|
||
Sedert
2002 staan hierdie groot bestuursliggaam aan die spits van die
“veronregte” kontinent en word in diepte beplan om dié węrelddeel
van uitgestrekte woestyne, oerwoude en vlaktes uit sy lange eeue van verarming op te hef. Die
Afrika-unie (afgekort AU) beywer hom ook vir vrede. Hy streef daarna om onmin tussen
Afrika-lande by te lę en om politieke, ekonomiese, kulturele,
wetenskaplike en mediese beleidsrigtings en verdedigingsake te koördineer.
Goeie regering en demokrasie word aangeprys. Voorts
werk die liggaam vir die maatskaplike, staatkundige en ekonomiese
integrasie van die vasteland. Sy doel is om volhoubare groei te bevorder,
armoede uit te wis en Afrika se assimilasie in die węreldekonomie aan te
moedig. Die
Afrika-unie het 53 lidstate. Sy hoofkantoor is in Addis Abeba, die
hoofstad van Ethiopië, waar sy voorganger, die organisasie het die
Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), ook gesetel was.
Want
in sy later jare is die OAE—wat tot stand gekom het in die worsteljare teen die
kolonialisme —gekritiseer omdat dit ’n
ondoeltreffende praathuis sou geword het. Ten grondslag was egter die
onenighede wat reeds by die stigting bestaan het, soos watter vorm die
organisasie moes aanneem, wat tot ’n kompromis-liggaam met weinig magte
gelei het. Kritici
sę dat die OAE in sy 39 jaar min gedoen het om die regte en vryhede van
gewone Afrikane onder hul eie politieke leiers te beskerm. Dit is dan ook
dikwels die “Diktatorsklub” genoem.
Saamhorigheid
in Afrika het nietemin momentum gekry toe Suid-Afrika in 1994 lid van die
OAE geword het. Die na-apartheidse Suid-Afrika was en is immers steeds
’n belangrike krag vir vrede, demokrasie en ekonomiese ontwikkeling op
die vasteland. In 2002 is dus besluit dat die tyd ryp was om die OAE te
begrawe en ’n opvolger daar te stel wat met groter gesag die strewe na
’n gemeenskapsmark en ’n staatkundige unie van die hele vasteland sou
kon aanpak. DIE
Afrika-unie het tot stand gekom op voorstel van die Libiese leier Muammar
Gaddafi, wat ’n “Verenigde State van Afrika” in die vooruitsig
gestel het. (Gaddafi het sy geduld verloor met Arabiese węreld, wat maar
net nie ’n ware verenigde front kan vorm nie, en hy het selfs in die
openbaar te kenne gegee dat hy nie langer ’n Arabier is nie.) Die
AU, wat losweg op die lees van die Europese Unie geskoei is, het in Maart
2004 ’n pan-Afrikaanse parlement ingestel—een van ’n aantal
voorgestelde instellings van die liggaam. Hierdie pan-Afrikaanse parlement
is in Midrand, Suid-Afrika, gesetel. Die parlement bespreek sake wat
Afrika in die breë raak en doen aanbevelings aan die staatshoofde van die
AU. Die parlementslede is
verteenwoordigers wat uit die vyf streke van Afrika benoem is. DIe
AU-Vergadering, wat uit die staatshoofde van al die lidstate bestaan, is
egter die belangrikste orgaan van besluitneming. Daar word een keer per
jaar vergader wanneer ook ’n voorsitter gekies word. Besluite word per konsensus of
met ’n tweederde-meerderheid geneem. Die
Uitvoerende Raad, wat uit die ministers van buitelandse sake van die
lidstate saamgestel is, is aan die Vergadering verantwoordelik en besluit
oor aangeleenthede soos buitelandse handel, maatskaplike veiligheid,
voedsel, landbou en kommunikasie. Administratiewe
sake word beheer deur die sogenaamde Kommissie, die sekretariaat van die
AU. Dit bestaan uit ’n voorsitter, ’n adjunk en agt kommissarisse. Daar
is ook verskeie komitees, asook verbeeldingryke planne vir die instelling
van ’n hof vir menseregte, ’n sentrale bank en monetęre fonds en,
teen die jaar 2023, ’n Afrika- Ekonomiese Gemeenskap met ’n enkele
geldeenheid (soos die euro tans in Europa). Omdat
hy die oplossing van konflikte as ’n voorvereiste vir voorspoed beskou,
het die AU in Mei 2004 ’n Vrede- en Veiligheidsraad in die lewe geroep.
Die raad mag in konflikte inmeng, in teenstelling met die ou OAE-beginsel
van nie-inmenging, en kan militęre ingryping gelas in gevalle soos
menseslagtings en misdade teen die mensdom. Dit kan ook sendings vir die
bewaring van die vrede magtig. Die
raad beplan om teen 2010 ’n reserwemag te hę wat vinnig kan optree waar
en wanneer nodig. Vredemakers van die AU het reeds in Burundi gedien en
skietstilstand-monitors van die liggaam is in die Wes-Soedannese streek
Darfur ontplooi. Die AU beywer hom vir die uitvoering van
die doelstellings van NEPAD (New Partnership for Africa’s Development),
’n bloudruk teen armoede wat ’n akkoord met die Weste nastreef. Dit is
die bevordering van goeie politieke en ekonomiese praktyke in ruil vir groter
buitelandse hulp en meer beleggings. En
dan is daar ten minste die lofwaardige wil by die AU om nie die
tandelose bulhond te wees wat die OAE was nie. Groot dele van Afrika was
heeltemal te lank aan breidellose diktators uitgelewer wat gemaak en
gebreek het sonder om hulle teenoor enige buitegesag aanspreeklik te voel. “Gee Afrika dus sy kans,” sę ’n kenner van die Donker Vasteland, soos dit eenmaal genoem is. “Hier is geweldig baie grondstowwe en die geleenthede is legio. Laat die Afrika-unie toe om die Afrikane op die Afrika-manier na hul eie, regmatige plek in die Afrika-son te lei. Hierdie kontinent het die potensiaal om nog die ganse węreld te verras.”
Foto: CTS
BO: Die arm gesig van Afrika wat die Afrika-unie streef om te verander. Hierdie karig voorsiene mark in Kenia is nog węrelde verwyder van, sę, die groot winkels van die aarde se mees ontwikkelde gemeenskappe. Foto: CTS |
||