Die artikel hieronder is n ietwat verwerkte weergawe van n artikel wat goedgunstiglik aan Mieliestronk.com verskaf is deur die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl. Besoek gerus hul webwerf by hierdie skakel.

 

  Die artikel kan in samehang gelees word met hul ander artikel oor die oorsprong van Afrikaans: klik hier. Daar is wel sekere oorvleuelings in die twee geskrifte, maar soveel verskillende aspekte word in die artikels belig dat stellig nie een van hulle sonder nut vir die leerder is nie.

 

  Lees ook die Mieliestronk-artikel oor waar ons taal by die groot Germaanse taalfamilie inpas: klik hier.

Die wortels van Afrikaans
 

Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap, volgens die bekende skildery deur Charles Davidson Bell

BO: Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap, volgens die bekende skildery deur Charles Davidson Bell (1813-1882). Bell, n Skot, was landmeter-generaal van die Kaap en as kunstenaar ook die ontwerper van Kaapse medal­jes en sels.

Dit is n goeie vraag hoeveel Bell se uitbeelding van die Nederlanders se koms miskien meegehelp om indruk te stereotipeer dat die Europers hor as die barbare van Afrika is. Teenoor n gesofistikeerde Van Riebeeck en sy mede-Hollanders word die Khoi enigsins pateties voorgestel en op n laer vlak as die aankomelinge geplaas.
 
  Maar al is Afrikaans in wese n Germaanse taal, kan die bydrae van die Khoi in sy ontstaan nie ontken word nie. Van ons mees algemene woorde soos eina en kamtig is niks anders as Khoi-erfenisse nie. Daarby moet die  dubbele nie, wat so eie aan ook standaard-Afrikaans is as wat biltong aan Suid-Afrika is, volgens sekere navorsers ook aan die Khoi-invloed toegeskryf word. (Omdat die nie in die Nederlandse dialekte in die middel van n ontkenningsin geplaas is, maar die ontkenningselement aan die agterkant van n Khoi-sin voorgekom het, sou die dubbele negatief deur benvloeding in Afrikaans ontstaan het.)



Europese wortels

 

 A

FRIKAANS se wortels l oor drie vastelande versprei, naamlik Europa, Afrika en Asi. Grammatikaal en struktureel is dit allereers n Germaanse taaln taal uit Europa wat op Afrika oorgeplant is. Dat ons eie kontinent ook n sekere stempel op Afrikaans sou afdruk, is eintlik vanselfsprekend. Maar die groot invloed wat vanuit n wrelddeel soos Asi op ons taal uitgeoefen is, was die gevolg van nog n belangwekkende tydvak in ons geskiedenis.

In 1652 het die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) van Nederland n verversingspos aan die Kaap gestig vir sy skepe wat na en van die Ooste gevaar het. Die amptenary van die VOC het hoofsaaklik Hollands gepraat. Die matrose en soldate het op hul beurt hul gesprekke gevoer in n mengsel van sewentiende-eeuse Nederlandse en Nederduitse dialekte wat ontwikkel het uit die Germaanse taalbasis wat nie as die standaard beskou is nie.

Dit was gewestelike variante van die Dietse taalgroep soos dit van plek tot plek op voetsoolvlak deur die landvolk gepraat is en waarbinne baie dialektiese variasies dus moontlik was. Die sogenaamde Algemeen Beskaafde Nederlands is eers later in die sewentiende eeu gereglementeer. Afrikaans het nie daaruit ontwikkel nie.

Sedert 1657 is plase aan die Kaap aan die vryburgers uitgegee. Die vryburgers was werkers van die VOC aan wie van tyd tot tyd toestemming verleen is om die diens te verlaat (dus vry burgers te word) en te gaan boer. Hulle het van verskillende Europese lande gekom, bv. die Duitstalige gebiede, Nederland, die Skandinawiese lande en Frankryk.

Aangesien die taalbeleid van die VOC baie streng was en die Kompanjie gretig was om die Hollandse karakter van die Kaap te behou, is al die mense verplig om Hollands aan te leer. Die saambondeling van sprekers van die verskillende Nederlandse dialekte, tesame met die aanleer van die taal deur Europese vreemdelinge, het n gelykmakende en vereenvoudigende uitwerking gehad wat deur die bydraes van die Khoi-groepe en die Oosterse slawe versterk is.

Die resultaat was n aanleerderstaal waarvan Hollands die teikentaal was. Party navorsers verwys hierna as n kreoolse taal. Reisigers het reeds so vroeg as in 1671 (nog nie eens twintig jaar n die vestiging van die verversingspos nie) aangeteken dat die Hollands wat aan die Kaap gepraat word nie meer soos die taal van Europa klink nie. Die skryftaal was egter nog dieselfde.

Teen die middel van die agttiende eeu was Afrikaans as n afsonderlike taal met n eie identiteit reeds aan die Kaap gevestig. Die taal is Kaaps-Hollands genoem, maar het in party streke ook ander name gehad. Die Afrikaans wat by die Genadendal-sendingstasie gepraat is, het bv. by die Britse owerheid as Genadendal Dutch bekend gestaan.
 

Duitse invloed

DIT was die beleid van die VOC dat al hul amptenare in bestuursposte Nederlands moes wees. Talle van hul ambagslui, soldate en matrose, was egter boorlinge van ander Europese lande, veral die Duitstalige gebiede.

Ou DuitsersLINKS: n Duitser by sy vrou en een van sy kinders op n baie ou foto. Die Duitsers wat Kaap toe gekom het om vir die Kompanjie te werk, kon baie soos hierdie man gelyk het, maar hulle was meestal enkelinge sonder gesinsverbintenisse wat eers in hul nuwe vaderland sou vrou vat. Di vroue was weer baie dikwels van Nederlandse afkoms.
 

Toe Jan van Riebeeck in 1652 die verversingspos aan die Kaap kom stig het, was dit maar vier jaar sedert die sluiting van die Vrede van Westfale, wat die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) beindig het. Baie mense van die Duitstalige gebiede het probeer ontsnap aan die verwoesting en armoede wat deur die oorlog veroorsaak is, deur in hul welgestelde buurland Nederland n heenkome te gaan soek.

Nederland het in die sewentiende eeu n ekonomiese bloeityd beleef wat bekend gestaan het as die Goue Eeu, en die VOC was maar te gretig om die Duitse trekarbeiders in diens te neem. Baie van hierdie Duitsers het uiteindelik as vryburgers aan die Kaap n nuwe begin gemaak nadat hulle uit die VOC se diens getree het.

Teen die tweede kwart van die agttiende eeu was daar meer Duitsers as Nederlanders aan die Kaap. n Mens sou dus verwag dat die Duitse dialekte n aansienlike uitwerking op die ontwikkeling van Afrikaans moes gehad het, maar in werklikheid is die taalinvloed nie so duidelik waarneembaar nie.

Sekere verklarings hiervoor is dat die Duitsers vanwe die VOC se taalbeleid verplig was om Hollands aan te leer en dat hulle meestal as enkelinge na die Kaap gekom het wat maklik in die samelewing geassimileer kon word. Boonop het n groot persentasie van hulle met Hollandse meisies getrou, wat beteken het dat hul huisgesinne n meer Hollandse as Duitse karakter gehad het.

Voorts het die meeste van hierdie Duitsers Nederduitse dialekte gepraat wat in elk geval in vele opsigte met die Nederlandse dialekte ooreengekom het en uit min of meer dieselfde nie-standaard- Germaanse taalbasis gekom het. Dit is in talle gevalle moontlik om verskillende Afrikaanse verskynsels se wortels in sowel die Nederlandse as Nederduitse dialekte van die sewentiende eeu na te speur om die eenvoudige rede dat daar soveel ooreenkomste tussen die verskillende streektale was.

Nog iets wat die verhollandsing van die Duitse gemeenskap versnel het, was die feit dat die VOC slegs die Hollandse staatskerk aan die Kaap toegelaat het. Die Lutherse kerk, wat n sterk Duitse karakter gehad het, het eers in 1779 die vergunning gekry om hom hier te vestig en toe ook slegs met n Hollandse predikant.
 

Franse invloed

DIE eerste Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom. Anders as die enkellopende Duitsers het hierdie groep uit volledige gesinne bestaan wat maklik n gemeenskap met n sterk Franse karakter aan die Kaap tot stand sou kon bring. So iets het egter glad nie by die VOC byval gevind nie en die Kompanjie het dit verhinder deur die Franse gesinne ver uitmekaar tussen die Nederlandse boere te versprei. Hulle is ook nie toegang tot Franse skole en kerke gegee nie.

Titelblad van die Nuwe Testament wat in 1672 in sowel Frans as Nederlands gedruk isREGS: Titelblad van die Nuwe Testament wat in 1672 in sowel Frans as Nederlands gedruk is. Die Franse aan die Kaap sou wel nie probleme gehad het om Nederlands te verstaan nie, omdat hulle n tyd in Nederland vertoef het voordat hulle hierheen gekom het.
 

Teen 1725, toe die laaste Hugenote toegelaat is om na die Kaap te immigreer, was die oorspronklike groep feitlik heeltemal in die Hollandse gemeenskap geassimileer en was Frans nie meer n lewensvatbare taal aan die Kaap nie.

Hier te lande was daar dus min sprake van regstreekse ontlenings uit die Franse taal. Frans het egter wel n meer indirekte invloed op Afrikaans gehad deurdat dit sedert die Middeleeue die Europese tale en ook Nederlands baie sterk gekleur het. Die sewentiende-eeuse Nederlandse dialekte waarvan die sprekers na die Kaap gekom het, was reeds propvol Franse leenwoorde wat toe ook in Afrikaans opgeneem is.
 

Khoi-invloed

DIE Nederlandse seevaarders het reeds in 1595 vir die eerste keer met die Khoi-groepe aan die Kaap kennis gemaak en daarna van tyd tot tyd wanneer hulle met hul skepe om die Kaap gevaar en hier aan land gegaan het. Die kontak het egter eers n 1652 meer intensief geraak toe die Nederlandse verversingspos aan die Kaap gevestig is. Die Nederlanders was veral vir die voorsiening van beeste vir vleis van die Khoi afhanklik en het baiemaal ruilhandel met hierdie groep aangegaan.
 

Die Khoi het aanvanklik nie vir die koloniste gewerk nie; dit sou eers later begin gebeur n die pokke-epidemies van 1713 en 1755-1756. By uitsondering het hulle wel soms vir die vryburgers werk verrig.

Aangesien die Nederlanders nie vir die aanleer van die Khoi-tale kans gesien het nie, moes die Khoi noodgedwonge Nederlands leer. Die Nederlanders het dit onmoontlik gevind om die taal aan te leer wat so geweldig van hul eie verskil het, veral omdat hulle die vele klapklanke nie onder die knie kon kry nie. Met sy streng maatrels het die Kompanjie ook sy amptenare byna verbied om die sogenaamde Hottentots aan te leer (s genoem omdat die taal vir die Europers na n brabbeltaal vol hot- en tot-woorde geklink het). Die VOC was baie daarop gesteld om Nederlands as moedertaal te behou.

Die Khoi het vroeg n 1652 in groot getalle Nederlands begin aanleer en n baie vereenvoudigde variant daarvan begin praat. Teen die agttiende eeu het hierdie proses so ver gevorder dat die Khoi-sprekers begin het om hul eie moedertaal te verleer. Voordat dit egter gebeur het, het die Khoi-tale n groot invloed gehad op die vroe variant van Afrikaans wat as Oranjerivier-Afrikaans bekend staan.

n Aantal lede van die Khoi-groepe wat die pokke-epidemies van die agttiende eeu oorleef het, het van die Kaap af weggetrek en hulle aan die Oranjerivier gaan vestig. Daar het hulle die Oranjeriviervariant van Afrikaans verder ontwikkel en uitgebrei. Vandag word hierdie variant nog in veral Griekwa-Afrikaans en Namakwaland-Afrikaans gehoor.

N die pokke-epidemies het die ontstamde Khoi hulle dikwels naby blanke gemeenskappe in die binneland gevestig en hulle as arbeiders aan die blankes verhuur (veral as veewagters). Die vry Khoi is deur die regering beskerm en tot Kompanjiesonderdane verklaar. Teen 1798 het ongeveer
14 000 van die 15 000 vry Khoi in Kaapland in die distrikte Swellendam en Graaff-Reinet gewoon en daar vir die veeboere gewerk.
 

Invloed van die slawe

DIE eerste slawe is in 1654 uit Madagaskar na die Kaap gebring om in die arbeidsbehoeftes van die Kaapse verversingspos te voorsien. N 1658 het die besendings al hoe groter geword sodat daar teen 1808 ongeveer 63 000 slawe was wat uit verskillende gebiede na die Kaap ingevoer is.

Die slawe het meestal van Angola, Guinee, Madagaskar, die Indiese kusgebiede bv. Malabar, Koromandel en Bengale, die Oos-Indiese Eilande en die Indiese Argipel gekom.

Vermoedelik n slavin uit die OosteREGS: n Slavin, waarskynlik van Asiatiese afkoms, op n slawemark. Die figuur is onttrek uit n skildery, Die Slawemark deur die Franse kunstenaar Gustave Clarence Rodolphe Boulanger (1824-1888), waarop ook ander voorstellings van verskillende slawe voorkom.
 

Die meeste van hulle kon n vorm van Portugees, bekend as Maleis-Portugees praat. Hierdie streektaal het in die loop van die vyftiende en sestiende eeu in die Portugese kolonies in die Ooste ontwikkel. Dit is in daardie tyd deur Oosterlinge gebruik om met seevaarders, handelaars, soldate en matrose te kommunikeer. Nederlandse matrose het dit ook aangeleer om met die plaaslike mense te kon praat nadat hulle sekere Portugese besittings in die Ooste van Portugal afgeneem het.

Die slawe het verskillende moedertale gehad en moes almal Nederlands leer om oor die weg te kon kom. Die tale wat in die sewentiende en agttiende eeu deur die slawe gepraat is, was veral Maleis, Boeginees en Maleis-Portugees. Maleis was die voertaal van Indonesi, en vandag staan dit bekend as Bahasa Indonesia. Hierdie taal het nie net n invloed op Afrikaans gehad nie, maar ook op Nederlands, dermate dat daar vandag nog woorde van Maleise oorsprong in die moderne Europese Nederlands is. (En dit is nogal verrassend om die woord bannig te te kom in Platduitse geskrifte uit die noorde van Duitsland, en dan te besef dat dit dieselfde is as ons Afrikaanse baie, wat soos gereken word uit Maleis-Portugees kom.)

Die VOC het die opdrag gegee dat daar glad nie in Portugees met die slawe gekommunikeer moes word nie en dat hulle gedwing moes word om Nederlands te leer. Die soort Nederlands wat hulle probeer aanleer het, was egter nie die formele taal van die amptenary nie, maar die eenvoudiger Nederlandse dialekte van die matrose en soldate.

Dit was vir die slawe baie belangrik om Nederlands te leer, aangesien slegs di wat die taal magtig was, hul vryheid kon terugkoop. In 1658 is n skool gestig waar die slawekinders Hollands kon leer. Dit was die eerste skool aan die Kaap; eers in 1663 sou n skool vir die blanke kinders gestig word.

Die slawe het dikwels die kinders van hul meesters opgepas en s het die vroe Afrikaans wat hulle gepraat het ook die taal van die volgende geslag Nederlanders aan die Kaap benvloed.

Van die eerste geskrewe getuienisse van die taal wat deur die slawe gepraat is, kan in die ou Kaapse hofverslae gesien word. Slawe-getuies se uitings is woord vir woord en foneties deur die hofbeamptes neergeskryf.

N 1780 was die meeste van die plaaslike slawe Kapenaars van geboorte en nie meer ingevoerde slawe nie. Baie van hulle het ook op die plase van die vryburgers beland. Die taal van die slawe het n baie groot invloed op die ontwikkeling van Afrikaans gehad.

Aangesien hulle hul vryheid kon terugkoop, was daar reeds teen die einde van die agttiende eeu n groot gemeenskap van vry slawe aan die Kaap. Baie van hulle het hulle as ambagslui gevestig, bv. as kleremakers, bakkers, messelaars, skrynwerkers, kokke, ens. Omdat ambagswerk as slawewerk beskou is, het Europers aan die Kaap dit byna glad nie meer beoefen nie en het die ambagswreld aan die Kaap in n groot mate die domein van die Maleier-gemeenskap geword. Baie van die ambagte is van geslag tot geslag in sekere families oorgedra. In 1834 is slawerny afgeskaf.

Moslem-Afrikaans was een van die vroegste soorte Afrikaans aan die Kaap. Baie slawe het die Islamitiese geloof aangeneem, en hulle het die Koran leer verstaan deur teksgedeeltes en godsdiensgebruike as oefeninge uit te skryf. Daar was in hierdie tydperk n hor persentasie geletterdes onder die Moslem-slawe as onder die Nederlandse matrose en soldate, aangesien die slawe se Islamitiese godsdiens van hulle vereis om die Koran en godsdienstige geskrifte te kon lees.

Teen 1842 het een uit elke drie Kapenaars die Moslem-geloof beoefen. Die skryfoefeninge is gedoen in die Kaapse Afrikaans wat hulle gepraat het, maar met die Arabiese alfabet. Die oefeningboeke is koplesboeke genoem en is steeds waardevolle dokumente wat ons vertel hoe die vroe Kaapse Afrikaans gelyk het.

Dit was van die neerskryf van godsdienstige oefeninge maar n klein stap om dieselfde alfabet aan te wend om hul eie taal neer te skryf. Daar is omstreeks 1800 begin om Afrikaans in Arabiese skrif weer te geeeers net deur name en enkele woorde neer te skryf en later meer breedvoerig.

Aanvanklik is die Maleise alfabet gebruik en later die aangepaste Arabiese alfabet van Abu Bakr Effendi. Hy het die Kaap in 1860 besoek en die Arabiese alfabet hier aangevul om die Afrikaanse klanke weer te gee. Die aangepaste Arabiese alfabet is gebruik om Afrikaans foneties voor te stel. In 1871 word Abu Bakr Effendi se Bayaan-ud-diyn ('n verklaring van die godsdiens) in Konstantinopel gedruk in Arabiese Afrikaans (Afrikaans in Arabiese letters). Tussen 1870 en 1950 is minstens 78 boeke in Arabiese Afrikaans geskryf. Daar is vandag nog mense van die Moslem-gemeenskap in die Kaap wat hierdie Arabiese Afrikaans in die alledaagse lewe gebruik.

Lees hier hoe Afrikaans in Arabiese skrif geskryf is.
 

Vroe variante van Afrikaans

AANGESIEN die bogenoemde groepe in n sekere mate apart van mekaar geleef het, het daar in die agttiende eeu drie vroe variante van Afrikaans ontstaan. Dit was Kaapse Afrikaans, Oranjerivier-Afrikaans en Oosgrens-Afrikaans.

Kaapse Afrikaans is hoofsaaklik deur die slawegemeenskap en hul nasate gepraat en het heelwat Maleier- en Arabiese invloede bevat. Dit kan vandag nog in die Wes-Kaap en veral die Bo-Kaap gehoor word.

Oranjerivier-Afrikaans is deur die Khoi-gemeenskap en hul nasate gepraat en is sterk deur die Khoi-tale gekleur. Hierdie variant het hoofsaaklik in die Noord-Kaap voorgekom en kan as die basis van Namakwaland-Afrikaans en Griekwa-Afrikaans beskou word.

Oosgrens-Afrikaans is hoofsaaklik deur die Europese trekboere gepraat wat eers na die Kaaplandse oosgrens getrek het en later na die binneland om die Boererepublieke te stig. Dit is hierdie variant waaruit die sogenaamde standaard-Afrikaans ontwikkel het.
 

Invloede van Engels

DIE eerste Britse oorname in 1795 het vir die eerste taalkontak tussen Afrikaans en Engels gesorg, maar Engels sou eers n die Tweede Britse oorname in 1806 n groot invloed op Afrikaans begin uitoefen. Die streng angliseringsbeleid van die Kaap se Britse goewerneur lord Charles Somerset met sy Taalproklamasie van 1822 en die koms van die Britse Setlaars in 1820 het die kontak en wederkerige invloed tussen Afrikaans en Engels aansienlik versnel.

Hoewel puriste lank gestry het teen die oorname van Engelse woorde en segswyse in Afrikaans, het Engels ons taal onmiskenbaar benvloeden dit was onafwendbaar. n Doodsonde? Dit is interessant wat n taalstryder soos C.J. Langenhoven reeds in 1935 hieromtrent te s gehad het: Deurdat Engels vir ons so bekend is dat ons hom nie meer as n vreemde taal voel nie, kom baie Engelse idiome ons nie meer as eienaardige Engelse vorms van spreekwyse voor nie maar as gewone taalvorms, en dan dra ons hulle letterlik oor sonder om bewus te wees van wat ons doen. Dis dan eintlik nie n sonde van onkunde nie, maar van te veel kennis.
 

Invloed van die Afrika-tale

AFRIKA-TALE het Afrikaans eers 'n bietjie later begin benvloed namate die trekkers in die negentiende eeu met die swart volkere kontak gemaak het. Hierdie benvloeding was meer streekgebonde na gelang van die groepe wat in elke gebied gewoon het. Aangesien die kultuurkontak nie so intensief was as met die slawe en die Khoi nie, het benvloeding hier ook stadiger plaasgevind.

Die meeste van die invloede is te sien in leenwoorde uit die Nguni-tale Zulu en Xhosa. Hierdie en ander Afrika-tale wat in Suid-Afrika gepraat word, benvloed Afrikaans steeds in die moderne konteks. Dink maar aan betreklik nuwe oornames soos ubuntu en fundiom van eish! en laduma! nie eens te praat nie.

En dan is daar natuurlik die bekende Sotho-groet wat ons regstreeks met mooi loop vertaal wanneer ons vir iemand tot siens s. Nederlanders vind dit erg koddig dat jy iemand kan toeroep om mooi te loop, maar hierdie uitdrukking l tog heeltemal gemaklik op die tong van die Afrikaanssprekendes van Suidelike Afrika!
 

Bronnelys:

Donaldson, BC   1991  The influence of English on Afrikaans - A case study of linguistic change in a language contact situation, Academica: Pretoria.

Eppink, DJ   1996   Maleis het Nederlands ook taamlik benvloed (WreldBurger, 13/11/1996:4)

Olivier, G & A Coetzee (red)   1994   Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, Southern Boekuitgewers: Halfweghuis.      

Raidt, EH   1974(?)   Afrikaans en sy Europese verlede, Nasou Beperk: Kaapstad

Scholtz, J du P   1980   Wording en ontwikkeling van Afrikaans, Tafelberg: Kaapstad.

Van Rensburg, C (red)   1997   Afrikaans in Afrika, JL van Schaik: Pretoria.

Van Rensburg, MCJ   1990    Taalvariteite en die wording van Afrikaans in Afrika, Patmos: Bloemfontein.

Whitehead, M   1984   How Mrs Souiliers rude remarks to the Baron helped foster Afrikaans (Sunday Express, 30/9/1984:13).

Mieliestronk.com.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad