Die diepste wat die mens nog ooit in 地 grot afgeklim het, was iets meer as twee kilometer. En dit het maar onlangs gebeur擁n Oktober 2004葉oe 地 span van nege klimmers van die Oekraine 地 nuwe diepterekord vir grotklim opgestel het in Kroebera, die w靡eld se diepste bekende grot. Maar as 地 mens mooi daaraan dink, is dit nog maar bitter bolangs in die buitenste lagie van ons planeet. Wat is daar verder in die sowat  6370 kilometer van hier af tot by die aardbol se middelpunt?
   


 

SEKERE goudmynwerkers in Suid-Afrika daal gereeld meer as 3 400 meter onder in die aarde af. Maar dit is natuurlik in 地 mensgemaakte "ondergrawing".

Die diepste wat die mens nog ooit in 地 natuurlike grot afgeklim het, was 2 080 meter (of iets meer as twee kilometer). En dit het maar onlangs gebeur擁n Oktober 2004葉oe 地 span van nege klimmers van die Oekraine 地 nuwe diepterekord vir grotklim opgestel het in Kroebera, die w靡eld se diepste bekende grot.

Kroebera is in Georgi se wegbreek-streek Abkhazia, diep onder in Arabika-bergmassief van die westelike Kaukasiese gebergte.

Die grotklimmers het dit nie maklik gehad nie en moes onder meer  ysige waterstrome trotseer. Plek-plek moes hulle ook loodreg ondertoe klim. 

Die veteraan-klimmer wat die klimtog georganiseer het, is Aleksander Klimtsjoek (wat seker nie weet hoe volmaak die eerste deel van sy familienaam in Afrikaans by sy spelonkery pas nie!). Volgens hom weet hulle egter nog nie of hulle bodem bereik het nie en is hulle taamlik seker dat hulle nog dieper sal kan gaan.

Twee, drie kilometer... dit is dus die diepste wat die mens hom nog in die aardkors ingewring het. En dit is maar bitter bolangs in die buitenste lagie van ons planeet, wat volgens geleerdes uit verskillende lae bestaan, byna soos 地 ui.

Die straal van die aarde, dit wil s die afstand van die oppervlak na die middelpunt is 地 hele 6371 kilometer. Die boonste "skil", wat ons die aardkors noem, is tussen vyf en sewentig kilometer dik en bestaan uit vaste silikaatgesteentes.

Onder die aardkors l die sogenaamde aardmantel. Dit strek sowat 2900 kilometer ondertoe en bevat ook baie silikate, wat vanwe die groot hitte in 地 plastiese, plooibare of s maar taai-vloeibare toestand is.

Verder tot by die middelpunt l die aardkern, waarvan die buitenste deel 地 gloeiend warm inferno van hoofsaaklik vloeiende yster is. Maar op 地 diepte van sowat 5100 kilometer stol selfs die yster onder die geweldige druk (omtrent 3,2 miljoen atmosfere!), met die gevolg dat die aarde 地 vaste bal in sy kern het.

Baie wetenskaplikes is dit eens dat daardie ronde binnekern uit soliede yster of yster-nikkel in 地 feitlik suiwer vorm bestaan嵐n bal met straal van meer as duisend kilometer en dus 地 deursnee van by die twee en 地 halwe duisend kilometer. Kon ons maar net 地 deeltjie van al daardie yster ontgin het!

MAAR hoe weet ons dan al hierdie dinge as ons nie naastenby diep genoeg kan boor om te kyk wat daarbinne aangaan nie? Navorsers het geleer om met instrumente die trillings te interpreteer wat deur aardbewings en voorheen kernontploffings veroorsaak is. Tog is selfs hul beste bevindings steeds net teorie en bly ons kennis oor die ware samestelling van die aarde waarskynlik taamlik onvolledig.

Dit lyk nietemin of die temperatuur 疝 hor styg namate 地 mens die aardkors binnedring. Hierdie temperatuurstyging is nie dieselfde vir alle dele van die aarde nie. S styg die temperatuur in Europa byvoorbeeld omtrent dertig grade Celsius vir elke kilometer, terwyl dit in Suid-Afrika slegs sowat nege grade Celsius per kilometer is.

Hoe warm is die aardkern eintlik? Party navorsers het al bespiegel dat dit enigiets tussen 3000 en 12 000 grade Celsius kan wees. Ander stel dit op 地 moontlike 4000 grade, met 地 speling van duisend grade na weerskante.

Hoe ook al, die aarde se ingewande is gedurig aan die roer. In die buitekern, reken geolo, is daar lewendige konveksiestrome deurdat die vloeibare yster van die superverhitte binnekern af opstyg en daarna neerdaal as dit kouer word溶et om weer  op te styg.

Hierdie eindelose kringloop het 地 dinamo-effek. Dit skep 地 magneetveld wat tot ver bute om die aarde strek. Die magneetveld help ons planeet beskerm teen vyandig gelaaide deeltjies wat die son vurig na ons toe uitwerp. Alles getuienis van die wonderlike harmonie in die skepping.

Benewens die strome in die buitekern, kom konveksiestrome ook in die aardmantel onder die aardkors voor, ofskoon hulle baie stadiger beweeg. Die gevolge is egter dramaties: aardbewings, vuurspuwende berge, selfs vastelande wat beweeg!

Die aardkors is nie alles in een stuk soos die buitekant van 地 tennisbal nie, maar bestaan in der waarheid uit verskillende plate, omdat die rotsagtige oppervlak plek-plek gebars het. 地 Mens kan aan die plate dink as reusagtige vlotte van ligter gesteentes wat op 地 see van sagter en digter gesteentes dryf.

Daar word selfs gereken dat die hele landmassa van die aarde eers in een vasteland verenig was. Hierdie oerkontinent, wat geleerdes die naam Pangaea gegee het, sou eers in twee vastelande, Laurasi (noord) en Gondwanaland (suid), verdeel het. Nog later sou hulle verder versplinter het om die kontinente te vorm soos ons hulle vandag ken.

Keer of wat sou van die magtige brokstukke egter weer in mekaar vasgedryf het, soos met Indi, wat glo eers nie 地 deel van Asi was nie, maar toe daarteen gebots het om die Himalajagebergte te laat ontstaan.

Die berugte San Andreas-breuk in Kaliforni, Amerika [ FOTO HIERBY], is weer 地 plek waar die plate nie bots of van mekaar af wegdryf nie, maar bymekaar verbyskuur. Dit maak hierdie w靡elddeel besonder kwesbaar vir aardbewings.

Wat eintlik by 地 aardbewing gebeur, is dat die aarde 地 tyd lank die spanning en samepersing weerstaan wat deur die bewegings binne-in hom uitgeoefen word. Dit is omdat die aardkors wel in sekere mate rekbaar is. Maar dan bereik dit die punt waar dit nie meer verder rek of plooi nie en skielik breek, of waar die verskillende dele meteens oormekaar skuif.

Kyk maar self wat gebeur as jy 地 effens buigbare stokkie neem en dit vinnig middeldeur breek. Die gebreekte punte sal agterna nog kortstondig in jou hande tril.

Dit is ook so 地 skermutseling tussen verskuiwende plate wat die verwoestende tsoenami van Desember 2004 veroorsaak het, waaroor meer vertel word in 地 ander artikel op hierdie CD-Rom.

Word die aarde koeler in sy vurige maag of is daar maar gedurig kragte aan die werk (soos drukking of radioaktiwiteit) wat opnuut hitte opwek? Ook hieroor is geleerdes dit blykbaar nie eens nie.

Eintlik weet ons nog maar so baie min, nie net van die eindelose skepping daarbo nie, maar ook van die raaiselagtige terra firma reg onder ons voete...