Wil jy glo...
Antibiotika uit insekte!

Die goggas van die wÍreld word deesdae indringend bestudeer met die uitsluitlike doel om nuwe antibiotika vir die mens te vind. Dis omdat die huidige antibiotiese medisynes, onder meer weens oorgebruik, vinnig besig is om hul doeltreffendheid te verloor...

Penisilline van die 21ste eeu
ó uit die nietige asynvliegie


Asynvliegie
ONS ken hom as die asynvliegie. Daar waar vrugte van die bome afgeval het en vrotsig lÍ en suur word, hou hy en sy medevliegies alte gesellig makietie. Dis ín wemelende gespuis wat as ít ware die soet in die suur van die lewe ontdek het! 

Maar dat die asynvlieg enige nut sou kon hÍ (buiten miskien om verrottende afval te help opbreek) sou geen mens seker vroeŽr ooit kon kon raai nie.

Want nou is daar geleerdes wat reken dat die nederige klein Drosophila melanogaster ín besondere rol te speel het in die toekomstige gesondheid van die mensdom.

En nie hy alleen nie. Trouens, die insektewÍreld in sy geheel word deesdae indringend bestudeer met die uitsluitlike doel om nuwe antibiotika vir die mens te vind. Dis omdat die huidige antibiotiese medisynes, onder meer weens oorgebruik, vinnig besig is om hul doeltreffendheid te verloor.

Wat insekte in hierdie verband so belangrik maak, is hul uitsonderlike immuunstelsel. Die meeste soorte siektekieme kan hoegenaamd geen hond haar-af maak daarteen nie.

Soos een Franse immunoloog dit stel, een van verskeie navorsers wat in die vervaardiging van antibiotika uit insekte spesialiseer: "Het jy al ooit ín vlieg gesien wat op dierlike uitwerpsel teer wat salmonella-vergiftiging opgedoen het?íí

Mexikaanse vrugtevliegieWat die wetenskaplikes doen, is om vas te stel teen presies watter soort bakterieŽ ín spesifieke insek bestand is. Dan isoleer hulle die sogenaamde peptide in die insek wat teen daardie bepaalde kieme weerstand bied. Daarna kan die molekulÍre struktuur van die petide bepaal word sodat dit sinteties berei kan word.

Die vrugtevliegie is die spesiale belangstelling van dr. Jules Hoffmann van Frankryk. In die laboratorium van sy onderneming in Straatsburg, so vertel hy, kyk hulle na watter peptide-kombinasie die asynvliegie aanmaak om sy bepaalde siekte-verwekker die nek in te slaan.

"Vir elke verwekker maak hy, heel doelgerig, ín ander subtiele kombinasie," sÍ dr. Hoffmann. "Ons hoop om daardie proses nuut te kan reproduseer. Dan sal ons beslis afreken met selfs die mees hardnekkige bakterieŽ en skimmels."


ín By-saak met ín angel...


Heuningby
MISKIEN het jy al self hierdie storie by een van die ou mense gehoor: van iemand wat iets allervreesliks gepla was deur die ``jigíí, maar op ín dag gaan heuning uithaal het uit ín byenes.

Hy was daardie dag moontlik nie so versigtig soos gewoonlik nie. Omtrent twee dosyn bye het die imker (byeboer) gesteek aan die arm wat hom juis die meeste gehinder het. Wonder bo wonder was dit die einde van die pynlike gewrigsontsteking.

Wolhaarstorie? Beslis nie, weet die navorsers vandag. Die steek van die heuningby (familie Apidae, orde Hymenoptera) is nou wel vir sekere allergiese mense lewensgevaarlik, maar mense met rumatiese aandoenings kan moontlik baat daarby vind.

Uit Tsjeggiese en Amerikaanse ondersoeke blyk dat party vorms van rumatiek en artritis goed reageer op stowwe in byegif wat die bloedvate wyer maak, ontsteking teŽwerk en die wisseling van weefstof verhoog.

ín Stekie soggens nadat ín mens opgestaan het, sou glo mŰre-styfheid voorkom. Dis nou wat ín mens noem een pyn met ín ander pyn beveg, maar straks moet ín mens tog darem eers jou dokter raadpleeg voordat jy so ín onkonvensionele behandelingsmetode beproef. ín Mens moet dit weer dringend beklemtoon: ín bysteek kan party mense doodmaakÖ


Brommer

Foto: PDPHOTO.ORG

Dankie tog, daar's ín vlieg in die salf!

OMMER as ín brommer, sÍ ons mos. Vermoedelik sÍ ons dit van iemand wat iets uitstekends verrig het of dalk besonder bedrewe is met die een of ander ding.

Waar die uitdrukking vandaan kom, is ín ope vraag. Een ding is nietemin seker: meer bedrewe as die aasvlieg kry jy nie maklik as dit by die vertering van vrot vleis kom nie.

SilhoeŽt van groen vlieg (Lucilia sericata)Dis eintlik die maaiers (larwes) van daardie nare groen vlieg (Lucilia sericata) wat so versot is op allerhande verrottende karkasse en kreng.

Maar daar is ook lede van die vleisvlieg- of aasvliegfamilie wat selfs as parasiete in die liggame van sprinkane, ruspes, kewers, skerpioene, slakke en erdwurms lewe.

En in Rusland is daar tot ín vleisvliegsoort waarvan die maaiers in die wonde van huisdiere of selfs in die neusholtes van mense ontwikkel. Jiggie.

Hoe ook al, net toe ons besluit het niks is beter as ín morsdooie aasvlieg nie, het die vieslike vent reeds sekere Europese hospitale verower. En, wil jy glo, nie die dodehuise by die hospitale nie, maar die sale waar hy as ín goeie vriend van die dokters en pasiŽnte beskou is.

Wanneer hulle losgelaat word in wonde wat moeilik gesond word, vreet die groen aasvlieÍ hulle trommeldik aan afgestorwe weefsel. Dit is diť verrottende vleis wat sulke wonde lewensgevaarlik maak en die dokters soms dwing om sekere liggaamsdele te amputeer (af te sit).

Gelukkig is die groen aasvlieg se larwe ín regte fynproewer. Van gesonde, goed deur bloed gevoede weefsel wil hy niks weet nie. Maar skadelike baktereriŽ, wat al hoe meer bestand teen antibiotika raak, is sy gunsteling-kos. Boonop skei hy ook ín ensiem (soort organiese stof) af wat help dat wonde gouer gesond word.

In Swede en Duitsland het hy al amputasies voorkom by pasiŽnte met diabetiese gangreen (die sogenaamde kouevuur).

Dit gee mos ook die uitdrukking "daar's ín vlieg in die salf'' ín heeltemal nuwe betekenis, of hoe?

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad