Kinders van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)

Haasbekkies en penkoppe—bloedjong martelare van een van die somberste hoofstukke in die SA geskiedenis



BO: ’n Jong ma en haar erg uitgeteerde kind.
  



BO: ’n Boerekind op die sterfbed in ’n konsentrasiekamp.

Hoogste offers
van die
kinderhelde

 

Die Anglo-Boereoorlog van iets meer as honderd jaar gelede het groot offers van Suid-Afrikaners van verskillende rasse geverg, nie die minste nie die kinders. Terwyl duisende jong kinders tragies in die konsentra­siekampe moes sterf, het heelparty melktand-tienerseuns destyds die wapens opgeneem om sy aan sy met Pa en Ouboet “die Kakies te gaan skiet”. Sekere van hulle het klaarblyklik nie altyd die gevare besef nie. En soms moes hulle in hul jeugdige voortvarendheid ook die hoogste tol betaal... 


REGS: Vel en been in die
konsentrasiekamp—maar hy het
wel die beproewing oorlewe.

DIT was die oorlog van die hardebaarde, van waagmoed en onverskrokkenheid. En van dood en lyding. Diť sou die oorlewende stryders op die slagveld soos manne aanvaar, soos dit sedert onheuglike tye in elke oorlog gedoen word.

Maar hierdie oorlog was ook die oorlog van die kinders, selfs van babatjies en haasbekkies—met duisende kindergraffies, ry op ry, tussen die soetdorings op die HoŽveld.

In die Anglo-Boereoorlog, wat iets meer as honderd jaar gelede ten einde geloop het, het die lot van onskuldige kinders vir een van die somberste hoofstukke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesorg.

Dit was veral in die konsentrasiekampe, waar duisende kinders die hoogste tol moes betaal. En nie net Boerekinders nie, maar ook swartes, soos dit veral in die afgelope jare duideliker geword het.

Volgens baie geskiedkundiges was die berugte konsentrasiekampe destyds die Britte se manier om ’n einde aan die voortslepende oorlog teen die Boere-guerrillas te probeer maak, al sou hulle ook ander redes aanvoer waarom dit nodig sou wees om die kampe op te rig.

Die plan sou wees om die Boere se moreel te breek deur hul vroue en kinders, bejaardes en ander afhanklikes soos plaaswerkers na kampe in die veld weg te voer—waar hulle in die haglikste omstandighede gewoon het.

Die getal swart kinders wat in die oorlog omgekom het, moet nog amptelik bereken word. Volgens die statistieke was daar 43.000 swartes in die konsentrasiekampe, van wie minstens 14.154 dood is. As die verhouding dieselfde as in die kampe vir blankes was, moet sowat 11 000 swart kinders daar gesterf het.

Van die 118 000 Boeremense wat in die konsentrasiekampe was, is byna 28.000 oorlede. Trouens, ’n hele geslag potensiŽle Afrikaners is uitgewis, altesaam 22.074 Boerekinders en 4182 Boerevroue, terwyl nog sowat anderhalf duisend mans (meestal bejaardes) in die kampe omgekom het.

REGS: Die konsentrasiekamp van Norvalspont.

Daar is al bereken dat daar vandag nagenoeg 600.000 meer Afrikaners kon gewees het as dit nie vir die sterftes in die konsentrasiekampe was nie.

Die kampbewoners, veral die kindertjies, het binne maande tot lewende geraamtes weggeteer. Die swak sanitÍre geriewe in die nagenoeg vyftig kampe het tot die uitbreek van epidemies gelei, waarvan ’n masels-epidemie die dodelikste was.

Die swartmense, wat deur die Britte in aparte kampe aangehou is, het dit selfs nog slegter gehad. Daar is van hulle verwag om hul eie akkomodasie op te rig en met selfs kleiner rantsoene as die geÔnterneerde wit vroue en kinders tevrede te wees.

MAAR dit was nie net in die konsentrasiekampe waar destyds van kinders verwag is om aktief by die oorlog betrokke te wees nie.

Daar was ook die sogenaamde penkoppe. Kragtens die kommandowette van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en die Oranje-Vrijstaat was manlike burgers dienspligtig vandat hulle sestien jaar oud geword het.

Dog reeds in die eerste maande van die oorlog was daar penkoppe jonger as sestien jaar in die kommando’s. Tog was dit veral in die laaste fase van die oorlog, die guerrilla-fase, toe die Boere meestal in hul eie distrikte geveg het, dat bloedjong seuns hulle te velde by hul vegtende pa’s en ouer broers aangesluit het.

Die woord penkop vir hierdie melktand-tieners op kommando is heel waarskynlik ontleen aan dieselfde naam vir ’n bulkalf wat pas horings gekry het.

REGS: Genl. Louis Botha en
sy jong seun in die veld
tydens die oorlog.

 

Min is nog werklik daaroor geskryf, maar in die boek Penkoppe van die Tweede Vryheidsoorlog deur Pets Marais (uitgegee deur J.P. van der Walt) word insiggewend vertel van die nogal merkwaardige bydrae van sekere van hierdie onverskrokke seuns in die oorlog.

Nie dat hulle in hul kinderlike voortvarendheid altyd die gevare besef waaraan hulle hulle blootgestel het nie. Sů word vertel van ’n dertienjarige seun wat op ’n donkie aangetref is met ’n Martini-Henry-geweer by hom. Toe aan hom gevra is wie hy is en waarheen hy op pad is, het hy lakoniek geantwoord: "Ek is Jooste. Ek gaan Engelse skiet.''

Van oral oor het sulke jong seuns hul pad na die onderskeie kommando’s gevind. ’n Russiese verpleegster wat haar waarnemings opgeteken het, het onder meer geskryf: "Ek het persoonlik by Veertien Strome met twaalfjarige seuns kennis gemaak wat agter hul pa’s aan van die huis af weggeloop het en dadelik in die gevaarlikste plekke ingedons het.''

Weliswaar het hulle baiemaal net as agterryers die perde opgepas, maar ander kere sou hulle weer die grootste durf openbaar. Daar word byvoorbeeld vertel van ’n agterryertjie met die bynaam Gesiggie wat eenkeer met vier Engelse soldate by sy Boerelaer aangekom het. Hy het hulle gevang waar hulle weggekruip het. Toe aan hom gevra is hoe hy dit reggekry het, het hy geantwoord: "Ek het hulle omsingel!''

Tog het baie penkoppe in gevegte gesneuwel. By genl. Christiaan de Wet was byvoorbeeld ook penkoppe toe hy die keer vir pres. M.T. Steyn van die Vrystaat moes begelei om te keer dat die president in Engelse hande beland.

Een van die kinders wat in hierdie gevegte dood is, was slegs dertien jaar oud. Nog een wat gewond is, was selfs jonger. Maar die president se veiligheid is gewaarborg en die Engelse het hom toe nooit gevang nie.

En dan was daar byvoorbeeld ook die jong Kosie Briedenhahn wat kommandant J.H. Visser se lewe gered het, maar in die proses self deur ’n Britse koeŽl gedood is.

REGS: “Die Laaste Patroon.” ’n Skuifplaatjie vir ’n sogenaamde towerlatern toon ’n Boerseun wat vir sy oupa die laaste patroon aangee terwyl hulle die vyand op vaderslandsgrond beveg. Die towerlatern was die voorloper van die moderne skyfieprojektor.

 

Die jong seuns het gou geleer dat die lewe op kommando dikwels bitter moeilik kon wees. Kos en water was skaars terwyl ’n geveg aan die gang was. Op ’n keer is veertien dae aanmekaar aan die Natalse front geveg, waartydens die kommando's slegs tien maaltye kon geniet. En diť het meestal net uit droŽ brood of beskuit bestaan, met water pleks van koffie daarby.

’n Hele klomp van die seuns het eindelik saam met volwasse Boere-krygers in krygsgevangenekampe beland. Hulle is selfs na kampe soos diť op Bermuda, St. Helena en in IndiŽ gestuur. Dikwels het hulle nog met waentjies gespeel het terwyl die ou manne die tyd op meer volwasse maniere verwyl het.

Maar in hul jong fase van storm en drang het hulle geweet van hul plig teenoor hul land—iets wat straks vir die kinders van vandag ’n groot les inhou oor patriotisme.



BO: Oudste en jongste Boere-krygsgevangenes op die eiland St. Helena.
Seuns wat nog met waentjies speel, sit en staan by twee grysaards
van in die sewentig.

Agtergrondmusiek: Ou Vrystaatse Volkslied

  Aanbevole webwerf: Alles oor die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe: War Museum of the Boer Republics: http://www.anglo-boer.co.za/ (sal in ’n nuwe venster oopmaak)

Lees gerus ook die boek Penkoppe van die Tweede Vryheidsoorlog deur Pets Marais (uitgegee deur J.P. van der Walt)

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad