, soos vlinders
en bye, in die dag vlieg. Verskillende soorte blomme is hiervolgens
toegerus: party gee hul geur net in die nag af, terwyl ander dit bedags
doen.
|