Afganistan
-- die merk van die eeue
Geknelde
land











In min van die sowat 25 eeue van Afganistan was daar werklik vrede. En net as ’n mens indringend na hierdie onstuimige geskiedenis kyk, kan jy werklik begryp hoe jammerlik die Afgaanse volksiel daardeur besmet is. Dis te sÍ as ’n mens hoegenaamd van ’n volksiel kan praat in ’n land met sowat twintig etniese groeperings en hoeveel verskillende tale. Die enigste bindende faktor is hul Islamitiese godsdiens. En dit bind hulle steeds nie baie heg nie . . .

 

REGS: Afganistan... ruwe bergland...

 

JY STAAN op ’n bergkruin en jy kyk uit oor ’n vreeslike land. Van die ruwe bergketting af volg jou blik die ongenadige sonpad na die weste.

Skroeiende woestyne met nůg getande bergreekse, die valleie van kurkdroŽ riviere -- alles getuig van ’n onherbergsaamheid wat jou van ontferming kan laat huil.

Digby in ’n laagtetjie swem ’n karavaan kamele in ’n lugspieŽling, tydeloos ingebed tussen die dorre klipkranse, net asof hulle uit vergange eeue hierheen oorgeplaas is.

En iewers skreeu ’n kind. Skel en deurdringend teen die hete middag. En dit verras jou nogal, vreemd, omdat jy maklik kon gedink het hierdie plek se kinders weet nie meer van trane nie.

Afganistan. Oorlogsland. Hier waar ’n gedurige oorlewingstryd ’n intrinsieke deel van die lewe is.

Geknelde land

MIN van ons het werklik indringend in Afganistan belang gestel voor 11 September 2001 toe daardie vliegtuigkapers die Amerikaanse World Trade Center verpletter het.

Daarna was die naam so te sÍ op elkeen se lippe vanweŽ die Amerikaanse inval in die land om die aartsterroris Osama Bin Laden (1957- ) daar te probeer uitrook. Bin Laden is nie gevind nie. Nietemin sou daar by baie mense ’n nuwe belangstelling in Afganistan vaardig word. Hulle sou ook besef dat ’n dieper kennis van die land se lang en veelbewoŽ geskiedenis nodig is om die teenswoordige woelinge beter te verstaan. Lange eeue van onrus moes mos darem hul bitter letsels op die Afgaanse volksiel gelaat het. Kennelik.

BygesÍ, as daar hoegenaamd sprake van iets soos ’n Afgaanse volksiel is. Die mense hier vorm immers ’n verwikkelde mosaÔek van sowat twintig etniese groeperings en verskillende taalgroepe. Indo-Europese, Arabiese, Mongoliede en ander invloede het deur die eeue heen almal hul stempels op die land afgedruk.

Die Islamitiese godsdiens is vandag die een bindende faktor, maar die meeste van die etniese groepe het ’n eie taal en kulturele patroon. Hierdie verskillende eiendomlikhede maak dit vir die Afgane moeilik om tot ’n verenigde, moderne nasie te ontwikkel.

Die woelige geskiedenis tot
die negentiende eeu

DIE LAND se geskiedenis begin reeds sowat 25 eeue gelede. Die gebied van Afganistan was in die antieke tye belangrik vanweŽ handelsroetes wat IndiŽ en Sentraal-AsiŽ met mekaar verbind het. Van die sesde eeu vC af is dit in ’n reeks buitelandse ryke geÔnkorporeer tot die agttiende eeu nC toe dit as ’n verenigde koninkryk na vore getree het.

Buitelandse heersers oor Afganistan was onder meer die Persiese AchameniŽrs (sesde eeu vC), die Grieke (vierde eeu vC), die Maurya-dinastie van IndiŽ (vierde eeu vC), die Koesjane (tweede eeu nC), die SasaniŽrs van PersiŽ (derde eeu) en die westelike Turke (sesde eeu).

Nadat die Arabiere die streek in die sewende eeu begin oorheers het, is dit deur ’n reeks Moslem-dinastieŽ regeer en toe deur die Mongool Djengis Khan, wat dit vroeg in die dertiende eeu verower het.

Maar nŠ 1227, toe Djengis oorlede is, het die gebied in afsonderlike prinsdomme verval. Diť is deur plaaslike opperhoofde regeer. Die prinsdomme is eers aan die einde van die veertiende eeu herenig toe ene Timur ’n groot deel van hulle verower het.

Onder sy opvolgers het Afganistan vrede en vooruitgang beleef en sy hoofstad, Herat, het in ’n sentrum van die Islamitiese kultuur ontwikkel.

Hoewel Afganistan in die sestiende eeu tussen die Mughal-ryk van IndiŽ en die Savafids van PersiŽ verdeel was, het ’n nasionale ontwakening vroeg in die agttiende eeu onder die Afgane begin. In 1747 is ’n Afgaanse koninkryk in die lewe geroep.

In die volgende 25 jaar het sy koning, Ahmad Shah Durrani, die stukke van die Afgaanse grondgebied verenig wat hy van buitelandse heerskappy bevry het.

Maar eendrag was daar, soos vandag nog, steeds nie. In 1819 breek ’n burgeroorlog uit onder stamme wat met mekaar wedywer om die land te regeer. Die oorlog duur tot 1835, toe Dos Muhammad Khan die beheer verkry. Hy neem die titel emir (prins) aan.

Die Britse nagmerrie: negentiende
en vroeŽ twintigste eeu

IN die 1800’s het Brittanje en Rusland fel met mekaar gewedywer om Afganistan te beheer. Rusland wou ’n deurlaat na die Indiese Oseaan hÍ en het in die rigting van Afganistan begin uitbrei.

Brittanje wou op sy beurt sy ryk in IndiŽ beskerm, wat deur die Russiese uitbreiding bedreig is. Die gevolg was drie Anglo-Afgaanse oorloŽ, wat eers in Augustus 1919 beŽindig is met Brittanje se uitrekking uit Afganistan. Uiteindelik, in 1921, word die land internasionaal as ’n ten volle onafhanklike staat erken.

Amullah Khan, wie se pa (ook ’n emir) in ’n sluipmoord dood is, probeer Afganistan moderniseer en eeue-oue tradisies ongedaan maak. Hy neem ook die titel koning aan, maar word in 1929 deur stam- en goddiensleiers gedwing om te abdikeer.

Sy opvolger, koning Muhammad Nadir Khan, probeer geleidelike hervormings bewerkstellig, maar ook hy word die slagoffer van ’n sluipmoord, in 1933. Sy seun Muhammad Zahir, volg hom as koning op.

Magstryde en rebellies: die tweede
helfte van die twintigste eeu

IN 1953 neem Muhammad Daoud Khan, die koning se neef en swaer, beheer van die regering oor en maak homself die eerste minister.

Hy staan neutraal in die Koue Oorlog wat tussen Amerika en die Sowjet-unie ontwikkel het, en ontvang gevolglik hulp van altwee hierdie moondhede vir sy land se ontwikkeling. Daar word ’n begin gemaak met besproeiingstelsels, hidroŽlektriese aanlegte en die bou van paaie, skole en fabrieke.

Daoud word eweneens in 1963 gedwing om te bedank. In 1964 word ’n grondwet aanvaar wat vir ’n demokratiese regering voorsien maak.

Maar koning Zahir en die wetgewers kan mekaar eenvoudig nie vind oor die hervormingsprogram nie. Boonop stel die mense van Afganistan nog weinig belang in ’n demokratiese regering, laat staan nog om dit te begryp.

In 1973 lei Daoud ’n militÍre rebellie wat koning Zahir uit die kussings lig. MilitÍre leiers neem die beheer oor en verklaar die land tot ’n republiek met Daoud as president en eerste minister.

Dog dan word die rebelle-regering self weer deur ’n rebellie omvergewerp waarin Daoud gedood word. Die nuwe regering word militÍr en finansieel deur die Sowjet-unie ondersteun en is ongewild by die volk, wat op hul beurt in opstand kom teen Kommunistiese beleide wat hulle as strydig met die Islamitiese leer beskou. Die nuwe rebelle noem hulself mujaheddin (heilige krygsmanne).

Laat in 1979 en vroeg in 1980 val die Sowjet-unie Afganistan met duisende troepe binne -- vir ’n oorlog wat die Russe nog lelik sou berou. Hul gesofistikeerde oorlogstuig word skoon uitgekanselleer deur die guerrilla-taktieke van die weerstandsbeweging, wat die land en sy terrein ken asof dit ’n deel van hulle is.

’n Dekade later word die Sowjet-unie deur mujaheddin-magte gedwing om hom aan die land te onttrek. Maar vrede bly ’n ontmoontlike droom in Afganistan.  Die gevegte duur voort onder die verskillende mujaheddin-stryders, totdat die fundamentalistiese Taliban dit regkry om die grootste deel van die land te beheer.

Die res is, soos hulle sÍ, deel van die 21ste-eeuse geskiedenis. En diť het nou maar pas begin . . .

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad