Dierelewe

Afrika se Groot Vyf

Praat van ín bonte menigteódis die diere-verskeidenheid op ons vasteland. Om hulle almal breedvoerig in een artikel te bespreek, is ín onbegonne taak; bloot vir die Afrika-soogdiere of -voŽls sou ín hele ensiklopedie mos nodig wees. In die  artikel hieronder gee ons dus net ín kort oorsig van ons kontinent se dierelewe, terwyl ons fotoís beperk bly tot die sogenaamde Groot Vyf van Afrika: die olifant, leeu, luiperd, renoster en buffel.  Alle jagters na kennis is welkom om verder te lees!

 
E
uropese ontdekkingsreisigers van ín eeu of twee gelede kon hulle nog aan die tonele verwonder: die massas wildsbokke op ons golwende grasvlaktes en ewe veel ander diere in ons boswÍrelde. Want toe was Afrika nog grotendeels ongerep... ín vasteland waarvan die pragtige plante- en dierelewe in ín harmonieuse ewewig verkeer het.

Maar dis helaas lankal nie meer so nie. Soos oral gebeur waar die mens homself meer toeŽien as wat die natuurlike omgewing hom kan bied, het magtige troppe wild ook op ons kontinent  tot skamele groepies diere weggekwyn.  

Die wilde diere wat daar nog is, moet dus met die grootste sorg teen uitwissing bewaar word, sÍ verontruste fauna-kenners. Anders sal ons uiteindelik nog net in museums kan sien hoe, sÍ, ín leeu en ín renoster gekyk het...

Daar is twee afsonderlike sones in die dierewÍreld van Afrika: die noordelike en noordwestelike sone, wat die Sahara insluit, en die Ethiopiese sone, waarby die hele vasteland suid van die Sahara inbegrepe is.

Die noordelike en noordwestelike sone word gekenmerk deur diere wat soortgelyk is aan diť wat ín mens in EurasiŽ vind. Dis ín wÍreld van makgemaakte diere soos skape, bokke, perde en kamele. Die Barbaryse skaap, Afrika-edelhert en twee soorte Europese steenbokke is inheems aan die Noord-Afrikaanse kus. Woestynvosse word in die Sahara aangetref, asook hase, gaselle en die jerboa (woestynspringmuis, ín springende knaagdiertjie).

Dit is egter veral in die Ethiopiese sone waar die groot verskeidenheid van eiesoortige diere en voŽls met uitwissing bedreig word. Dit alles omdat hul habitat verlore gaan weens menslike indringing of as gevolg van wilddiewery.

Die boslande en grasvelde is die tradisionele hougebiede van talle soorte wildsbokke, asook sebras, kameelperde, buffels, die Afrika-olifant, renoster, die bobbejaan en verskeie aapsoorte. Karnivore (vleisvretende diere) sluit die leeu, luiperd, jagluiperd, hiŽna, jakkals en meerkat in.
  
Plantegroeistreke van Afrika

REGS: Afrika se plantegroei.
Die dierelewe van ín streek
hou baiemaal verband met die bepaalde soorte plante wat daarin voorkom.

Die seekoei word in die riviere aangetref, waaruit hy snags na die droŽ grond toe kom om te wei. Die gorilla, die grootste aap ter wÍreld, hou in die reŽnwoude van ekwatoriale Afrika, tesame met bosapies, vlieŽnde eekhorings, vlermuise en lemurs. Baie van hierdie spesies, veral die olifant, renoster, luiperd, leeu en gorilla, word vandag egter omtrent nog net in spesiaal afgebakende wildbewaringsgebiede aangetref.

Die voŽls behoort meestal tot Ou WÍreldse groepe. Die tarentaal is ín belangrike wilde voŽl. WatervoŽls, vernaamlik pelikane, reiers, flaminke en ooievaars, versamel in hul menigtes. Die ibis (Nylreier) is darem ook nog volop in die Nylgebied, terwyl die volstruis in Oos- en Suidelike Afrika voorkom.

Die reptiele is ook meestal Ou WÍrelds en sluit akkedisse, krokodille en skilpaaie in. ín Verskeidenheid van giftige slange, waaronder die mamba, word regdeur die Ethiopiese sone aangetref. Luislange kom veral in Wes-Afrika voor.

Varswatervisse is wel volop in hul verskeidenheidómeer as 2 000 spesies is bekend Ė maar besoedelings weens chemiese afval wat in riviere beland, is ín groot bedreiging vir die waterlewe.

Tot oormaat van ramp word die vasteland ook nog geteister deur verskeie hoogs skadelike insekte, vernaamlik muskiete, rooimiere, termiete, sprinkane en tsetsevlieŽ. Die tsetsevlieg dra slaapsiekte aan mense en diere oor.

''Afrika,''  sÍ een waarnemer, ''is vandag in ín gedurige stryd om oorlewing gewikkel. Jy sien dit aan die oorloŽ, die hongersnode, die stryd teen vigs. Maar jy sien dit ook in sy natuur. Waar dit alles nog gaan eindig, is ín ope vraag.''
 



Leeu
 
    Leeumannetjie in NamibiŽ

BO: Sy Majesteit die Leeumannetjie poseer in NamibiŽ vir ín vorstelike portret.

Foto deur yaaaay,
wat dit op hierdie bladsy by flickr op die wÍreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die bepalinge van die Creative Commons Attribution 2.0 Generic-lisensie

 

DIE leeu (Panthera leo), die legendariese ďkoning van die diereĒ, word vandag in Afrika hoofsaaklik in die Serengeti-wildtuin in TanzaniŽ en die Krugerwildtuin in Suid-Afrika aangetref. 

Die
drastiese verkleining van die hougebied van die leeu was die gevolg van menslike indringing in die savanneóomdat leeus in oop gebiede hou, word hulle maklik deur jagters en veewagters geskiet.

Leeus se prooi wissel van insekte tot kameelperde. Hulle verkies groot diere soos sebras. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag en wel saans en as ín groep. Eers nadat ín prooidier platgetrek is, maak die mannetjie sy verskyning om vir die maaltyd aan te sit.

Leeus is poligaam (het meer as een maat) en teel elke 18 tot 26 maande in die vrye natuur aan, maar een maal per jaar in gevangenskap. ín Wyfie kry een tot vier welpies op ín slag.



Olifant
 


 
BO: ín Afrika-bosolifant of savanne-olifant (Loxodonta africana).

 

Foto: © Lauren Humphries,
wat vrye gebruik vir opvoedkundige en nie-kommersiŽle doeleindes vergun

WETENSKAPLIKES reken dat die olifant, die grootste lewende soogdier op land, tot 10 000 jaar gelede nog op elke groot landmassa op die aarde voorgekom het, buiten AustraliŽ en Antarktika. Vandag is daar drie oorlewende spesies, naamlik:

 ē  die Indiese of Asiatiese olifant (Elephas maximus) van IndiŽ en Suidoos-AsiŽ;
 
ē 
die Afrika-bosolifant of savanne-olifant (Loxodonta africana); en
 ē  die Afrika-woudolifant (Loxodonta cyclotis).

Olifante behoort tot die familie Elephantidae in die orde Proboscidea.

Een van die olifant se kenmerkendste eienaardighede is sy beenlose, gespierde slurp, wat in der waarheid ín verleng­de bolip en neus is. Die olifant gebruik dit soos ín hand om onder meer grasse, blare, plantwortels, vrugte en selfs water na sy mond te bring. Moderne olifante verorber tot 200 kg voer en drink tot 190 liter water per dag.

Die ivoortande, wat diep in die skedel vassit, is eintlik enorme snytande wat regdeur die dier se lewe aanhou groei.

Die Afrika-bosolifant (op ons foto) word maklik van die Indiese olifant onderskei deurdat hy groter is en groter ore het. Die Indiese olifant word tot drie meter hoog en die Afrika-bosolifant tot byna vier meter.

D
ie Afrika-woudolifant is tot onlangs as ín subspesie van die Afrika-bosolifant beskou, 
maar DNS-toetsings dui glo op twee afsonderlike spesies (hoewel nie alle geleerdes hieroor saamstem nie en daar dus nog ín taamlike onsekerheid eers).

Die Afrika-woudolifant verskil onder meer van die Afrika-bosolifant deurdat hy ín lang, smal onderkaak het, teenoor die bosolifant se kort, breŽ onderkaak. Sy is ore is ook gerond, waar die bosolifant se ore meer gepunt is. Daarbenewens is die woudolifant se ivoortande aansienlik kleiner.

Wat meer sÍ, die woudolifantbul word selde hoŽr as 2,5 meter, teenoor die bosbul wat byna vier meter kan haal.

En dan het die
Afrika-bosolifant normaalweg vier toon­naels aan die voorpoot en drie aan die agterpoot, teenoor die Afrika-woudolifant wat in die reŽl vyf toonnaels aan die voorpoot en vier aan die agterpoot het.

Selfs die toonverskille toon dus dat die woudolifant op sy eie vier pote kan staan as ín olifanttipe uit eie reg!


   
Renoster

 
  

 
BO: ín Swartrenoster (Diceros bicornis) in TanzaniŽ

Foto: John and Karen Hollingsworth / U.S. Fish and Wildlife Service

HOEWEL die renosterfamilie in vroeŽre geologiese tye wydverspreid voorgekom het, bestaan daar vandag slegs vyf spesies: drie in AsiŽ en die Maleisiese argipel en twee in tropiese Afrika. Die swartrenoster van Afrika, wat in savannes en berghange suid van EthiopiŽ op ons vaste­land voorkom, het twee neushorings en ín lang, gepunte, ďgrypendeĒ bolip.

 

BO: ín Witrenoster (Ceratotherium simum)

Foto deur Kwh,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web geplaas het en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie. Kortom, deling en afgeleide werke word vergun mits behoorlike erkenning gegee word en dit slegs versprei word ingevolge ín lisensie wat identies is aan hierdie een. Amptelike lisensie

Van Afrika se witrenoster, wat ook twee neushorings het, lewe daar nog slegs ín handjievol in Oos-Afrika en net ín paar duisend in Suid-Afrikaanse wildtuine. Die witrenoster is eintlik nie wit nieódie  "wit" is glo ín vervorming van "wijde", wat na die wye vorm van sy onderlip verwys. In Engels word dan ook na die witrenoster as die ďsquare-lipped rhinocerosĒ gepraat, benewens die gewone naam ďwhite rhinocerosĒ.

 

Hulle is groot, logge diere. Groot witrenosterbulle kan meer as 2500 kg weeg.
 

Die groot Indiese renoster, met sy enkele neushoring, is die grootste van al die Asiatiese soorte, terwyl die skaars Java-renoster (ook met een neushoring en waaroor elders op die Mieliestronk-werf meer vertel word) gevaarlik op die rand van uitsterwing huiwer.
 
Die renoster is die grootste lewende landsoogdier met die uitsondering van die olifant en miskien die seekoei, met ín uiteindelike skouerhoogte van een en ín halwe tot iets onder die twee meter en ín lengte van so drie, vier meter. Die wyfie kry een kalfie nŠ ín draagtyd van vyftien tot agttien maande. Die kalf kan dertig maande lank by die koei bly, maar wanneer ín tweede kalf gebore word, word die oudste spruit deur die ma weggejaag, ten minste tydelik.
 
Renosters behoort tot die familie Rhinocerotidae.


Buffel
 

Kaapse buffel (Syncerus caffer)

BO: ín Kaapse buffel (Syncerus caffer), afgeneem in die Mabula- private wildtuin by Bela-Bela (Warmbad) in die Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo.

Foto deur Paul M Rae,

wat dit op hierdie bladsy  by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web geplaas het en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. Kortom, vrye verspreiding en wysiging word vergun mits die fotograaf of lisensieerder erken word. Rande van foto deur ons weggesny.
 

DIE arme buffel is blykbaar ín dier met ín reputasie! ín Onbeskofte mens word immers ín buffel genoem, en soms ook ín nukkerige, nors mens. Maar eintlik is die buffel ook maar net ín neef van die doodgewone melkbees, weliswaar sterker en meer formidabel, dog sekerlik nie meer ongepoets as sekere ander groot bullebakke in die natuur nie!
 
Buffels is inheems in Afrika en AsiŽ. Diť van ons eie vasteland sluit die Kaapse buffel en die dwerg-woudbuffel inóaltwee maar net verskillende vorms van dieselfde spesie.
 
Die Kaapse buffel, wat verspreid oor die grootste gedeelte van Suidelike Afrika en Midde-Afrika voorkom, het ín skouerhoogte van sowat 1,7 meter. Hy is bekend vir sy horings wat ín helm oor sy voorkop vorm en tot omtrent een meter lank word.
 
Die dwerg-woudbuffel hou in beboste dele van Midde- en Wes-Afrika. Hy is sowat anderhalf meter hoog, het ín rooi vel en horings van sowat 75 cm lank wat na agter gedraai is.

Buffels behoort tot die familie Bovidae, subfamilie Bovinae. Die Kaapse buffel en die dwerg-woudbuffel is verskillende vorms van Syncerus caffer.



Luiperd
 

Luiperd (Panthera pardus)

 

BO: ín Luiperd (Panthera pardus).

Foto deur JanErkamp,

wat dit op hierdie bladsy in Engelstalige Wikipedia op die wÍreldwye web geplaas het. KopiŽring, verspreiding en/of wysiging word vergun ingevolge die bepalinge van die lisensie GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe soos deur die Free Software Foundation gepubliseer, sonder Invariante Dele, geen Voorbladtekste en geen Agterbladtekste.



DIE luiperd (Panthera pardus), ín lid van die katfamilie, leef in ín groot verskeidenheid van habitats in Afrika sowel as AsiŽ.

Die lyf van ín volwasse luiperd is sowat ín meter tot byna twee meter lank (die meter lange stert uitgesluit). Sy bleekbruin pels het swart vlekke in die vorm van gebroke sirkels.  Party is donkerder van kleur, terwyl sommigeóin andersins gewone werpselsóheeltemal swart is.

Die luiperd is ín kranige klimmer wat dikwels apies in bome sal bekruip. Wanneer wild skaars is, sal hy veldmuise, ystervarke en selfs vrugte vreet. Die wyfie kry een tot ses welpies op ín slag.


JagluiperdsREGS: Die luiperd (ďleopardĒ) moet  nie verwar word met die jagluiperd (ďcheetahĒ)  wat ín heeltemal ander katspesie is nie. Hier is twee japluiperds besig met ín gemoedelike ďgesprekĒ.

Foto: U.S. Fish and Wildlife Service

Klik hier terug te keer na die inhoudsblad