Die geskiedenis, legendes en aard van die vlesige groentesoort wat so ín ryk deel van ons lewe is

'n Aartappel -- koningskos vir ryk en arm  Aartappel 

Die knewel van
ín knol

Geweet die Amerikaanse nasie lyk vandag soos hy lyk, onder meer weens ín verwoestende aartappelsiekte wat die aangesig van die aarde verander het? Onsin, sÍ jy? Wat wou, die helfte is jou nog lank nie vertel nie...


      

"O,

SKEPPER!óU wat die lewe aan alle dinge
gee en mense gemaak het sodat hulle kan
lewe en vermeerderóvermeerder ook die
vrugte van die aarde, die aartappels en ander
kos wat U gemaak het, sodat die mense nie
van honger en ellende sal krepeer nie."

Sů, sÍ geskiedkundiges, het die ou Inka-volk van Suid-Amerika destyds in hul gebede die nederige ou aartappel as ít ware tot ín goddelike knol verhef. Die Inkas se uitgebreide ryk het oor die Andesgebergte gestrek voordat die Spanjaarde vanoor die see gekom en met hul verowering daarvan begin het.

Die spreekwoordelike "wortels" van die aartappel lÍ inderdaad daar in die Nuwe WÍreld. Net ín klompie eeue gelede nog was dit nÍrens elders bekend nie, maar in die antieke bouvalle van Peru en Chili het argeoloŽ al oorblyfsels van diť groentesoort gevind wat van vyf eeue voor die geboorte van Christus dateer.

Aartappels te koopAnders as vir ons vandag, was die aartappel vir die Inkas veel meer as net nůg ín styselgereg op die spyskaart. Hulle het selfs aartappels saam met hul dooies begrawe en dit gedroog en op lang reise as padkos saamgeneem. Onderweg het hulle dit dan net so droog of saam met bredie geŽet. Aartappels is ook in versteekte houers geberg om vir maer jare of oorloŽ voorsiening te maak.

Maar die vlesige bolle uit die goeie aarde van daardie tyd het nie gelyk soos die witbruin boepensgroente wat ons ken nie. Die ouwÍreldse Inka-aartappels het donker, perserige skille en ín geel vleis gehad. Die Inkas het dit "papas" genoem, soos hul nasate dit vandag nog doen.

 Aartappel-geskiedenis

S

KYFIES,  kapokaartappels en sulke lekker dinge is dermate ín deel van ons eie lewe dat ín mens kwalik kan glo dat die Westerse wÍreld die aartappel maar eers in die sestiende eeu leer ken het.

Onder die eerste EuropeŽrs wat daarmee kennis gemaak het, was die Spaanse veroweraar en geskiedskrywer Pedro de Cieza de Leon (1518-1560), wat in 1540 daaroor geskryf het in sy Kronieke van Peru. In die omgewing van Quito, het hy vertel, "het die inwoners benewens mielies ín ander plant wat hulle in ín groot mate help onderhou".

Die Spaanse ontdekkingsreisiger Gonzalo Jiminez de Quesada (1499-1579) het die aartappel na Spanje geneem om die goud te vergoed wat hy nie op sy omswerwinge kon vind nie. Die Spanjaarde het gereken die aartappels is ín soort truffel (knolswam) en het dit toe "tartuffo" begin noem. Kort voor lank was aartappels ín standaardkos op Spaanse skepe. Hulle het agtergekom dat matrose wat aartappels eet, nie die gevreesde skeurbuik kry nie, al het hulle toe nog geen snars van vitamiene en voedselaanvullings geweet nie.

Die aartappel het sy veroweringstog in Europa voortgesit en Brittanje en ItaliŽ omtreeks 1585 bereik, BelgiŽ en Duitsland teen 1587, Oostenryk omstreeks 1588 en Frankryk teen nagenoeg 1600. Toe Jan van Riebeeck se Nederlanders in 1652 aan die Kaap aankom om honger matrose onderweg na en van IndiŽ te voed, was die aartappel reeds ín bekende gewas vir die EuropeŽrs.

Nie dat die nuwe groente van meet af oral verwelkom is nie. Inteendeel, waar die aartappel ook al ingevoer is, is dit as grillerig, giftig en selfs as iets boosaardigs gereken. In Frankryk en elders is dit nie net as die oorsaak van melaatsheid beskou nie, maar ook van sifilis, bedwelming, kliersiekte, vroeŽ sterfte, steriliteit en woekerende liefdesdrifte. Boonop sou dit die groeikrag van die grond vernietig het waar dit ook al groei.

Daar was soveel teenkanting teen die aartappel dat ín bevel daarteen op die dorp Besancon in Frankryk uitgevaardig is: "In die lig van die feit dat die aartappel so ín verpestelikheid is en dat die gebruik daarvan melaatsheid kan veroorsaak, word die kweek daarvan hiermee verbied en loop oortreders die risiko van ín boete."

Die Britse ontdekkingsreisiger en geskiedkundige sir Walter Raleigh (1552-1618), wat bekend was vir sy ekspedisies na die Amerikas, het die aartappel na Ierland gebring en dit op sy Ierse landgoed geplant. Volgens die oorlewering het hy ín aartappelplant aan die Engelse koningin Elizabeth I (1533-1603) geskenk.

Die plaaslike deftiges is, volgens die vertelling, na ín koninklike banket genooi waar die aartappel ín deel van elke gang van die maaltyd gevorm het. Ongelukkig het die kokke geen benul van aartappels gehad nie en die vet, bonkige knolle weggegooi. Al wat na die koninklike tafel gebring is, was ín dis van gekookte aartappelstingels en -blareówat giftig is en die niksvermoedende eters erg siek gemaak het. Aartappels is toe uit die koninklike hof geban.

Maar jy kan nie ín goeie ding soos die aartappel onder hou nie (al kom hy van onder af!) en algaande het die kweek daarvan toegeneem. Daar word vertel dat Marie Antoinette (1755-1793), vrou van die Franse koning Lodewyk XVI, dikwels aartappelblommetjies in haar hare gedra het. Die gebruik is glo deur die vroue van haar tyd nagevolg.

Die Amerikaanse nasie is opgebou uit mense van verskillende lande. Maar dit is interessant dat miljoene Amerikaners vandag die nasate is van Iere wat juis na die Verenigde State gevlug het om aan ín hongerdood te ontsnap wat deur ín verwoestende aartappelsiekte veroorsaak is.

 

Een van 'n beeldegroep oor die Groot Hongersnood in IerlandREGS: Die gesig van hongeróeen van die emotiewe beelde in ín beeldegroep in Dublin, Ierland, wat die groot hongersnood in herinnering roep wat in die middel van die negentiende eeu deur ín aartappelsiekte veroorsaak is. Die gedenkteken, wat ďHongersnoodĒ (1997) heet, is deur die Ierse beeldhouer Rowan Gillespie (gebore 1953). Soos hierdie een spreek die ander figure in die beeldegroep eweneens kennelik van groot ellende en ontbering.

Foto: J. Taljaard

 

 


Die ďGroot HongersnoodĒ in Ierland (van 1845 tot 1851) het gevolg op ín voorheen onbekende plaag, Phytophthora infestans, wat die land uit Noord-Amerika binnegekom en die Iere se aartappels getref het. Siniese mense sal dalk sÍ dat die Iere eintlik hul eie ondergang bewerk het deur te afhanklik van hul aartappels te word.

Cecil Woodham-Smith vertel byvoorbeeld in sy boek The Great Hunger: Ireland 1845-1849: "Die kook van enige kos buiten die aartappel het ín verlore kuns geword. Vroue het omtrent niks anders as aartappels gekook nie. Die oond het iets onbekends geraak nŠ die ingebruikneming van die aartappel voor die Groot Hongersnood."

Volgens ín ander bron was die aartappel wel die belangrikste kos van sowat 4 miljoen mense in Ierland uit ín totale bevolking van sowat 8, 5 miljoen. Navorsers reken dat minstens ín miljoen mense in diť tyd van honger dood is, terwyl nog sowat 1,5 miljoen tussen 1845 en 1855 die land verlaat het. Die heel armstes het na Brittanje uitgewyk en diť wat ietwat beter daaraan toe was, na Kanada en, bowenal, die Verenigde State.

 Die bou van die aartappel en hoe dit gekweek word

M

AAR wat is die aartappel dan nou eintlik? Die plant wat, soos ons gesien het, oorspronklik uit Suid-Amerika kom, behoort tot dieselfde familie (Solanaceae) as die tamatie, die brinjal, die bitterappel en ander bekende plante. In baie wÍrelddele is dit steeds ín belangrike soort kos van die arm mense. Die aartappel is ook in Suid-Afrika ín baie vername tipe voedsel.

Verskillende soorte aartappelsREGS: Net party van die baie soorte aartappels wat vandag gekweek word.

Aartappels wat vars uit die grond kom, bevat 78 persent water, 18 persent stysel, 2,2 persent proteÔen, 1 persent as (nie-organiese bestanddele) en 0,1 persent vet. Sowat 75 persent van die droŽ gewig is koolhidraat. Die aartappel is ín belangrike bron van styfsel vir die vervaardiging van kleefstowwe en alkohol. Dit bevat ook die vitamiene A, B en C en ín bietjie yster, fosfor, kalsium en eiwit. Daar is honderde variŽteite.

Net soos alle ander plante het die aartappelstoel wortels en ín stam of stingel wat bokant die grond groei. Maar ook onder die grond is daar stingels of uitlopers, en aan die punte van hierdie uitlopers of ondergrondse stingels vorm daar swelsels of knolle wat ons aartappels noem.

Drie tot ses knolle vorm aan die ondergrondse stingel, hoewel daar by party variŽteite selfs tien tot twintig kan wees. Die aartappel wat ons eet, is dus eintlik nie die plant se vrug nie, maar ín deel van die plant se stingel.

Aartappels vars uit die grond -- en nog vas aan die aartappelstoel daar boín Jong aartappelstoeltjieLINKS: ín Jong aartappelstoeltjie. Die ondergrondse aartappelknolle het hier nog nie eintlik kans gehad om te ontwikkel nie.

Foto: Scott Bauer / USDA / ARS


REGS: Bekwame aartappels soos hulle aan ín volgroeide stoel lyk wanneer hulle uit die grond gehaal word.

 

Die ware vrug van die aartappel lyk soos ín klein ronde tamatie, omtrent so groot soos ín kersie, wat tot 300 saadjies kan bevat. (Onthou egter dat hierdie vruggie, net soos die stingels en blare, ín beduidende hoeveelheid solanien bevat, wat ín giftige alkaloÔed is.)

ín Mens kan wel die saadjies saai en hulle sal ontkiem, maar hierdie manier van voortplanting word slegs gebruik wanneer mense nuwe soorte aartappels deur middel van kunsmatige kruisbestuiwing wil kweek. Andersins is dit is nie lonend nie.

Die aartappeltjies wat van saadjies verkry word, is slegs so groot soos albasters. As ín mens hierdie "albasters" plant, kry jy wel effens groter aartappels, en indien diť aartappels weer geplant word, word eers aartappels van die normale grootte verkry.

AartappelblommeLINKS: Aartappelblomme.

Foto: Keith Weller / USDA / ARS

Daarom word aartappels veel eerder voortgeplant deur moere te plant. ín  Moer is bloot ín aartappel waaraan uitloopsels begin vorm het. Om onuitgeloopte aartappels sů aan die spruit te kry, word hulle op ín warm plek in die lig geplaas. Baiemaal word die moere in kleiner moere, elk met sy eie paar uitloopseltjies, opgesny voordat hulle geplant word.

Die aartappel aard die beste in ín koel, vogtige klimaat, maar kan hom tog by verskillende klimate aanpas. In sanderige leemgrond wat effens suur is, is die aartappel in sy element. Proewe deur Suid-Afrikaanse  geleerdes het getoon dat aartappels nie net fosfaat en stikstof nodig het nie, maar dat kalium ook belangrik is.

Aartappels kan op verskillende maniere geplant word, maar boere wat baie groot met hierdie soort groente boer, gebruik ín spesiale masjien, die sogenaamde aartappelplanter, daarvoor.

Dit is belangrik om die grond waar aartappels groei skoon van onkruid te hou, omdat onkruid die aartappels van water en voedingstowwe kan beroof. Sodra die aartappelstoele mooi sterk is, word hulle "opgeŽrd". Dit beteken dat grond rondom die stoele gegooi word sodat aartappels wat gevorm word, nie aan die lig blootgestel en groen word nie.

Wanneer die aartappels se skille mooi vas is, kan hulle uitgehaal word. Teen diť tyd is die lowwe van die plant gewoonlik al geel of dood. Aartappels wat te vroeg uitgehaal word, se skille is nog nie behoorlik geset nie. Hulle word maklik gekneus en die aartappels vrot dus gou.

AartappelgebruikeREGS: Aartappelgebruike.

Foto: Scott Bauer / USDA / ARS

Wil jy graag aartappels plant, maar jy het nie grond daarvoor nie? Dalk kan jy vir jou ín goeie voorraadjie in ín houer kweek. Die houer moet goed gedreineerd en minstens 30 cm diep en breed wees. Vul die helfte van die houer op met vrugbare tuingrond en veeldoelige kompos van ín goeie gehalte. Druk twee moere bo in die kompos in en bedek met meer kompos of grond tot by sowat 3 cm van die bokant van die houer. Sorg dan dat jou kweekbak goed nat bly.

En lekker smul aan jou oes!

 ín Grappige aartappel-storie 

D

IE volgende aartappel-staaltjie uit die Anglo-Boereoorlog is nie waar nie, maar tog amusant.

ín Bejaarde pa het tydens die oorlog iewers alleen op ín Karoodorpie gewoon, maar hy het niemand gehad wat sy tuin vir hom kon omspit sodat hy ín voorraad aartappelmoere kon plant wat hy present gekry het nie. Sy seun kon hom nie help nie, want hy was ín Kaapse rebel en is deur die Engelse gevang en opgesluit.

Toe skryf die ou man vir sy seun in die gevangenis en vertel hom van sy verknorsing.

Die seun het teruggeskryf: ďPa, om hemelsnaam nee, moenie die tuin laat omspit nie, dis waar ek die gewere begrawe het!Ē

Nog voor ligdag die volgende oggend is daar ín dosyn Kakies (Engelse soldate) op die werf wat drie uur lank oral in die tuin dolwe op soek na die versteekte gewere. Maar hulle kry niks nie.

Skoon dronkgeslaan skryf die ou man toe weer aan sy gevange seun en vra hom wat hom nou te doen staan.

Waarop die seun hierdie antwoord stuur: ďNOU kan Pa maar die aartappels plant!Ē

 Aartappelódie groen gevaar!

A

ARTAPPELSógoed soos hulle isóhet ook ín donker sy. Bly weg van enigiets groens aan ín aartappel... die blare, die stingels, enige groenverkleurde skille! Die knolle moet in donker, droŽ plekke geberg word. Lig sal veroorsaak dat solanien op die skil van ín aartappel vorm. Hoewel hulle nie sommer ernstige skade sal aanrig nie, kan aartappels met groen skille dalk bitter smaak en tot tydelike ongemak met die spysvertering lei.

As jy ín groen skil aan ín aartappel vind, dop dit eenvoudig af. Behou soveel van die res van die skil as wat moontlik is, want dis hier waar die meeste van die vitamiene lÍ. Aartappels is een van die voedsaamste stapelvoedsels wat die mens nog ontdek het. Met melk daarby kan dit ín kragtige en gesonde bron van energie, vitamiene en minerale weesóin sowel tye van oorvloed as in tye van ontbering.
  

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad