|
Stryd teen
|
|
Maar
die tiener het al so uitgeteer dat hy net 30 kg weeg en skaars die krag
het om sy kop op te lig. Hy is op sterwe. Die dokters gee die seun ’n
inspuiting en wag gretig om te kyk wat gaan gebeur. Die inspuiting help
niks nie, trouens, dit laat ’n sweer ontwikkel. ’n Ietwat
ander ekstrak word voorberei en op 23 Januarie word die seun daarmee
ingespuit. Hierdie keer lyk dit of daar ’n opflikkering is. Nog ’n
aantal inspuitings volg deur die loop van die dag en spoedig sit Leonard
regop in die bed. Hy eet ook normaal. In die volgende paar dae kry hy sy
krag terug en sit gewig aan. Uiteindelik kan hy huis toe gaan. Hierdie
behandeling, meer as tagtig jaar gelede, is as ’n triomf vir die mediese
wetenskap aangekondig. Binne ’n paar maande het nog diabete dieselfde
inspuitings ontvang en het hul eweneens so gesond geword dat hulle met hul
lewe kon voortgaan. Die
behandeling—inspuitings met insulien—was die geesteskind van ’n
skaam Kanadese dokter genaamd Frederick Banting. Hier is sy besondere
verhaal. Vroeë lewe
BANTING
word op 14 November 1891 op ’n plaas naby Alliston, Ontario, gebore. Toe
hy vyftien is, kry ’n meisietjie in sy klas diabetes en sterf. Banting
is ontsteld omdat die dokters so magteloos is om haar te help. Nadat hy die
skool verlaat het, begin hy op sy pa se aandrang vir predikant studeer,
maar omdat hy so ’n slegte spreker is, wend hy hom liewer tot die
geneeskunde. In die Eerste Wêreldoorlog is hy ’n dokter in die Kanadese
leër. Hy beseer sy hand so erg dat sy kollegas dit wil afsit. Banting
weier. Hy hou self toesig oor sy behandeling totdat sy hand heeltemal
genees, terwyl hy die hele tyd ook nog die gewonde soldate versorg. Hy kry
later ’n militêre toekenning vir dapperheid. Ná die oorlog word Banting ’n mediese praktisyn op ’n dorp met die naam London, in Ontario. Hy het egter so min pasiënte dat hy nie genoeg verdien om daarvan te lewe nie. Sy verloofde reken daar is nie veel van ’n toekoms vir haar saam met hom nie en verlaat hom.
REGS: Die pankreas, ’n klein, gelerige klier naby die maag. Lees hieronder oor Banting se opspraakwekkende ontdekking in verband met hierdie klier. Illustrasies
: U.S. Department of Health and Human Services Die X-goed
IN
1920, terwyl hy ’n les oor die pankreas vir sy studente voorberei, val
Banting se oog op ’n artikel oor die skakel tussen diabetes en ’n
hormoon wat blykbaar deur die pankreas afgeskei word en wat die liggaam
nodig het om suiker te verwerk. Dokters het eers gedink die pankreas skei
slegs spysverteringsappe af.
Wetenskaplikes
het begin wonder of die selle dalk die stof afskei wat die verwerking van
glukose reguleer. Hulle het dit begin isoleer, maar sodra die pankreas gesny
is om dit te ontleed, het sy spysverteringsappe die onbekende stof
vernietig. Die navorsers het naderhand ophou probeer.
Banting
het gewonder of dit moontlik is om die X-goed, soos hy dit genoem het, te
onttrek deur die buise naby die eilandjies van Langerhans in ’n lewende
dier af te bind voordat die pankreas verwyder word. Aangesien daar geen
geriewe by die Universiteit van Wes-Ontario was nie, doen hy toe aansoek om
sy proefnemings by die Universiteit van Toronto te doen.
In
hul eerste proefneming bind Banting en Best die pankreasbuise van ’n
aantal honde af en wag sewe weke lank. Toe hulle weer die honde oopsny, vind
hulle dat die garing wat hulle gebruik het, gebreek het en dat die buise
normaalweg werk. Die mans is verpletter, want die tyd loop uit. Omdat
Macleod met vakansie weg is, besluit hulle om die proefneming met ’n
tweede groep honde te herhaal en dié slag sterker garing te gebruik. Ná slegs
een maand sny hulle weer die honde oop. Hulle verwyder die kliere en slaag
daarin om ’n bietjie van die X-goed af te trek. Hulle spuit die ekstrak in
’n hond met diabetes (een waarvan die pankreas uitgehaal is)—en hou asem
op. Tot
hul groot vreugde kom die hond by uit sy beswyming en hy herstel vinnig.
Hierna werk die mans ylings voort en gebruik uiteindelik die pankreasse van
geslagte kalwers om groter hoeveelhede insulien te verkry—soos die X-goed
later genoem is.
Erkenning
IN
1923 word Banting en Macleod gesamentlik met die Nobel-prys vereer vir ''hul
ontdekking van insulien''. Banting is kwaad omdat Macleod, en nie Best nie,
gekies is om die toekenning saam met hom te kry en hy erken Best se bydrae
deur die prysgeld met hom te deel. Macleod gee op sy beurt die helfte van sy
deel vir Collip. In
dieselfde jaar stig die Universiteit van Toronto die Banting en
Best-departement vir mediese navorsing, met Banting as die hoof. Hy word
later vir sy werk tot ridder geslaan. In die Tweede Wêreldoorlog sluit
Banting hom as ’n majoor by die Kanadese leër aan. Op 21 Februarie 1941,
onderweg na ’n geneeskundige sending in Engeland, sterf hy toe die
tweemotorige bomwerper waarin hy reis tydens ’n sneeustorm in Newfoundland
neerstort. Die
mediese wetenskap verloor ’n ware groot navorser. Maar hy sal nooit
vergeet word nie, want sy ontdekking het die verskil tussen die lewe en die
dood beteken vir miljoene diabete oor die wêreld heen. |
|
|
|
|
• Britse navorsers het in Maart 2009 aangekondig dat ’n virus wat algemeen voorkom dalk die sneller kan wees wat baie gevalle van diabetes laat ontwikkel, veral onder kinders. Volgens die vaktydskrif Diabetologia is tekens van enterovirusse in ’n navorsingstudie in pankreasweefsel gevind van sestig persent kinders wat aan tipe1-diabetes ly. By kinders wat nie lyers is nie, was daar egter skaars enige tekens van enterovirus-infektering. Daar is ook gevind dat veertig persent van volwassenes met tipe2-diabetes tekens van die infeksie toon in die selle wat insulien produseer. Ofskoon erflikheid ’n wesentlike rol by die ontwikkeling van diabetes speel, is hier ’n interessante nuwe perspektief. Volgens die studie kan die virus dalk net die vabond wees wat die diabetes aan die gang sit by mense wat ’n geneigdheid daartoe het. Die familie van enterovirusse is ou bekende kalante wat sulke simptome soos braking en diarree veroorsaak. Daar is egter omtrent honderd verskillende enterovirus-stamme, en die uitdaging is nou om uit te vind watter van dié dalk by diabetes betrokke kan wees. Die navorsing is gedoen deur dr. Alan Foulis, ’n pataloog van Glasgow, en kollegas van die Peninsula- mediese skool en die Universiteit van Brighton.
Hul
bevinding verhoog die moontlikheid dat ’n entstof nog ontwikkel kan
word. |
|
|
Klik
hier om terug te keer na die inhoudsblad |